Video: Nigerië-ineenstorting: Ses ontslaan; nóg oorlewendes land by OR Tambo

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Ses Suid-Afrikaners wat beseer is toe ʼn gebou in Nigerië ineengestort het, is uit die hospitaal ontslaan.

Dr. Mathabo Mathebula, adjunk uitvoerende hoof van die Steve Biko Akademiese Hospitaal het telefonies die pasiënte se ontslag aan Sapa bevestig en bygevoeg nie een van die 25 persone is besmet met enige gevaarlike virus nie.

Ongeveer 115 mense, waaronder 84 Suid-Afrikaners is dood en talle vasgekeer toe ʼn gastehuis by TB Joshua se Synagogue Church of All Nations op 12 September in Lagos ineengestort het. Ongeveer 350 Suid-Afrikaners was in Lagos om die kerk te besoek toe die tragedie plaasgevind het.

Altesaam 25 oorlewendes het Maandag in Suid-Afrika geland en is na die hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Hendriette Bogopane-Zulu, adjunkminister van maatskaplike ontwikkeling, het gesê die pasiënte word 48 uur lank gehou om seker te maak dat hulle nie met enige virusse besmet is nie. “Almal uit Lagos word vir 48 uur lank dopgehou,” het sy gesê. Naasbestaandes van die oorlewendes het elk slegs ongeveer vyf minute gehad om met hul geliefdes te kommunikeer.

Twee van die 25 pasiënte is glo steeds in ʼn kritieke toestand en ʼn paar ander het ernstige beserings opgedoen. “Talle het gebreekte arms en bene,” het sy gesê. “Meeste is vroue.”

Mathebula het bygevoeg al die oorlewendes het traumaberading in die hospitaal ontvang.

Intussen berig die SAUK dat nog 38 Suid-Afrikaners Woensdagoggend in Suid-Afrika geland het. “Hulle is vinnig deur sekuriteit en die polisie weggeneem nadat hulle by OR Tambo geland het om berading te ontvang,” het die uitsaaier berig. ‘n Video van hulle aankoms volg hier onder.

Lees ook:
Nigerië-ineenstorting: Beseerdes nog nie ontslaan nie
Nigerië-ineenstorting: Beseerde SA’ner keer terug na kerk
Nigerië-ineenstorting: Oorlewendes land in SA
TB Joshua wil Suid-Afrika besoek
Nigerië-ineenstorting: 4-jarige SA meisie lewendig gevind
Nigerië-ineenstorting: SA-dodetal styg
TB Joshua ontken versuim om saam te werk
Ineenstorting by TB Joshua-gebou: SA-noodwerkers weggejaag
Joost het nie met Nigeriese prediker ontmoet nie
Ineenstorting by TB Joshua-gebou: Dodetal nog onduidelik
67 SA’ners sterf in Nigerië by TB Joshua-gebou
SA’ners dalk geraak deur ineenstortings in Nigerië

http://youtu.be/8KYeq0OrbVU

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.