Video: Niks uitgerig op NMB-raadsvergadering

‘n Skermskoot uit die video.

Die raadsvergadering van Nelson Mandelabaai het Donderdag ná ses uur steeds geen vordering gemaak nie en het heeltemal tot stilstand gekom.

Die spesiale raadsvergadering waartydens verskeie mosies aangehoor sou word, insluitend ʼn mosie om burgemeester Athol Trollip te verwyder, is voor middagete verdaag. Die vergadering is ontwrig deur raadslede wat gesing, geargumenteer en mekaar doodgepraat het.

Speaker Jonathan Lawack het twee keer tydens die verrigtinge uitgestap en uiteindelik die vergadering verdaag.

Toe raadslede ná middagete terugkom, het die DA gesê hy wil hê die vergadering moet voortgaan en raadslede moet oor die voorgestelde mosies stem. “Die EFF kan ons uitdaag, ons is gereed. Kom ons doen dit vandag sodat ons kan voortgaan met dienslewering aan ons mense,” het Nqaba Bhanga gesê.

Die opposisiepartye het beswaar aangeteken en gesê Lawack het tydens ʼn multiparty-vergadering ingestem om die spesiale raadsvergadering met 14 dae uit te stel.

Tshonono Buyeye van die African Independent Congress het gesê: “Die 14 dae het van jou af gekom, speaker. Jy het voorgestel dat ons oor 14 dae weer vergader. Dit het van niemand behalwe van jou gekom nie. Ek stel voor jy hou nou by dit waartoe jy ingestem het op die multiparty-vergadering.”

Die vergadering het heeltemal tot stilstand gekom toe ANC, UF en EFF-raadslede struggle-liedere gesing het nadat Lawack geweier het om Bhanga te verwyder omdat hy na bewering “keel sny- gebare” gemaak het. Op hierdie punt het Lawack vir die derde keer uitgestap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gestremde ·

Ek wil net weet wie betaal die clowns om oor 14 dae terug te gaan na die sirkus. Om so vergader by te woon is daar vervoer, verblyf en voedsel uitgawes.

Moeggewag ·

Jammer om te sê, maar dit wat vandag in PE gebeur het, is SA se voorland. Dis hoe die Afrikaan stelselmatig die Afrikaner ilemineer en die land oorneem.
Al teenvoeter, is bewusmaking van die toestand aan die buiteland, en ekonomiese en politieke druk van diesulkes. Gelukkig is Solidariteit en die VF+ fluks daarmee besig.

Oom Kalahari ·

Anarguste en moles makers. Geen byeenkoms is suksesvol in hul teenwoordigheid nie. Opvoeding en respek word verdien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.