Video: Nkandla Style

nkandla style

ʼn Video genaamd, Nkandla Style, wat die spot dryf met pres. Jacob Zuma se luukse privaatwoning in Nkandla, KwaZulu-Natal, is op YouTube gelaai.

Die musiekvideo is gebaseer op die Suid-Koreaanse musiekvideo, Gangnam Style, deur die kunstenaar Psy. Dié video is reeds deur bykans 2 miljard gebruikers gekyk.

Nkandla Style is deur die gebruiker N’kandla Staail op YouTube gelaai. Meer inligting is nie oor die gebruiker bekend nie.

Die musiekvideo spot met die Nkandla-swembad en verwys ook na Julius Malema en Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.