Video: Nóg ʼn Ford Kuga brand

ford-kuga-alberton-2017-01-12-by-shernovia-reddy-alberton-record

Warren Krog se 2013 Ford Kuga het 12 Januarie by die Voortrekker-afrit vlamgevat en uitgebrand. Foto: Shernovia Reddy/Alberton Record.

Dit was so hittete vir ʼn sakeman van Johannesburg wat vanoggend ʼn noue ontkoming gehad het toe sy 2013 Ford Kuga vlamgevat het.

Warren Krog se Kuga het begin rook terwyl hy op die N12-snelweg op pad na sy werk gery het. Hy het besluit om sy motor dadelik na die naaste Ford-handelaar in Alberton te neem, maar sy enjin het aan die brand geslaan toe hy by die Voortrekker-afrit afgedraai het. Krog het daarin geslaag om ongedeerd uit die motor te kom voordat die enjin heeltemal uitgebrand het.

Dit blyk nou die 44ste Kuga te wees wat vlamgevat het sedert Reshall Jimmy (33) in Desember 2015 in die Wildernis, Wes-Kaap, in sy motor doodgebrand het.

Trevor Hattingh, die Nasionale Verbruikerskommissie se woordvoerder, het gesê hulle is bewus van die jongste voorvalle. “Ons is ernstig bekommerd. Dit lyk nie of die veiligheidsinspeksie voldoende is om die probleme met die Ford Kuga 1.6 EcoBoost te voorkom nie. Ons sal einde volgende week ʼn vergadering hou waarin die verbruikerskommissie sal besluit hoe om die probleem van ons kant verder met Ford SA te hanteer,” het Hattingh gesê.

Times Live het Dinsdag berig dat dié nuusblad oorval is met lesers wat kla dat Ford-handelaars nou ʼn tekort aan onderdele het, wat beteken dat die parte nie vervang kan word wat glo die enjinoorverhitting in die spesifieke Kuga veroorsaak nie. Die verbruikerskommissie kon egter nie die tekort bevestig nie.

Volgens Times Live het Ford SA ʼn dringende aansoek by die Kaapse hooggeregshof ingedien om toegang tot die polisie se getuienis en bewyse in die Jimmy-ondersoek te kry. Die hooggeregshof het gister die saak tot 9 Februarie uitgestel om die regspan van die polisie die geleentheid te gun om verdere opponerende papierwerk in te dien. Die regter het egter die twee partye aangeraai om in die belang van die publiek saam te werk om die saak so vinnig as moontlik op te los.

Ford SA is tans besig met ʼn ondersoek na wat die brande in die enjin van die Ford Kuga laat ontstaan. Minesh Bhagaloo, woordvoerder van Ford, het vroeër die week in ʼn e-pos aan Maroela Media gesê hulle vermoed die Kugas se enjins oorverhit en dit veroorsaak die brand.

Ford SA het eienaars versoek om hul 1.6-liter EcoBoost Kugas, wat tussen 15 Desember 2012 en 20 Oktober 2014 vervaardig is, na hulle naaste handelaar vir ʼn gratis inspeksie te neem. Die motormaatskappy sal net die Kuga aan die mark onttrek sodra hulle genoegsame data het wat so ʼn stap noodsaak.

Maroela Media het Ford weer om kommentaar genader en wag vir terugvoer.

  • Lees al Maroela Media se vorige berigte oor die Ford Kuga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

CAV ·

Ja-Nee – soos hulle sê ” Ons gaan nou braai, ek bring die vleis, en jy bring die kuga “

Johann ·

44 wat op rekord is en FORD ag dit nie nodig om ter wille van lewens….die model terug te trek nie? Ongelooflik! So ek neem aan die persoon(e) by Ford wat die mag en pag in hande houmaak somme oor wat die kostes van n lewe is teenoor die kostes van n produk fout regstelling? Welkom in die wereld van MONNNEEEE!!!!!!!

Ronel ·

Kyk. 44 brandende voertuie en 1 persoon se dood is nie genoeg rede om die voertuie te onttrek nie?? Slaan my dronk hoor.

Werner ·

Jy kan die spesifieke model wat geaffekteer is in elk geval nie meer koop nie. Dit is die 1.6 turbo wat ‘n tydjie gelede al vervang was met ‘n 1.5 turbo model.

Febe ·

Ek dink almal die uitgebrande Ford Kuga eienaars moet saam staan en n saak teen Ford maak. Dit is nonsens.

Egbert ·

Ek dink die eienaars moet al daai uitgebrande kugas gaan oplaai en tou en op die groot ford handelaars se sypaadjie gaan aflaai sodat dit sommer sigbaar is vir almal. ek het n 2016 Kuga 1.5 en tot ford hulle nonsens regmaak het ek geen vertroue in hulle karre nie… in teendeel ek het gaan kyk… my focus 1.0 ecoboost het presies seflde water bottel as my Kuga 1.5… so as daar probleme is dan is dit tien teen een van toepassing op meer as net die 1.6 kugas…

Riaan ·

As Ford hulle klante so bystaan, Dan koop ek nooiit in my Lewe n ford nie. Ford julle is regtig onnosel, ontrek julle produk en refund mense. Julle fan base klante verloor

Wilhelm Robbertse ·

Ford het my sopas laat weet dat die parte wat vervang moet word (water bottel en water pype) eers 10 Feb hier sal wees

Joahn ·

Hou net ingedagte dit het al gebeur dat die kar brand en dan werk die central locking nie en die deure kan nie oop nie. Hou maar hammer in kar om ruit uit te slaan en ry met deure oopgesluit.

Rina ·

Wil Ford nou eers wag om te sien hoeveel mense ongelukke gaan veroorsaak agv brande en nog mense doodbrand?? Hoekom nog wag?? Hoekom herroep hulle nie die Kugas terug en kry klaar nie…Spaar mense se lewens..

J ·

Onthou julle nog die ad. Alles loop reg ,altyd reg Toyota(Naas Botha)? Daar word beweer dat Ford besig is met n treffer ad. Bring water bring sand ,My Kuga is aan die brand

Stan Naude ·

My storie is te lank om in die klein blokkie te vertel oor al die probleme wat ons al gehad het met ons Kuga. Ek kan nie glo dat ons verbruikers nie beskerm word deur die wetgewing nie. Wat as jy so kar besit het waarvoor jy baie geld elke maand moet betaal? Wat as iemand wat jy lief voor is in so kar dood brand? Wonder wat sal die groot bekke en grap gatte dan se’?

Will i am ·

Ford handelaar my 3 uur gebel en gesê ek kan myne volgende week bring. Parte is daar na ek aan Ford self n brief geskryf het en gesê het ek wag nou al n week na inspeksie

Ano ·

Tyd vir “total recall” van die voertuie. Ford moet maar die brand (sic) vat vir die finansiele verlies wat hulle gaan ly.

Paul ·

Die Ford Escape, basies dieselfde voertuig in Amerika, met die 1.6 EcoBoost enjin is daar teruggeroep omdat die enjins kon vlamvat van cylinder heads wat kraak en olielekke en oorverhitting veroorsaak wat tot brande lei en ook teruggeroep oor petrolpypies wat kraak en petrol oor die enjin spuit wat dan aan die brand slaan.
Hoekom noem Ford SA (of plaaslike media!?) niks hiervan nie?

Katryn ·

Hulle moet die Kuga hernoem na Escape wnt hoeveel mense ‘escape’ net net met hulle lewens. Ek wou n Ford nou kaap maar dankie ek gaan Kia toe

Johann cb ·

Iewers is daar iets nie lekker nie…’n voertuig slaan nie sommer net so aan die brand nie. Ford sal ook nie toelaat dat sulke nalatigheid net so op die pad kom nie! Is daar nie dalk mense wat graag na 4 jaar van voertuie wil verander nie? Dan sal volle terugbetaling mos handig te pas kom! Weet nie, vra net en dink net aan moontlikhede!

Alida ·

Ai waarvan praat jy? Wie in sy lewe sal homself so in gevaar stel. Jy?

JWM ·

Ek dink ook nie oorverhitting kan die oorsaak wees nie. Ek het 10jr lank n voertuig moes ry waarvan die enjin ook oorverhit het. Ek het dit net baie goed dopgehou en versorg sonder enige vlamme.

Henry ·

Johann. Die storie ruik vir my ook na rot. Ek gee toe dat daar seker n paar is wat werklik gebrand het maar verseker nie so baie na 3 of 4 jaar se ry nie. Anyway ek vermoed Ford en die versekerings maatskappye gaan ondersoek instel en moontlik van die mense ontbloot. Ek sou verseker as dit my produk was en om my reputasie te beskerm.

Kobus ·

My kommentaar op Johann cb se stelling is verwyder…maar sal weer probeer…ek nie n Ford eienaar….maar om daardie stelling te maak…is verregaande…sal n persoon stilsit terwyl sy Kuga brand en dalk net doodgaan sodat sy familie n kans staan om die “ou voertuig” vervang te kry…dit is n ernstige saak hierdie…Ford SA gee nie enige ondersteuning…soos Kuga wat by winkel hier in Vryburg aan die brand geraak net toe eienaar stop….44 voertuie van dieselfde fabrikaat…nee wat…roep al die voertuie terug Ford…regte ding om te doen

Gecko ·

Johann sal 44 mense dit doen wat ons van weet net om n nuwe een te kry

Alida ·

Ai mense Ford was nog altyd n goeie produk. Hierdie is net n fout wat ingesluip het en kan met enige produk gebeur. Die mense wat Kuga ry moet hul motors maar net invat vir inspeksie.

Ouvrou ·

Ek stem saam met jou. Ek ry n Ford Ecosport al vir byna 3 jaar. Nog nie n dag se probleme gehad nie. Diens is puik wat ons gekry het. Ek wil myne nou inruil vir n nuwe en SAL dit doen, ongeag wat! Ford is tops!

Frans ·

Aflewering was verkeurd die kare is gemaak vir antartika wa dit koud is

Juan ·

Johann cb nie leelik nie maar j dink nou bollie :-) Die kar het n problem en Ford wil nie hulle mense te gemoed kom en problem uit sort nie. Dit lyk vir my hulle hardloop weg vir hulle problem en nou kos dit onskuldige kliente geld en nog erger hulle lewe. Ek het niks teen Ford se karre nie maar hulle tree nie nou op in belang van hulle kliente nie. Dis eintlik vir my n baie sad storie.

ZORO ·

Dit kan lewens gevaarlik wees as die sentrale slotte automaties slyt en mense kan daarin vas gekeer word. Die regering moet die gebruik van dié voetuig onmiddelik opskort

Trisha ·

Wat ek intressant vind is dat daar nog geen Kugas in die Kaap uitgebrand het nie. Almal is in daarby.

G ·

Trisha, is Wildernis dan ook in Gauteng volgens jou? Want die man wat doodgebrand het kom van Wildernis af. Hy was ook seker ‘in op dit’ soos jy sê.

Wynand Meyer ·

Die Kuga is n puik motor en het my lewe gered met sy veiligheid in n trompop botsing. Gelukkig was myne n diesel maar ek hoop Ford sort hulle customers vinnig uit

Trisha ·

Wat ek intressant vind is dat daar nog geen Kugas in die Kaap uitgebrand het nie. Almal wat uitgebrand het is daarby.

Kobus ·

Dalk het die Kapenaars nog nie van die Kuga gehoor…verwar met uitgestorwe Bergkwagga….

Sue ·

Goeienaand

Die eerste Kuga wat uitgebrand het en ‘n lewe gekos het was in George in die Kaap

Sue ·

Goeienaand

Sover ek weet is die 1ste Kuga wat gebrand het wat ‘n lewe geeis het in George in die Kaap

Gideon ·

Ek is n toyota master tech,overheating is moontlik,goed smelt,maar wil julle vir my se dat nie een persoon sien die heat guage gaan op nie?waarvoor is die ding dan daar?versekerlik moet n mens stop voordat alles begin smelt en vlam vat,

Jaco ·

Ford SA het my verlede week gebel en gese ek moet my Kuga bring vir inspeksie.Parte sou aanvanklik 26 Januarie hier gewees het.Kry my Kuga more terug.Dankie Witbank Eastvaal Ford vir julle puik diens.

YM ·

My Kuga was by Ford ingedien Maandag. Hul het my vandag gebel, ek kan more my kar optel, die waterbottel en pype is vervang…Maar hoe is ons verseker dat dit die probleem was Nadat die man wat dood gebrand het se forensic verslae se dis n elektroniese fout aan die passasiers kant…. Maar die cherry op die koek is die mense wat sulke onnodige grappe maak… eks seker iemand wat dood brand beteken meer as n warm kuga of n braai….. wag tot hul in daai skoene is…. Dan kyk ons wie bring en braai…..

Frans ·

Da het hule die skuldige ene wat al die brande in die kaap veroorsaak het Mr Ford Kuga

Eloise van der Merwe ·

My Ford Kuga 1.6 Eco Boost 2014 model was Vrydag die 30ste Desember 2016 in vir sy maintenance test. Die waterbottel is vervang maar die pype is uit voorraad so dis nie vervang nie, my kar was vandag weer in maar die pype is nogsteeds uit voorraad! As hulle vermoed oorverhitting is die probleem is dit noodsaaklik dat hul die voorraad het wanneer die motors gaan vir die maintenance check!!

PC ·

Ek het n Ford Kuga te koop. Stel iemand belang? Goeie kondisie (nog nooit gebrand nie)

Ben ·

In die 70’s en 80’s het die mense gese FORD = Foute Orals Reperasies Daagliks.
Ek dink egter ons Verbruikers Wet en raad is nutteloos. Wanneer mense sterwe is dit nie meer ‘n grap nie. Julle moet die gemors en bedrog in die Elektroniese bedryf sien. Duisende keer erger. Weet iemand wat die doel van die SABS is? Om vir die Verbruikers raad en die SABS te werk moet baie lekker wees. Geen “worries” nie. Wonder wat doen hulle? Hierdie voertuie moes lankal van die pad afgehaal gewees het. Dit is ‘n absolute skande… Ek will nie ‘n Ford verniet he nie.

Pieter ·

Maroela, groot waardering vir jul beriggewing. Tog vind ek dit eienaardig dat die berigskrywer in een sin verwys na “…’n tekort aan ONDERDELE, wat beteken dat PARTE nie vervang kan word (nie)…”! Daar bestaan nie ‘n Afrikaanse woord “part” of “parte” in hierdie verband nie – wel “onderdeel/onderdele”. Dankie vir jul aandag hieraan. Groetnis

Landi Slatter ·

Dagsê Pieter

Dankie vir jou navraag. Volgens die sesde weergawe van die HAT kan ‘part’ ook ‘onderdeel: ‘n motor se stukkende parte vervang‘ beteken.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Piet Pompies ·

Jare terug het die Ford manne hulle karre “warm” gemaak, vandag is dit standaard toerusting.

Astra ·

My destydse Opel Rekord met brandstofinspuiting het ook oorverhit, maar het net die ‘top gasket’ beskadig. Vir ‘n brand om te ontstaan moet daar ‘n “ignition source” wees. In die geval petrol. Voertuie met brandstofinspuiting se brandstofstelsel is onder geweldige druk. So, as ‘n enjin, enige enjin, oorverhit, maar die brandstofstelsel word nie beskadig nie, behoort dit nie te brand nie. Sou die oorverhitting egter so erg wees dat die brandstofinspuiting se pype bars of andersins beskadig word, en petrol spuit oor die warm enjin, dan sal dit brand. In my opinie moet Ford die brandstofstelsel se pype ook vervang. Vir interessantheid, diesel brand nie so maklik soos petrol nie, daarom sal so iets (motors wat aan die brand slaan) waarskynlik eerder met petrolmodelle gebeur.

Stil ·

Enigiemand wat dink Ford gee om vir hulle kliente en reputasie, dink weer. Hulle is arrogant en los die klient met al die probleme en skade. Hulle verdien om geen besigheid meer in Suid Afrika te doen nie.

Louis ·

Nou het julle darem weer iets om oor te kla en iemand om die skuld voor te gee!!Lekker man …lekker!!!! Toe maar die bokke speel weer een van die dae dan kan julle weer oor iets anders klae.Klomp verkramptes!!!

LS ·

Ek het ook ‘n Ford Kuga te koop. Stel iemand belang? Alle probleme uit gesort. Voertuig het klaar gebrand en is reggemaak…..nuwe water pype bottels ens. Paint weer getouch-up….Voertuig ry soos ‘n droom.

Tonginniekies ·

Ek sien nou agter op een van die herstelde Kugas, van die waterpype wat vervang is sluit ‘n rooi brandslang rol in. Mooi netjies waar ander SUVs hulle spaarwiele dra. Dankie FORD, julle dink aan alles. ;-)

neelsie ·

Ek parkeer nie eers naby n Kuga nie. Wie weet wat kan gebeur!!!!

Elsie ·

Louis, jy ry beslis nie ń Ford nie! Bly om te sien daar is mense wat ”happy go lucky” is en geen worries in die lewe het nie. As dit met jou gebeur het dan wonder ek wat sou jy gesê het. Dis ń baie ernstige saak! Gaan nie net oor kla nie. Karre is duur en menselewens onvervangbaar!!

Johann ·

Dis sommer nonsens dat die eienaar so sukkel met Ford.
Ek wonder of die versekering wel uitbetaal?
Die hof moet Ford deur ‘n hofbevel dwing om alle Kugas wat die gevaar het en vir die kliente ‘n volle “refund” gee.
Niemand gaan daai kar koop nie, Maak nie smaak hoe mooi Ford dit “coat” nie.

FouteOralReperasiesDaagliks ·

Ek stop nie eers met my VW Beetle langs ‘n ford ku(a)ka nie!

Louis ·

Nou wonder ek ,hoekom sit motor vervaardigers heat gauges in hul motors,seker vir die mooigeit of is dit vir die eienaar om hom te waarsku jou voertuig word warm,stop en kyk wat is die fout.Die ander ding is,jy sien daar kom rook by jou bonnet uit maar jy hou aan ry!Weet jy hoekom want die motor is mos onder waarborg Ford sal hom verniet reg maak of n ander een gee.Dit is hoe die meeste Ford eienaars redeneer.Ry hom stukkend hy is nog onder waarborge.

Henry ·

Nou vervang Ford die waterbottels en pype. Wat van enjin en ander komponente wat beskadig is van die oorverhitting en later problem gee. Dalk moes van die eienaars al sulke skade uit hulle sakke betaal. Bly ek ry nie n Ford nie……

Selfone ·

Wat het gebeur met die fone wat so rukkie terug gebrand het? Iphones? Kan nie meer onthou nie…… Is die fone onttrek?

Gecko ·

Ek weet dit is nie n smartphone nie maar toe Samsung se fone begin brand het hulle dit terug getrek en miljoene verloor. Hier is mense al dood en nog steeds trek ford nie die voertuie terug nie. Hoeveel mense moet nog skade kry en dalk nog dood gaan in n voertuig wat aan die brand geraak het. Ek vra maar net

Johan ·

Wil jy vir my sê nie een van die 44 bestuurders het op die instrument paneel gesien hulle voertuie is besig om te oorverhit nie. Ek het baie enjins in my lewe reggemaak wat oorverhit het en kan nie onthou van een wat asgevolg daarvan aan die brand geslaan het nie maar dit is nie onmoontlik nie maar 44 wat niks vooraf sien nie? Klink vir my nie reg nie , sal ook raai dat dit moontlik elektries is, of brandstof wat dalk lek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.