Video: Nóg sluise van Vaaldam oopgemaak

Drie sluise van die Vaaldam is reeds gister oopgemaak (Foto: Water&Sanitation, Twitter)

Die departement van water en sanitasie het Vrydagoggend nog twee sluise van die Vaaldam oopgemaak. Dit volg nadat drie sluise reeds gister oopgemaak is om die watervlakke in dié oorvol dam te beheer.

Die eerste sluis was omstreeks 10:00 oopgemaak, gevolg deur die tweede een twee ure later.

Die Vaaldam was teen Donderdag 106% vol.

Nog twee sluise is vandag oopgemaak (Foto: Water&Sanitation, Twitter)

Maroela Media het vroeër berig die departement se hidroloë was genoop om vloedbeheer toe te pas om te verhoed dat die dam te erg oorloop.

Nadat die aanvanklike ontleding daarop gedui het dat slegs drie sluise van die dam oopgemaak moet word, het die departement gister gesê dat daar heel waarskynlik ʼn vierde sluis oopgemaak gaan word. Maroela Media het vroeër berig dat nóg reën binne die volgende week vir Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal voorspel word.

“Nog water gaan in die dam invloei omdat reën tot middel Februarie vir die Bo-Vaal-gebied voorspel word,” sê Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement.

’n Laagdrukstelsel in die Mosambiekkanaal kan moontlik wydverspreide reën na Suid-Afrika bring.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wielspore ·

Ons het ‘n klompie jare terug in Vanderbijlpark gebly en daardie tyd was 14 sluise oop, groot gedeeltes van Vereeninging was onder water en gedeeltes van Vanderbijpark se oewer gebiede, verder af na Barage het vakansie oorde skade gehad. Parys het ook vloed skade gehad, huise langs die oewer het water in gekry.

Blomme ·

Ek hoop die persone verantwoordelik vir die opgaar van water doen ń goeie taak.. Ons wil nie oor paar maande hoor daar is alweer ń water tekort in die gebied…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.