Video: Noodlottige transitoroof op kamera vasgevang

‘n Skermskoot uit die video.

Die noodlottige transitorooftog by ʼn vulstasie in Middelburg in Mpumalanga, is op kringtelevisiekamera vasgevang.

Veiligheidsbeamptes het Vrydag geld by die vulstasie afgehaal toe hulle deur vier gewapende mans voorgekeer is, het lt.kol. Brenda Muridili, woordvoerder van die polisie, gesê. Die voorval het kort ná 13:30 plaasgevind.

“Hulle het ʼn sak met geld by een van die veiligheidswagte afgeneem en na ʼn silwer VW Golf 4 gehardloop. Die bestuurder van die geldwa het met die voertuig teen die verdagtes se voertuig vasgery waarna hulle uitgeklim en begin losbrand het.

“Die verdagtes het hierna in nog ʼn wegkommotor, ʼn Mercedes-Benz, gespring en op die vlug geslaan.” Volgens Muridili is niemand nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ʼn Lid van die publiek is tydens die voorval in die kop geskiet. Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het vroeër gesê die man, glo in sy 40’s, is in ʼn kritieke toestand op die toneel aangetref.

“Paramedici het onmiddellik noodbehandeling begin toepas voordat hy na ʼn hospitaal gehaas is vir verdere mediese sorg.” Volgens Van Huyssteen het die man egter kort ná sy aankoms by die hospitaal aan sy beserings beswyk.

ʼn Vrou en haar kind is ook tydens die voorval gewond. “Hulle is deur ʼn ander ambulansdiens na ʼn hospitaal vervoer vir verdere behandeling.”

Beeldmateriaal van die voorval word wyd op sosiale media versprei.

  • Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is. RED

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Thomas ·

Ek wil antwoord maar het al geleer om nie te antwoord as ek kwaad is nie.

Kiewiet ·

Jy wat jou kop vasgehou en probeer keer het. Jy wat altyd met ‘n glimlag petrol ingegooi het. Vrydag 2 Augustus was dit jy. As die skote na die ander kant gegaan het was dit ek en my dogter. Aan jou famielie.. My innige simpatie. My skok was groot. Hulle verlies onmeetbaar????

Hendrik van George ·

Lewe is goedkoop in Suid-Afrika. Die wat kan, verlaat die sinkende skip so spoedig moontlik.. Gaan vestig julle in ‘n land waar ‘n mens se lewe nog iets werd is.

Skaap ·

In watter ander lande in die wereld gebeur sulke dinge amper elke dag ?

marous ·

Jammer die voertuig het nie bo oor hul gery , terug gestoot en weer bo oor hulle gery nie . Net vir ‘n week lank ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.