[Video] Noue ontkoming toe seekoei bakkie storm en stoei

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Waarskuwing: Die video bevat kru taal en mag nie gewysig word om dit te verwyder nie.

Wikus Ceronie, ʼn 26-jarige sweis-inspekteur van Mpumalanga, het die afgelope naweek ʼn noue ontkoming gehad toe ʼn seekoei sy bakkie bestorm en vervaard met die voertuig gestoei het.

Ceronie het aan Lastest Sightings gesê hy het die grens by die Kruger Nasionale Park oorgesteek toe die voorval plaasgevind het.

ʼn Video van die voorval, wat hy met sy selfoon geneem het, wys hoe ʼn seekoei bykans 50 m van die voertuig staan terwyl Ceronie oor ʼn brug ry.

“Daar was mense naby die seekoei en daarom het ek outomaties aanvaar die seekoei is gewoond aan mense. Die dier het my gefassineer en daarom het ek my selfoon uitgehaal en ʼn video begin neem,” het hy gesê.

Die seekoei het kort daarna op die bakkie afgepyl en hom verskeie kere gestamp en probeer byt.

“Dit was vreesaanjaend, want ek het besef ek kan nêrens heen gaan nie en daar is ook nie tyd om weg te kom nie. Dit was minstens 50 m grond toe aan beide kante van die pad. As hy my aan die kant getref het, twyfel ek nie dat ek by die wal sou afrol nie.”

Die voertuig het duisende rande se skade aan die buffer, enjinkap en deur van sy bakkie aangerig. Dit is nie duidelik of die bakkie dalk afgeskryf is nie.

Die video is in enkele dae meer as 60 000 keer gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johan ·

As dit nou n Toyota HILUX was het die hippo hom ge ROLUX…….

Mornay ·

Duidelik hou hierdie Seekoei glad nie van n Ford Danger nie.

Eina! ·

Die seekoei het gedink dit is alwéér ‘n ongeskikte dubbelkajuit!

E.K. ·

Heel eerste skermskoot lyk dit asof die seekoei probeer deur die muur kom of ten minste half vasgekeer voel deur die muur. Dit mag wees dat dit oorgegaan het in aggressie – wie sal weet? Mens weet ook nie watter optredes van mense teenoor die dier in die verlede bly vashaak en dit so laat reageer het nie. Hul word ook nie verniet as die mees gevaarlike dier in Afrika beskou nie.

Theresa ·

Ai, mens en dier het ewe groot geskrik!! Wonder of die seekoei dieselfde gedink het as wat die arme ou gesê het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.