Video: Nuusleser van lug af ná Ramaphosa-flater

SABC2-nuus (Foto: SAUK)

Die SAUK het bevestig dat die SABC-nuusleser Peter Ndoro vir ʼn “onbepaalde tyd” van die lug af sal wees nadat hy verskeie blapse tydens regstreekse uitsendings begaan het.

Die SAUK het aan EWN gesê hy het nié besluit om Ndoro die trekpas te gee nie, maar eerder ingestem tot sy versoek om tyd te neem om te rus.

Dié aankondiging volg nadat die nuusleser Donderdagaand tydens die 18:00-nuus gesê het pres. Cyril Ramaphosa is dood terwyl hy eintlik ʼn storie oor Morgan Tsvangirai, leier van die MDC-T, die opposisieparty in Zimbabwe, se afsterwe gelees het.

Hy het glo onlangs ook regstreeks op die lug gesê Mangosuthu Buthelezi, leier van die Inkatha Vryheidsparty (IVP), is dood terwyl hy eintlik berig het oor Lucas Mangope, voormalige leier van die destydse tuisland Bophuthatswana, se begrafnis.

Ndoro het glo gesê hy is totaal uitgebrand en voorgestel dat hy onbepaald tyd neem om weer te herstel.

Volgens die SAUK het Ndoro reeds ʼn verskoning aan die presidensie gerig wat intussen aanvaar is. Die uitsaaier het gesê hoewel hy hierdie flaters as ernstig beskou, besef hy ook daar moet ruimte wees vir menslike foute.

Kaizer Kganyago, ʼn woordvoerder vir die SAUK, was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Casper Labuschagne ·

Uitgebrand? Nee, eerder is die vervaardiging van fopnuus nou so ingewortel dat nuuslesers regtig nie meer weet was is werklik en wat is nie. Ons sien dieselfde verskynsel in die hoofstroommedia ook waar daar nie meer onderskeid gemaak kan word tussen President Trump, die duiwel self en Russiese spioene nie. Ook het die media bitter min onderskeiding tussen die brutaalste totalitêre staat en die wonderlikste Noord Koreaanse progressiewe demokrate by die Olimpiese winterspele wat kissterre geword het nie.

Lysa ·

Hy was nog altyd baie goeie nuusleser, dalk is hy net moeg en het rus nodig. Kan nie dink dat iemand aspris so ‘n fout sal maak nie???

Hans ·

Ooreising en uitputting agv werkdruk is nie jou maat nie, ek het simpatie met Ndoro.

Pieta ·

Eish, kry asb eers jou feite reg voor jy sulke kommentaar lewer. Peter Ndoro is verbonde aan die SAUK en nie ANN7 nie. Hy was ook nog nooit ‘n Gupta-ondersteuner nie en is algemeen bekend en gerespekteer vir uiters gebalanseerde aanbiedings. Ek het begrip vir sy werksdruk en potensiële gevolge daarvan…

Mimi ·

Peter Ndoro vsn Sabc 3 en nuus debatte op Sabc 2 was nog altyd 100% proffessioneel, baie taktvol en vriendelik. Ek het n groot dunk van hom en respekteer hom baie. Dit het die laaste tyd vir my gelyk of hy sommer skielik grys geword het, en asof hy afgerem was. Alle sterkte aan Peter, ons hoop hy rus goed en herstel.

judy pretorius ·

Mr. Peter Ndoro is n uitskende nuusleser wat n hoë standaard handhaaf. Hoop meer werkgewers raak bewus van uitbranding in die werksplek.

Koos ·

Mense kan hulle darem met kleinlikhede besig hou. Word groot.

Suzelle ·

Ramaphosa het in volsinne (tydens die staatsrede) gesê grond gaan Sonder Vergoeding onteien word sodat meer mense die kans kan hê om by te dra tot d ekonomie… skrikwekkend

E ·

Hou vir Peter, hy is ń fantastiese nuus aanbieder en het altyd ń glimlag op sy gesig.Werkgewers moet ook besef dat hul werkers mense en nie robotte is nie. Enigeen kan ń fout maak.

Peter, miskien moet jy nie meer smile nie. Dalk help dit om uitbranding te voorkom.

SjN ·

Lees slegs dit wat op rol staan, om vootuit self te dink kan probleme mee bring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.