ASTV (Afrikaanse Satelliettelevisie) is reeds sedert Oktober 2013 op kanaal 151 op die OpenView HD digitale satelliettelvisie-platform te sien. Dit bevat ‘n reeks unieke verskeidenheid programme en is meestal op die Afrikaanse gemeenskap gemik. “Kykers kan uitsien na programme wat die Afrikaanse kultuur en leefstyl omarm, en dit wissel van musiekprogramme tot kosprogramme.”
Daar is onder meer In Die Kollig, ‘n leefstylprogram aangebied deur die bekende aktrise Sarahann Doherty, en die hengelprogram Vaskap. Jaco Ferreira, ASTV se besturende direkteur, sê die kanaal sien uit daarna om ‘n groter gehoor te bereik deur die vennootskap met OpenView HD.
“Die Afrikaanse mark het ons kanaal se inhoud tot dusver baie goed ontvang, juis omdat dit alledaagse aspekte van ons kultuur, waarmee mense hulself kan vereenselwig, aanspreek. Ons sien uit daarna om aan ons groeiende gehoor hierdie nuwe platform te bied.”
OpenView HD behels ‘n eenmalige betaling vir ‘n satellietskottel, dekodeerder en installasie waarna daar geen maandelikse fooie is nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
ASTV is nie nuut nie. Ek kyk ASTV reeds vir ‘n paar jaar op FTS sateliet kanale en TopTV, nou StarSat.
Dit is goeie nuus!! Dankie vir dit wat julle vir Afrikaans doen! Trotse Afrikaanse meisie.. :)
Dis mos nou TOPTV se afrikaanse kanaal, né.
Is dit moontlik om dit in die buiteland (VSA) te sien? Indien wel, watter diensverskaffer/s? Stream hulle dalk oor die Internet?
Kan enigeen se waar kry mens die dekodeerder Laat weet asb na 0714134327 Dankie