Video: Nuwe Afrikaanse televisiekanaal bekend gestel

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

ASTV, ‘n nuwe Afrikaanse televisiekanaal, het vandag amptelik sy ooreenkoms met OpenView HD bekend gemaak. ASTV is OpenView HD se amptelike Afrikaanse kanaal.

ASTV (Afrikaanse Satelliettelevisie) is reeds sedert Oktober 2013 op kanaal 151 op die OpenView HD digitale satelliettelvisie-platform te sien. Dit bevat ‘n reeks unieke verskeidenheid programme en is meestal op die Afrikaanse gemeenskap gemik. “Kykers kan uitsien na programme wat die Afrikaanse kultuur en leefstyl omarm, en dit wissel van musiekprogramme tot kosprogramme.”

Daar is onder meer In Die Kollig, ‘n leefstylprogram aangebied deur die bekende aktrise Sarahann Doherty, en die hengelprogram Vaskap. Jaco Ferreira, ASTV se besturende direkteur, sê die kanaal sien uit daarna om ‘n groter gehoor te bereik deur die vennootskap met OpenView HD.

“Die Afrikaanse mark het ons kanaal se inhoud tot dusver baie goed ontvang, juis omdat dit alledaagse aspekte van ons kultuur, waarmee mense hulself kan vereenselwig, aanspreek. Ons sien uit daarna om aan ons groeiende gehoor hierdie nuwe platform te bied.”

OpenView HD behels ‘n eenmalige betaling vir ‘n satellietskottel, dekodeerder en installasie waarna daar geen maandelikse fooie is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Blikskim ·

ASTV is nie nuut nie. Ek kyk ASTV reeds vir ‘n paar jaar op FTS sateliet kanale en TopTV, nou StarSat.

Lisa ·

Dit is goeie nuus!! Dankie vir dit wat julle vir Afrikaans doen! Trotse Afrikaanse meisie.. :)

Melissa ·

Nee dit het niks met TopTV te doen nie, TopTV is soos DsTV wat jy maandeliks voor moet betaal. Hierdie is ‘n nuwe een, wat jy ‘n dekodeerder koop, een betaling maak en that’s it. Het dit nie self nie, maar het al daarvan gehoor. Weet nie watse ander kanaale daarop gaan wees nie.

Ilse ·

Ja dit is dieselfde Afrikaanse kanaal wat op Top Tv (nou Starsat) uitgesaai word, maar hulle gaan nou ook op openview HD uitsaai.

Blikskim ·

Ja AmY, dis een en dieselfde kanaal. Hy is al die jare op “Free To Air” sateliet kanale gewees. TopTV het hom in hulle bondel ingetrek en nou doen Openview HD dit ook. DSTV sal dit nie doen nie want hulle sal kompetisie vir KykNet raak.

Hendrik ·

Is dit moontlik om dit in die buiteland (VSA) te sien? Indien wel, watter diensverskaffer/s? Stream hulle dalk oor die Internet?

dawie ·

Kan enigeen se waar kry mens die dekodeerder Laat weet asb na 0714134327 Dankie

Karin Neethling ·

Hierdie in nou vir ons die beste nuus in jare – kan julle asb vir ons meer inligting stuur ivm
die verkryging van die dekordeerder, ens.
beste wense

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.