Video: Nuwe boere benodig opleiding

AFASA-nuwe-boere-opleiding

Foto: ‘n Skermskoot uit die video.

Die African Farmers’ Association of South Africa (AFASA) stel voor dat ’n databasis van voedselprodusente landwyd saamgestel word sodat nuwe boere die nodige steun kan kry.

Dié voorstel is gemaak tydens AFASA se begrotingsvoorlegging aan Senzeni Zokwana, minister van landbou, op 18 Mei in Pretoria. Die organisasie het gevra dat meer as R6,1 miljard opsy gesit word vir die ontwikkeling van dié databasis en opleiding.

Die minister van grondhervorming se nuwe voorgestelde plafonne vir die besit van grond is ook by dié geleentheid bespreek.

Hierdie insetsel is deur eNuus vervaardig. eNuus word elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.