[Video] NWU-dosent hardhandig deur ‘student’ behandel

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

Die bestuur van die Noordwes-Universiteit (NWU) het gesê hy is bewus van ʼn voorval waarin ʼn jong man glo ʼn vrouedosent op die Mafikeng-kampus hardhandig behandel het.

ʼn Video van die voorval word wyd op sosiale media gedeel en wys hoe die dosent op haar podium in die lokaal staan, omring deur beweerde betogende studente wat haar klas probeer ontwrig. Sy vra egter vir die klas of hulle eerder wil studeer, en hulle dui aan dat hulle wil. Een van die betogers stoot haar dan met sy hande op haar bors uit die klas.

Koos Degenaar, kampuswoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê die voorval het op 15 Februarie plaasgevind toe ʼn groep betogers, wat glo deel van die EFF studente-afvaardiging is, klasse ontwrig en kampuseiendom gevandaliseer het. Lees meer hier.

“Die tugverhoor van Benz Mabengwane, voorsitter van die institusionele verteenwoordigende studenteraad, het op die dag plaasgevind en die groep het uit protes daarteen betoog,” het Degenaar gesê. Mabengwane is dissiplinêr verhoor nadat hy vroeër vanjaar ʼn hofinterdik verontagsaam het wat hom verbied het om die registrasieproses by die universiteit te ontwrig.

Degenaar het gesê die dosent is gelukkig nie tydens die voorval beseer nie. “Ons is besig om die voorval te ondersoek en sal die nodige stappe neem wat daaruit spruit. Die moontlikheid bestaan egter dat van die betogers nie van dié kampus is nie, maar van ʼn ander universiteit af hierheen aangery is.”

AfriForum Jeug het Woensdag geëis dat stappe geneem word teen die betogende studente wat die dosent “aangerand” het nadat hulle die beeldmateriaal bekom het.

“Dit is duidelik uit die reaksie van die studente in die klas dat hulle eerder wou studeer en nie die optrede van die betogende studente goedkeur nie. ’n Mens kan die ontevredenheid onder studente hoor toe die betoger die dosent op haar bors begin stoot,” het Janli Sonntag, AfriForum Jeug se kampuskoördineerder, gesê.

Sy het gesê die NWU het ’n verantwoordelikheid teenoor sowel studente as dosente om hul veiligheid en reg op onderrig te verseker. AfriForum Jeug is van mening dat die meerderheid studente nie die betogende studente ondersteun nie.

“Die universiteitsbestuur kan nie toelaat dat ’n klein groep radikale studente die res van die kampus gyselaar hou nie. Daar moet teen anargiste opgetree word wat ander se regte ontneem en hul veiligheid in gedrang bring,” het Sonntag bygevoeg.

“Ons het ná verlede Maandag se voorval veiligheid op die kampus aansienlik verskerp en monitor deurlopend die situasie,” het Degenaar gesê.

Degenaar het ook gesê Mabengwane se tugverhoor is gefinaliseer ten spyte van die betogings en die uitslag van die verhoor sal binnekort bekendgemaak word.

[wpvideo OJy3pejj]

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Dirk Breytenbach ·

Dit is so absurd dit regverdig nie kommentaar nie. Die feite spreek vanself.

Gareth ·

Wanneer is genoeg genoeg. Hoe lank gaan ons hierdie gedrag nog toelaat.

Fanie Oosthuysen ·

Die klomp EFF betogers wat onder die dekmantel van sogenaamde studente moeilikheid maak moet tronk toe gaan met ryswater as enigste voedsel.

hans ·

Nog nie n woord van veroordeling deur Prof Dan die Rektor oor die aangeleentheid nie. Die sg dissiplinere verhore by universiteite is n klug en verder is meeste besture bang is vir die EFF sal die voorval in die niet verdwyn.

Johannes Froneman, woordvoerder van prof. Dan Kgwadi ·

Die visekanselier is vanselfsprekend besorg oor alle personeel en studente se veiligheid en waardigheid. Daarom veroordeel hy enige insidente, soos hierdie een. Hy was die hele week al op Mahikeng om saam met studente en bestuur die situasie daar te probeer hanteer. Vandaar dat hy nie op hierdie spesifieke gebeure gereageer het nie. Aanvaar asb sy goeie trou en sy eerlike pogings om ‘n situasie te probeer beredder wat veel groter is as een universiteit of een visekanselier.

Gert ·

kap hom vir sekseule teetering hy het haar aan die borte ge gryp

Rudi ·

Ek het daar geswot in die jare toe hul begin het met transformasie. Dis niks anders as wittes betaal en onderig die ANC en EFF kinders nie. Dit sal beter wees as ons betalende dwase loop soos hul dit wil he en hul met n gemors lae standaard Limpopo universiteit sit. Ons moet eerder bou aan nuwe afrikaanse univetsiteite sonder staats geld

deon koegelenberg ·

Rudi jou plan is stadig maar seker reeds mee begin want Afriforum het die aanvoorwerk reeds begin wat wel nodig is sal ek se daar moet n hele klomp wel af manne groot skenkings maak sodat die gebou self mee begin word . Ook ons pensioenarisse kan elke maand n ietsie bydra en so raak die emmer sommer gou vol Dankie elkgeval

Santie ·

Presies waarom apartheid destyds ontwikkel het. Mens raak op vir gee en geen dankbaarheid kry nie, net nog eise. Stuur julle kinders landuit mense, ons sit in Zim no 2. Hulle sal ons leeg suig en dan gaan bedelhand uithou by ander goedgelowiges. Afrika bly Afrika.

James ·

hy gryp die vrou aan haar borste ??????????????? laat hom toe sluit

Hendrik ·

Kan jy jou indink wat die reaksie sou wees as dit n wit student/e was wat so teen n swart vroulike dosent opgetree het?!

Erns ·

Ons word uitgelok om elke hoek en draai. Ek het nie meer woorde nie, hoe lank nog gaan ons so getart word? Wat kan ons doen?

Juran ·

Dit is duidelik, en kom ons wees spesifiek, dat die man van die EFF die wit DAMES dosent teen haar bors wegstoot om haar te verhoed om met haar werk voort te gaan( haar reg volgens grondwet) en hy skotvry daarmee wegkom. Weereens bestuur wat geen beheer het oor belhamels en roekelose skobbejakke op,kampus nie. Duidelik wil sy daar doseer en duidelik wil haar studente haar daar he. Behalwe die anargistiese, rasbehepte EFF.

Danie ·

Los daardie Universiteite. Dit is net geboue. Wat belangrik is-is ons betroubare dosente. Ons kan hulle nie verloor nie. Hulle is ‘n skatkis van die afrikaanse taal op alle tereine. Trek al daardie Afrikaanse dosente na Akademia toe binne die volgende paar jaar. ALLE AFRIKAANSE STUDENTE moet by Akademia aansoek doen vir kursusse sodat Akademia daardie dosente kan nader trek om die kursusse saam te stel en dan aan te bied. Met duisende studente kan daar genoeg geld instroom om ordentlike fasiliteite daar te stel in onderwys, bestuur, rekeningkunde, ekonomie, ingenieurswese, medies, landbou, ruimtenavorsing, tale, regte, sielkunde, kunste ens. Ons moet ‘n barometer saamstel om te kyk hoeveel studente by akademia op alle tereine wil studeer. Maroela media kan ons dan weekliks opdatum bring. Die projek se naam kan #AkademiaMoetGroei# wees.

Disselboom ·

So bek moet jêm kry (dis die Afrikaans vir “gee die man ‘n Bell’s”). Die enigste probleem is dat Akademia vir elke kursus wat hy wil aanbied, eers staatsakkreditasie moet kry. wat duur is jare neem. Die regering het ons net waar hulle ons wil hê, soos Jan F Cilliers se osse: “geduldig, gedienstig, gedwee”.

Behalwe as ons besluit om vir onsself te dink en ons eie kundigheid vir kwalifikasies onder ons eie akademici se beheer aan te wend en markaanvaarding bo staatsakkreditasie te soek.

Gerhard ·

Mens probeer jou bes om positief te wees dan vind die volgende insident plaas. Een tree vorentoe an twee terug. Die beste wat mens vir jouself en jou familie kan doen is maar net om voor te berei vir die ergste. As dinge so aangaan sal dit net versleg totdat dit uitloop op ‘n totale bloedbad. Die blanke Suid Afrikaner gaan homself binnekort met sy rug teen die muur bevind en dis dan wanneer dit lelik gaan raak.

Veritas ·

Die Afrikaner is reeds met die rug teen die muur. Wat ons nou kort is koel koppe wat planne kan beraam om die situasie om te keer. Ons is seer sekerlik nie dommer as die vyand nie.

Dan ·

Hoekom dit so onskuldig stel”aan die bors stoot”, sal eerder wees”haar borste brutaal betas, en sodoende haar verneder deur om haar tot oorgawe te dwing. Hy moet aangekla word vir seksieele molestering in die openbaar.

Johann Kruger ·

Die werkgewer is verantwoordelik vir ‘n veilige werkplek. Nie net die “student” behoort vervolg te word vir aanranding nie, maar ook in terms van dissiplinere prosedures van inrigting. Dis tyd dat bestuur van akademiese instellings besef dat hulle met verantwoordelikheid en ware integriteit most optree en standpunt in neem teen die chaos Anders kan hulle maar ingee aan chaos en sluit. Besef ook dat Jan Publiek nie wil hê dat hulle swaar verdiende inkomste in die vorm van belasting aangewend moet word vir ander se studie skuld nie. As dit gebeur, glo ek die onverklaarde jagseisoen op studente sal begin! (vra verskoning vir “predictive text” wat alewig woorde verander, verel in Afrikaans. Ek is BC gebore … before computers!”)

komnou ·

#Akademiamoetgroei# want in SA spring mense om ander verskuilde agendas, al reeds geruime tyd op die wa.

Morne ·

Mense wat ek nie kan verstaan nie is dat ons blankes toelaat dat al sulke tipe voorvalle plaasvind em ons maar net maak of niks gebeer het nie. Ons as blankes het hierdie land opgebou tot ‘n wonderlike veilige land en nadat hulle oorgeneem het is alles baie vinnig ten gronde geneem. As al die blanke kinders se ouers hulle kinders onttrek by die instansies waar ons kinders nie gesoek word nie en ons eie onderrig sentrums begin sonder staats hulp met die bydraes van die ouers en blanke sakemanne kan ons al die tipe situasies vermy. Soladariteit het hulle eie plek op die been gebring en daar is geen sulke probleme daar nie. Kom begin net weer vir mekaar omgee en mekaar ondersteun dan kan ons baie maklik sonder hulle klaarkom

Karel ·

Het die universiteit al op getree ? ,dit is mos nie nodig om vir Dan Kgwadi te wag nie , kry die polisie en sluit hom toe vir betasting, seksueele teistering , poging tot aanrading om ligaamlik erenstig te beseer , karakter skending , vroue mishandeling ,intimedasie en emosionele afkraaking. Miskien sal hulle dan wakker word. Die universiteit het mos regs mense of is hulle ook te bang of dalk slap.

Lourens ·

Nee wat bly te leker argentenie sa mense se altyd hoe arm arg is well ons is beter af as julle en ons bou julle breek af

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.