Video: NWU-student se gebaar ruk hartsnare

Rynaard de Goede

Rynaard de Goede

ʼn Student aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus het besluit om te midde van die studentebetogings wat universiteite landwyd lamlê ʼn bietjie hoop te versprei en dié gebaar ruk hartsnare.

Rynaard de Goede het ʼn video op Facebook gedeel waarin hy geblinddoek staan en drukkies uitdeel. De Goede het by die video geskryf: “Liefde veroorsaak nie verdeeldheid nie. Liefde etiketteer nie. Liefde vernietig nie. Liefde het geen perke nie. Liefde oorkom alles.”

De Goede het voor ʼn gebou op die kampus gestaan met ʼn bord wat lees: “Kom ons druk. Een kampus. Een familie. Een nasie. #NetLiefde.” Die video wys hoe studente van alle rasse na De Goede stap en vir hom ʼn drukkie gee.

“Wat Rynaard de Goede op die NWU se Potchefstroom-kampus gedoen het, is verby amazing. Met ʼn blinddoek het hy gewys liefde word nie gesien nie, maar gevoel, en die mens se natuurlike streef na ʼn liefdevolle wese word uitgebeeld. Rynaard ek dink nie jy weet dit nou nie, maar jy het iets amazing vir ons land gedoen, en hierdie kan deur die wêreld verkondig word (sic),” het een Facebook-gebruiker geskryf.

De Goede se video is wyd op sosiale media gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

99 Kommentare

True Love ·

Probeer volgende keer die blinddoek afhaal as jy drukkies uitdeel. Dit sal nou onvoorwaardelike liefde wees…

Essie ·

So mooi, so dierbaar! Ek het sommer die liefdevolle drukkies gevoel, het spontaan gelag toe van die studente hom so liefdevol optel! Dit was die mees oulikste video wat ek gesien het…

Dallas ·

Dit is n goeie teken,daar is HOOP,LIEFDE EN VREDE vir ons land as almal net so n denk wyse kan he soos die man…..

Hendrik Jordaan ·

Behalwe dat hiedie kinderagtige gebaar, op die ou einde ‘n 0 op ‘n kontrak gaan wees. Dit laat hom en ‘n paar ander dalk vir ‘n oomblik goed voel, maar uiteindelik gaan dit niks aan die probleem verander nie. Daardie is natuurlik meervoudig. Aan die eenkant diegene wat nie klas kan bywoon, maar wil. Aan die ander kant diegene wat nerens kan kom nie en dus die ander wil hinder.

jakkie ·

Wys jou die liefde oorwin alles, so n klein gebaar.so baie vermag..seun jy is n yster!!!!

Ilze ·

Rynaard, jys n awesome man en hoop almal kan sien wat jy doen en wakker word want die lewe te kort vir al die onnodige goed wat aangaan. Groot druk vir jou!

Annari du Plessis ·

Wat ‘n wonderlike gebaar – nee aksie. Ek tjank lekker en wens ons almal wil net begin om anderste optetree en ‘n verskil te maak op so ‘n amazing manier. Rynaard jy is ‘n wonderlike jong man en mag die HERE met jou aksie die verandering bring wat so nodig is. Drukkie van my uit Vanderbijlpark

Wilmien ·

Rynaard, jy is `n STER…ek het trane in my oe gekry…pragtige gebaar !!!

Wilmien ·

Rynaard, jy is `n STER ! Ek het trane in my oe gekry…pragtige gebaar !!!

Francisca du Randt ·

Het die video op fb gedeel. So ‘n dapper jongman! As ek sy ouma was, sou ek verskriklik trots op hom gewees het en as ek op kampus was, het ek self ook ‘n drukkie gaan kry.

Jesica ·

Whoow wat kan mens se as almal maar net soos Rynaard wil wees.

Anna-marie Pieterse ·

Rynhaard de Goeden!!

Respect for you! This is what Jesus expects from us! This is how Jesus would have treat and love people! This is what all South African’s should do!

Pretorius Hibbers Cahrine ·

Hoe tjank die tannie darem nou, oor die “mooi” hiervan….

Andries van Tonder ·

Jy is nie alleen nie. Hierdie ou man se ogies sweet skielik vreeslik..

Elna Erasmus ·

Ek is trots om as ouer deel te kan wees van NWU Potch kampus. Rynaard de Goede jy is n ster en n voorbeeld vir almal.

Wakker akker ·

Die mense lees dan nie eers wat op die bord staan nie. Duidelik ‘n staged produksie.

Lara ·

Jy is duidelik nie ‘n student op ons pragtigr kampus nie, vir so ‘n opmerking. Geen mens gaan eers die bord lees opsoek na “bepalings en voorwaardes” nie. Skrik wakker, akker.

chantelle ·

Jy is ook seker een van die wat protes? Klink vir my so.

chantelle ·

Jy is ook seker een van die wat staak? Klink vir my so. Vrede ou.

Lettie J v Rensburg ·

Mens hoef nie te lees nie. Sy oop arms se alles!

Critical ·

Watter rede sou hy hê om dit te stage? Ek werk op hierdie kampus (FYI enigste wat tot dusver nog geen probleme gehad het nie). Dit is hoe ons op hierdie NWU kampus is. Dit gaan oor samewerking, verdraagsaamheid en respek vir ons medemens en instansie.

Hannes visser ·

Mmmmmm – dalk lees hulle vinniger as wat jy dink en dalk is daar sommiges van ons wat nie hoef te lees om ‘n gebaar te verstaan nie.

Anne-marie Botha ·

Ek is in my diepste hart van harte oortuig dat die meeste van ons generasie voel soos Reynaard. Laat meerderheid opstaan en saamstaan en die minderheid “verdruk” wat anargie en chaos veroorsaak. Daar is krag in getalle ons sien dit elke dag…….! Te veel bly passief!

Charlotte Savage ·

Dit was awsome , ek dink n mens moet dit elke dag doen, Rynaard jy is n ster!!!!

Nickey le Roux ·

Maak my trots om ‘n PUK te wees- ‘n universiteit wat kop en skouers bo die res verhewe is. Go PUKKE

Angie ·

Ek het vanoggend vroeg die Video gesien wat een van my vriende geshare het… Ekt tot die einde gekyk en nie eers geweet dit kom van ons land af tot ek sien dis op PUKKE. So bree bors begin voel en trots. Ek het gevoel of ek op daai toeneel was en wou ook drukkies kry… Baie mooi regtig…

SNEL ·

WOW WOW WOW!!! Wat n pragtige gevaar. Dis nou n seun om op trots te wees. Dis n ou met liefde vir sy naaste in sy hart wat aan so iets sal dink. Wens ek was daar vir n drukkie en ek sou n sitplek gesoek het, want ek wil net kyk en kyk en kyk hoe almal stroom om n drukkie te kry. Mooiste video wat ek in n lang tyd gekyk het.

waker akker word waker ·

wakker akker word wakker asb altyd iemand wat verdomp negatief wil wees, mooi so seun jy is pragtig.

Laggendeskaduweevrou ·

Fantasties! Prys die Here vir sulke mense soos jy! Dis hoe dit gedoen word! Jy is n voorbeeld vir menige…..oud en jonk! Knap gedaan!

Driekie Grobler ·

Dis mos wat ons land nou nodig het en ja liefde oorwin alles.

Maryke ·

Ekt die video gesien en net gedink… die kind se ouers is seker nou SO trots op hom… Dit was braaf en bewys eintlik wat ons almal wil hê…

pwgrowee ·

Rynaard jou Yster!!!!!!!!

… en aan Wakker Akker met sy swak kommentaar: is jy seker jy het jou naam reg gespel?

Lizette Jordaan ·

Jy rock dude, sommer almal kan by jou gaan kers opsteek. So trots op jou, daar is hoop vir ons after all met mense soos jy. :D

John ·

Ongelukkig soek die ‘hulle’ wat so probleme veroorsaak nie eintlik drukkies nie. Hou julle beursies styf vas terwyl julle so ‘n ‘show’ opsit, want eintlik gaan hulle ‘show’ oor geld… baie geld….

Wakker akker ·

Dit sou net beter gewees het as dit genuine was. Niemand lees die bord om te sien hoekom hy daar staan nie. Loop net na hom toe soos vooraf-geprogrameerde robotte wat ‘n rol in ‘n verhoogproduksie vertolk. Is ek al een wat dit kan sien? Dis staged. Vals. Doen iets wat genuine is.

chantelle ·

Jys is seker een van die wat deel is van die stakings. Jys duidelik nie wakker nie, akker.

Joe ·

Staged soos n aardklop produksie

Die goed is vol op youtube ook

Gaan Google net free hugs social experiment

Ja, trots om glad nie oorspronklik te kan wees nie

Die copy and paste generasie

Hannelie ·

Wakker akker as jy niks goeds het om te sê gaan soek ‘n ander forum vir jou negatiwiteit. Wys net jy niks positiefs tussen jou ore nie. Rynaard ons is baie trots op jou.

Jdv ·

Ai hoe wens ek my pukkie seun het nog gelewe, hy was so trots om n Puk te wees en sou beslis n druk kom vat het. Rynaard jy is n ster en ek verlang sommer nou na my kind….

PW Growee ·

Joe. Wanneer laas het jy iets *oorspronklik* gedoen om verhoudinge in onse land te verbeter?

Francis ·

Rynaard mag die voorbeeld wat jy gestel ons Land se misie word .

Johanna Botha ·

Dankie as jy maar net weet wat dit vir ons almal kan beteken …deel dit met almal wat jy ken …so kragtig en opreg !

bernedine koch ·

so mooi,mag die gebaar harte verandet en eenheid bring

Meraai ·

Uhm… Wakker Akker, aangesien dit seker die werklike studente (en nie ingevoerde betogers nie) is wat hier deelgeneem het, kan ek nogal glo dat die meeste van hulle al op ‘n afstand daardie yslike opskrif op die plakkaat sou kon raaklees?

M'Lady ·

Ag asseblief tog mense skrik net wakker. Wat op dees aarde gaan drukkies help om die land uit die gemors te kry waarin dit verkeer? Ons mede landsburgers soek nie drukkies nie, dit kan ek julle verseker.

Adella ·

Ek glo dat een ou se gebaar n’groot verskil maak. Duidelik het sy gebaar Honderde mense aangeraak. Change your mindset!!!

Elizabeth Loock ·

Sjoe .. vloei die trane nou. Pragtige gebaar. Mag jy geseënd wees in jou toekoms jongman.

Dapper Stapper ·

Mooi so seun! Jy’t vir ou man trane laat opwel..

P - in potch ·

ons as ouers van die NWU PUk studente is so trots op ons kinders, hulle sit nie net en kyk nie hulle staan op en doen iets in ‘n poging om verandering te bring xxxx

Philip October ·

Jis Rynaard. Jy het my trane laat loop ou maat. My vir myself laat vra of ek genoeg doen om die lewe vir my medemens beter te maak en ook ernstige vrae gevra oor die lense waardeer ek die lewe kyk. Dankie vir wonderlike genaar en ‘n sterk boodskap.

Melanie ·

Dis so oulik! My huishulp het jare terug altyd gesê Die Gowerment moet ons los!Ons sal self regkom….en dit is so. Hoe mis ek my kantoor daar agter…haha

Poppie ·

As ons almal kan doen wat jy gedoen het, sal dit n groot verskil in die land maak. Sal dit nie wonderlik as ons Saterdae by n winkelkompleks kan staan en so drukkies uitdeel nie. God seen jou Rynaard, mag daar groot veranderinge kom. Amen

Anne ·

Ja, dit is so dat baie net ‘n drukkie sonder gevoel gaan gee, maar hulle sien ‘n kamera en yes!
Wil soooo graag ook afgeneem word. Sommiges kyk sommer met die drukslag om, net om seker te maak hulle is op “TV”! Dit kry ons oral, maar Rynaard, baie dankie. Ek glo dat Jesus ook oral so staan vir medemensliefde en vrede. Nie net in Lovers Lane nie maar ook daar waar klippe gegooi word, gebrand word, gehaat word. Kom ons buig die knie voor die vyand en verslaan hulle met Jesus wat vir liefde staan.

Dolores ·

Dit is seker die mooiste ding wat ek in baie jare gesien het. As daar net meer sulke mense was!

R - Colesberg ·

Rynaard – Dit is waarom ons hier is
en dit is waaroor die lewe gaan.
Jy’t my dag gemaak – Baie dankie.

Jacques de klerk ·

Rynaard jy is n baie groot man, dit is presies wat die hele wêreld nodig het!
Ek salueer jou!

Elzanne ·

Dis een AMAZING gebaar. Ek kan met trots sê ek is deel van ‘n liefdevolle NWU Puk familie. Dit is maar net ‘n bewys dat daar nog hoop is vir die toekoms. Liefde oorkom alles. Een familie. Een kampus. Een Nasie. #NetLiefde.

Hanna ·

Die trane loop sommer! DIT ONS LAND! Dis wie ons kan wees… Trots op jou!!

Hannelie Horn ·

Wow Rynaard jy maak ons Worcesteriete trots. Jy is ‘n ongelooflike voorbeeld vir ons stukkende gebroke land. Tannie is super trots op jou x

Hannelie Horn ·

Wow Rynaard jy maak ons Worcesteriete trots! Jou pa en ma kan trots wees op jou die wortels is diep geplant. Mag almal sy voorbeeld volg, want dis al wat ons kan doen in hierdie stukkende gebroke land. Jy is so ‘n mooi voorbeeld vir elkeen van ons.

Bennie ·

Kan ons nie dalk die betogers by die universteite hierdie laar probeer vir net 1x volle dag. EN net KYK wat gebeur…………

Ralda Hansen ·

Baie dankie vir jou pragtige kreatiewe gebaar Rynaard! Hier is ‘n groot stywe druk vir jou. Ralda

Louise ·

Mooi so. Trots op jou. Ten minste deel jy nog drukkies uit. Ek wens ek kon daar wees om jou ook ‘n drukkie te gee. Sies vir julle negatiewe mense.

Hein ·

Wonderlike gebaar al is dit al in ander lande gedoen. Mens het nie n breinsel nodig om te besef dat mense dit van ver af kon lees nie. ;) (buite die gesigsveld van die kamera vir die wat dit nie verstaan nie;) ) Blessings Rynaard. Groot druk vir jou. Dis die tipe reaksie wat die oorgrote meerderheid van ons wil he, en wat gaan sorg vir n hoopvolle toekoms vir almal in ons mooi land.

Linda ·

Dis die mooiste gebaar, jy straal jou geloof en liefde uit. Dis awesome

Leana ·

Hierdie student het sy van gestand gedoen. Wat ‘n ongelooflike gebaar. Doen so voort!

Dolla ·

Ek het nog altyd gese, God het ons almal geskape. As jy die vel aftrek is ons almal die selfde, almal kry koud soos jy, moel pyn soos jy, word honger soos jy.

Yolande ·

Dalk gaan hierdie gebaar nie groot veranderinge meebring nie,dalk sal dit. My redenasie is dat so iets klein net baie wat moedeloos en kragteloos voel weer krag gee. Trots op julle! Elkeen van daardie studente voel sommer positief oor n drukkie. KRAG IN LIEFDE EN OMGEE!

Anoniem ·

Hierdie mense wat sulke negatiewe kommentaar lewer kry seker nooit ‘n drukkie nie. Dit is die aangenaamste ding om ‘n drukkie te kan kry en ook om sommer net vir iemand ‘n drukkie te kan gee.

Peet J ·

Die gebaar was goed maar een familie,een nasie dit sal nooit realiseer nie.

Liza ·

Fantasties………. trots op jou jongman……..dis een van die mooiste gebare wat ek gesien het…. jy is vir almal ‘n voorbeeld…….. Kom Suid-Afrika staan saam……..daar is hoop….

Liza ·

Fantasties!! trots op jou jongman……..dis een van die mooiste gebare wat ek gesien het…. jy is vir almal ‘n voorbeeld…….. Kom Suid-Afrika staan saam.

Carina Rabie ·

Die video is gister oggend in ons kerk gespeel. Daar was nie ‘n droë oog te vinde nie. Dis so ‘n ongelooflike gebaar, ek het hoendervleis gekry. Welgedaan Rynaard !! God seën jou.

Raechelle ·

WOW!!!! Ek is ‘n oud-Puk…en voorwaar trots…well done!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.