[Video] O, dié donkie … steel almal se harte

Patat die vriendelike donkie. Foto: Verskaf

Die video volg onderaan die berig

Patat, oftewel Donka, is ʼn 18 maande oue donkievulletjie van Suid-Afrika wat oornag ʼn internetsensasie geword het.

Talle sosialemediagebruikers het vandeesweek op Facebook en WhatsApp met Patat kennis gemaak waar hy dolgelukkig en balkend nader gehardloop kom as hy sy menspappa, Stoffel van Zyl (52), se stem hoor.

“Sy blydskap om sy mense te sien is iets ongelooflik om te aanskou,” is een van die talle kommentare wat die emosies wat dié video uitlok, opsom.

Stoffel, ʼn boer en bekende in die landboukringe, het Saterdag aan Maroela Media gesê hy wou al lankal ʼn donkie gehad het om hans groot te maak.

“Ek het ʼn plaas buite Groblershoop in die Nood-Kaap, maar woon op ʼn plaas buite Welkom in die Vrystaat. Ek en my vennoot het laat in 2015 van Groblershoop teruggery Vrystaat toe, toe hy vir my sê hy weet van ʼn weesdonkie waarvoor iemand ʼn eienaar soek. Ek het daar gaan stop en hom aangeneem. Ons het hom aanvanklik Patat genoem, maar hy het vinnig die bynaam Donka gekry,” het Stoffel gesê.

Patat was twee maande oud toe Stoffel met hom by sy Welkom-huis opgedaag het. Hy is in die Van Zyl-gesin se huis grootgemaak en het hom vinnig as deel van die gesin ingewurm.

Ná ʼn jaar het hy egter te groot geword vir die huis en moes hy van Desember op die Groblershoop-plaas gaan bly, waar hy vinnig maats gemaak het met ʼn “potbelly”-varkie, twee ganse, hoenders en twee koedoekalfies. Hy het egter nie van sy mensfamilie vergeet nie.

“Ons kom so een keer per maand op die Groblershoop-plaas en as hy my bakkie sien of my stem hoor, kom hy opgewonde aangehardloop. Die video wat tans die ronde op sosiale media doen is sowat ʼn maand gelede geneem, maar is een van baie wat wys hoe gelukkig hy is. Ek het dit op Facebook geplaas om vir my vriende te wys en toe ek weer sien is dit teen Saterdag al meer as 220 000 keer gekyk.”

Stoffel beskryf Patat as ʼn liefdevolle dier met ʼn siel en persoonlikheid. “ʼn Donkie is nie ʼn dier wat alleen wil wees nie, hy wil aan iets of iemand geheg wees. Donka is ʼn deel van ons gesin en steel harte waar hy gaan. Hy spring gereeld agter op my bakkie en het al saam met ons dorp toe gery om ʼn melkskommel by McDonald’s te gaan drink. Almal kyk vir die donkie en wil foto’s neem, hy is baie geliefd.”

Patat word nie net met melkskommels bederf nie: Hy lê ook graag weg aan wortels, appels en enige peuselhappies wat Stoffel aan hom dra … iets waarvan hy baie gaan kry as hy in September twee jaar oud word.

Ek moet dit deel. Nog nooit n donkie gesien wat so bly is om mens te sien nie. Dink ook nie die ou sal ooit werk nie. Bevoorregte in die testament blyk dit te wees

Posted by Wikus Fourie on Wednesday, March 22, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

E.K. ·

O die donkie…die donkie is ‘n wonderlike ding…! Te oulik man!

Hanna ·

Die video is vir my die hoogtepunt van die naweek se sosiale media! Mag Donka nog lank en gelukkig lewe!

Love ook my donkie ·

Ekt ook donkies wat so mak is en hul bring net joy en baie lag in mens se lewe. As hul liefde kry gee hul dubbel soveel trug. Wens meer mense wil hierdie spesiale dier raak sien en beskerm

Jenny ·

Ek en my man het al 2 trane in die oë gekry. Dit klink vir my of hy huil van blydskap. Sal ook graag n donkie soos hy wou hê as ek op n plaas gebly het, donkies is vir my n rein dier.

Cryosphear ·

Wil nie alleen wees nie…… Maar julle gaan net een keer ‘n maand soontoe. Dis seker oorgenoeg om nie te verlang nie

Marietjie vd Merwe ·

Ag moeder,Hy is so dierbaar en vreeslik lief vir sy mens pappa!!Wens mense wil ophou om hulle te slag en seer te maak.

Savethetigerplze ·

Ag hy is oulik! maar baie eensaam, pappa Stoffel gaan kuier Asb meer vir Donka toe, een kuier ‘n maand is darrem maar nie reg nie

lilla B ·

Dit is regtig baie besonders. Maar dit lyk vir my na ‘n dier wat baie hartseer is om alleen gelaat te word?

Stefaans ·

Hier aan die onderkant van Fochville is ‘n donkie wat in die vroeë oggend ure balk. Dis so mooi en ongewoon dat dit glad nie pla nie.

Susan ·

Dankie Maroela Media vir die storie agter Donka, het gewonder waar dit vandaan kom. Ek kyk dit oor en oor, want dis so ongelooflik kosbaar, veral vir ʼn Boesmanland kind wat met donkies grootgeword het!!

SARIE VAN HEERDEN ·

Soms is dit moeilik om ‘n troeteldier te huisves en word die gebrek daaraan dan soms hartseer as die dier nie kan verstaan dat hy nou alleen gelaat word nie, al is die tydperk ookal HOE kort. Hierdie arme donkie mis sy mense beslis maar die omstandighede kan nie verander word nie, en DIT is die hartseer eindgedeelte van ‘n mooi storie.

Dirk ·

Daar is nie ‘n video van donkie by berig,sal dit graag wou sien

Johanna Botha ·

Kan sien hy is baie goed versorg en het n band met sy baas. Dis so in kontras met die arme donkies wat n paar weke terug vir hulle velle lewend geslag was. Die donkie het n 5 ster lewe en mens wens so alle diere kan so mooi versorg word. Al wat dalk nog kort is n maaitjie .

Cassie Carstens ·

Stem saam met Johnnie – ek was skoon tranerig. Hoe kan ‘n mens dan nie lief wees vir so ‘n unieke skepping van God nie. Dankie dat julle dit met ons deel. Te wonderlik. En dankie dat julle hom so mooi oppas. Hou hom net uit die donkieslagters se hande.

Cassie Carstens ·

Stem saam met Johnnie en Johanna – hoe kan ‘n mens dan nie lief wees vir so ‘n pragtige stukkie skepping van God nie. Dankie dat julle dit met ons deel. God seen julle.

Netekke ·

Dan wys ons fone seker nie die video nie want ek sien ook niks van ‘n video nie. :-(

Skybird ·

Stem, my slimfoon wil ook geen video of skakel na video wys nie

Ben ·

Luister mooi, sy geluid klink soos “hello”. Hy probeer die klank van “hello” namaak. Te Cool.

Braam ·

Dis ‘n oulike, maar tog hartseer storie. Na hy in die huis groot gemaak is word hy weggevat van sy mens vriende en sien hulle nou net een keer per maand …. amper dieselfde as die oulike klein hondjies wat op die ou einde by die SPCA opeindig

Maureen ·

Laai video asb weer. Kry dit ook ni op fb te sien nie. Asb

Tania ·

Dit is te dierbaar vir woorde. Ek het gehuil toe ek na die video kyk, Onvoorwaardelike liefde soos iemand genoem het.

Monica Van Der Walt ·

Hoekom altyd negetief se as dit so mooi storie is moenie iets aanwakker mense lees ook(?) graag baie mooi so mooi week te begin sonder spanning altyd welkom hoop hy bring nog vreugde vir julle en laat daai fotoes nie stop hou ons so eenkeer in ses maande van haar laat hoor baie dankie maroela vir die deel met ons.

Johann Jordaan ·

Vrek oulik maar deesdae tref die selfde lot hulle as die renosters.

Mariette ·

Sommer trane in my oe gekry – dis so so pragtig – Se mos, as mens nie lief vir diere kan wees nie, hoe in die lewe kan mens dan met mense oor die weg kom. Mooiste …..

SARIE VAN HEERDEN ·

MAROELA, DIS AL 11vm op 27 MAART 2017. Julle nuus is nog van 25 Maart. Julle het nie dalk vir ons ietsie nuuts vir vandag se datum nie asseblief?

Janie Monsieur ·

Dagsê Sarie,

Dankie vir jou kommentaar. Probeer gerus die webblad herlaai. Maroela het beslis al nuwe berigte sedert Saterdag opgelaai.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Bittereinder ·

As sekere mense in Kuruman van Donka hoor, sit hy oor twee maande in Sjina. Pas hom maar mooi op hoor!!

SARIE VAN HEERDEN ·

Hi Janie van Maroela.
Jammer dat ek verkeerd was in my kommentaar dat geen nuwe nuus gepubliseer is nie. Die eerste wat ek soggens doen as ek my rekenaar aanskakel is om te lees wat Maroela ons bied. Baie dankie daarvoor en ook dat ons kommentaar kan lewer op nuusberigte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.