Video: Olifante bestorm toeriste

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Twee olifante het skielik toeriste op ‘n wildrit by Makuleke in die Kruger-wildtuin bestorm.

Die olifante het aanvanklik rustig staan en wei toe die toeriste na hulle sit en kyk het. Niemand is in die voorval beseer nie.

Lyle het die video ingestuur en die gebruiker Kruger Sightings het dit Sondag op YouTube gelaai. Dit is nie duidelik wanneer die voorval plaasgevind het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Shannon ·

Die rede vir hierdie gereelde aanvalle op toeriste is omdat daar nie meer ordentlike toesig plaasvind in die park nie. Idiote is gereeld besig om die diere te antagoniseer en dan is hierdie die resultaat.

Annette ·

Hulle is duidelik mense wat binne die park bly, want hulle weet as hulle hard teen die bakkie slaan sal die olifante weggaan. Alle inwoners van die park gebruik dit om hulle dit verjaag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.