[Video] Olifantkalfie uit opgaardam gered

Amanzi was slegs 'n paar dae oud toe hy gered is. Foto: Facebook via Elephants Alive

Amanzi was slegs ‘n paar dae oud toe hy gered is. Facebook via Elephants Alive

ʼn Olifantkalfie wat slegs ʼn paar dae oud is, moes Dinsdag uit ʼn opgaardam van ʼn kopermyn in Phalaborwa, Limpopo, gered word.

Die kalfie, wat nou in die sorg van die niewinsgewende organisasie Elephants Alive is, het vermoedelik in die dam geval toe hy saam met sy trop by die dam kom water drink het.

Volgens Elephants Alive se Facebook-blad het Johan Bezuidenhout en Quenton du Plessis die olifantbulkalfie uit die dam gehaal en twee keer probeer vrylaat tussen olifanttroppe naby die dam, maar hulle wou hom nie aanvaar nie. Die olifantjie was ook baie gedehidreer en uitgeput en ʼn veearts moes ontbied word.

Die olifantjie, wat nou Amanzi gedoop is deur die personeel by Elephants Alive, word tans by die Hoedspruit-sentrum vir bedreigde spesies versorg, waar Lammie, ʼn skaap, hom geselskap hou.

Christo Schreiber by Amanzi. Foto: Facebook via Elephants Alive

Christo Schreiber by Amanzi. Foto: Facebook via Elephants Alive

Volgens Elephants Alive word Amanzi elke twee tot drie uur ʼn spesiale melkformule gevoer wat hom help om te herstel en sy krag weer op te bou. Afgesien van ʼn kneusplek bokant een van sy oë het Amanzi gelukkig nie erge beserings opgedoen toe hy in die dam geval het nie.

Amanzi is glo mal oor water en speel graag met ʼn krip vol drinkwater of rol rond in die modderpoel in sy kamp. Weens die hoë temperature in die provinsie, moes die span Amanzi ook fyn dophou om te bepaal of hy al die regte gedragspatrone aangeleer het om die hitte te kan hanteer.

“Hy is ʼn baie slim olifantjie,” het Elephants Alive geskryf. “Hy bly in die skaduwee en spat homself vol water as hy warm kry. Hy probeer selfs die kraan oopdraai as ons nie vinnig genoeg spring om hom af te spuit nie!”

Besoek gerus Elephants Alive se webwerf om by te dra tot Amanzi se versorgingskoste.

Bela, originally thought to be a female, has been renamed Amanzi, which means water in Zulu. When you watch this clip, it will make sense why. We share with you the moment, accounted by Mike Kendrick below, when this tiny orphaned elephant was rescued. When one thinks of a holding dam, this is not what comes to mind! Poor thing. "A couple of people from Electrical Services at Phalaborwa Copper, Limpopo had reported the stranded calf to the Wildlife Supervisor, Johann McDonald. Inspection of the dam revealed numerous scuff marks from elephants trying to bend down to rescue the calf were still visible. Johann thought that the elephants left the area around 5h00-6h00 when human activity around the mine usually begins to increase. Elephants form such strong family and maternal bonds that one can only imagine how distressed the baby, its mother and the herd must have been. Johann and his team got the baby out of the water and loaded him onto the back of a pick-up truck to try and reintroduce him to the breeding herds which were still in the vicinity. Twice they tried reintroducing him with the first herd’s matriarch pushing him off his feet. It was now around midday and the little calf began looking weak and in need of rehydration. In quick response to the emergency call, the Elephants Alive team met Johann and the calf at the gate of Phalaborwa Copper." Brothers Johan Bezuidenhout and Quenton du Plessis were the rescuers, who deserve a unanimous and global round of applause! There is such kindness in people.

Posted by Hoedspruit Endangered Species Centre on Friday, February 19, 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Leana ·

Die ou dingetjie is te pragtig. Dankie, vir mense wat alles prober om ons wilde diere te beskerm en te versorg!

DPJ ·

Hy is baie skatlik terwyl klein is maar wag toe hy volgroei is dat is dit ‘n ander storie.

Jakoba ·

DPJ dit is maar dieselfde met mense hulle is te skatlik as hulle klein is maar wag tot hy/sy volgroei is dan is dit ‘n ander storie. Enige baba is mooi en skatlik. Hierdie olifantjie is tog te oulik. Natuurlik gaan hy groot word.

elize duminy ·

kan ek net hier ook kommentaar lewer, dis nie net Quinton en johan wat hom gered het nie. jaco swart was op sy weeklikse inspeksie by raw water op palabora copper en het die olifantjie daar gekry. hy kon hom nie self uithaal nie hy was te swaar toe bel hy sy vriend johan om te kom help dis toe dat johan en Quinton da kom help het. so gee net n erkenning aan almal!

Realis ·

Ek wens ‘n soortgelyke reddings poging vir my arme ou volkie hier aan die suid punt van Afrika.
Hierdie olifant storie het meer nuuswaarde as al die smerige politieke snert waarmee ons tot vervelens toe gebombardeer word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.