Video: Onderonsie met Faf gekritiseer

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Krieket Suid-Afrika se spandokter het sterk uitgevaar ná Maandag se onderonsie by die Adelaide-lughawe in Australië tussen Faf du Plessis en ʼn verslaggewer.

Die verslaggewer het kommentaar by Du Plessis probeer kry omtrent bewerings van balknoeiery. Die Proteas se veiligheidswagte het egter seker gemaak die verslaggewer kom nie naby Du Plessis nie.

“Die Australiese media en spesifiek Channel 9 News is reeds verskeie keer oor die afgelope paar dae ingelig dat Krieket Suid-Afrika en Du Plessis, nie kommentaar kan lewer oor die bewerings van balknoeiery nie,” het Mohammed Moosajee, die spandokter, in ʼn verklaring gesê.

“Ondanks ons pogings om met die Australiese media saam te werk, is Channel 9 News se gedrag uiters teleurstellend. Ons het hulle ingelig oor ons mediaprotokol maar dit is Vrydag en Saterdag blatant geïgnoreer by die span se hotel in Melbourne en toe nou weer Maandag by die lughawe. Dit is die derde voorval waar ʼn verslaggewer aggressief ons spelers teister.”

Volgens Moosajee het die verslaggewer by die lughawe voortgegaan om Du Plessis te teister vir kommentaar en is daar herhaaldelik vir hom gesê om pad te gee. Moosajee het gesê die verslaggewer het duidelik veiligheidsprotokol verontagsaam.

https://youtu.be/YvYs-IbOIlI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

henry ·

Orige Aussies! Pak nr3 wag op julle… iets om oor te skryf vd journalis

Chris Ws ·

Ek voel ons span moet n vliegtuig klim en huistoe kom.Ons het NIE nodig om iets in Australie te bewys nie en dis onnodig dat ons sulke swak behandeling hoef te verduur.Daar is baie ander lande om teen te speel sonder om sulke snert te moet opvreet.Maar ek praat verniet – hulle sal maar te graag die Aussie se agter ente lek.

Simon ·

Chris Ws, tipiese kommentaar van n verloorder.
Die KSA veiligheidswag moes daardie onbeskofte verslaggewer sommer baie harder teen die kolom laat vasloop het, sodat hy geval het en hom van sy wee teenoor die KSA spelers permanent laat verander het.
Ongelukkig kon die verslaggewer by die hotel nie op dieselfde manier behandel word nie.
Dis nie die spelers wat die onderspit moet delf nie. Hulle is tog per slot van rekening DIE selebs van die moment en die verslaggewers die “gate crashers” en nie anders om nie.

Vic ·

Lees gerus op oor Channel 9 en hulle gedrag in Lebanon n paar maande gelede

Chris Ws ·

Kom huistoe Proteas!Ons het nie nodig om die Aussies se nonsens op te vreet nie.Daars baie ander lande om teen te speel wat ons met respek sal behandel.

Gerhardi ·

Die Aussies is sweerlik die arrogantste sportnasie op aarde. Hul bevuil hul oor ‘n stupid peperment, terwyl hul die pioniers van wedstrydknoeiery is. Sleg verloorders. Moet erg wees om 5 ODI’s en 2 toetse in ‘n ry te verloor. Lyk in land van Aus is krieket ‘n gentlemans game played by bigot hooligans….en hul.joernalistiek oorskry elke liewe grens van etiek en respek vir persoonlike ruimte. Small they are, little they know.

snoefie ·

ai faf! met die kamera in jou gesig het jy net aangehou met om die bal te karring. was die bal se neuse toe dat jy moes pepermentspoeg smeer?

christo keet ·

Die feit is dat ons speler hom swak gedra het, was dit nodig om te kul terwyl daar geen kans was dat ons span kon verloor nie.Soos ons voel oor die aussies se gedrag so voel hulle weer ons manne se optrede.Bly eerlik en daar is geen kans dat modder na S.A gegooi kan word nie

Francie ·

Dis ou taktiek van die Australiërs om met die SA spelers se koppe te sukkel. Vra maar vir Daryll Cullinan
( ?)- hy het puik gekolf en almal
het saamgespan en hom totaal ignoreer, net om hom te ontsenu.Hy was jonk en dit het sy spel baie negatief beinvloed
Enigiets om te wen.
Geen sportmanne nie.
Faf, hou jou kant skoon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.