Video: Ondersoek geëis ná maatskaplike verslae in veld gevind word

‘n Skermskoot uit die video.

Die DA in die Vrystaat eis dat ʼn dringende ondersoek gedoen word nadat duisende verslae en vertroulike aansoekvorms vir maatskaplike toelae in ʼn oop veld naby Thaba Nchu, oos van Bloemfontein, gevind is.

Patricia Kopane, die DA se premierskandidaat in die Vrystaat, sê sy en DA-lid Geordin Hill-Lewis het ʼn oorsigbesoek gebring aan ʼn mislukte vullisherwinningsaanleg in die gebied toe hulle op die aansoeke afgekom het. “Die onlangsste aansoeke is Oktober 2018 gedateer,” het Kopane gesê.

Sy sê die party het aan Butana Kompela, LUR vir maatskaplike ontwikkeling, geskryf om te versoek dat daar dadelik ondersoek ingestel word hoe die vorms in die veld beland het sodat die persoon wat so nalatig was aanspreeklik gehou kan word. “Dit is onaanvaarbaar dat beamptes van die departement van maatskaplike ontwikkeling só roekeloos kan wees met vertroulike inligting.”

Die aansoeke en verslae wat in die veld gevind is, sluit onder meer in oordragaansoeke vir kindersorgtoelae, sake van kindermishandeling en opsetlike nalatigheid wat deur ʼn hof aangehoor moet word en verslae van maatskaplike werkers oor noodleniging.

Kopane het gesê die identiteitsnommers en besonderhede van mishandelde kinders moet veilig gestoor word en nie in ʼn oop veld lê nie. “Dit is ʼn growwe oortreding van die Wet op Kindersorg en -beskerming,” sê sy.

“Dit is noodsaaklik dat sulke dokumente en ID’s, waarvan sommige nie gesertifiseer was nie, op ʼn veilige plek gestoor word wat sal voorkom dat iemand hierdie persoonlike inligting kan misbruik en dit gebruik om bankrekeninge mee oop te maak of bedrog te pleeg.”

Kopane het gesê dit is hartseer om te sien dat mishandelde kinders en burgers sonder ʼn bron van inkomste so in die steek gelaat word. “Die beeld van duisende dokumente wat oor die veld gestrooi lê, is ʼn skerp herinnering van die mislukte ANC se ongeërgde houding teenoor die weerloosste individue in ons samelewing. Die DA sal dit nie duld nie en sal ook ons eie ondersoek na die saak doen,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Diefie ·

My woorde is nou heeltemal op! As dit nie die poswese is nie, wat briewe en rekeninge damp nie, is dit nou die deptement. Wonder wat is die volgende. Cry for my beloverd country.

Heksie ·

Wat beter kan verwag word van die anc wat die septer swaai in die Vrystaat???

Tammy ·

Dis noodsaaklik dat hierdie berig verder versprei word sodat die mense van Suid Afrika wat so mooi deur die ANC gehelp word en versorg word n bietjie duidelikheid kan kry oor hoeveel die ANC werklik vir sy “mense” omgee. Dit raak mos verkiesingstyd en dis hoog tyd dat n groot gedeelte van die bevolking n bietjie ingelig word oor hulle party se slegte optrede. Hierdie is werklik n saak om hof toe te vat en die skuldiges tronk toe te stuur. Mense se welstand word hier geskend!!!

Piet Pompies ·

Thaba Nchu beteken donker of swart berg…… dit is dalk die regte plek om sulke dokumente te stoor.

Ai ai ·

Regtig MM. Kyk so bietjie na die taal, al is dit net vinnig. ‘Onlangsste’ lyk beter as ‘mees onlangse’. Wat is opsetlike nalatigheid? Daar bestaan nie so iets nie. Opset en nalatigheid verskil soos die ooste vd weste. Wat is ‘n ‘skerp herinnering’? Mens kan seker ‘n beter vertaling vind as dit. Wonder maar net

HPV ·

As jy nie weet hoe om dit te hanteer nie, gooi dit sommer weg, nog beter steek dit aan die brand. Minder werk.

At Dippenaar ·

Dit is wat die ANC se ongeskoolde onbeholpe amptenare onder ‘liassering’ verstaan.

Johanna Botha ·

Ondersoek …maw meer geld word gemors en al word hulle gevang … gebeur daar niks ! As die polisie net sy werk wil begin doen ….ondersoek skuldig en tronk toe ! Die Vrystaat is lyk my n vrot kol en hier word die aansoeke weggegooi van die wat dit seker die meeste benodig en tog so getrou anc bly stem ???

A Mac ·

En dit is maar net die wat toevallig gekry is. Vir al wat ons weet lê daar duisende sulke inligting reg oor die land op vullishope. En nie net van hierdie departement nie maar ook van ander departemente.

Alida ·

Bring dit onmiddellik onder die betrokke minister en CR se aandag ASB DA. Hopenlik word die skuldiges afgedank.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.