Video: Ondersoek na besope korrektiewe beampte

‘n Skermskoot uit die video.

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat ʼn video aan die lig gekom het van ʼn korrektiewedienste-beampte wat in volledige uniform ooglopend beskonke by die werk is.

In die video, wat wyd op sosiale media versprei word, kan gesien word hoe die beampte agteroor in ʼn stoel onder ʼn jas lê. Wanneer iemand met hom praat, sukkel hy om regop te kom en is dan ooglopend onvas op sy voete wanneer hy antwoord: “I’m fine.”

Wanneer die persoon wat die video maak vir hom sê hy is nie in ʼn geskikte toestand om aan diens te wees nie, antwoord hy: “I’m fine for duty. Yes, meneer.”

Hy is nie in staat om op een been te staan wanneer daar vir hom gevra word om dit te doen nie en kan ook nie ʼn verduideliking gee waar sy diensvuurwapen is nie.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van DKD, het bevestig dat die departement bewus is van die video en dat ʼn dringende ondersoek van stapel gestuur is.

“Die departement is geskok en gegrief deur hierdie video. Optrede van dié aard kan nooit in die DKD toegelaat word nie en daarom word ʼn ondersoek gedoen,” het hy gesê.

Nxumalo het gesê die diensleweringshandves waaraan korrektiewe beamptes onderwerp word, stippel dit duidelik uit dat beamptes verstandelik helder en professioneel moet wees wanneer hulle hul pligte uitvoer.

“Die departement veroordeel hierdie gedrag ten sterkste.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Jessica ·

LOL, AND A FAT CHEQUE FOR NOT KNOWING WHERE HIS FIREARM IS, MUST BE WITH ONE ON THE PRISONERS.

Ja jong ·

Ag wat hy sal seker die volgende bevordering kry sodra hy nugter is. .. dit is GLAD nie meer ‘n skande in die polisie of gevangenisdiens of enige dienste om TE SLAAP of besope te wees of om amptelike voertuie vir privaatgebruik te gebruik nie .. . NEEWAT die STANDAARDE is nou anders .. this is AFrica .. you can’t do anything wrong, UNLESS you are form a minority group.

Ag ja ·

Dan wonder ons hoekom ontsnap gevaarlike moordenaars kort kort.

Jessica ·

LOOK FOR HIS FIREARM IN THE CELLS WITH ONE OF HIS BUDDY’S BEHIND BARS.

honourable member ·

Daar is mos n disiplinere kode vir die staat so die ding behoord gefire te word.

Nettie ·

Dronk aan diens = onmiddellike ontslag. Maar wat sal hier gebeur? Aangesien die “lid” van die voorkeur-ras is, sal dit net onder die mat ingevee word – d.w.s. geen haan sal agterna weer kraai nie.

SjN ·

Onthou dat hy onder geweldige stres werk en het iets gehoor van n styginging in die brandstofprys iewers in die selle, net gou gaan volmaak tussen 1 en 2 voor die pryse styg.

GES ·

Die prys van sterk drank gaan ook moontlik styg. Dit is rede tot baie stres en bekommernis. ?

Johann Fourie ·

Ag nee “a” dit is dan mos deel van die kultuur, of is dit nie?

Willie ·

Uiters swak! Skande! Maar niks verbaas nie, hy gaan tien teen een n top pos ontvang!

Lana ·

Nou verstaan ek!
Die mense is dronk by die werk. Geen wonder SA lyk soos dit lyk nie – dronk.

Nettie ·

@Willie, nee – hy het seker maar sy “half jêk” in ‘n lessenaar se laai êrens weggesteek en kort-kort ‘n slukkie gevat.

Pieter ·

Kla almal wat daar was aan ,hulle moes dit gerapporteer het en het nie. Dit is growwe pligsversuim.

Hannelie ·

Give that man another Bells. Daai man kort mos nou ‘n bevordering, want hy moet inpas by die stelsel. Dit sê baie van Korrektiewe Dienste dat hulle ‘n hoogs besope man toelaat om te kom werk. Hy kan aangekla word vir slaap op diens ook. Eish, die nuwe Suid-Afrika raak al lekkerder.

Jacques ·

Ja en ons weet nou daarvan want daar is n video gemaak en dit het gelek , maar hoe gereeld gebeer dit waarvan ons niks sien of hoor nie? Welkom in die nuwe SA , hier moet ons bly want dit gaan nog lekkerder word hier in die hool .Daar is geen trots in enige werk nie .

christa ·

hy kan dalk in die bevelvoerder daar word. Mooi vir jou jy is in lyn vir bevordering

Jerry ·

Hierdie is tekenend die gevolge van kaderontplooiing. Die persoon in die video sal seker herontplooi word. Hierdie gedrag is aan die orde van die dag by verskillende van die staatsdepartemente. Die publiek word net nooit bewus gemaak daarvan nie omrede kollegas verkies om eerder maar n blinde oog te gooi anders word die hele ding verdraai en word hulle beskuldig van rassisme. Gegewe wetgewing aangaande rassisme is enige optrede van n wit persoon wat beledigend of vernederend teenoor n swart persoon is, rassisme. Hierdie video is vernederend vir swartmense, veral vir die persoon in die video en sou dus as rassisme afgemaak kon word indien n witman die video gemaak het. Rassisme weeg dus swaarder as dronkenskap aan diens en soortgelyke oortredings. Hopelik weet niemand wie die video gemaak het nie, want dan sit die persoon in die video se turf en kan geregtigheid net dalk seevier! Wetgewing oor rassisme is egter net die begin van talle wetgewing wat sal volg wat witmense se regte in n staat van beskuldiging sal plaas en terselftertyd swartmense van alle blaam onthef. Dit is alles deel van n strategie om die onreg van die verlede reg te stel met n onreg vir die hede. Die situasie wat die staat en sekere menseregte organisasies deur wetgewing skep is nie net absurd nie, dit is gemik op die onderdrukking van een groep vir die bevoorregting van n ander groep. Dit is nou wat ons by die naam noem as n “NDR reverse discrimination strategy”.

Erick ·

Los hom. Dis seker geneem na die Springbokwedstryd Saterdag.

Siek en sat ·

Mooi man, hy gaan n medalje kry in plaas van die trekpas.

Staak saam ·

Hy is maar net ongelukkig om gevang te word, dit gebeur daagliks!

Dit stop nie hier nie, gaan gerus na enige hospitaal en sien self hoe word daar op nagskof geslaap maar more oggend vaar hulle die dorpe in opsoek na skuld en vars vir die dag.

Stephanus ·

Dit is presies die standaard wat vir die ANC 100% aanvaarbaar is!!!! Waarom is julle nou onsteld??

Grysburger Pretoria ·

Miskien sal die skuldige aanvoer dat hy nou te veel stres verduur agv die beeldmateriaal en dus nie ‘n bevordering in DKD kan aanvaar nie. Die regering sal dalk vir hom ‘n plaas moet gee nadat onteiening sonder vergoeding eers momentum gekry het.

Oom Kalahari ·

Die beampte het nie lekker gevoel nie en het bietjie gaan rus na die neem van sy medikasie toe word hy onverwags gesteur. Sy vuurwapen was beveilig en gestoor in die staal klere kas (locker) om te voorkom dat dit moontlik mag afgaan in sy rus/slaap posisie. Hy het darem werklik sy werk nog ernstig opgeneem om in sy siek toestand (wingerd griep) tog vir diens aan te meld en dit is genoeg bewyse van sy werks toewyding en ope beleid vir bevordering. Vir party mense kan ‘n half “jekkie” hoesstroop baie help en vir ander gee dit weer negatiewe nagevolge. Dalk is sy immun sisteem swak gewees en ‘n allergie vir die vloeistoffies veroorsaak. Watse klomp duisende rande van ondersoek moet nou gespandeer word waar daar weer ge-koukus moet word en eet goedjies en verversings voorsien word vir die paneel van ondersoek net om te bepaal of die beampte bevorder moet word of ‘n oorplasing moet kry. Vele Staats instelling is al bewus van hul interne gebeure en word onder die mat gevee. ‘n 100% werks standaard en etiket is darem nog op standaard met sy 30% en is dit besig met al die aangestelde panele van ondersoek om dit darem bietjie te lig. Medikasie van die aard raak duur en daarom moet daar gereeld getoi-toi word vir ‘n salaris verhoging.

Mich ·

Oom Kalahari, ek dink jy moet ‘n boek skryf en MM lesers se inserts / kommentaar plaas. Jy gaan wragtag ryk word!
Ek wag vir my tantieme,okay?

Johan ·

Oom Kalahari – skitterend. Dankie jy het my dag gemaak :)

Jessica ·

His supervisor who he reports to for coming on duty must have take a bribe. Kentucky money for lunch.

DeVill ·

Die persoon het duidelik ‘n drankprobleem.

In plaas daarvan om hom sleg te sê en te veroordeel kan ons liewers hoop dat Korrektiewe dienste hom sal probeer help om oor sy drank probleem te kom.

Dit is maklik om te oordeel en sleg te sê, maar wag tot dit met iemand naby jou gebeur…

JOHANNES 8:7 Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy Hom opgerig en vir hulle gesê: Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste ‘n klip op haar gooi.

Bul ·

@Devill: hy het duidelik ‘n drankprobleem, hy is veronderstel om op diens te wees en hy dra ‘n wapen wat met dodlike gevolge gebruik kan word. Dan is hy so besope hy slaap aan diens en verloor sy wapen. Dis nie nou die plek vir bybelversies nie die punt is die persoon het ‘n sekere verantwoordelikheid teenoor sy werk en sy mede werkers. Vir ‘n begin is hy nie veronderstel om in daai pos te wees nie. Dit gaan nie oor veroordeel of nie. Die sisteem wat hom daar hou is verrot.

Boet Fasie ·

Hy het seker ook ‘n dop op die huis in die kroeg in Wellington gaan drink, soek seker maar ” undercover” na die dametjie wat soek is ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.