Video: Ondersoek ná polisie skoolmeisie rondpluk

In die video kan gesien word hoe ’n polisiebeampte die meisie wat op die grond lê aan die bene trek en in ’n motor forseer (Foto: Skermgreep)

Die polisie in Gauteng ondersoek ʼn voorval wat Dinsdag in die sentrale sakedeel van Krugersdorp plaasgevind het – dié van ʼn polisieman wat ’n 18-jarige skoolmeisie glo hardhandig hanteer het. ʼn Video van die voorval, waarin gesien kan word hoe die meisie verwoed skreeu terwyl ’n polisiebeampte haar rondpluk, word op sosiale media rondgestuur.

In die video kan gesien word hoe ’n polisiebeampte die meisie wat op die grond lê aan die bene trek en in ’n motor forseer. Die beampte het ’n uniform en ’n swart klapmus aan.

Die meisie is in ʼn blou skooluniform geklee, maar dit is nie bekend in watter skool die meisie is en of die voorval tydens skoolure plaasgevind het nie.

Genl.maj. Daniel Mthombeni, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het ’n dringende departementele ondersoek gelas om die omstandighede rondom die voorval te ondersoek. Die uitslag van die ondersoek sal bepaal watter stappe teen die beampte gedoen sal word.

Kol. Noxolo Kweza, woordvoerder van die polisie, sê daar is in hierdie stadium vasgestel dat die skoolmeisie na die Krugersdorp-polisiestasie geneem is en op dieselfde dag ongedeerd in die sorg van haar ma vrygelaat is.

Mthombeni het gevra dat die departementele ondersoek met die nodige sensitiwiteit en dringendheid afgehandel moet word.

ANC Hoodlums police member from Krugersdorp manhandles a female learner, after she refused to give him her numbers, he decided to arrest her claiming she didn't put on her mask, it is alleged that this ANC police thug has been following the student for weeks now.Black Child you're on your own ,continue voting ANC criminals on your own peril

Posted by Lefighter Potisa Mohlala on Thursday, August 5, 2021

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Kokerboom ·

Miskien moet SAPD nou staan vir” Swak/siek Alternatief vir ‘n Polisie Diens

Elinette ·

Dís onrusbarend. Hoekom dra die SAPD-lid ‘n swart klapmus?

Samuel ·

Goeie vraag. Dit is nie standaard vir die polisie om klapmusse te dra nie.

Samuel ·

Ek glo nie dit is ‘n polisiemotor nie en nog minder ‘n polisieman. Tien teen een wou hy die meisie verkrag. In SA is enigiets moontlik! Van die SAPD kan ook verwag word dat hulle hardhandig teenoor ‘n meisie sal optree, want hulle het nie die moed om teen kriminele op te tree nie.

Ou mense, vroue en kinders is maklike tykens. Hulle word soms baie maklik geïntimideer.

Persheks Adri ·

Wat de hel? Wie gee hom die reg om die publiek so te behandel? Dis nou vir wie ons respek moet hê en veilig by moet voel pffft!

Hanna ·

Skrikwekkend dat niemand probeer keer het nie, lyk eerder na ontvoering en baie verdag, al blyk dit wel SAPS te gewees het volgens die berig, moes dit vir omstanders verdag gewees het agv Klapmuts en ongemerkte voertuig, met ‘n skreeuende meisiekind…

Johan ·

Almal moet maskers dra, hoekom is dit vir jul vreemd dat diè mense ook soos kriminele lyk? Dis die bende se ding, almal moet hul gesigte toemaak, of dit nou werk of nie en ongeag die prys of nagevolge. Lees maar die “covid dokters” se kommentaar. Dit skep geweldig probleme om mense uit te ken, maar volgens die bende is dit okay.

Harley Davidson ·

Ek ken nie die feite hier nie maar die polisie is geregtig om die nodige geweld te gebruik om ‘n persoon onder beheer te bring alternatief hoe gaan hulle iemand arresteer.

Anel ·

Lees die berig klaar. Sy is by die polisiestasie in haar ouers se sorg vry gelaat. En dit is nie ‘n klapmus nie, dis ‘n vervloekte masker wat almal mos moet dra. As hy nou nie iets oor sy gesig gehad het nie, het almal weer daaroor ook afgegaan. En wat het aanleiding gegee. Mens sien altyd net die middel van ‘n storie. As mens nie die feite het nie, bly eerder stil.

JohanR ·

Varke! Hoekom is die een ou se gesig heeltemal toe? Is die meisie vervoer of verkrag want daai motor lyk nie soos ;n polisie voertuig nie. Hoop Maroela hou leser op hoogte van die saak want wat hier gesien word is net nie reg nie.

Tiptol ·

Hierdie is vreeslik ontstellend. Dalk tog polisie wat ‘n ander idee met die kind gehad het. Hulle moet dadelik die trekpas kry. Absoluut onaanvaarbaar!

Sarel ·

Is dit die mense wat kinders moet beskerm ? Sal graag meer wil weet oor hoekom sy gearresteer was.
Bewys weer SWAK OPLEIDING..

Mariana ·

Dalk was die ouens gebruik om die kind skrik te maak. Soos berig sê is sy later vir haar ma teruggegee. Sy het dalk aangejaag of iets en is so les geleer. Miskien rebel. In die land is enigiets moontlik. Die verkrag/ontvoer scenario maak nie sin as sy terug is by haar ma nie. Klapmus om nie herkenbaar te wees nie? Die regte storie sal seker en of ander tyd vertel word.

Natasha ·

Dis plein reguit ontvoering! Daar is geen polisie voertuig gebruik nie en geen arrestasie reels gevolg nie! Albei die persone moet ten ergste gestraf word! Waar is die EFF nou?

Sandra ·

Smile, you’re on Candid Camera. Die klomp leer nooit deur hulle foute nie. Almal het deesdae ‘n slimfoon.

Anoniem ·

Nog in onersoek vir die nuwe Kommissie wat aangestel is. As dit so aangaan gaan die arme Kommissie amptenare hul oorwerk.

johann ·

Wat staan ‘n polisieman te doen wanneer ‘n verdagte hom/haar teesit teen arrestasie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.