[Video] Ondersoek ná polisielede glo net toekyk

‘n Skermskoot uit die video.

Die SAPD het ʼn ondersoek van stapel gestuur na ʼn video wat wyd op sosiale media versprei word waarop gesien kan word hoe ʼn man aangerand word terwyl polisiebeamptes in uniform skynbaar net staan en toekyk.

Volgens inligting op sosiale media is die video by ʼn winkelsentrum in Johannesburg geneem en hou die aanranding verband met konflik tussen meter-taxibestuurders en Uber-bestuurders. Op die video kan gesien word hoe ʼn man deur ʼn groep ander mans in die parkeerarea van die winkelsentrum rondgestamp word, voordat hy probeer weghardloop en iemand hom agternasit.

Die SAPD het Donderdag in ʼn verklaring gesê die video het onder die bestuur se aandag gekom en ʼn ondersoek is intussen van stapel gestuur. “Indien daar bevind word dat hierdie [polisie]beamptes inderdaad versuim het om op te tree in lyn met die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens, ons grondwet en SAPD-regulasies, sal daar besliste stappe gedoen word,” lui die verklaring.

“Onmiddellik nadat hierdie video onder ons aandag gebring is, is ʼn ondersoek van stapel gestuur en minstens een van die polisielede in die video, wat nie baie duidelik is nie, is op ʼn ander wyse geïdentifiseer. Hierdie lid kan dissiplinêre stappe in die gesig staar en afhangende van die uitkoms van die ondersoek, kan strafregtelike aanklagte ook volg. Daar word gepoog om vas te stel of ander polisielede, wat nie op die beeldmateriaal sigbaar is nie, ook op die toneel was.”

Die SAPD het beklemtoon dat polisiebeamptes wat bloot staan en toekyk terwyl ʼn aanranding voor hulle afspeel, in skrille teenstelling met die SAPD se gedragskode is. Volgens die verklaring is SAPD-lede streng opdrag gegee om te midde van die konflik tussen taxi-operateurs ʼn sterk polisie-sigbaarheid te handhaaf en die skuldiges in hierdie konfliksituasies vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Gevolgtrekking ·

Jy pla nie iemand gedurende sy/haar etens-/teetyd.

Wagter ·

Ja nee, as ek my 30min etenstyd vat dan sal ek nie n minuut vroeer opdaag en probeer ekstra werk opvang nie..

Theresa ·

Skorsing. En daar moet daadwerklik ingegryp word en taxibestuurders erg gestraf word indien ‘n Uberdrywer geïntimideer word. Hul openlike kriminele optrede teenoor mense wat normal besigheid mag, kan en sal bly doen, is onaanvaarbaar vir die hele publiek in Suid-Afrika. Waarom word dit toegelaat??

Petro ·

Dit het seker nie in hulle vasgestelde gebied plaas gevind nie. Hulle was seker weer van ‘n ander stasie by winkels. Dus hande af.

Sonskyn ·

Dit is hoekom al hoe meer mense gereg in eie hande neem want die vertrouensbreuk met die polisie het net te groot geword.

P ·

Ek werk vir semmie staat ons het nie 15min tee tyd in die oggend nie ook nie 15h00 in die middag nie 30 min eetenstyd en tel die 15min bymekaar maak dit 30min en saam gee dit 60min wat n uur

Melt Olckers ·

…en dit is hoekom ek geen respek vir ‘n Polisie beampte het nie.

Danie ·

Janee moenie te veel verwag van die polisie om landsburgers te beskerm nie. Hulle is honger en lui en moeg en vaak. Dis hoekom ek nie ‘n oog knip as een van hulle afchop nie, jammer as dit is wat julle vir ons omgee, en ek sluit swart en wit ONSKULDIGE mense hierby in, dan is dit wat ons vir julle ook voel .. NIKS! Uber drywers doen goeie werk, teen’ n billike prys en hulle probeer ook net ‘n lewe maak. Hoekom moet hulle so geteister, aangerand en gedood word? Belaglik man. Die skelms en moordenaars in SA kry baie meer aandag en het baie meer regte as die wetsgehoorsame burgers wat belasting betaal.

Chrisjan ·

Ai mense die sap lede het dan die situasie gemonitor.Hulle het mos hul werk gedoen!Wats die probleem?

Jan ·

Nog ‘n ondersoek , mors van geld alweer. Niks sal daarvan kom nie !

Piet Pompies ·

Gesprek tussen Polisie lede, “wat maak ons hier, ek weet nie maar hier is baie ligte en winkels, kyk daar word ‘n lid van die publiek aangerand, wat beteken aangerand, ek weet nie maar hier is baie ligte en winkels”

Suz ·

Julle verstaan verkeerd, dis nog altyd so dat die nasie nie betrokke wil raak by die tipe goed nie want hulle weet dis “gangsters” en is te bang om hulle werk te doen want vanaand kom hulle na sy huis toe.

Deon ·

“LOL” wat is nuut. Julle nog nie agterkom dat ons in n Sirkus leef nie, en dat “Narre” aan die orde van die dag is nie.

“Some things never changes”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.