[Video] Ondersoek ná twee uit vangwa ontsnap

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die KwaZulu-Natalse polisie ondersoek ʼn voorval waarin twee verdagtes wat vir die besit van gevaarlike wapens in hegtenis geneem is, onder toejuiging uit ʼn polisievangwa ontsnap het.

Die video is vermoedelik Donderdag in Stanfieldlaan in Pinetown geneem en wys hoe ʼn man die agterdeur van die vangwa oopdruk en ontsnap, waarna nog ʼn man op dieselfde wyse ontsnap. Een van die mans druk die deur weer toe voor albei weghardloop.

Kapt. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig dat die polisie bewus is van die voorval. “Die voertuig was behoorlik gesluit en daar word vermoed dat iemand met die onderste grendel aan die deur gepeuter het,” het Gwala gesê.

Gwala het die optrede van lede van die publiek wat die verdagtes tydens die poging toegejuig het, veroordeel. “Dit is kommerwekkend om lede van die publiek te sien wat vermeende misdadigers bystaan en wil help ontsnap in plaas van om die ontsnapping te voorkom,” het Gwala bygevoeg.

Die Pinetown-polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Wonder net? ·

Ek wonder net hoe is dit moontlik dat ‘n gevangenis alleen in ‘n vangwa gelos kan word? Waar was die polisie beamptes en met wat was hulle besig op daai stadium? Vra maar net!

Gesiggie ·

Hierdie lyk soos die Movie,… Ek Joke net…. belaglik… waar was die polisie mans ? seker gou vis en Chips gaan koop… as n mens kyk na die manier wat hul die deur so maklik oopbuig, laat dit my dink, die deur is nie staal genoeg, maar eerder soos blik”’ ja nee hier kom nog n korupsie saak… kyk net hoe lag die mense wat verby loop, hul even dink dit is n joke uit n movie”’ daar is nie eers n poging aangewend om hul te keer… Ha ha groot grap”’ dit gaan lekker in die land van ons…

antoinette ·

Rerig skokkend as die deur van voertuig so swak gemaak is hkm dan nie nog slotte onderaan die deur sit nie.Bly daar dan nie n polisieman by voertuig agter as 1 iewers heen gaan nie.

alida ·

Ag tog die polisie het die deur oopgelos hoekom nog ‘n ondersoek doen.

Karma ·

Waar die kop kan deurgaan, kan die lyf ook deurgaan …. Maar is gevangenes dan nie veronderstel om geboei te wees nie? Vra maar net! En die omstanders neem selfoonvideos van ”oortreders’ wat uit ‘n vangwa ontsnap en hulle juig hulle toe? En wie kla die meeste dat die SAPS onvoldoende is?

m ·

Daai deur is oopgelos. Hierdie mense is gehelp om te ontsnap. Vat nie baie om dit te weet nie.

Jef ·

Die vangwa staan voor die hardware winkel, SAPS moes seker eers daar stop om n nuwe slot vir die vangwa se deur te koop.
Daai ou wat wat die deur weer toe druk voor hy op die vlug slaan is in elk geval nie in n grot gebore nie.

Theresa B ·

Onder toejuiging. Hoe belaglik!! Ons land verskaf elke dag ‘n storie uit die Compic boek uit vir die res van die wêreld. Maar wat – hierdie spul (Polisie ingesluit) gee geen duit om nie.

Irene ·

Staan mos vir ure en wav vir kos gaan sit buite op stoep van winkel en eet op sy tyd sien dit daagliks

neelsie ·

Van die boef word n held gemaak.
Hoe groter die boewery ,hoe groter die ondersteuning!!
Dis hoekom sommige in hoe posisies sit.
Is daar waardes by die grootste deel van die bevolking??

Lance ·

Ondersoek ….hehe dit gebeur so gereeld ….dis al n voorspelbare joke nes die res van SA

Flintstone ·

…onder toejuiging….wat was nouweer die reaksie op die uitlating van die regter rakende ‘n sekere kultuur???

Grap ·

Hierdie voorval is kommerwekkend maar ook skreeusnaaks want neem in ag n polisieman moet minstens graad 12 hê .Ek is seker niemand het met die slot gepeuter nie hierdie is luiheid en ‘n tekort aan brein stof lol

tamboti ·

Nie een persoon probeer eers alarm maak of die deur toedruk nie? En wat as die misdadigers dieselfde publiek beroof of moor??? Dan wil hul “necklace” en Apartheid beskuldig ne’
Is dit dan snaaks om te die ‘meerderheid’ in SA te verdink van totale wetteloosheid?

PMB ·

Van lekker lag, kom lekker huil. Ek wonder of die bystanders nog so sal lag en grap as die boewe op hulle toeslaan of op hulle geliefdes? Dan sal hulle seker gil vir hulp of vra waar is die SAP? Dit is skokkend en ons ou landjie is poer in sy ……..!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.