Video: Onderwysers sê beroepsopleiding nie op standaard

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Meer as 72% van die onderwysers verbonde aan die Vereniging vir Afrikaanse Wiskundeonderwysers (VAW), sê die beroepsopleiding wat hulle van die nasionale departement van basiese onderwys ontvang, is nie voldoende nie.

Dié bevinding is gemaak na aanleiding van die VAW se kwaliteitopleidingstudie onder hul meer as 1 000 lede. Dit is die vyfde jaar wat die VAW dié skole-ondersteuningsentrumkongres hou.

“In die studie is bevind die onderwysers is nie ingenome met die gehalte van beroepsopleiding wat hulle ontvang nie,” het Danie Brink, uitvoerende hoof van Helpende Hand, verduidelik.

“Soveel as 53% van die onderwysers het gesê hulle gaan nooit meer na professionele ontwikkelingaanbiedings nie. Die ontwikkeling word deur mense aangebied wat nie dieselfde Wiskunde-kennis het as die vaardige lede van die VAW nie.”

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Koos ·

Solidariteit sal ‘n fonds moet stig om Afrikaanse skole te begin,ons sien orals hoe die ANC stelsels ineenstort ons moet proaktief wees en nie wag tot alles daarmee heen is nie sluit aan by die bou saam inisiatief ek het.

Disselboom ·

Of die plaaslike Afrikaanse privaatskool wat reeds bestaan, kan opgesoek en ondersteun en uitgebou word.

Soos Solidariteit doen by GSDP daar in Pretoria.

Oom Kalahari ·

@Koos, stem hartlik saam met jou en ‘n pluimpie aan hierdie Onderwysers/esse vir hul optredes om nie hierdie broodnodige opleidings tot ‘n vervalle sisteem toe te laat nie. Mag jul net verder versterk word deur die VAW in die toekoms en breek weg van hierdie swak strukture van die Regering se Basiese Onderwys stelsels.

hans ·

LUR Lesufi moet liewer sy beroepsdpleidingsbeamptes laat opskerp in plaas van om heeltyd aan Afrikaanse skole te karring waar onderrig op standaard is.

Oom Kalahari ·

Dankie en jammer oor navraag MM. Verwyder asb navraag weens oorspronklike plasing. Hartlike dank.

Johann ·

Aros is tans besig om onderwysers in (1) Afrikaans (2) op ‘n Reformatoriese grondslag op te lei. Hulle is reeds sedert 2012 besig om ‘n B.Ed-graad in Grondslagfase Onderwys aan te bied, en het hierdie jaar begin met ‘n Diploma in Graad-R Onderrig. Volgende jaar begin die B.Ed in Intermediêre Onderrig. HIerdie kwalifikasies is reeds deur die regering en toepaslike statutêre liggame goedgekeur en geakkrediteer, dus het dit dieselfde waarde (ten minste wat akkreditasie aanbetref) as ‘n soortgelyke kwalifikasie van enige ander openbare instelling. Besoek gerus hulle webwerf by http://www.aros.ac.za

Disselboom ·

Interessant hoe die openbare instellings en die staatsakkreditasie maar steeds as norm aanvaar word. Hoop daar kom meer na vore oor waarde van die kursusse op eie meriete en nie op die waan dat wat die staat goedgekeur het, noodwendig goed is.

Lance ·

As dit maar al was wat nie op standaard was nie ….die onderwysers kan dan nie eers hulle eie vak se elsamen in n toets slaag nie ….red n volk !

John ·

Nou wil hulle duisende matrikulante wat skynbaar nie eers universiteitstoelating kon kry nie in kortkursusse gereedmaak om onderwysers te ‘ondersteun’. Hierdie jonges gaan skoolhou en poste vul en die speletjie gaan net aanhou en aanhou… swak prestasies en leerders deursit en punte opskuif… en apartheid die skuld gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.