[Video] Onderwyskongres afgestel toe chaos uitbreek

AfriForum Jeug het Saterdag ʼn klag van aanranding teen Lindsay Maasdorp, die woordvoerder van die Black First Land First-beweging, aanhangig gemaak omdat hulle beweer hy het lede van AfriForum Jeug tydens 'n Nasionale Onderwyskrisisforum in Midrand aangerand. Foto: AfriForum Jeug

AfriForum Jeug het ʼn aanrandingsklag teen Lindsay Maasdorp, die woordvoerder van die Black First Land First-beweging, aanhangig gemaak omdat hulle beweer hy het lede van AfriForum Jeug tydens ‘n onderwyskrisisforum in Midrand aangerand. Foto: AfriForum Jeug

AfriForum Jeug het Saterdag ʼn klag van aanranding teen Lindsay Maasdorp, die woordvoerder van die Black First Land First-beweging, aanhangig gemaak nadat geweld by die Nasionale Onderwyskrisisforum in Midrand, Johannesburg, uitgebreek het.

Die forum moes gister onverwags gekanselleer word nadat stoele en waterbottels heen en weer tussen opponerende partye geslinger is in die markiestent wat by Eskom se Onderwyssentrum opgeslaan is. Lede van die ANC, die Young Communist League of SA (YCLSA), die studenteorganisasie Sasco, die EFF se studentekommando en AfriForum Jeug het die beraad bygewoon.

Die beraad is minstens drie keer ontwrig voordat dit uiteindelik gekanselleer is.

Studente het geweier dat AfriForum-verteenwoordigers, universiteite se visekanseliers en Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, die afgevaardigdes toespreek. Hulle het weereens aangedring op hul eis vir gratis onderrig en het geëis dat studente wat verlede jaar gekors is weer toegelaat word op kampusse.

Toe Adam Habib, visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand, sy plek by die podium inneem, is hy uitgejou. Hy het oor die dreunende stemme probeer praat, maar later die podium verlaat.

Jaco Grobbelaar, AfriForum Jeug se koördineerder vir Tukkies, het gesê hy het ook na die podium gestap tydens sy aangewese spreekbeurt toe studente, wat aanvoer hulle is deel van #Feesmustfall-strukture, aan hom gesê het hy mag nie praat nie omdat hy wit is.

Volgens Renier Goosen, voorsitter van die Tukkies-tak van AfriForum Jeug, het daar ʼn bakleiery uitgebreek. “Hulle het ook in ons gesigte die kreet ‘one settler, one bullet’ geskree en die ‘Kill the Boer’-liedjie gesing. Daar het ʼn groot bakleiery uitgebreek – mense het mekaar met stoele gegooi en lede van AfriForum Jeug is deur Maasdorp aangerand,” het hy gesê.

“Ons het gevrees vir ons lewe. Dit wys dat hulle geen agting het vir ons bydraes nie en rassisties teenoor wit mense is. Ons hoop dat die polisie die saak sal opvolg,” het Grobbelaar bygevoeg.

Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys en onderrig, tydens 'n vorige geleentheid. Foto: Ntswe Mokoena

Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys en onderrig, tydens ‘n vorige geleentheid. Foto: Ntswe Mokoena

Toe die bakleiery uitgebreek het, is Nizimande deur veiligheidswagte uit die tent begelei. Hy het later wel probeer om die studente toe te spreek, maar dit was tevergeefs en hy het die sentrum verlaat.

Die sameroepers van die geleentheid, wat afgetrede regters Dikgang Moseneke en Yvonne Mokgoro insluit, het besluit om die geleentheid om veiligheidsredes onbepaald uit te stel. Die organiseerders het gesê die vergadering was bedoel om almal die geleentheid te bied om na mekaar te luister. Aangesien die minister en die visekanseliers egter nie kans gegee is om te praat nie, dien die forum geen doel nie.

Nizimande het gesê wat by die forum gebeur het, is sleg vir die land. “Ons hoop die land sien hierdie minderheid raak wat nie in dialoog betrokke wil raak om ernstige kwessies oor transformasie in hoër onderwys te bespreek nie. Die probleme in die hoër onderwys is nie net die regering se probleme nie. Onderwys is ʼn samelewingskwessie, maar nou is die minderheid nie bereid om gesprek daaroor te voer nie. Dit is betreurenswaardig.”

AfriForum Jeug het die onderstaande video met die media gedeel waarop daar gesien kan word hoe Maasdorp na bewering verteenwoordigers van AfriForum Jeug aanrand:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Dereck Le Roux ·

Vir Afriforum Jeug dit is jammer dat julle op so duur wyse moet leer om die plek te vermy waar die plaag val.

Fritz ·

En ons word die rasiste genoem. Apartheid is trug net omgekeerd. Maasdord jys net nog n aanhitser wat geen respek het vir ander. Geen maniere of disipliene. Dis julle probleem en daarom sal julle nerens kom nie. Julle wil alles verniet he waarvoor die witmens bereid is om voor te werk.

Charles ·

you stick a camera in my face and i might do the same… you were warned and you continued.. you provoked the man after the fact and the court will also see it that way…

Charles ·

Provocation is not a defence in our courts my friend! The guy was standing and hurling insults to the student speaking on camera! He deserves nothing less than a criminal record! Your predudiced and pre-conceived ideas of what is allowed are ill advised!

Charles ·

Correction, provocation if pleaded is sane automatism but rarely succeeds if at all. S v Eadie 2002

Groot oë ·

Charles, Afrikaanse forum, jy is reg, die hof gaan na alle fasette kyk. Mnr Maasdorp se optrede vooraf, gedurende @ na. Die afstand wat die kamera van hom was – kyk weer na die video….. Jy reken as mens video neem op openbare vergaderings met media teenwoordig, mag sekere mense besluit hul barbaarse optrede mag nie afgeneem word nie. Staan jou man met eerbare bewyse. Sou hy hom gedra het, sou n video hom nie gepla het nie!

Wouters ·

Hi Charlie, bly jy kan Afrikaans lees en verstaan! Welkom!

Vic ·

Charlie old chap – it is generally accepted that there are about 6 levels of maturity which man on his travels through life could strive to achieve. Few reach levels 5 and 6, but most manage levels 3 or 4 before they die. The type of behaviour you describe would normally be achieved at around age 6 or 7 yrs, i. e level 1-2.
Low impulse control, no ability to negotiate differences or simply accept different perspectives, and the belief that you have the right to physically attack anyone who provokes you – Seriously concerning. If you believe the man is right, and that a judge would also see it so, why bother defending him here?

lou ·

Stem saam met jou. Dis onvermydelik. Ek dink almal gaan as verloorders daar uitstap.

Justice ·

Cherokee hier moet ek saam met jou stem – indien daar nie wesenlikse beserings opgedoen is nie gaan die saak nie die hof haal met slegs hierdie video greep nie.

ag so ·

Lindsay maasdorp, you’re heading for great disappointment. they gonna realise sooner or later, you ARE NOT BLACK. THEN THEY ARE GONNA DROP YOU LIKE A BAD HABIT.

dink nou net watse sirkus sal dit wees as al wat vabond is gratis op varsity kan kom leeglê. jaag hulle weg.

Griet ·

Dis presies wat ek nou wou sê. Mnr Maasdorp lyk en klink baie wit.

Kaspaas ·

Niks sal van die rassistiese aanval kom nie want die regering ondersteun dit.

Elize ·

Bou nou n nasie met sulke mense. Glo nie hulle besef wat hulle doen nie.defnitief niks goeds nie.en ook geen voorbeeld vie die jonger geslag nie.

Hanna Smit ·

Ek is stomgeslaan. Ek is tans in die US my eerste keer. Op al my vlugte oppad hiernatoe het ek soveel nie-blanke studente ontmoet wat of oppad terug is Europa, US of Engeland toe om te kom studeer. Nie die blankes nie maar nie-blankes. Hulle sien nie kans vir al die chaos. Ek wonder net weet al hierdie alwysende studente dit, dat hulle hulself ook in die proses in die voet skiet.

Catryn ·

Daar is GEEN reënboognasie nie en sal nooit een wees nie. Ons jeug moet besef dat daar nooit iets vir hulle is in ‘n kommunistiese nes nie. Ons het ‘n internasionale reg tot Selfbeskikking, waar ons ons eie leiers kies, self regeer in ‘n gebied waartoe ons ‘n reg het. Elke volk het daardie reg. Dinge gaan al vir 23 jaar so aan, liberaal verligtes het gedink hulle kan hul “nasiebou” in ons kele afvorseer, dit werk nie, nie eers swart en khoisan leiers stem saam nie, anders was daar nie 11 Trustgebiede waar hul hul eie dinge doen, hul eie kultuur, identiteit, taal en skole/universiteite het nie Ons moet wegkom uit kommunisme, hulle is besig om ons almal uit te wis. Met Selfbeskikking (onafhanklike soewereine gebied) kan ons dit doen. Laat hulle maar dan aankarring soos hul wil en ons in ons eie gebied, dan sien ons hoe ver hulle kom – hulle soek ons nie. Ons moet ophou praat en ons eie ding doen, volke meng nie, sal nooit meng nie.

Niel ·

Stem saam, die “reënboognasie” sal nooit realiseer, net jammer selfbeskikking is dood gebore, blankes is nerens in SA ‘n meerderheid in ‘n spesifieke geografiese gebied

Dries ·

Catryn, ek stem saam. Dit is tyd dat ons uit hierdie bestel onttrek en die verwoesters op hulle eie los. Ons het die kundigheid en die wil asook die kennis om op ons eie te oorleef. Dit gaan opofferinge vra, maar ons het nie n keuse nie

Ouma ·

Ek weet nie! Glo nie iemand weet nie! Maar iets begin vir my na : Bloedrevier ruik? Ons die handjievol met ‘ n groot menigte? Bid en bid is al wat dalk hierdie situasie gaan oplos! Kom ons staan saam en doen die regte ding! Hy verhoor steeds gebede!!@

Frik ·

Kan dit nie verstaan nie. Die swart studente wat so aangaan het dieselfde regte as blankes gehad op skoolvlak en samelewing. Dit hang net af hoe hulle dit gebruik het. Hoekom tree hulle so absoluut barbaars op en het geen sin vir verantwoordelikheid nie. Blankes kry ook swaar en sukkel om kop bo water te hou om kinders deur Universiteit te sien, maar sien jy blanke studente winkels plunder en alle gesprekke in chaos te laat ontaard? Mense ons is baie, baie ver van die reenboog nasie wat Mandela so oor gedroom het. Die haat van veral swart studente is te opvallend.

Denise ·

Baie geluk aan Zuma en Malema. Julle twee het Mandela se werk en “legacy” vertrap, opgevrommel en ñ tyre met petrol oor dit gegooi en verbrand. Ons land is nou verder as apartheid ooit was! Julle het haat en alles wat die duiwel verlustig aangehits. Onthou net dit het toe nie gewerk nie en haat sal nooit triomfeer nie. God leer ons om Lief te wees en dat Hy vir ALLE NASIES gesterf het vir hul sondes. Sodra al die nasies besef julle pad is die pad wat ons nie wil volg nie. Dan gaan julle alleen en verdwaas daar staan. Ons will nie haat nie, ons wil almal ñ geleentheid van opvoeding en goeie onderrig vir ons kinders gee. Haat en dood maak is nie die antwoord nie.

Seluriteitsspesialis ·

Maak beeldmateriaal, videos, fotos, enige bewyse bymekaar van enige forms van haatspraak. Dit alles kan eendag teen die wat volksmoorde aanmoedig gehou word.

Ljl ·

Kom ek sê vir julle dit is net ń kwessie van tyd of die julle land op alle vlakke gaan tot ń val kom, ek praat nou op dokters,onderwys,ambagslui en so kan ons aangaan, die hele infrastruktuur is besig om te vou hier kom nog groot insidente agv, die kort opleiding en die instrukteurs wat dit aanbied.

Dinah ·

Daar is niks in SA WAT MEER REGLOOP NIE KYK NA HOSPITALE EN SKOLE EN PARLEMENT DIT IS SIRKUS EN HOOF VAN DIE LAND WIL HOM DOOD LAG OOR ALLES AS DAAR NIE MEER KOS IS NIE EN KLEIN KINDERTJIES LYK SOOS SPRINGKANE VAN HONGER LEI DAN SAL HULLE SEKER NOG SIT EN LAG

Andre ·

AfriForum waarom kla hulle, julle het dan probeer onderhandel met die duiwel

Marie Visser ·

So jammer dat die woord ‘mens’ aan sulke verwoesters gekoppel word. Diegene wat Jesus Christus as Vader het, sal nie soos barbare optree nie. Mandela, hy’t nie die regte weg kom aanwys nie, Jesus Christus het die weg en die waarheid kom wys en Mandela het gehoorsaam daaraan en ons gewys sondige mense kan aan Jesus gehoorsaam wees, selfs na alles wat hy deurgemaak het. Hierdie ‘mense’ wat so barbaars optree, dink net aan hulself en om als wat opgebou is en verniet ontvang is, te vernietig. Ek skaam my dood as een van my kinders só moes optree. Wat het hierdie ‘mense’ aan moedersknie geleer? Tragies om te dink hul is die volwassenes en leiers van die toekoms. Dissipline is nie deel van hul woordeskat en leefwyse nie.

Andre ·

Kan ek jou net reghelp. Mandela was ‘n ateis en kommunis. Hy het nie in Jesus geglo nie en al sou dit vir jou lyk of hy daardie pad gevolg het, het hy nooit geweld afgesweer nie. Hy was net nog ‘n valse godjie van die massa media.

Doemprofeet ·

Mag n mens maar beweer maar dat al hierdie huidige gebeure die pre-fases van die langverwagte burgeroorlog is…skrik wakker mense!

Doemprofeet ·

Daar kom n tyd om vrede en redelikheid n kans te gun, dan kom n tyd om te bid. Ons het dit reeds gedoen. Het die tyd dalk nou onvemydellik aangebreek om te veg?.”Blessed be God my rock who teaches my hands to do battle, my fingers for war.” Het ons nog n keuse?? Enige alternatiewe keuse? Lyk nie so nie.

Annie ·

Die goed stel nie belang om na enige iets te luister nie. Hulle woordeskat en optrede gaan net oor ” demand/for free en as dit nie gebeur nie plunder ons
Hulle is die komp wat alles swart en wit maak!!!! hulle kan nie eers saam hulle eie in vrede lewe nie …

Doemprofeet ·

Daar kom n tyd om redelikheid en onderhandeling n kans te gun. Daarna bid jy. As jy aanvaar dat alles in God se hande is, en die chaotiese status quo gaan ongehinderd voort terwyl die bloed van die onskuldiges vloei, dan moet jy ook aanvaar dat terug veg die volgende stap is en ook binne die raamwerk van Gods wil. “Blessed be God my rock who teaches my hands to do battle, my fingers for war.” Dit is nou die tyd om weerbaar en paraat te raak.

MTSteyn ·

Wanneer Afrikaners die vlg. twee beginsels werklik begryp, sal niks hulle meer verbaas nie, en sal die arme lot dalk begin werk aan die regte oplossings.

(1). As Afrikaner is jy gewikkel in ‘n lae intensiteit burgeroorlog teen ‘n geslepe vyand wat slegs ten doel het om alles wat jy koester (insluitend jou eie lewe) van jou weg te neem. Jou geslepe vyand het jou oor die laaste 2 dekades gestroop van alle militere -, kulture- , politieke-, en finansiele mag, soms subtiel, maar meestal op onsubtiele wyses. Jy is ‘n slegs ‘n skynsel van dit wat jy voorheen was, en is basies reg vir die ‘doodskoot’. Jou vyand begryp dit terdee, en sal daarom die skroewe nou stelselmatig begin aandraai.

(2). In hierdie oorlog dra jy ‘n uniform; die kleur van jou vel! Net so min soos wat jy die kleur van jou vel gaan verander, net so min gaan jy jou vyand oortuig dat jy geen bedreiging vir hom inhou nie, maar slegs “in regverdige vrede met hom wil leef”. Snert! Hy wil en sal nooit met jou in vrede leef nie.

Die wat die foute en pyn uit die verlede nie ter harte neem nie, sal dit weer moet beleef (my parafisering).

Rupert Ashford ·

Ek is bevrees te veel van wat jy se is absoluut korrek…

Caroline Nel ·

Die man is onopgevoed. JAMMER ons word beperk hier. MAAR ek Sal hom waaragtig die loesing gee wat by kleintyd moes Gekry het. Jou velkleur is steeds WIT seuna. jy kan kruip soos jy wil jy bly n boer . Bietjie grootword en mooi dinkies hoor

Thomas ·

Klink iets soos Piet Retief wat genooi was vi n braai, toe word hy vermoor. Niks het verander di afgelope 150 jaar ni. Dis jammer…

Judy Hendriks ·

Dis dieselfde mannetjie wat op Carte Blance gepraat het in die program oor plaasmoorde……wat is hy nou eintlik…..n student? Ek glo nie ….moeilikheid maker de lux as jy my vra

M. Moolman ·

Verstaan tog asseblief hoe ander kulture en hul (by)gelowe die land en voorspoed sien: Die land en voorspoed word gesien as een skottel kos. Daar is net een skottel kos. Almal behoort ‘n gelyke porsie uit die skottel te kry. As iemand ‘n dubbel porsie kos en voorspoed het, word dit gesien dat hy iemand anders se porsie ook gevat het. Daarom gaan julle nie wen nie, julle gebrek aan kennis ooe waarmee julle te doen het, het julle gekniehalter. Dan word toordokters genader en ‘n bose kringloop word in werking gestel. Julle lees berigte van mense wat se oë verwyder word tydens gru-aanvalle – die oë is waarskynlik verwyder toe die persoon nog lewend was vir moetie doeleindes en aan ‘n toordokter oorhandig. Dit is waar dat ons in ‘n oorlog is, maar dit is hoofsaaklik ‘n geestelike oorlog. Die raad wat ek vir julle het is om van die televisie afgod weg te kom, die sport afgod, die pornografie op julle fone, die materialisme en statusbeheptheid. Keer terug na God se woord. Bid gedurigdeur in opregtheid en Hy sal julle lot verander waar julle aan die bose magte uitgelewer is. Die vrees en angs sal wyk en God sal die oorlog voer. Maar nie terwyl julle in die bed is saam die duiwel nie!

ken benoni ·

MTSteyn, ek stem saam met jou maar ek wil net byvoeg ons het nog die nare gewoonte ook met ons afgodediens nl. Sport! Ons sal alles opoffer vir daardie god!

Johanné Steyn ·

En dis die mense wat oor 2-3 jaar in die corporate wêreld ‘n werk gaan kry omdat hy nie wit is nie. Wat gaan hulle met die CEO’s maak as hulle dit op universteit kan doen. Shame. Hier kom probleme!

ada ·

Ja n burgeroorlog is oppad. En ja ek was ook geen aanhanger van Mandela nie. Was nooit een gewees nie. Sou ook nooit een wees nie. Gespuis soos de klerk en sy handlanger was egter.

Flintstone ·

Hier is dit duidelik dat die meerderheid wit en swart met opvoeding,nie dieselfde konsep van beskawing het nie.In die vorige eeue was dit duidelik en dit sal nie anders wees in die komende eeue nie.

PvZ ·

Enige person, leier of meningsvormer, wat ‘n burgeroorlog op hierdie stadium afspeel as ‘n klomp snert, moet sy kop laat lees. Natuurlik is dit nie wat die Afrikaners wil hê nie. Ons optredes, soeke na ‘n ordentlike gesprek wys dit. Maar, dit help nie ons bly debateer en sterk bewoorde briewe skryf, terwyl die “ander” kant alles doen wat hulle kan om ons uit te wis nie. Ekonomies en polities het hulle dit klaar reggekry. Die feit dat hy ons nog sien, is vir hom steeds te veel om te verdra. Die dreigende burgeroorlog moet as realiteit bespreek word tussen ons mense en organisasies. Die ergste is egter dat die “ander” kant, al lankal begin skiet het…

Linda Liebenberg ·

Skrif @ muur. Wees reg vir Sy koms. 42 jr in onderwys, kolleges het onderwysers opgelei. Tragies. Kan net bid vir al die kinders in ons land, volwassenes , maar veral ons “LEIERS” het die onderwys gefaal. Gaan 1 dag verantwoording moet doen. Geld, status, karre gaan hulle nie help nie. Net die + kan red! Jammer ANC kan nie voortbou of oorbou en ons land weer aan die voorpunt sit soos ons was nie. Menslik te vér op die uitrafel pad om omgekeer te word sonder ALMAL se samewerking! SA – ‘n jammerte. :(

SARIE VAN HEERDEN ·

Kommentaar van Andre 20 uur gelede het betrekking dat Mandela nie ‘n Christen was nie. Volgens die WAT is ‘n Christen iemand wat in Christus glo. Ons wat in die algemene bekende kerke in die land behoort moet versigtig wees om nie alle gelowe summier af te skiet nie. Terloops, ek behoort aan ook aan ‘n christen kerk en ek wil nie aan ‘n ander geloof behoort nie, maar ek glo ons moet ruimte skenk aan ander se gelowe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.