Video: Onnie én leerder geskors ná klap

Leerders van die Sans Souci Girls High School hou ‘n vreedsame protes ter ondersteuning van die onderwyseres in die video. Foto: Verskaf

Die leerder en onderwyseres van die Sans Souci Girls High School in Kaapstad wat op video vasgevang is waar hulle handgemeen raak, is albei hangende ʼn dissiplinêre proses geskors.

Jessica Shelver, woordvoerder van Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys, het aan Maroela Media bevestig nóg die leerder nóg die onderwyseres is vandag by die skool. “Albei is deur die skoolbeheerliggaam in kennis gestel dat dissiplinêre stappe teen hulle gedoen word. Hulle is geskors hangende die dissiplinêre verhoor,” sê Shelver.

Sy sê die skool kyk tans na verskillende opsies vir programme om onderwysers vaardighede te leer om dissipline toe te pas. Berading is ook aan die skool se leerders beskikbaar gestel.

Maroela Media het vroeër berig ʼn video van die onderonsie tussen die leerder en die onderwyseres is vandeesweek wyd op sosiale media versprei. Op die video kan gesien word hoe die twee in ʼn woordewisseling betrokke is, klaarblyklik oor ʼn selfoon en die taal wat die leerder in die klas gepraat het.

‘n Skermskoot uit die video. (Video: Twitter)

In ʼn stadium stamp die leerder die onderwyseres met haar tafel en probeer skynbaar haar selfoon teruggryp, waarna die onderwyseres haar ʼn oorveeg gee.

Daar is aanvanklik deur sommige op sosiale media beweer dat die voorval rasgedrewe was, maar leerders by die skool het dit eens dat die voorval niks met ras te doen het nie. Leerders het Woensdag ʼn vreedsame optog by die skool gehou ter ondersteuning van die onderwyseres en om bewerings van ʼn rasgedrewe voorval te weerlê.

Leerders wat ten tyde van die voorval in die klas was, het verklarings by die skool afgelê.

EWN berig die leerder in die video se ma het intussen ʼn klag van aanranding by die polisie aanhangig gemaak, terwyl die onderwyseres ook glo ʼn klag teen die leerder by die polisie ingedien het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

97 Kommentare

Marietjie ·

Ai tog. As ek n onderwyser was sou jy elke dag van my in die koerant gelees het.
Om vandag n Onderwyser te wees, is nie maklik nie. Kinders kry geen disipline by die huis nie, hulle sit op die skoolbanke en mors hulle ouers se geld. Hulle wil nie leer nie, is maar net daar omdat hulle verplig is.

George ·

Ek het ‘n spesmaas Cyril gaan aan die ongesisiplineerde jeug vanaand ‘n tyd afstaan, hulle is mos verantoordelik vir more se bestuur van die land, so kom ons hoop hy help buig die weerbartige boompies terwyl hulle nog jonk is.

Daars hy!!! ·

Daars hy, mooi man. Uiteindelik kan daar vir die onderwysers opgestaan word as dit by rasisme kom!!! Ek praat nie die klap goed nie, maar ek sou seker dieselfde gedoen het as ek in haar skoene was, jammer om te se. Vandag se kinders het net NIKS meer respek vir die onderwysers nie. Bring die lyfstrap terug in skole en jul sal n helse verbetering sien!!! Maar nee, leer hul nou eerder wat hul regte is, een nou dink hulle met hul regte kan hul net doen en maak soos hul wil.

Bianca ·

Dis hoogtyd dat lyfstraf terug gebring word. Geen onderwyser verdien om so behandel te word nie. N goeie pak slae hou kinders in lyn. Owerhede probeer om ons kinders onregeerbaar te maak. Dis waarom die wereld lyk soos wat hy lyk. Kinders het meer regte as die ouers wat na hulle behoeftes om sien. Wie betaal sodat die kinders iets van hul lewens kan maak.

ZJ ·

Ek stem Bianca. Vanaf lyfstraf weggeneem is bestaan nie meer so iets soos respek en dissipline nie.

Arno Venter ·

Meeste skole is dubbel-medium en julle wil lyfstraf terug bring?! Dit sal die grootste rassehaat berigte tot gevolg hê en ruimte gee aan misbruik aan die disiplinere metode. Dit is nie die jaar 1970-80 nie. Lyfstraf het dai tyd gewerk en ek self het dit verkies, maar ek sal nie dit vandag met al die verstrasie wat meeste mense ervaar wil implimenteer nie.

bren ·

Daai onderwyseres het n woede aanval of iets; genade soveel woede tans orals. Mense skel mekaar; slaan mekaar; niemand kan in vrede meer saambly nie, en hoekom word selfone in elke geval toegelaat in klaskamers?

Leser ·

bren….dit was waarskynlik nie die eerste keer wat die leerling aangespreek was oor die gedrag nie. Ek wil in GEEN onderwyser se skoene staan vandag nie. Ek dink dit is ‘n bitter ondankbare werk. As die kinders goed presteer op skool, dan is dit die kind wat wonderlik is, maar sodra die kind sleg presteer, dan is dit uit en uit die ‘slegte’ onderwyser se skuld. En ongelukkig weet die kinders dat hulle ‘regte’ het, en die onderwysers kan niks aan hulle doen nie. Ouers moet hul kinders manier leer by die huis. Onderwysers het nie nog tyd daarvoor in die klas nie!! Ek hoop dat die storie sonder om heeltemal buite verband geruk te word, uitgesorteer kan word. Ek se nie dat dit reg was van die juffrou om die leerling te klap nie, maar elke persoon het ‘n limiet.

Anria ·

Ja, sy het waarskynlik. Daar is n brief op facebook bekend gemaak deur die leerders in die skool waar dit baie duidelik gemaak word dat die spesifieke student n bully in die skool is. So dit is beslis nie die eerste keer wat die juffrou n probleem met haar het nie.

Linda ·

Ja dit was verkeerd van Juf om kop te veloor. Maar as ouers hul kinder reg opvoed en leer om ander te respekteer, sal daar ni so iets gebeur. Die kinders is onopgevoed vandag en weet jy kan niks aan hul doen nie. Hoe gaan ons skole oor 10 jaar lyk. Ek het self klas gegee so Ma en Pa voed jou kind so op dat jy nie jou kop in skaamte moet laat sak ni.

Ronel ·

Mens weet nie wie die meeste simpatie nodig het nie. Die kind klink maar na probleem kind en haar ouers ondersteun haar maar die onderwyseres moes van beter geweet het om nie haar hand te lig nie. Ek ondersteun albei se skorsing!

Dries ·

Eerste keer wat ek sien dat die “victums” opstaan vir die Onderwyser. Gewoonlik klim almal op die “rasism” wa maar in hierdie geval ondersteun die leerlinge die onderwyser. Klink my die betrokke kind is ‘n probleem in die skool.

Madeleine ·

Dis juis oor hulle NIE ‘n ‘victim’ mentaliteit het nie, dat hulle kan onderskei tussen reg en verkeerd. Ook ‘n groot pluimpie vir hul ouers. Ek hoop die meisie word geskors, want sonder ‘n ma wat haar reg kan help, gaan sy aanhou ‘n probleem wees.

Br ·

Ek is baie dankbaar ek is nie n onderwyser nie, hulle sou my al lankal toe gesluit en van my vergeet het. Ek voel net die onderwyseres moes meer beheersing toegepas het. Ja hulle word absoluut uit getart, maar Juf jy het jou beroep gekies en jammer maar jy kan geen kind so klap nie.

James ·

Ja asb moet nie die berading vergeet nie. Dis die nuwe dissipline metode. Kinders kan stout wees en morilikheid maak en iemand se loopbaan vernietig rn dan berading kry. SA 2019. Joke to all

Blommie ·

Daar word berading gereel by die skool vir die leerlinge…
En julle wonder hoekom dit gaan soos wat dit gaan, arme ou bloeisulkies.
Altyd n geval van wat is fout dat jy bleddie ongeskuk is en nie maniere het nie.
ONGESKIK is, nee wat as dit my dogtertjie was, het ek vir haar so grootas wat sy is oor my skoot getrek en haar maniere geleer!

JohanL ·

Dissipline is ‘n hengse probleem in skole – weet waarvan ek praat.

Twee vrae:
1) Kan die onderskeie Onderwysdepartemente (en die Nasionale Onderwysdepartement) onderwysers riglyne gee en bemagtig oor WAT hulle te doen staan in so situasie. Onthou, dit is dieselfde Onderwysdepartemente wat onderwysers beveel, om leerders wat eintlik moet druip, deur te sit. So asb Departemente, ons almal wag.

2) Geen selfone mag in ‘n klas ingeneem word en aangeskakel wees nie. Vir wat? Die kind moet leer in daardie tyd. Pouses kan hulle maar hulself weer vasplak aan hul selfone, maar nie tydens klastyd nie.

Salamander ·

Propperse charge office klap! Ek dink daai klein derelict se oor brand nou nog!

SF ·

Ek het as ma my matriekseun jare gelede met die vuis geslaan toe hy durf waag om so met my te praat…. en vandag bedank hy my en sê dit was die best ding wat ek kon doen. Ek haal my hoed af vir onderwysers… ek sou dit lankal verloor het.

Rita ·

SF ek lag nou lekker want ek het dieselfde met my seun gedoen toe hy in st 8 was. En vandag is hy self n pa en sy dogters is goed opgevoed en n plesier vir hul ouers, bgrootouers en onderwysers en hy bedank my dat ek hom terug gebring het aarde toe want n tienerseun is mos baie rammetjie uit nek.

HB ·

So jy het ‘n vroueslaner grootgemaak en hom geleer dat geweld die antwoord is? Beste Mamma ooit…NOT.

Stel ·

As jy nie in die onderwys is nie, hou jou opinie vir jouself.

A ·

Die dae toe die kinders nog geslaan was, het hulle respek gehad. Ek is al 23 jaar terug klaar met skool, maar ek onthou nog die onderwysers wat die hardste geslaan het jy die meeste respek voor gehad. Jy het nie gewaag terug praat nie en jou huiswerk was opdatum. Die bybel sê nie verniet tugtig jou kind nie.

Keuses ·

Dit is nodig om albei te skors. George totdat dit jou kind is wat so geklap word. Dan sing jy natuurlik ñ ander dientjie. Ek glo ook dis onnodig om die hele affere so op hoofnuus te hê. Daardie kind was dalk verkeerd….maar nou word sy deur die publiek geboelie. Dit moes tussen die skool en die ouers gebly het.

Gert ·

Daai voorval is beplan gewees. Persoon wat vidio geneem het al voor die voorval al begin neem.

JL ·

Ek dink jy is reg Gert. Ek dink die meisiekind en ‘n pel wou ‘n gek van die onnie maak en toe klits die onnie haar een harde hou. Goed so. Laat dit ‘n boodskap word vir alle onbeskofte “mamma se bloedjies” laat genoeg nou genoeg is.

Danie ·

Wel “Keuses” ek glo nie George se dogter sal so iets eers probeer het nie.

Linda ·

Daai ma help nou daai kind om n krumineel te word. As my kind so met enige iemand moet praat klap ek hom/haar self deur die gesig. Sterkte vir die juf.

Cherokee ·

Sommige van die lesers is soos daai ma, Linda. Lees die kommentare.

Gert ·

Wie het die opname gemaak van die voorval?Lyk verseker na n opgesitte storie voor die juffrou uitgelok is om n welverdiende klap uit te deel.Skole moet hul beleid rakende selfone dringend hersien.In so n la- die -da skool behoort daar kamaras in die klaskamers te wees …

Genieve ·

Dai kind het al 4warnings geteken by die skool oor haar gedrag sooo.

Schalla ·

Ek kan nie help om te lag vir hierdie uittreksel uit die berig nie: “Sy sê die skool kyk tans na verskillende opsies vir programme om onderwysers vaardighede te leer om dissipline toe te pas.”

Watse programme? Al wat gaan werk is ‘n gym-oefenprogram om ‘n sterk regterarm te ontwikkel waarmee die onderwysers weer soos in die ou dae ‘n goeie pak slae kan uitdeel as ‘n kind dit verdien.

Ek is jammer ek het self kinders en dit breek jou hart om hulle te foeter as dit moet, maar dis jou plig as ‘n ouer want doen jy dit nie, word jou kind eendag die kind in hierdie video, en later selfs die belhamel wat nou by DUT geskiet is na hy die plek afgebreek het en sekuriteit moes optree om eiendom en mense te beskerm.

Kinders moet leer slegte aksies het slegte gevolge en klaar. Nou die dag kom my 2-jarige by die huis en sê my haar juffrou het haar gepiets. Toe kry sy amper vir haarself nog ‘n pakslae want hoekom was dit nodig dat juffrou haar piets?

As hierdie kind lankal ‘n goeie pakslae gekry het by die skool en die huis het ons nie vandag hierdie video gehad om oor te klets nie en het ons ook nie vandag entitled jongmense gehad wat oral waar hulle gaan alles afbreek nie!

Marietjie ·

Wat jy sê is so waar!!! My ma sou my oom nog ‘n goeie sarsie gegee het as ek so me juffrou praat!

Jacqui ·

Ek lees elders op sosiale media –

“This girl has 4 written warnings at school for fighting, wanted to stab another with scissors and bullies other girls at school …… say no more”

O so? ·

En WAT het die skool en die departement ná die vier written warnings gedoen om personeel en kinders teen dié liewe leerling te beskerm? Nou is ‘n goeie onderwyseres se naam en loopbaan in die gedrang…deur een eiewillige, opstandige, ongehoorsame skooldogter! Nou is hulle gou om die juffrou te skors en te verhoor! Ag nee, Ma, en dan gaan sterk jy haar nog in haar kwaad by die polisie! Nou verstaan ons almal waarom jou dogter optree soos sy optree. Wat jy saai, sal jy maai, moeder. Presies wat jy saai, sal opkom en groei, en jy sal dit moet oes en eet. Die perd wat jy opgesaal het, sal jy moet ry. In die bed wat jy opgemaak het, sal jy ongelukkig moet slaap. Hierdie onderwyseres is nie jou of jou kind se vyand nie. In teendeel, sy veg aan jou kant om die kind tot orde en dissipline te roep sodat sy ‘n verantwoordelike volwassene kan word. Dink weer, Ma.

pinkie ·

Die kind het die onderwyser uitgelok en aangehou en aangehou tart. Ek is so bly ek het nooit besluit om onderwys te swot nie.

Lettie ·

Ek moet sê ek was geskok toe ek die video kyk. Eerstens om te sien hoe kinders onderwysers behandel en ook om te dink hoe onderwysers uit getart word maar ook om te sien dat iemand n kind deur die gesig klap. ek is ñ baie streng mamma en glo my ñ pakslae is die beste medisyne. ek glo nie om ñ kind of enige ander persoon deur die gesig te klap is reg nie. Ek wil wel vir die onderwyser sê baie sterkte en vir die kind wil ek sê ek hoop jy het nou maniere, maar ook sterkte mens. Jy het ñ lang pad om te groei en hoe vinniger jy leer om ander mense veral onderwysers, ouers en groot mense hoe makliker gaan jou lewe wees. Aan die ouers van die kind, los maar die aanranding saak en leer jou kind maniere.

Veritas ·

Lettie, ander maniere van straf is heeltemal ondoeltreffend. Sekere kinders sal net luister wanneer hulle voel. Ek plaas die skuld vierkantig op haar ouers se skouers. Sy word nie tuis geleer dat onnies met respek behandel moet word nie.

Koos de Meyer. ·

Volgens berigte het sy al 4 waarskuwings teen haar, sy het ook ‘n mede leerlinge aan geval, so sy is ‘n moeilikheid maker dan wil mammie haar nog verder in die verderf in help. Neewat sulke gemors moet uit die skool gesit word. Goed dat die kinders vir die onnie opkom.

Elsabe ·

Jammer dat die juffrou dit nie goed genoeg gedoen het , nou dat sy geskors is nie. Mense wat nie in die onderwys is nie, verstaan glad nie hoe dit gaan in die klasse nie, en die mense met die dik brille wat hulle so skeinheilig hou en maak of hulle weet, het nooit 70 en 90 ongemanierde en ongehoorsame leerlinge in n klas gehad nie. Dan praat ek van laerskool, nie eers van die in die Hoërskool nie. Almal wat dinge mos in ons land verkeerd doen het regte, nie die wat dinge reg doen nie. byvoorbeeld: As jy n hele klas ontwrig, mag jy nie eers uitgestuur word uit die klas nie, want jy het n reg om in die klas te wees. self as jy in die tronk is het jy n reg om te stem. Ons land se wette is n grap. Taxi’s het n reg om te ry waar hulle wil en hoe hulle wil.

Cornelia ·

Berading aan onderwyseres en as ‘n vaardigheid vir dissipline stel ek “karaté” voor? Swart belt asb. :-)

George ·

KEUSES, my kind sou NOOIT ‘n klap nodig gehad het van ‘n onderwyser nie omdat ek as ouer hom REG OPGEVOED het en van kleins af geleer het hoe om mense ouer as jy te respekteer.

Keuses ·

Dis reg George…ek hoop dit bly so. Is dankbaar vir elke kind wat ñ goeie ouerhuis het.

Matty ·

Jy is heeltemal reg George, dit sou beslis ook nie vir ‘n onderwyser nodig gewees het om my kinders te klap nie – die grondslag vir respek en dissipline was by die huis gelê met die lat en die Bybel. Ek staan 100% agter die onderwyseres. Hoeveel keer moet ‘n mens die ander wang draai? Selfone hoort in elk geval nie by die skool nie, ons het baie goed daarsonder klaargekom. En die mamma van die die leerling sterk haar in haar kwaad en laat hoor glo sy is “te na gekom” – wonder hulle so met mekaar by die huis praat?

Isabel ·

Dis hoogtyd dat lyfstraf terugkom. Nonsens dat kinders die laaste woord et party van die kinders kort ‘n paar goeie klappe, ek gee nie om wat nie, maar as my kind so met ‘n onderwyser praat, sal ek beslis die onderwyser se kant vat.

Elna ·

Ek stem saam met jou Isabel. Ek sou my kind sommer voor die onderwyser gemoker het dan kan hulle my maar toesluit want kinders moet respek he vir n onderwyser hulle is die grootste grondslag in n kind se lewe en n baie baie belangrike hulp bron vir n kind se toekoms. Ek se n onderwyser moet meer regte he oor kinders in die skool en die ouers moet steeds respek he vir n onderwyser soos ons almal geleer is van kleins af. Ek spreek dan nou nog n onderwyser aan met respek soos ek geleer is as kind en ek is al n ou vrou vandag. Baie onderwysers is so verbaas as ek hulle met soveel respek aanspreek. Hulle is ook net mense en het ook n gevoel. Raps haar juffrou raps haar gou dis al hoe hulle leer. Dwing respek af op n kind niemand het nog ooit iets oorgekom daarvan nie.

JB ·

Goeie werk. Ons het meer van julle onderwysers nodig!! Kinders moet maniere leer.

Attie ·

Die video illustreer een van die grootste probleme in Suid-Afrika…RESPEK!! Respek vir gesag en respek vir jou medemens. Die sosiopatologie lê diep in hierdié land en dit raak net erger. Gebrek aan leierskap en die voorbeeld wat sogenaamde “leiers” skep, is natuurlik als bydraend. ‘n Land sonder dissipline en gesag is ‘n ramp.

Keuses ·

Dis reg George…ek hoop dit bly so. Is dankbaar vir elke kind wat ñ goeie ouerhuis het.

Christine ·

Dit is wat gebeur wanneer daar geen meer dissipline tuis en by skole toegepas mag word nie … Die regering en al die slim mense het uiterse hooligans van ons jeug gemaak. Hulle maak en breek nes hul wil, rand ouers en onderwysers aan, steek mekaar met skerp voorwerpe, vloek en skel en brand lings en regs skole en besighede af wanneer hul nie hul sin kry nie … Siestog arme bloedjies, hulle kort 6 vandie Bestes … Dit het gewerk vir my en menigte ander … Ons ken respek vir jou ouer, onderwyser en werkgewer. Doen wat jul wil ek looi my kids in lettergrepe wanneer hul dit verdien. ñ Gesonde Volk nodig ñ Gesonde opvoeding … Taboe met sielkunde , elke saak het sy eie merriete.

Stephen ·

Ai tog. Dalk nie nodig om dit vir die hele wereld te wys nie, maar wat van die een wat die video geneem het en dit op sosiale media gesit het. Heel moontlik nog die een se vriendin ook.

Lizelle ·

Die Bybel sê ñ kind wat nir getugtig word nie steek sy moeder in die skande!!!! Nou wil die ma kom op en af spring…madam as jy die klein pes maniere geleer het by jou huis sou dit nie nodig gewees het vir ñ onderwyser om so op te tree nie. Behalwe dat die arme onderwyserres nou die spit moet afbyt moet ñ ander onskuldige kind elke dag die prys vir jou incompetence betaal. Sies man ek sou my kop in skaamte laat sak het en ñ gat gaan wegkruip het as dit een van my drie kinders in daardie video was.

D B ·

As dit my kind was, het ek my so geskaam, ek sou na ‘n ander land verhuis het.

Maar, was dit my kind, het die volgende gebeur:

1. Hy / sy sal nog ‘n paar klappe by die huis gekry het en gehok gewees het “sonder voordele” vir solank ek hulle moet onderhou.
2. Ek so ‘n media verklaring by die skool geroep het waarin ek die hele land vir my kind se gedrag omverskoning sou vra.

En dit is maar net die begin. Ek het kinders en hulle sal nie eers een keer daaraan dink om so iets te doen nie, maak nie saak wat nie. Dit gaan oor opvoeding. Ouers vandag is te lui en dis hoekom kinders so maak. Goeie, opgevoede kinders sal mooit so iets doen nie!

Katryn ·

As dit ek was het my ma my velle af getrek en jufrou gaan uittrap oor sy nie harder geklap het nie

Wesley ·

Sies vir die kind, sies vir die onderwyser. Bring lyfstraf terug ja, maar daar n groot verskil tussen lyfstraf gehandhaaf deur die hoof met n rottang of n liniaal opi hand en n deur-die-gesig klap soos hierdie. Daar is n lyn. Seker die juffrou was verby haarself al met hierdie “probleem leerling” soos wat berig word, maar mens doen nie dit nie.

Walk a mile ·

Loop eers in ons skoene vir n dag ou pel. Dan praat ons weer.

My mening ·

Ek dink die onderwyseres moes die klas verlaat het toe sy haar humeur begin verloor. MAAR dis deesdae nie maklik om skool te gee nie. Dit is absoluut skokkend hoe onbeskof en onopgevoed baie kinders deesdae is. Hulle het absoluut geen respek vir enigiemand nie, want hulle kry nie n ordentlike opvoeding by hul huise nie. Ouers werk albei (en ek praat nie van ouers wat albei moet werk nie), die kind is op sy eie of by n “nanny” en verder word die kind net met geld en goed ingestop. Hierdie ouers het dikwels self ook nie n goeie opvoeding gehad nie en verstaan nie dat geld nie n opvoeding vervang nie. Onderwysers moet dag na dag met hierdie onbeskofte kinders leef en maar net stilbly en aangaan … totdat hulle ook nie meer kan nie.

Dalien de Klerk ·

Dis sooo jammer die onderwyseres is geskors! Sy het absoluut niks verkeerd gedoen nie. Kyk na die skoolreels & neem kennis daarvan. Kinders misbruik dit & tart onderwysers elke liewe dag! Respek, dissipline moet tuis toegepas word en nie verwag word van onnies om ouers se werk te doen nie. Klaar – punt!!

Ja Nee ·

Ek haal my hoed af vir die onderwysers wat elke dag met die soort kind moet saam werk. As dit ek was was dit nie net n klap nie.

Annelise ·

Ek kry vandag se onderwysers bitter baie jammer. Ouers leer nie hul kinders basiese maniere en respek nie.

Bamsie ·

Ek voel ook die leerder het die onderwyseres getart. Dit lyk vir my na n kleurling onderwyseres. As sy wit was, was Lesufi en die Eff daar. Onderwysers het n moeilike taak.

Moeg vir jou kind ·

Ons moet elke dag deur julle kinders getart word, ons word sleggesê, ons moet op eiers loop om nie julle bloeiseltjies se gevoelens seer te maak nie, ons moet julle kinders maniere leer, ons word uitgetrap omdat julle kind druip en die kind het niks met dit te doen nie en dan moet die onderwysers opgelei word om dissipline te handhaaf? Flip dit. Leer jy jou kind verdomp maniere dan is daar nie n probleen nie. Julle jaag die goeie onderwysers weg omdat julle swak ouers! Julle kla oor die gehalte onderwys wat julle kinders kry nie goed is nie en dan weet jy nie eers jou kind is so dom soos grond nie. Ek is so moeg vir SA en sy kommen mense dat einde die jaar die land verlaat en julle met jul eie gemors hier los. En FYI ek praat hier met die wit ouers en ek is n wit onderwyser

Dorothy ·

Ek stel voor. Gee vir elke onderwyser ‘n “panic button” om te druk. Daar moet professionele mense aan diens wees en dadelik op tree.

Anel ·

Ek ken nie die skool nie, maar ek neem aan sat dit ‘n vooraanstaande skool is, soos dit vir my klink. So, die kinders wat daar skoolgaan, se ouers moet geld hê. Wys dan net, geld kan nie opvoeding en maniere koop nie. Van niks tot iets en weet nie hoe om dit te hanteer nie. Die ouer steek die kind in haar kwaad deur klate teen inderwyser te lê. Wat leer dit, jy kan maar aan autoriteit verontagsaam, jy kan nooit verkeerd wees nie. Jy kan maak wat jy wil. Onopgevoede ouers.

Bell ·

Ek wonder net wat word van die leerder wat die opname gemaak en versprei het. Bly dat dit nie net die onderwyseres is wat geskors is nie.

jennefer ·

Selfone hoort nie op skool, ek is dankbaar my kind mag nie haar foon aan haar he nie. Net soos dit nie hoort in werksplekke. Kyk maar net die voorval by Dep Binnelandse Sake. Lyk my die onderwyseres wou die kind se selfoon afvat of sy het die kind aangese om dit weg te sit.

Nadia Wentzel ·

Die Ma moes daai kind gestraf het, nie n klag gaan lê het nie. Wat leer sy haar nou, jy kan optree soos wat jy wil, doen en sê wat jy wil en nie jou onderwyser te respekteer nie, so sal sy seker dan ook nooit iemand respekteer nie.

Piet kokewiet ·

Die kind het beslis die juffrou getrat . Wie de hel dink die kind is sy om so met n juffrou te praat? nee sies man!! wonder of sy eendag ha baas ook so sal tart as sy nie ha way kry nie.

Penelope ·

Ek sou presies dieselfde gedoen het. Diegene wat hul bloeitjies oopmaak teen onderwysers is besig om ‘n krimineel groot te maak. As jou kind druip dan doen die onderwyser nie sy werk nie. Koop ‘n HAT en kyk wat beteken die woord Opvoeder. Dit se nie jou kind mag oor die siel loop wat met jou kind se swak gedrag opgeskeep sit nie. Ouers werk vir ‘n slag saam met die handjievol opvoeders wat omgee en hul werk probeer doen. Begin opvoeding by die huis en leer jou kind om respek te hê vir opvoeders. Op ‘n ligter noot: ek het gewonder of die juffroutjie dalk tennis speel….. Dit was n kushou.

Johett Oberholster ·

Wat ‘n sat opmerking. Dit sou meer as bomenslike selfdissipline geverg het om nie op die verbale en fisiese uittarti g te reageer nie… moet nie met die TWAK kom dat sy van beter moes geweet het omdat sy die beroep gekies het nie. Hierdie opmerking klink tipies na iets wat ‘n probleemouer sou kwytraak!

Anton ·

Ek sou die ou SAW metode van dissipline toegepas het. Wanneer die betrokke leerling oortree kry almal detensie saam met haar. Dan sal haar klasmaats haar vinnig uitsorteer.

Willie mee teachie ·

En hoe gaan detensie die probleem oplos? Verduidelik bietjie…
Net soos die paniekknoppie, of die “stap uit die klas uit” of juffrou wat moes uitstap, of werkswinkel wat nou bygewoon moet word deur onnies. Toe, sê bietjie hoe jy detensie dit gaan regmaak. Ek BEGEER om te weet!

VanAfrika ·

Willie mee teachie
Ek sal jou sê hoe. Gedurende detensie sal hulle die klas se mure begin was, vensters was, banke en vloere skrop. Met elke detensie sal dit n ander klas wees. Wanneer hulle klaar gewerk het sal hul go uit wees hulle sal nie kans hê om terug te praat nie en hulle sal volgende keer twee keer dink om met n onderwyser soos n vark te praat. As n leerling n problem het met n onderwyser moet hulle dit onder die hoof se aandag bring instede van om soos n ongemanierde onopgevoede mens aan te gaan.

Veronica ·

Ek het vir twee dae by n laerskool in n onderwyser se plek ingestaan terwyl hulle op n opleidingsseminaar was…..gee my liewer my pasiente wat op my braak as daai klomp bedorwe onbeskofte kinders..sorry mammas en pappas julle is besig om droog te maak. Juffrou, jy mos nie geklap het nie maar ek verstaan ten volle. Ek het ook so gevoel na twee dae…hoe moet jy voel na n leeftyd van die tipe disrespek en geen ondersteuning van sommige ouers nie.

Pieter Labuschagne ·

Die liewe Heer het vergeet van die elfde gebod. OUERS julle moet julle KINDERS gehoorsaam wees. Dit mos wat vandag se kinders dink geleer word deur ouers wat nie respek vir ander het nie. Aartjie na sy Vaartjie. Glo dit. Ek het ondervinding daarvan. Bad veby. Hulle kinders gaan nooit regkom nie. Glo my.

Irene Myburgh ·

Ek sien in die berig staan “programme om onderwysers vaardighede te leer om dissipline toe te pas” Wat van programme vir leerders om onderwysers te respekteer?

Susan ·

Die juffie het nie die reg gehad om ‘n kind deur die gesig te klap nie, glo my ek wou dit al so baie doen, vat dit so, as sy jou kind deur die gesig klap sou jy nie so vir haar opgestaan het nie, al is jou kind ook hoe erg. Hoekom boelie hierdie kind? Omdat sy seer het, help haar eerder dan sal sy verstaan hoekom sy mense boelie. Die juffrou het dit ongelukkig verloor, wat te verstane is, maar sy het dit verkeerd hanteer

Buks ·

Rerig Susan? Jy was duidelik nie geboelie op skool nie. Die skool moes so iets na die eerste insident gedoen het. Doen jouself die guns en gaan sit net vir een dag by ‘n skool en KYK wat regtig daar aangaan.
Elke onderwyser wat nog vasbyt en opdaag vir werk, kort ‘n medalje en ‘n standbeeld! Geen wonder ons het ‘n ernstige tekort aan onderwysers nie.
Ons is al lankal besig om in dieselfde bootjie as Amerika te klim waar kinders oorgesit word na die volgende graad toe uit desperaatheid net om van hulle ontslae te raak, want die onnie is vuisvoos en gatvol. Of hulle kan lees of skryf, is ‘n bonus, en as hulle nie kan nie, is dit die volgende onderwyser se probleem.

bollie ·

Wat sukkel die onderwysers so? Stuur die kind uit die klas uit en indien die bloedjie nie wil nie , verskoon jouself uit die klas en gaan sien die hoof. Kry ‘n admin dame om so nou en dan deur die gange te stap en die leerders wat uit die klas gestuur is op te line en na die hoof se kantoor te neem. Maklik man.

bollie ·

Oukei dan. Gaan voort om die kinders te klap, verloor jou werk en gaan tronk toe.

MW ·

Kan my nie voorstel wat sou op ons dag gebeur het as die skoolhoof moes skakel en sê ons het ons wangedra op skool nie. Ons velle sou gewaai het. Jy sou dit nie eens waag om tuis te gaan vertel jy het ‘n paar houe oor die hand of 6 van die beste in die skoolhoof se kantoor ontvang nie. Vroeg geleer om jou plek te ken. Thanx but no thanx vir daardie beroep vandag. Het nie tyd vir onplesierige, ongehoorsame, voorbarige, ongepoetste en ongedissiplineerde kinders nie. High 5 vir die kinders wat tenminste vir reg en geregtigheid opgestaan het vir ‘n slag

bollie ·

Nog ‘n ding – daar moet ‘n duidelike skeidslyn tussen onderwyser en leerder wees. Geen argumente met ‘n leerder nie, die onderwyser sê en die leerder doen.

Juffer ·

Geagte Bollie Eerstens, oorweeg dit tog om ‘n ander naam aan te skaf. Tweedens, word gou wakker. Dis nie meer vir “geen” of “moet” of “sal” in die skoolsituasie van vandag nie. Jy lewe in ‘n ballon, goeie vriend. Dit sal een of ander tyd bars. Onderwysers moet vandag hare op hulle tande hê net om môre weer na die oorlog in die klas terug te keer.

bollie ·

Jy moet hare op jou tande hê in enige beroep. Ek was ook ‘n onderwyser wat met kindertjies gewerk het en kan jou verseker die uitdagings is veel groter wanneer volwassenes saamwerk. ‘n Onderwyser is slapgat as hy/sy nie eers dissipline onder kinders kan handhaaf nie, juffie.

Willie mee teachie ·

Van Afrika en al die ander? Klasse se mure was en vloere en vensters was… Onthou kinders het regte. Hulle is daar om te leer, nie om te skrop nie. Onnie moet haar vra om uit te stap… Die onnie HET. En het die leerder dit gedoen? Dink julle dat kinders doen wat onnies vra.
Jammer om te sê, maar julle was nog nie `n dag in daardie vrou se skoene nie. My hart bloei vir haar. Sy moet nou die veroordeling ervaar van mense wat nie `n idee het waardeur sy gegaan het nie. Daardie klap het nie van gister af gekom nie. Dit is opgehoopte frustrasie met GEEN hulp of verstaan vir die magteloosheid waarmee onnies sit nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

so bly ek het nie meer skoolgaande kinders nie. Ek sou nie graag dat my kind skoolgaan met ander ongedissiplineerde skoliere nie.

Stel ·

#Dries, ek is in die onderwys en probeer elke dag my bes om vir elke leerder goed te wees, maar dit is nie elke dag ‘n maklike taak nie. Daar is pragtige kinders wat elke dag blootgestel word aan leerders sonder opvoeding.

Abi ·

Alle Onderwysers is goud werd. Ons besef dit nie. Ek sê al vir jare hulle moet die hoogste salarisse verdien. Ons besef nie wat kinders agter ons rug doen, vernaam as hulle aangehits word nie. Ek vra alle onderwysers, so baie jammer dat julle met disrespekvol kinders moet werk. As ek daai Onnie was sou ek dieselfde gedoen het, ek glo daar is hordes en hordes mense, wat ook dieselfde sou gedoen het. Die onderwyseres het al my simpatie. Ek dink dit is maar een kind van honderde, wat so arrogant is wat sy op ‘n daaglikse basis moet leer. Dan kla hulle, op SONA, dat daar duisende jeugdiges wat sonder werk sit. Nou verstaan ons waarom hulle werkloos is. Besighede stel nie belang om arrogante mense indiens te neem nie. As hulle nie nou gaan vasvat nie, sal mijoene sonder werk sit.

bollie ·

Hierdie onnies wat nie eers dissipline kan handhaaf by kinders nie moet liewer ver wegbly van die korporatiewe omgewing waar jy te doen het met geskille tussen volwassenes. Daar sal julle dit beslis nie maak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.