[Video] Onnie glo vermoor oor verdagte dwelmhandelaar skuld

Lindie Bosch-Jansen en haar vriend, Howard Holtzhausen. Foto: Facebook

Lindie Bosch-Jansen en haar vriend, Howard Holtzhausen. Foto: Facebook

Die man wat teregstaan vir die moord op die onderwyseres Lindie Bosch-Jansen wou haar glo beroof omdat hy na bewering ‘n Nigeriese dwelmhandelaar geld geskuld het, het die landdroshof in Bela-Bela gehoor.

Maroela Media het vroeër berig Bosch-Jansen is op 17 Oktober ten aanskoue van haar kinders op die terrein van Laerskool Warmbad met ʼn mes doodgesteek. Sy was besig om saam met haar vriend, Howard Holtzhausen, op te ruim ná ʼn 60ste verjaardagpartytjie en het goed na haar motor gedra. ʼn Man het uit die bosse gestorm en haar in haar sy gesteek.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Irene ·

Jammer dat onskuldige wit mense moet boet omdat regering ander lande se mense met ope arms verwelkom met hul crime

Karisma ·

Koerant se 17 okt en video se 18 okt, koerant se sy is in die sy gesteek video se in die bors?
Lindie was een van die vriendelikste mense wat ek geken het. Sy was n great gr1 juffrou en al die kinders was baie lief vir haar

Drieka Grobler ·

Hi ek is Lindie se niggie. Sy is voor 12 die 17de aangeval en het na 12 die nag aan haar besering beswyk. Sy is in haar sy gesteek waar die mes in haar long in gesteek het. Sy het haarself probeer verdedig en het sodoende n sny aan haar hand opgedoen. Volgens Satan Adams het hy homself verdedig oor sy hom aangerand het dis n bog storie My nig het n hart van goud gehad en sou nooit iemand skade aandoen nie sy was net goed vir mense ongeag wie of wat hulle was.

Peet Schabort ·

Waar kom hy aan hierdie nonsens om te dink dat sy genoeg geld by haar aan haar persoon sou gehad het want hy het seer sekerlik nie ‘n paar sente gesoek maar allermins eerder ‘n paar duisend Rand. Sou hy haar by die huis wou beroof dan was dit dalk ‘n ander saak.
Nee-wat hier is meer agter hierdie hartseer neem van haar lewe as sy storie want dit is net eenvoudig blatante moord vir ‘n moontlike paar Rand.
‘n Lewe geneem om geliefdes wat nog op haar staatmaak en van haar afhanklik is te laat agterbly.
Nee wag, dat ek liewer niks verder kwytraak . . . .

Winston ·

Ja Peet…..liewer nie. Myne is nie geplaas nie. Ek het die bepalings en voorwaardes gelees en Maroela was reg om dit nie te plaas nie. Dankie

Drieka ·

Lindie is my niggie,sy is die aand van 17 Okt gesteek en is na 12 die Saterdag nag oorlede dis hkm hulle dit so stel en sy is in haar long gesteek onder haar arm. (Want sy het probeer haarself beskerm,en nou se hy in die hof hy het homself beskerm oor sy hom aangerand het. Baie dankie aan Maroela dat julle die regte storie publiseer. En ek dink dis n bol storie dat hy geld wou he hy het gemoor oor dit in sy aard is hy is Satan. Maar GOD slaap nie bid asb dat sy borg aansoek afgekeur word

Willie Brits ·

Hy beter vinnig begin ‘sorg’ want ons word al hoe minder…..

tamboti ·

Willie, ek hoop jy lees my – ek deel jou siening. Dit wil nie lyk of dit tans gebeur nie!

EMK ·

As die misbaksel nou dink DIS ‘n rede om iemand te vermoor… hy moet geld kry omdat hy alreeds die wet oortree met dwemgebruik nou moes ‘n oulike onskuldige mens boet. Moet asb nie geld mors met lang hofsake en twak nie, hierdie behoort sommer in ‘n halfuur afgehandel te wees met ergste straf moontlik…next case!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.