[Video] Onnie oor ‘lyfstraf’ geskors

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

ʼn Onderwyseres wat glo leerders herhaaldelik oor hul rûe  met ʼn rottang geslaan het, is met onmiddellike effek geskors nadat ʼn video van die beweerde aanranding aan die lig gekom het.

Die departement van onderwys in KwaZulu-Natal het gesê die onderwyseres aan die Okumhlophe Secondary School in Umlazi, suid van Durban, is Maandagoggend geskors.

In ʼn video van die voorval kan gesien word hoe ʼn leerder in ʼn skoolbank sit terwyl die onderwyseres langs die skoolbank staan en die leerder oor die rug met die rottang slaan. Later in die video word ʼn tweede leerder met die rottang geslaan en kan daar gehoor word hoe die leerder in trane gil na elke hou wat val.

“Die departement duld geensins voorvalle van lyfstraf nie. Die onderwyser is geskors hangende verdere ondersoek. Die departement sal voortgaan om individue wat ons leerders misbruik, uit te sonder,” het die departement in ʼn verklaring gesê.

Die departement het gesê die skorsing is in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse Skolewet wat die toediening van lyfstraf in skole verbied.

Verlede week is twee onderwysers van die George Campbell Tegniese Skool in Durban ook geskors – weer eens na aanleiding van ʼn video wat op sosiale media versprei is. In hierdie video kan gesien word hoe skoolseuns twee volwassenes, glo onderwysers, oënskynlik in en voor ʼn klaskamer rondstamp. Kwazi Mthethwa, woordvoerder van die departement van onderwys in KwaZulu-Natal, het vroeër aan Maroela Media gesê die departement en die beheerliggaam van die skool het saam besluit om twee onderwysers te skors hangende ʼn ondersoek na die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Woedend ·

Sulke goed maak my woedend, dit is oor sulke onderwysers dat lyfstraf afgeskaf is, ‘n pakslae van 2 houe op die boude met ‘n aanvaarbare slaanding op die regte tyd werk, maar om ‘n kind so aan te rand is totaal ongehoord, oor die rug en arms en dit lyk of sy die aanmoediging van die res van die kids geniet, sadisties. Ek voel amper om saam met daardie kind te skree, wat kon sy so verkeerd gedoen het om so ‘n slaan sessie te regverdig, almal weet ook dit is die slaan juffrou, so hul sal nie onnodig met haar kanse vat……. Regtig Juffrou ek verstaan frustrasie & dissipline maar die is aanranding.

Karma ·

Hoewel ek 100% ten gunste is van lyfstraf wanneer ‘n kind of leerder dit verdien, kan ek nie hierdie goedpraat nie. Slae met ‘n rottang oor die blaaie, soos dié, is nie lyfstraf nie: dit is AANRANDING!!! Selfs ‘n paar houe met ‘n klein, ligte rottang of liniaal oor die hande is nie lyfstraf nie – dit is aanranding. As jy die kind wil klits, laat hom/haar buk en gee drie of ses van die bestes op die boude – nêrens anders nie. En mens deel nie lyfstraf uit ten aanskoue van die kind se klasmaats of vriende nie – daardie is persoonlike VERNEDERING.

Ek sê weer eens: ek is ten gunste van lyfstraf – toegedien op die regte manier, tyd en plek deur die regte person – op skool en tuis. Die oueres van dae het altyd gesê: “spaar die roede en bederf die kind”. Dit is juis omdat daar nie lyfstraf vandag meer toegepas word nie, dat kinders en leerders nie meer respek het vir senior en ouer mense of hul eie ouers nie. Ons is goed gefoeter toe ons kinders was, maar op die regte manier. En jy het jou les daaruit geleer.

Skybird ·

Wat is daar om te ondersoek, diè onderwyseres put duidelik genot om die kind aanterand, sy moet summier strafregtelik aangekla en toegesluit word ! Daai is Nie lyfstraf nie. Punt

Ron ·

O my word . . . big brother is whatching you
Wens mense wil ontrouheid in huwelike ook begin afneem en versprei . . .

CAROL ·

Ek dog lyfstraf in nie meer toelaatbaar nie??? ai jai jai …. hoop enige meneer of juffvrou wat my kind so slaan het n mediese ……. want hy of sy sal beslis in ICU beland!!!

Well ·

Dan moet mevrou se kind dit nie nodig hê nie. Want ongelumkig is mwnae wat so sê se kinders gewoonlik stout

Karma ·

@CAROL – dan moet jy jou bloedjie sodanig opvoed dat hy/sy altyd skool bywoon, die skoolreëls nakom, huiswerk en take altyd en betyds doen, nie dagga rook en ander verkeerde dinge op die skoolperseel doen nie, eksamens en toetse deurkom ens. ens. ens. Prakties gesproke moet jy ‘n “engeltjie” grootmaak. En moet tog nooit ooit ooit sê: “My kind sal nie dit doen nie”. Want dit is die fout wat die meeste kinders se ouers doen – hulle erken nie dat hulle kinders ook stout of ongehoorsaam kan wees nie. Weer eens: ek staan lyfstraf nie teë nie – maar alles het ‘n manier, tyd en plek en dié is nie lyfstraf nie – dit is aanranding. My ma het ons dikwels ‘n bietjie kwaai gelooi, maar dan het sy darem al góéd opgevreet en het sy altyd gesê: “Ek slaan jou sommer nou ook vir dit wat jy netnou of môre gaan verkeerd doen”.

Chris ·

Sy moet geskors word en die saak moet ondersoek word . Dis sodat sy nog n salaris kan trek vir die volgende 10 jaar wat dit ondersoek word

GES ·

Ek is ook ‘n voorstaander van lyfstraf maar hier die is barbaars. Lyfstraf behoort in die hoof se kantoor toegedien word en nie ten aanskoue van die res van die leerders nie. Die sitvlak is hiervoor bedoel en dit moet dit beperk word tot ‘n maksimum van 6 houe met ‘n ligte rottang afhangende die erns van die oortreding. Lyfstraf is ook nie geskik vir alle oortredings nie en meisies mag nie lyfstraf ontvang nie. Ongelukkig is daar mense wat nie weet wat hulle doen nie en iets wat baie produktief kon gewees het tot niet maak.

Louise ·

So die meisies, ongeag wat hulle doen, moet los kom van dit af, nope, as julle wil lyfstraf inbring weer, dan moet albei geslagde daar onder deur loop. Ek en my sussie het, en daars niks fout met ons nie.

Karma ·

@Louise – stem ek ook 100% saam met jou! Vroue en meisies is “gelibereer” en het dieselfde regte (in die meeste lande, ek praat nou nie van Moslem-lande nie) regte as mans. “If you do the crime, you must do the time” – sê ek altyd. Foeter ‘n kind as hy/sy verkeerd gedoen het, maar op die regte manier, plek en tyd. Jy kan ‘n seun effe harder slaan as ‘n meisie – seuns die anatomie en tradisionele opvoeding maak hul bietjie meer gehard as meisies, maar moet ook nou nie die arme kind half dood slaan nie! En lyfstraf moet die daad en ouderdom pas. Jy kan nie ‘n driejarige dogtertjie ‘ses van die bestes’ met ‘n taai kweperlat toedien nie. Maar ek sê nog altyd: “Boere-sielkunde met die plathand op die agterstewe BO!”

danie ·

Korrek Louise, ek het nou net aan presies dieselfde ding gedink. As ‘n ander straf vir meisies werk, moet dit mos ook vir seuns werk. Jy’s heeltemal reg.

gruwelik ·

dis dan hoekom dogters op 13 met n liegstorie wegloop bishop lavis toe.

CW ·

Seuns word deur mansonderwyser gevonnis en dogters deur damesonderwyser.

Maar gewoonlik kry meisies met ‘n plak hour op die hand. Skrik meer as wat dit pynlik is.

Dis hoe dit al die jare gewerk het…

Beatrice ·

Ons meisies het in die plek van ‘n pak slae op die boude met ‘n rottang, pak gekry met dieselfde rottang op ons handpalms. Toe ek in die ou Sub B was het ‘n onderwyseres een keer die hele klas met ‘n rottang pak gegee. Ons moes oor ons stoele buk en die meisies se rokke is op gelug sodat die rok nie die hou keer nie. Daardie vernedering bly my nog steeds by. Ek sien die hele episode asof dit gister was. Ek stem vir regverdige lyfstraf, maar in die hoof se kantoor.

William Tintinger ·

Die juffrou moet summier gearresteer word op minstens `n klag van aanranding (moontlik met die opset om ernstig te beseer). Skokkend en so so primitief.

Kannaland ·

Naief is die wereld om te dink lyfstraf is wreed. As jy dit nie doen nie, kyk hoe wreed die wereld dan word soos wat geregtigheid kwyn.

Geskok ·

Niks verkeerd met lyfstraf as dit reg toegedien word nie. Hierdie is eerder aanranding. Dit is nie ordentlike lyfstraf nie

H ·

Kannaland. Hierdie is nie lyfstraf nie, die is aanranding. Daar is ‘n tyd en plek vir alles. En as daar pakslae uitgedeel word, kan dit in die hoof se kantoor gebeur of waar die res van die klas nie dit kan aanskou nie. Dit is baie vernederend vir ‘n leerling om voor die hele klas geslaan te word, maak nie saak wat jy gedoen het nie. Daai juffrou kan baie bly weer daai is nie my kind nie. Sy sou gister aand in die tronk geslaap het en nie net geskors gewees het by die skool nie. Maak nie saak wat daai kinders gedoen het nie, hulle verdien die aanranding nie

MJ ·

As ‘n onderwyser my kind ooit so slaan dan sal sy wens sy eindig net in die hospitaal en nie in ‘n lykshuis nie! Dit is uiters ontstellend om hierdie video te kyk. Die arme kind.

Geskok ·

Ek het nie woorde nie. Is regtig geskok. Gelukkig geen rasssistiese voorval nie anders was die onderwyseres nie net geskors nie maar reeds in die tronk .
Baie erger as KFC. Die is nie net lyfstraf nie maar AANRANDING teen ‘n kind, nie eers haar gelyke nie.
Nie werd om ‘n onderwyseres te wees nie.

Karma ·

Ag nee, jinne Willie, nóú pluk jy darem die dam onder die eend se agterent uit!

B-man ·

Ek vang jou sarkasme, Willie. Dis mos die basisklag wanneer hulle leed aangedoen word, maar wanneer hulle ander mishandel is dit progressiewe demokrasie.

Johann Marx ·

Is Lesufi al daar? En Mbalula? Hierdie is seker nie voldoende bewyse nie, want die video moet eers ondersoek word om te sien of dit “eg” is…..nes 100 000 e-mails wat oor en oor en oor bewys wat aan die gang is in hierdie land. Hahahahaha….ek dink daai juffrou is by gatvol verby. Sy moes harder geslaan het…..dan sal jy jou huiswerk doen, stilbly in die klas, stil sit in die klas, oplet as die juffrou praat, nie ontwrigtend wees vir die ander leerders nie….en jy sal actually jou standerd deurkom met goeie punte.

Jan ·

Jy praat lekker snert. In std. 9 het ñ onderwyser my voor die bors gegryp en my teen die oor geklap. Ek het nie op my laat wag nie en terug geklap al was hy seker 130kg. Ek het los gekom omdat hy die seun voor my wou klap wat nie kon stilbly nie. Dit was in 1988. Ek het altyd my plek geken en was baie gewild onder die onderwysers. Daar is onderwysers daardie tyd wat wou maak net wat hul wil.

Opvoeder101 ·

Johann Marx – moes sy harder slaan?! Regtig?! Dis onderwysers soos die’ wat die konsep van “opvoedingswaarde” heeltemal vertrap. Sys ‘n skaamte vir my beroep. Daar is niks anders as vreez om uit die situasie te leer nie…en vrees hou net so lank…dan draai dit om in rebellie… Ek gee nie om hoe erg jy sukkel met ‘n leerder nie…hierdie is onaanvaarbaar.

Kaspaas ·

Dit is baie lelik, maar dink nou net as die onderwyseres wit was…

marlene ·

Dis skokkend? van wanneer af slaan ‘n mens iemand so seer oor die rug met ‘n rottang? Daardie was ook ‘n dogter. Sy skreeu vd pyn.
Sy put duidelik genot daaruit.

se maar net ·

Dis virkeerd en klaaar Johan Marxek weet nie of jy kinders het nie Ek wonder maar net wat sal jy doen of se as dit met jou kind gebeur

Johann Marx ·

se maar net, dit sal nie, of het nog nooit met een van my kinders gebeur nie, want hulle het selfbeheersing, selfdisipline, maniere, respek teenoor andere, en hulle doen wat van hulle verwag word, na die beste van hulle vermoë. Daarom is hulle vandag wel opgevoede, goed gebalanseerde, hoogs suksesvolle mense in die samelewing. Almal hier skree nou oor wat die juffrou gedoen het, maar NIEMAND weet wat daardie klein helleveeg aangevang het om sulke houe te verdien nie. Het sy miskien 5 minute voor hierdie video geneem is die juffrou met ‘n bord-borsel of ‘n skoen gegooi? Of ‘n ander kind met ‘n skêr gesteek? Jy gryp mos nie net ‘n kind en slaan hom of haar omdat hy of sy ‘n engeltjie is wat AL sy huiswerk doen, stilbly en stil sit in die klas, en al sy vakke met onderskeidings deurkom nie, doen jy?

Verwonderd ·

Met 39 houe op die nae (-1 vir genade) omdat jy nie jou huiswerk doen nie, glo ek hierdie klas het ‘n goeie slaagsyfer:) Dit maak nie haar aksies reg nie. Ek wonder maar net hoe lyk die punte…

Piet Pompies ·

Ons het so ‘n siek onnie op Hoërskool gehad, die lyfstraf wat hy elke dag gegee het was die hoogtepunt van sy klas aanbieding. Sy eie reels was van so ‘n aard dat geen leerling lyfstraf kon vryspring. Jy was ten minste 3 houe gewaarborg per dag in sy klas. Die klas het net uit seuns bestaan. Ek wonder tot vandag toe wat was sy doel met die lyfstraf want dit het glad nie gegaan oor opvoeding.

B-man ·

Shjoe, 3 houe per seun? Jou onnie kon seker nie gym-fooie betaal nie en het maar sy oefening op hierdie manier gekry.

Skepties ·

Poging tot wat? Jy was duidelik nog nooit in n regtig moeilike situasie nie.

Albaster ·

Ek is so vreeslik jammer vir die leerlinge, kom ons almal staan terug en laat hulle liewer doen wat hulle wil. Laat hulle groot beurse kry en kom ons betaal sommer vir hulle modegiere en skinnypants en uitspattige haarstyle ook, en ons se ons is jammer dat ons lewe.

christa ·

‘n pak op sy tyd kan niemand skade aan doen nie. Mense wat met lyfstraf gediseplineer is, kan jy myle ver uitken. Selfone moet in klasse verbied word dan sal leerders ook beter oplet in die klasse en nie heeldag met die foon in die hand loop nie.

hendrik ·

Ek sien daai skolier wat so n ruk gelede in die nuus was oor haar wolkop en daarteen met gekruisde arms geprotesteer het en deur Siraal Ramaposa as n held verklaar was word deesdae met wolkop en al in n advertensie gebruik. Nou is sy eers n held.

hendrik ·

Ek sien daai skolier wat so n ruk gelede in die nuus was oor haar wolkop en daarteen met gekruisde arms geprotesteer het en deur Siraal Ramaposa as n held verklaar was word deesdae met wolkop en al in n advertensie gebruik. Nou is sy eers n held.

bee ·

onaanvaarbaar!! sy mag NOOIT weer skoolgee nie!! blatante aanraanding van n jong kind!! sy kan bly wees ek is nie die moeder nie!

B-man ·

…want dan sou hààr rug brand en nie net haar ore nie, nê?

danie ·

Toe ek op skool was,was daar van die seuns wat elke dag pak gekry het, dis duidelik die gevalle waar pakslae nie werk nie.

Skande ·

Nie eers ek wat n ouer is,sal my kinders oor hul rug slaan met n rottang. Dis n skande. Om te dink jy vertrou jou kind in die hande van n onnie toe. Hoop regtig die ouer van daardie kind vat dit verder. So iets moet glad nie ligtelik opgeneem word nie. “Disgusting” soos die een minister altyd se. Watse voorbeeld stel die onnie? Zero

B-man ·

Nee, sy gaan haar pos verloor, maar oor ‘n paar maande is sy die nuwe Adjunk-minister van Hoër onderwys.

Tommie ·

Nie voor ander kinders. Daar moet n lewens les daaraan gekopel word. Hierdie is n grap. Die onnie moet iets geleer word van hoe om disipline te handhaaf. In die agtergrond lag die kinders. Dit maak dit n grap en is dus aanranding. Belaglik

hendrik ·

Die doodskis episode se “poging tot moord ” lyk soos n kalfie in vergelyking met hierdie. Hier gaan in elk geval niks van kom nie.

fm ·

Diegene wat sê/dink hule is normal, goed aangepas en is selfs spesiaal na al die slae wat hulle gekry het (sommige sê selfs die slae moet nog erger gewees het) –

– is julle regtig normal, goed aangepas en spesiaal?

MarieM ·

Ek is jammer, maar na ek die video gekyk het stem ek saam dit is nie pakslae nie maar aanranding. Hoor hoe skree daai kind. Nee man ek het as kind ook pakslae gekry op skool en dit het my so bang gemaak dat ek harder geleer het en beter geluister het. Wat voor die video gebeur het in die klas sal ons nie weet nie, maar geen onnie wat sy sout werd is rand ‘n kind so aan nie. My dogter se Juffrou sê altyd as sy praat moet hulle luister en so ook sal sy luister as hulle praat, maar as daar gewerk word moet daar geluister word na haar wat die Juffrou is.

alida ·

Dankie tog die slaner en die leerling is dieselfde ras anders was die hele wereld nou weer aan die brand. Hier gaan niks van kom nie.

juffrou ·

Aanranding is verseker 100% onaanvaarbaar, maar goeie vriende, gaan hou bietjie skool by sekere skole in ons land…en kom agter die kap van die byl. Dinge gebeur waarvan jy in ewigheid nie kon droom nie. Die druk op onderwysers, veral goeie onderwysers wat werk vir resultate, is onbeskryflik. Dis ‘n ANDER WÊRELD as die skole waarmee ons grootgeword het en selfs vandag nog tot ‘n mate hier en daar vind. Daar is nie woorde om situasies in sulke klasse te beskryf nie. Onderwysers moet voortdurend oorvol, oproerige klasse beheer, opvoed, resultate lewer, leerplan voltooi, papierwerk en massas nasienwerk bybring, departement en ouers tevrede stel, selfbeheersing hê dag na dag, uur na uur… Om by sekere skole skool te hou is byna ‘n bo-menslike taak. Genade van Bo alleen kan personeel daar dra.

Kerneels ·

My dogter se altyd sy het ‘n sielkundige afwyking van die pak wat sy as kind gekry het – mens noem dit respek.

Karma ·

Ha-ha-ha, Kerneels, hoe lekker lag ek nou vir jou! Sê vir jou dogter dáái is een ‘sielkundige afwyking’ waaroor sy nie skaam hoef te wees nie!

Andre ·

Ek se tog net so dankie dat dit nie ‘n wit onderwyser is nie!!!!!!!!!!!!!!!!!

anntie ·

Hoop sy hou nooit weer skool in haar lewe nie as ek daai kind se ma en pa was het ek haar aangekla vir aanranding. Sy verlekker haarself behoorlik om daai kind te slaan. Daar is onderwysers en leiers sy is duidelik onder die wat geen clue het hoe om met kinders te werk nie. Is daar vir die salaris nie die beroep en roeping nie. Ongelukkig is daar baie van hulle en wie ly daaronder? Die kinders niemand anders nie as die kind bietjie sukkel word hy of sy gelabel en verstoot. Dis nog erger want sielkundig knak hulle die kind in so ‘n mate dat hy of sy nooit daaroor kom nie.

anntie ·

Andre moenie wit onderwysers weggooi nie hulle label die kind en knak hom of haar sielkundig.
Ek praat van ondervinding.

Chris ·

Aag my genugtig. As ‘n kind nie maniere of dissipline het nie, wie moet dit vir him/haar leer. Looi hom/haar. Geen pak slae het iemand nog skade berokken nie. Dit is net jammer deesdae se wetter was nie van toepassing toe ek jonk was nie. Pak slae waneer geregverdig is goed maar waneer ‘n gesuipte onderwyser ‘n twaalf jarige op ‘n Sondag middag ses van die bestes met ‘n rottang slaan wat bloedblase veroorsaak, dan sal ek ook opgeklits raak. Dit het met my gebeur na ek nie die koshuis se vensters toegemaak het op ‘n “koshuisnaweek ” nie.

tersia ·

Ek het niks teen lyfstraf nie maar slaan my kind so en jou familie het begrafnis reelings om te tref. hoop daardie kind se ouers neem stappe teen daardie “Juffrou”.

dries ·

Was hiedie kind nie dalk n boelie nie, wat dit is die straf wat boelies moet kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.