[Video] Onnies geskors ná bakleiery by KZN-skool

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Video doen tans die ronde op sosiale media waarin daar gesien kan word hoe skoolseuns twee volwassenes, glo onderwysers, oënskynlik in en voor ʼn klaskamer rondstamp.

Die voorval het na bewering verlede week by die George Campbell Tegniese Skool in Durban in KwaZulu-Natal plaasgevind.

Maroela Media verneem leerders van die skool betoog glo omdat onderwysers na bewering gereeld na swart leerders as “monkeys” en die k-woord verwys. Leerders kla ook dat hulle herhaaldelik hierdie voorvalle aangemeld het, maar dat daar niks van gekom het nie.

In die video kan gesien word hoe leerders ʼn klaskamer wil binnegaan om ander leerder glo op te sweep om saam te betoog terwyl onderwysers hulle verbete probeer keer.

Oor die naweek is ʼn stemboodskap ook op sosiale media versprei waarin die stem van ʼn beweerde leerder by die skool gehoor kan word. “Enige leerder wat braaf genoeg is om ons te probeer stop; ons sal hulle opf*k. As enige van die onderwysers in ons pad staan weet julle reeds wat ons gaan doen. As die polisie my in ʼn vangwa sit, veral as dit ek is, wil ek hê julle moet daardie vangwa omgooi,” het die boodskap gelui. Die stemboodskap noem ook dat die hoof afgedank moet word. “Mr. Plug must f*** **f”.

Kwazi Mthethwa, woordvoerder van die departement van onderwys in KwaZulu-Natal, het aan Maroela Media gesê die departement en die beheerliggaam van die skool het saam besluit om twee onderwysers te skors hangende ʼn ondersoek wat nou van stapel gestuur word. Dit is onduidelik of dit die twee onderwysers is wat in die video gesien kan word.

Daar is ook besluit om alle beweerde rassistiese uitsprake na die Menseregtekommissie (MRK) te verwys.

Mthethwa kan nie bevestig hoe lank klasse by die skool al ontwrig word nie, maar daar is ooreengekom dat klasse van Maandag weer soos normaal sou voortgaan. In nog ʼn video op YouTube het een van die leerders gesê dit is al die vyfde keer dat hul betoog vanjaar.

Intussen het die onderwysvakbond Naptosa onderwysers in werksure uit klasse probeer kry om hulle toe te spreek. “Hulle eis dat die onderwysers moet betoog in simpatie met die twee wat geskors is hangende die ondersoek. Hul eis ook die skorsing van die betrokke leerders. Ons wag nou basies vir die uitkoms van die ondersoek,” het Mthetwa verduidelik.

Hy het gesê klasse by die skool gaan tans soos normaal voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Luke ·

Wel, hierdie gedrag help nie julle saak nie “seuns”. Lyk my na n paar wat al n jaar of 3 gepluk het

Riette ·

Nie net n paar jaar gepluk nie, daai ou lyk 28. Lyfstraf moet terug gebring word in skole!

Dirk ·

Ongelukkig in vandag se dae pluk geen leerlinge meer nie hulle word deurgesit deur die departement as hy ouer is as wat die ander leerders is, is dit omdat hy skool verlaat het en teruggekeer het na ‘n paar jaar se vakansie. Ai dis darem maar lekker in die nuwe Suid Afrika almal is vryheidsvegters vi wat weet ek nie.

Rooiman ·

Dis mos eenvoudig duidelik waarom die onderwysers geskors is: Hulle is wit en die leerders is n ander kleur. Nog vrae…?

Sê wie ·

Vra ek ook. Die “kinders” mag maak wat hulle wil maar die onnies word geskors!!!!

Heidi ·

Kinders maak deesdae video’s van enige iets en alles, hoekom dan nog nie van die beweerde rassistiese uitlatings nie? As dit dan al so lank aangaan.

Heleen ·

Onderwysers moet eerder tuis onderrig begin doen…ons kinders kan baat daarby in veilige omgewing …en goeie onderrig..

Immigreer ·

Ons bespreek al ‘n geruime tyd om die land te verlaat. Maar ‘n mens kan nie jou ander geliefdes agter laat soos jou bejaarde ouers, kinders en klein kinders nie…. Seker nie altyd ‘n uitweg nie. Maar ek is bevrees hier kom nog swaar tye vir ons blankes.

Dean ·

Jy het hom die regte antwoord gegee..ons nasie is groter as dit.

Tart ·

@Ouer daai is nie nuus nie…. ek sê ook hulle word opgelei om ‘n mens te tart. Een van my werkers het nou die dag gesê hulle weet ons blankes word baie vinnig kwaad en kwaad lei tot ‘n verkeerde daad en dan kom ons in die moeilikheid

Anoniem ·

Rapporteer dit skriftelik en amptelik aan die skoolhoof, skool se beheerraad en die meisie se ouers. Berei duplikaat dokumentasie voor, wat geteken en gedateer word by oorhandiging, sodat julle bewys kan hê dat dit gerapporteer is. Versoek skriftelike terugvoering oor die hantering van die saak.

Jacques ·

Lyfstraf (disipliene) is uit die skole gehaal en die weermag bestaan nie meer nie , so waar moet vandag se kinders leer van RESPEK vir ander mense ???? Dit verbaas my nie dat so gaan nie en as hulle nie hulle sin kry nie dan is dit rassisme . Shame .

Flintstone ·

Laat hulle wat so kla oor onderwysers/onderwyseresse asb.hulle eie mense aanstel om hulle te onderrig.Dank die Vader ek is nie n onderwyser nie,daardie kinders sou vandag in die hospitaal gelê het.Onopgevoede wesens wat hulle swak sosiale gedrag môre as volwassenes in stakings,brande en misdaad gaan uitleef.Swak opvoeding met geen dissipline is die algehele oorsaak van die toestand van ons land.

Seeg ·

Stem vir my baie ooreen met n parlementsitting. Dis mos waar ons jeug hul inspirasie kry. Dit is hoe ons leiers dit doen!

Rina Pretorius ·

dis is samesweerdery op groot skaal, ek glo nie woord wat hierdie tipe leerders se nie, dis n heksejag teen blanke onderwysers. Mnr/Me gaan begin jou eie homeschooling besigheid, jy gaan baie beter doen as wat jy gedoen het en jy kan kies wie jy daar onderrig wil gee

Morne ·

Ja jong, hier gaan ons al weer !! Goeie Engelse gesegde kom hier ter sprake “Don’t bite the hand that feeds you”. So baie voorbeelde in SA waar die gesegde goed pas. Die kinders sal NOOIT leer nie. Die laaities in die video lyk 25 jaar oud. Shame boetman, miskien sal jy wakker skrik wanneer daar geen meer gekwalifiseerde onderwysers oor is om jou iets te leer nie.
Ek is self ‘n onderwyser en ek het klaar Suid Afrika verlaat. Dit was ‘n BAIE moeilike besluit vir ek en my vrou maar ek werk en woon lekker hier in Spanje. Hier hoor jy nooit van sulke dinge nie. Dis mos hoe onderwys moet wees ! Sterkte vir daai onnies.

Chris ·

Ek wonder hoekom wil mense nog vir “leerders” skoolhou. As hulle nie van n onderwyser hou nie, sê net hy is rassisties en jy is ontslae van hom. Hierdie selfde “leerders” gaan ook die universiteite afbrand oor 4 of 5 jaar.

Iram ·

@Chris….baie onderwysers….wil nie….maar het nie n keuse nie en daar is nie sommer poste by ander skole nie. Die ergste is dat skole met onderwysers..wat werk en elke dag op hulle pos is…elle lange waglyste het van “leerders”. Die ouers wil nie hulle “leerders” by hulle eie “onderwysers” en “skole” hê nie want hulle weet wat aangaan in daardie skole.

Se maar net ·

Ek kan nie verstaan dat die leerders wat die onderwysers rondgestamo het nie ook geskors is nie. Hoe dan nou?

Latitia ·

Ek het so ruk terug met ‘n onderwyser gepraat wat by een van die swart skole klas gee. Hy sê die saak staan so : Die kinders tart die onderwyser totdat die onderwyser iets doen – meskien die leerder aan die arm pluk en by die klas uitvat. Die volgende dag kom die kind se ouers skool toe en eis ‘n bedrag van R 3500.00 (dis nou die going rate) van die onderwyser of hulle neem verdere stappe teen hom. Hy moet maar opdok of hy verloor sy werk. Ek praat nou uit ‘n ander ou se mond uit maar dis wat hy my vertel het.

Ook 'n ouer ·

En die skool kinders is SA se toekomstige “leiers”? Was gisteraand by ‘n verhoor van ‘n onderwyser wat my dogter gedreig het en ander geslaan het. Wat word van SA se skole? Ons het nie sulke goed geken op skool nie….

Elizaeth ·

Is daar enige bewyse dat die onderwysers hulle wel so genoem het of is die Zumas en Guptas hier besig???? Dit is verstommend dat ons volgens swartmense elke dag die name teenoor hulle gebruik! Vind niemand dit snaaks dat die voorvalle gereeld voorkom vandat die PR Bell Pottinger se skandes uitgekom het nie??

Carin ·

Ek het hierdie video Dinsdag gedeel op my fb blad en was summier afgehaal…toe kon ons die gesigte sien van elke kind. Waarom word dit nou gesensor???? Die mense moet weet wie die kinders is……dis noe meer n grap om vandag skool te hou nie….veral nie vir daardie onderwysers vir wie dit nog n passie is nie. Mens kan sommer sien die ramietjie uitnek een is al so paar jaar in die skool en verseker al n paar fases gedruip. Wat gaan van hulle word?????? Hulle ontneem ander kinders van onderrig. Soooooo siek vir die stelsel

Carin ·

Askuus maar ek gaan weer n eier lê…..daar is wel ook n ander video waarom word hy nie ook gewys nie…..eks sooooo moeg vir die rasistiese sleutel wat elke keer gegooi word…….ek as onderwyser weet dat ons kinders maak nie saak van watse ras ookal onregverdig mag behandel nie of enige rasisties uitlatings mag maak nie…want jy kan jou werk verloor……..hulle wil net nie leer nie….geen wonder die slaag syfer in KZN is soooo sleg nie.

Boerseun ·

Jip, hy gaan die volgende mediese deurbraak maak vir die mensdom en n oplossing vir armoede vind. Hoop hulle maak hom hoofseun, baie goeie leieskap en debat eienkappe.

Joey ·

Verstommend hoe kriminele gekweek word . Wat gaan die bestuurliggaam aan die voorbok en leerders doen wat al die drama veroorsaak het? Kom ek daag enige bestuursliggaamlid uit om my te antwoir. Onthou ñ saak het altyd twee kante!

Olga Joubert ·

Wil net se, ek het prys skedules oor en oor aan sulke mense ge stuur en verduidelikings tot ek blou in my gesig was. Later het ek geen keuse gehad as om die gelde terug te skryf en weer faktuure uit te maak Vir half te van miljoene rande nie, dit is HOEKOM Groot maatskapeie bank rot speel.

Pop ·

En dis vroue maand…. een onderwyser is n vrou….. waar is Afriforum nou?

Andre ·

Is my komentaar te direk MM? Mag julle oor dubbel sydige rasisme publiseer maar geen komentaar daaroor ontvang nie? Mag ek nie verduidelik hoe die besluit om lyfstraf uit die skool te haal ons land vrwoes het nie?

bgj van der westhuizen ·

ja die onderwysers geskors wat n belaglik besluit maar die leerders is niks aan gedoen nie dan wil hulle se bou nasie hoe bou jy in land met mense soos daar die daar om sal hulle nooit geleerd kom nie maar daar is nou al hoeveel keer gesien as daar eits verkeerd is is dit altyd die witman se skuld wit onderwysers leer wit kinders en los hulle dat hulle sit waar hulle is hulle wil nie leer nie goed net om beeste op te pas en vir niks anders nie geen geleerdhied nie

Johan ·

Dit is te maklik om te se die ouens het hulle name genoem, dit is die probleem met die land,

Schantell ·

Ek stem dat die onnies net eenvoudig moet staak, punt. Dan kyk ons hoe ver die leerders sal kom met hulle studies sonder onnies wat hulle so deur die dinges trek.

Ek’s nou maar eers 30, maar hierdie nuwe era snotkoppe verdra ek so ver ek hulle sien, geen respek vir grootmense nie. Swak opvoeding by die huis gekry. Leerlinge dink hulle is cool, maar vergeet dat die eerste jaar na skool is hulle maar net weer sotte in die grootmens lewe en die grootmens lewe is nie genadig nie. Al hierdie kinders gaan pateties uitdraai, wat ‘n jammerte.

Onnie ·

Ek is n onderwyseres by n engelse skool. Verlede jaar is ek deur n swart graad 7 seun so hard gestamp dat ek op die bank voor my geval het. Ek het dadelik die saak gaan aangee. Tot vandag toe is niks aan die saak gedoen nie, maar het ek aan hom geraak was ek onmiddelik geskors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.