Malema het die inwoners van wyk 26 toegespreek, die wyk wat die Nkaneng- informele nedersetting en die koppie waar 34 mynwerkers in 2012 deur die polisie doodgeskiet is, insluit. “Ons is hier om te sê dankie dat julle vir die EFF gestem het. Ons sal seker maak dat die Rustenburg-munisipaliteit paaie vir ons mense bou,” het hy gesê.
“Ek hoor mense sê Jesus het in Port Elizabeth gearriveer. Jesus het ook in Rustenburg aangekom. Hierdie munisipaliteit sal nooit weer, maak nie saak wat gebeur nie, in die hande van die ANC wees nie. Ons eet hierdie ANC-olifant happie vir happie.”
Leiers van verskillende politieke partye is Dinsdag by die herdenkingsverrigtinge verwelkom. Verskeie mense in die skare was geklee in Amcu T-hemde en EFF-klere. Joseph Mathunjwa, Amcu se president, sou ook later Dinsdag die skare toespreek.
Mmusi Maimane, leier van die DA, het gesê daar sal nooit vrede in Suid-Afrika wees totdat pres. Jacob Zuma aan die mense van Marikana om verskoning vra nie. “Ons benodig ʼn regering wat paaie sal bou sodat die lewens van Afrikane in hierdie plek herstel kan word. Tot dan is niemand van ons vry nie. Ons sal aanhou veg,” het Maimane gesê.
“Die ANC sal hierdie dag vergeet, maar ons sal dit nooit vergeet nie. Totdat Zuma hierheen kom om die mense om verskoning te vra en die geld uit te betaal, kan daar geen vryheid in Suid-Afrika wees nie. Ons sê die vergoeding [vir die Marikana-sterftes] moet van die regering af kom.”
Op 10 Augustus 2012 het duisende werkers by die Lonmin-platinummyn begin staak toe werkgewers nie gehoor wou gee aan hul eis vir ʼn “leefbare loon” van R12 500 per maand nie. Werkgewers het die staking as onwettig bestempel, maar die werkers het volgehou.
Talle voorvalle van geweld het in hierdie tyd in die gebied voorgekom en tien mense, waaronder twee polisiebeamptes en twee Lonmin-veiligheidswagte, is doodgemaak namate geweld in die gebied vererger het. Op 16 Augustus het polisiebeamptes 34 stakende mynwerkers op die koppie by Nkaneng doodgeskiet. Meer as 70 is beseer.
Tydens die afgelope munisipale verkiesing het die EFF wyk 26 van die Madibeng-munisipaliteit uit die hande van die ANC gewen. Die EFF het ook in wyk 32 in Rustenburg koning gekraai.
Full Message of the CIC @Julius_S_Malema at #MarikanaCommemoration #RememberMarikana pic.twitter.com/wEGyzDgWcN
— EFF Official Account (@EFFSouthAfrica) August 16, 2016
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
23 Kommentare
Die gespot oor “Jesus” in rustenburg en PE sal hierdie klomp spotters nog duur te staan kom, wie dink hulle is hulle, swak smaak dink ek
Los my God uit jy sal seer kry Hy laat Hom nie bespot nie
Ek wonder of die leiers van die DA en EFF ook van die verhoog af sal predik dat die Boere wat vermoor is se gesinne ook uitbetaal moet word. Ek dink sonder die blankes se stemme sou die DA nou redelik stil gewees het.
Malema GOD slaan hard pas op loop lig .
Jy kan ons moor, jy kan verkrag, jy kan steel maar los die Almagtige God uit. Sy liefde kan nie gemeet word nie maar ook nie Sy grimmigheid nie.
As Malema en ander soos hy ons wil saam forseer dan is hy nou op die regte pad.