[Video] ‘Ons eet die ANC-olifant happie vir happie’

'n Groot skare mense het Dinsdag se herdenking bygewoon. Foto: Twitter

‘n Groot skare mense het Dinsdag se herdenking bygewoon. Foto: Twitter

Julius Malema, leier van die EFF, het Dinsdag tydens die vierde herdenking van die Marikana-slagting gesê “Jesus het in Rustenburg gearriveer” en die Madibeng-munisipaliteit sal nooit weer aan die ANC behoort nie.

Malema het die inwoners van wyk 26 toegespreek, die wyk wat die Nkaneng- informele nedersetting en die koppie waar 34 mynwerkers in 2012 deur die polisie doodgeskiet is, insluit. “Ons is hier om te sê dankie dat julle vir die EFF gestem het. Ons sal seker maak dat die Rustenburg-munisipaliteit paaie vir ons mense bou,” het hy gesê.

“Ek hoor mense sê Jesus het in Port Elizabeth gearriveer. Jesus het ook in Rustenburg aangekom. Hierdie munisipaliteit sal nooit weer, maak nie saak wat gebeur nie, in die hande van die ANC wees nie. Ons eet hierdie ANC-olifant happie vir happie.”

Leiers van verskillende politieke partye is Dinsdag by die herdenkingsverrigtinge verwelkom. Verskeie mense in die skare was geklee in Amcu T-hemde en EFF-klere. Joseph Mathunjwa, Amcu se president, sou ook later Dinsdag die skare toespreek.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het gesê daar sal nooit vrede in Suid-Afrika wees totdat pres. Jacob Zuma aan die mense van Marikana om verskoning vra nie. “Ons benodig ʼn regering wat paaie sal bou sodat die lewens van Afrikane in hierdie plek herstel kan word. Tot dan is niemand van ons vry nie. Ons sal aanhou veg,” het Maimane gesê.

“Die ANC sal hierdie dag vergeet, maar ons sal dit nooit vergeet nie. Totdat Zuma hierheen kom om die mense om verskoning te vra en die geld uit te betaal, kan daar geen vryheid in Suid-Afrika wees nie. Ons sê die vergoeding [vir die Marikana-sterftes] moet van die regering af kom.”

Op 10 Augustus 2012 het duisende werkers by die Lonmin-platinummyn begin staak toe werkgewers nie gehoor wou gee aan hul eis vir ʼn “leefbare loon” van R12 500 per maand nie. Werkgewers het die staking as onwettig bestempel, maar die werkers het volgehou.

Talle voorvalle van geweld het in hierdie tyd in die gebied voorgekom en tien mense, waaronder twee polisiebeamptes en twee Lonmin-veiligheidswagte, is doodgemaak namate geweld in die gebied vererger het. Op 16 Augustus het polisiebeamptes 34 stakende mynwerkers op die koppie by Nkaneng doodgeskiet. Meer as 70 is beseer.

Tydens die afgelope munisipale verkiesing het die EFF wyk 26 van die Madibeng-munisipaliteit uit die hande van die ANC gewen. Die EFF het ook in wyk 32 in Rustenburg koning gekraai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Rina Pretorius ·

Die gespot oor “Jesus” in rustenburg en PE sal hierdie klomp spotters nog duur te staan kom, wie dink hulle is hulle, swak smaak dink ek

Maria ·

Sjoe. Mense spot met ñ groot God. Hoe kan ons seën in Suid-Afrika verwag as ons dit toelaat?

Gert ·

Dit is juis omdat hulle God nie ken nie dat hulle sulke dinge kwytraak. Vergewe hulle Here, hulle weet nie wat hulle doen nie.

Sakkie Kruger ·

Los my God uit jy sal seer kry Hy laat Hom nie bespot nie

KarooKlong ·

Ek wonder of die leiers van die DA en EFF ook van die verhoog af sal predik dat die Boere wat vermoor is se gesinne ook uitbetaal moet word. Ek dink sonder die blankes se stemme sou die DA nou redelik stil gewees het.

Cherokee ·

Die blankes wat DA gestem het is nou politieke-familie van die EFF.

Otter ·

Ek stem saam met George – erstige sake.
Jesaja 36: die magtige Assiriese koning spot met God.
Jesaja 37: die engel van die Here dood 185,000 Assiriese soldate, die koning sterf aan die hand van sy seuns.

vermeende ·

Jy kan ons moor, jy kan verkrag, jy kan steel maar los die Almagtige God uit. Sy liefde kan nie gemeet word nie maar ook nie Sy grimmigheid nie.
As Malema en ander soos hy ons wil saam forseer dan is hy nou op die regte pad.

Johann ·

Malema en kie wie my God deel maak van julle blatante disrespek vir WIE en WAT Hy is; vir die wat Hom ken…EN DIE SOOS JY WIE VIR HOM VREEMD SAL BLY solank jy Hom tart en spot…jy krap waar jy NOOIT sal welkom wees nie. Maar dis mos hoe “demokrasie” werk? Die keuse van assosiasie..of nie! Maar laat jy DURF Muslem of nie Christen geloof se Gode spot en jou dae is getel…jou bek is groot; hy gaan toegejanter word iewers deur iemand wat JOU en jou teenwoordigheid net so minag as jy My GOD!

Lance ·

Dit alles na die mynwerkers geglo het wat die sangomas gese het met die aanloop tot die gebeure. Hulle het skape lewendig toegedraai in komberse en hulle lewendig gebrand ….die sous wat uit die vuur gekom het was toe die ” muti” wat hulle moes drink. Die aftreksel van skaap en vuur sou die mense toe glo onsigbaar gemaak het en beskerm teen koeels ….asb watse mentaliteit het mens hier mee temaak ….ek kannie dink dat mens OOIT sinvol met so iemand kan probeer onderhandel nie wat op so n vlak funksioneer nie ….the African way !

Rynhardt ·

SA raak al hoe meer vinnig onstabiel met Malema en sy maatjies!Malema sweep die massas op en sy koalisie-maatjie,Maimane oftewel die “groot messias” se ook nou:”Daar sal nooit vrede in SA wees nie!Kyk ons na verdere situasies soos Universiteite wat weer geteiken word asook mense wat hul werk kan verloor,is die tafel klaar gedek!Daardie blankes wat vra,wanneer gaan DA moorde op blankes veroordeel?Hy gaan nooit opstaan vir blankes nie,kry dit in jou kop!Dit is n tweefe Anc wat deur Brittanje gefinansier word!!

Blondie ·

Die mannetjie gaan nog aan sy woorde verstik.Hy speel met vuur….gaan sy tong lelik verbrand .

Chris Hattingh ·

Ek mag nie oor hom oordeel nie maar dink hy sal verseker sy identiteit op n ander manier probeer openbaar. Verseker nie om my God se naam te gebruik nie. Hy is nie n sandkorrel onder Jesus se voetsole werd nie. Kan net vir hom bid vir genade.

Johan Esterhuizen ·

Ja hy gaan soos die vyeboom verdroog wat vervloek word. Maar hy word by seker kerke in gebring

Joann ·

God slaap nie. Hy laat nie met Hom gekskeer nie. Hy is regverdig,MAAR dan moet jy as mens hom eer en respekteer,dit is nie wat sommige van die politieke leiers doen nie. DA dankie Heer dat ek nie vir julle gestem het nie. Landsveraaiers.

Ellie ·

As ék so na die foto kyk wonder ék of daar ‘n dag se werk gister daar gedoen is…….

jaco ·

wat se die moslems, jode en atheiste in die ANC van die stelling dat “die ANC sal regeer totdat Jesus kom”?

SARIE V AN HEERDEN ·

Tyd het gekom dat politiek uit godsdiens gehou word. Die mens is geskape met die vermoe om te te kies en keuses te maaak wanneer hy moet optree. Ons moet ophou om net terug te sit, ons “shopping lists” voor God neer te sit en te hoop op die beste. DOEN self IETS.

Ronel ·

Wanneer Suid Afrika en sy mense terugkeer na GOD, sal alles, maar alles verbeter in Suid Afrika. Dit is van GOD se afhanklikheid dat daar nog mense in SA en die wereld is. Moet dit nooit vergeet nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.