Video: “Ons het nie grond gesteel nie”

grondhervorming

Die video volg onderaan die berig.

Volgend TLU SA het boere in Suid-Afrika by niemand grond gesteel nie en grondhervorming en restitusie is die ANC se rookskerm vir die uiteindelike nasionalisering van landbougrond. Die TLU sê ondanks uitdagings soos veiligheid op plase en wysigings aan die waterwet, is boere nié bereid om hulle plase weg te gee nie. Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jasper ·

Daar is niks so doof soos iemand wat nie wil hoor nie. Die regering vee hulle af aan enige feite. Wat hulle wil hê is grond en vat gaan hule dit vat.

H J Bester ·

Buiten dat geen grond in die land gesteel is nie, is die ANC-regering onrealisties in sy benadering ten opsigte van grondhervorming. Die gebruik van grond, wie ookal die eienaar, moet ten alle tye produktief wees om voedselsekuriteit te verseker. Die regering sal dus altyd hiermee rekening moet hou en nie toelaat dat vrugbare en goeie bewerkbare grond as plakkerswoonbuurtew moet ontwikkel nie.

Pieter Potgieter ·

Ek stem saam. Grond is nie gesteel nie. Dit is gekoop van mense wat dit nie kon bewerk nie. Ek is 5 de geslag van voortrekker leier A H Potgieter af hy het selfs grond aan stamme toe gestaan waar baie vandag nog bly. Die tyd het hulle niks besit behalwe n stertriem en n vrou. Hulle koning het ander nasies dood gemaak om dat hulle nie mekaar kon verdra het nie

wllie ·

Jasper, die regering is besig om sy gat te sien. Hulle sal nie net meer kan doen soos hulle wil nie.

Mossie ·

Ons almal weet dit,ons boere het nog nooit nodig gehad om te steel nie.Ons is te eerlik en opreg daarvoor.Dit is hoekom daar leeuns oor ons gemaak moet word.

boertjie ·

Hoekom ietss steel wat in elk geval aan ons behoort. In alles wat ons het ken ons die Vader en ons dank Hom vir wat ons het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.