Video: Ons monde sal nie gesnoer word nie, sê PUK-studente

Ongeveer 3 500 studente het opgedaag vir die protesoptog wat in Potchefstroom gehou is. Foto: Burger Meyer, Maroela Media

Ongeveer 3 500 studente het opgedaag vir die protesoptog wat op 24 Julie 2014 in Potchefstroom gehou is. Foto: Burger Meyer, Maroela Media

‘n Video volg onderaan die berig.

Dan Kgwadi, visekansellier van die Noordwes-Universiteit, het Donderdag tydens ʼn studente-optog gesê hy verwelkom die feit dat studente hul stem laat hoor en dat hy opgewonde is om met hulle in gesprek te kan tree.

“Dit is waar: vir te lank het julle stil gebly en het mense namens julle gepraat,” het Kgwadi tydens sy toespraak gesê.

Sowat 3 500 studente van die universiteit het ʼn  vreedsame optog by die Potchefstroomkampus gehou om ʼn memorandum met eise aan Kgwadi te oorhandig.

Janco Jordaan, voorsitter van die Studenteraad (VSR), het gesê daar was vir te lank besluite oor hulle, maar sonder hulle, geneem. “Vir te lank is aantygings soos ‘diskriminerend’, ‘pro-ontgroening’ en ‘onvermoë om te verander’ lewendig gehou deur stil te bly of deur uitlatings wat die bestuur gemaak het  sonder om ons te raadpleeg,” het Jordaan gesê.

Volgens hom sal pogings om hulle “monde te snoer” nie langer slaag nie en hulle sal nie langer “swyg oor onwaarhede oor hulle” nie. “Verstaan vir eens en vir altyd: ons ondersteun nie ontgroening nie, maar ons ondersteun die grondwet van Suid-Afrika.”

Kgwadi het in reaksie op die memorandum gesê alhoewel hy daarvan hou dat almal saamstem en toegewyd is as dit kom by transformasie by die universiteit, kan hulle moontlik verskil oor die pad wat gevolg moet word om daar uit te kom. Volgens hom moet dit lei tot een universiteit: sosiaal geïntegreerde kampusse, gelyke verdeelde hulpbronne en ‘n gelyke studentelewe.

Kgwadi het ook weereens die vrees dat Afrikaans as onderrigtaal  by die Potchefstroomkampus sal verdwyn, daarmee vergelyk om te huil by die verkeerde begrafnis. “Wat ons wel nie kan toelaat nie, is dat dit die enigste onderrigtaal is,” het hy benadruk.

Volgens hom sal daar nie-Afrikaanssprekende dosente by die Potchefstroomkampus sowel as die ander kampusse aangestel word wat tot gevolg sal hê dat daar ook in Afrikaans getolk moet word. “Dit is die gesonde en gepaste implementering  van ons taalbeleid. Ons sal nie Afrikaans of enige ander taal gebruik om iemand uit die kampus uit te sluit nie.”

Die volgende eise is uiteengesit in die memorandum:

–           Die daarstelling van ʼn Forum vir gesprekvoering tussen die Visekanselier en die verteenwoordigende studente van die Potchefstroomkampus en wat spesifiek daarop fokus om wanpersepsies te identifiseer en uit die weg te ruim. Hierdie Forum moet binne 10 dae na ontvangs van die memorandum gevestig word.

–          Effektiewe transformasie wat die voortbestaan van Afrikaans as onderrigtaal op die Potchefstroomkampus sal verseker, binne ʼn meertalige en multi-kulturele konteks, met inagname van die demografie van die Afrikaans sprekende bevolking van Suid-Afrika in geheel en wat ook verteenwoordigend is van die breë Suid-Afrikaanse samelewing. Duidelike teikens moet opgestel word vir die volgende 5 jaar teen einde November 2014, wat transformasie binne hierdie konteks in die breë studente- en ook koshuislewe sal verseker.

–          Transformasie soos bo gestel moet dan by uitstek nie fokus op “getalle transformasie” soos meestal aangevoer word in politieke retoriek nie, maar moet fokus op die verandering van denkwyses, weerlê van wanpersepsies en die skep van ʼn multi-kulturele eenheid op die kampus, waarbinne die verskeidenheid en andersheid van elke individu waardeer en gerespekteer word. Daar word vereis dat akademiese- sowel as sosiale programme in plek gestel word wat hierdie kwessie sal aanspreek, om sodoende ʼn studentemassa te vorm wat ʼn verskil kan maak in Suid-Afrika. Hierdie eis moet ook deel uitmaak van die gesamentlike teikens en plan wat teen einde November 2014 gefinaliseer moet word.

–          Toegang vir alle studente tot die NWU Potchefstroomkampus as ʼn meertalige kampus, met behoud van die grondwetlike reg om Afrikaans as onderrigtaal te behou en toegang via Engels en Setswana te versterk by wyse van opvoedkundige tolking.

–          Fermer optrede deur Bestuur teenoor die media ten opsigte van onbillike beriggewing ten einde ons studente se integriteit en ons kwalifikasies se geloofwaardigheid te beskerm.

–           Dat Bestuur die onwetenskaplike werkwyse staak om uitlatings te maak oor die studentelewe en studente sonder om hulself van die nodige feite en inligting by die studente as primêre bron hieroor te vergewis.

Lees ook:
Puk-optog: “Studente is reg, nie regs nie”
Foto’s en klank: “Los ons taal uit,” sê Pukke met optog
NWU-studente hou optog in Potchefstroom
AfriForum Jeug verkla Beeld by persombudsman
NWU-raad korrek oor gebreke in Wessels-verslag
Wessels-verslag oor Puk uitgelek
Wessels-verslag oor Puk geheim gehou; vrae hang oor Afrikaner-kultuur
Puk wil klag teen Beeld terugtrek, sê Kgwadi
“Geen Nazi-kultuur op Puk-kampus,” bevind verslag
Raad bestudeer nog Puk-verslag
Puk: Nog géén besluit oor Wessels-verslag
AfriForum Jeug eis dat Wessels-verslag verwerp word
Puk-debat: Waaroor die geveg gaan en nié gaan nié
Puk-verslag “in politiek ontvang en gebore”
Raad wil Puk-verslag oor ontgroening eers verder bekyk
NWU-klag teen dagblad teruggetrek; transformasie by Puk bespoedig
Voorstelle van internasionale ondersoekspan by NWU belemmer multi-kulturele inslag
Puk: Engels moet gelyk met Afrikaans, sê verslag
Theuns Eloff tree uit met roerende afskeidsboodskap
NWU dien klag in by Persombudsman teen dagblad
Puk-ondersoekspan bekend gemaak
Puk-koshuise: Ondersoek afgehandel
Puk-raadsvergadering: Eloff tree uit; ondersoek van stapel gestuur
Puk-groet: Raad besluit oor Puk se pad vorentoe
Zuma reageer op Puk-groet
Regshulp vir geskorste Puk-HK-lede
Oud-student bedank Puk vir balans
Video: Hitler se reaksie op Puk-groet
Basson se roekelose joernalistiek
Video: pukke moet transformeer – departement
Puk-studente begin met eie veldtog
Video: Puk-studente stap uit tydens Nazi-video
Solidariteit v. Beeld lok vurige reaksie uit
Solidariteit: Bloedneus vir Beeld en Basson
Puk-groet: Departement sê koppe gaan rol
NWU-raad: “Ons sal nie menseregteskendings duld nie”
Puk-groet: NWU-bestuur moet dringend afgedank word – HETN
Premier reageer op Puk-groet
Puk-groet: Twitter-vermaak terwyl storm woed
Debat oor Puk-groet ‘n g*tslag vir Afrikaans
Puk-rektor sê oor Nazi-saluut

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Grassie ·

PUK ek is trots op julle. Die wyse waarop die optog gehou is getuig ook van eerste-wêreld beskawing.

Johann ·

Laat, HEER, U seën op hul daal,

U guns uit Sion hul bestraal!

U wat beveel en – dit geskied,

wil, HEER, U seen oor hul gebied!

Trippie ·

PUIK PUKKE – PUIK in elke opsig.

Grassie en Johann : ek stem saam met julle (my bors swel van trots op hierdie studente).

Voorbeeld vir baie van hoe ons as Blankes, dinge doen.

;)

M Alma ·

Al gebeur wat later , niks kan so n kameraderie by jou vat nie . Ons het dit nodig in ons jeug . Dit Top Jool in elk geval

M Alma ·

Het Frau ZillSchteen al met die studente kom praat ? Onthou Mister Potatohead , sy , PLUS hulle vriend is een ne ‘ . Die studente is die’ twee PLUS een se toekomstige steun onthou. Hulle sal of in persoon of in die media die studente in hulle hoek besoek .Te konsolideer en wat nog . Probleem ; Patriotisme is n bedreiging vir die “powers that be” Om nie eers te praat van n “heilige oorlog” nie . Maar moenie bekommerd wees nie , daarvoor gaan die God van die Bybel heilige mense nodig he . Maar , hoeveel het Hy ooit nodig gehad ? n Paar . NET n paar . Sal Hy se , almal wat Afrikaans magtig is staan hierdie kant . en uit hulle uit…. die wat nie bereid is om Engels te praat nie en die wat Afrikaans ge-CUM het . Kyk weer . Dink . Wie en wat word dan alles ingesluit ? n Goedkoop seleksie ! “anyone can join , no T&C’s need apply” Paul Kruger het so n probleem gehad . n Volk wat om verskeie redes uit die Kaap is EN teenoor hulle die “lookalikes” uit oos Europa en elders wat sy fortuin kom soek het in goud edm . Die,”Uitlander kwessie” . Die Volk wat die Gelofte afgele het voor die lewende God , (een van die redes van die Trek was die vyfhonderd gemengde huwelike wat in die Groot Moeder NG kerk voltrek is . Lyk my die’ mense wou (die er woord) eg bly . Dit was eers in ons identiteits nommers . Dis weggevat . Die Pa was selektief oor wie by sy dogter kom kuier het . (nou kwalifiseer enigeen wat n balspeletjie kan speel) . Nou is ons seleksie weer soos met die taalkwessie van toeka , Ons word net besig gehou . Tot ons eie nadeel .Begin maar die rooi taal praat . Wees selektief waar dit saakmaak . Waar dit vir ons God saak maak .Deu_28:9 Die HERE sal jou vir Hom as heilige volk bevestig soos Hy jou dit gesweer het, as jy die gebooie van die HERE jou God hou en in sy weë wandel. Num_23:9 Want van die top van die rotse af sien ek hom, en van die heuwels af aanskou ek hom. Kyk, ‘n volk wat afgesonderd woon en hom nie tot die nasies reken nie. Dit het gewerk met Balak . Kom ons kyk of dit nou weer werk .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.