Video: ‘Oom Dirk was ‘n mentor en held’

‘n Skermskoot uit die video.

Die vermoorde Vrystaatse boer, Dirk Steenkamp (71), het na alle rassegroepe uitgereik.

Hy is by sy begrafnis as ‘n mentor en held beskryf wat selfs die dogter van ‘n plaaswerker gehelp het om ‘n elektroniese ingenieur te word. Steenkamp sou Donderdag sy 72ste verjaarsdag gevier het.

Maroela Media het vroeër berig Steenkamp, ʼn gesiene sakeman en boer van Vredefort, is Sondagoggend vroeg uit sy huis om ondersoek na ʼn waterpomp op die plaas in te stel. Hy was glo gewapen, maar ʼn groep verdagtes het hom oorval en daarin geslaag om sy vuurwapen by hom af te neem. Die verdagtes het hom geskiet, maar op die vlug geslaan nadat sy vrou, Miekie, die buurtwag en die polisie ontbied het.

Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv na eNuus.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Al

Dis tragies. Hy is op sy verjaarsdag begrawe. Ons kan maar net aanhou bid dat die Here ons verlos van die bose.

JAMMER

Vreemd hoeveel van die boere wat vermoor word na ‘alle rassegroepe’ gekyk het, dat die werkers net so hard soos die familie huil oor die BOER wat wreed vermoor is maar MALEMA en die ANC bly op die “boere behandel hulle werkers sleg” drommetjie slaan. En solank die ander lande dit glo, het hulle ‘n SAAK met boeremoorde. Selfs toe KATIE Hopkins hier was en almal gedink het SY gaan nou die waarheid oorsee wys, toe is daar ‘n GROOT deel van haar video wat bestaan uit onderhoude met WERKERS en daaruit het sy heeltemal ‘n BALANS gevind tussen MOORDE… Lees meer »

Alida

Ek hoop die insetsels van die swart werkers se huldeblyke aan die oom word na die MRK gestuur.

PJC

Alida die MRK net soos die gelykheidshof is een reuse klug en van nul en gener waarde vir die blankes van die land. Kyk maar net na hul uitsprake die afgelope paar jaar en ek dink jy sal saamstem.

Naomi

Oom Dirk jou naam sal altyd onthou word. My pa was n vee spekuland en altyd met ope arms op sy plaas ontvang. Hartseer my oom ook 25jaar terug op plaas in Vredefort vermoord. Om na insettel te kyk bring soveel hartseer van daai dag terug in die kleine dorpie. Sterkte aan die familie en gemeentskap