Video: ‘Oom Dirk was ‘n mentor en held’

‘n Skermskoot uit die video.

Die vermoorde Vrystaatse boer, Dirk Steenkamp (71), het na alle rassegroepe uitgereik.

Hy is by sy begrafnis as ‘n mentor en held beskryf wat selfs die dogter van ‘n plaaswerker gehelp het om ‘n elektroniese ingenieur te word. Steenkamp sou Donderdag sy 72ste verjaarsdag gevier het.

Maroela Media het vroeër berig Steenkamp, ʼn gesiene sakeman en boer van Vredefort, is Sondagoggend vroeg uit sy huis om ondersoek na ʼn waterpomp op die plaas in te stel. Hy was glo gewapen, maar ʼn groep verdagtes het hom oorval en daarin geslaag om sy vuurwapen by hom af te neem. Die verdagtes het hom geskiet, maar op die vlug geslaan nadat sy vrou, Miekie, die buurtwag en die polisie ontbied het.

Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv na eNuus.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Al ·

Dis tragies. Hy is op sy verjaarsdag begrawe. Ons kan maar net aanhou bid dat die Here ons verlos van die bose.

JAMMER ·

Vreemd hoeveel van die boere wat vermoor word na ‘alle rassegroepe’ gekyk het, dat die werkers net so hard soos die familie huil oor die BOER wat wreed vermoor is maar MALEMA en die ANC bly op die “boere behandel hulle werkers sleg” drommetjie slaan. En solank die ander lande dit glo, het hulle ‘n SAAK met boeremoorde. Selfs toe KATIE Hopkins hier was en almal gedink het SY gaan nou die waarheid oorsee wys, toe is daar ‘n GROOT deel van haar video wat bestaan uit onderhoude met WERKERS en daaruit het sy heeltemal ‘n BALANS gevind tussen MOORDE op boere en die MANIER waarop werkers behandel word. So solank MALEMA en die ANC die een of twee boere wat hulle werkers sleg behandel aan ‘n groot klok hang, so lank sal NIEMAND omgee of boere vir ALLE RASSE of net vir hulle eie ras gesorg het nie. Daarom maak ek maar ‘n eenvoudige keuse hier.

Alida ·

Ek hoop die insetsels van die swart werkers se huldeblyke aan die oom word na die MRK gestuur.

PJC ·

Alida die MRK net soos die gelykheidshof is een reuse klug en van nul en gener waarde vir die blankes van die land. Kyk maar net na hul uitsprake die afgelope paar jaar en ek dink jy sal saamstem.

Susan ·

Dis waar, ons wittes is besig om die stryd hier te verloor. Ons is maar net 8% van die bevolking en die syfer daal elke jaar soos blankes emigreer en uitgemoor word. Soms moet mens besef wanneer jy die wit vlag moet waai. Daar is nie meer plek vir wit mense in Suid-Afrika nie. Ek is regtig nie bereid om te sterf vir wat hierdie land besig is om te word nie. Ander lande sal ons kundigheid en die ekonomiese groei wat ons bied, erken en verwelkom. Oorweeg buurlande soos Botswana en Mosambiek. Daar is hulle nie so haatdraend teenoor blankes nie en dis nie so ‘n groot skuif soos na ‘n ander kontinent nie.

Naomi ·

Oom Dirk jou naam sal altyd onthou word. My pa was n vee spekuland en altyd met ope arms op sy plaas ontvang. Hartseer my oom ook 25jaar terug op plaas in Vredefort vermoord. Om na insettel te kyk bring soveel hartseer van daai dag terug in die kleine dorpie. Sterkte aan die familie en gemeentskap

harry ·

Was die DA daar met hul blou T-hempies vir ondersteuning. Wat is FW, Roelfie en Kortbroek se kommentaar??????

Boland ·

Mnr C R jy praat gereeld van jou mense.Nou leer jou mense opvoeding.Leer hulle om jou medemens te respekteer.Leer hulle dat dit wat nie aan hom behoort nie nie syne is nie.Leer hulle dissipline.Leer hulle respek.Voor jy weer jou mond oopmaak en snert kwytraak oor grond leer jou mense om te werk om erens te kom.Hou op om suurstofdiewe te wees en doentog net iets konstruktiefs.n Klomp kinders het jou nog nooit uit armoede gehaal nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.