[Video] Oomblik toe vragmotor in Swart Maandag-optog inploeg

‘n Skermskoot uit die video.

‘n Kajuitkamera het die angswekkende oomblik vasgevang toe ʼn vragmotor in talle motors en vragmotors ingeploeg het tydens ʼn Swart Maandag-optog op die N4 in Mpumalanga.

Drie mense is beseer in die botsing wat sowat 5 km buite Middelburg plaasgevind het. Jaco Pretorius, ‘n direkteur by Jabula Plant Hire, het die opname van hul vragmotor se kajuitkamera aan Maroela Media verskaf.

Die opname wys hoe Jabula se vragmotor in die regterbaan agter ‘n ander vragmotor ry. In die agtergrond kan daar skielik skreeuende remme gehoor word voor ‘n ander vragmotor van die linkerkant af in die regterbaan inbeweeg en teen ‘n bakkie bots.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê drie vragmotors en tien motors was in die botsing betrokke.

Hy het gesê twee mense het ernstige beserings opgedoen terwyl ʼn derde persoon slegs geringe beserings opgedoen het. “Paramedici het die beseerdes op die toneel behandel voordat hulle na ʼn hospitaal in Middelburg geneem is vir verdere mediese sorg.”

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het gesê die bestuurder van die vragmotor is op die toneel in hegtenis geneem. Die polisie kon nie onmiddellik bereik word om die inhegtenisname te bevestig nie.

Indien jy nie die video hieronder kan kyk nie, klik hier om dit op YouTube te kyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Henry ·

En nou sal ons net soos met die doodskis sage, hierdie een fyn dophou.

Jaco ·

En daar gaan al die verskonings van blinde hoogtes en draaie en , en ,en. Sal beslis die moet volg en dop hou.

Phillip ·

Die drywer se selfoonoproepe kan dalk waardevolle inligting oplewer oor sy intensies as dit dalk ‘n moedswillige daad van aggressie was.

thelsa ·

En so sit Jafta en slaap terwyl hy met die baas se toersuting van R2m rondjaag op ons paaie. Vlooteienaars loop daagliks die risiko dat sy vragmotor wat meer as die gemiddelde huis kos deur onverantwoordelike mense bestuur en gebruik word.

Ruds ·

Glo was daar nie remme nie, sal graag wou weet wat die bande so laat skreeu het. Ander punt is dat die voertuig op myne werk, myne se veiligheid standaarde is van so aard dat al is daar net twyfel oor voertuig se toestand (bande) sal dit nie op die myn toe gelaat word nie.

MERAAI ·

Snaaks hoe jy van n ent af glad nie kan sien die karre staan stil nie – se maar net!

linda ·

kyk oral behalwe voor hom…..hoe kon hy nie die voertuie voor hom sien nie??

Anti Suid Afrika ·

Linda……………Dit is NIE die drywer in die Video wat die ongeluk veroorsaak het nie jy kan self hoor die remme kom van agter. Daai drywer het stadig saam die ander mense gery.

C ·

Wonder wat sou gebeur het as dit een van ons was wat in hulle optogte ingeploeg het! Ons sou nie eers kans kon gekry het om gearresteer te word nie.

hendrik ·

Uit bg berig kan ek nie agterkom of dit n doelbewuste aksie was en of dit n ongeluk was nie.

Me ·

Ek se dit is sabotasie, hulle het probeer om die optog stop te sit…. Ek sal nie verbaas wees as Malema agter dit sit nie…..

Ruby ·

Dit lyk tog of ‘n ander trok die bakkie getref het en toe altwee voor hom beland het.

Jani ·

Linda dis NIE die bestuurder IN die VIDEO wat die ongeluk veroorsaak het nie. As jy sien die spoed wat die voertuig langs hom ry en sien die ander trok kom van die agter kant af na voor.Soos jy kan sien hy het begin stop toe hy die brieke van agter hoor.

Susantjie ·

Kan iemand bevestig of die agterste motors in die stoet se noodligte (hazards) aanwas?

Ai tog ·

Volgafstand mbt swaarvragtrok? Nogal in regterbaan? ens ens…

alwyn ·

Hy het dan gesê sy remme het nie gewerk nie, lyk verseker nie of hy eers probeer stop het nie

Grens ·

Of dit kon ook net ‘n ongeluk gewees het. Dalk het die bestuurder as gevolg van lang paaie ry net ingedagte geraak en ‘n slegte fout begaan. Gelukkig maak ons darm nooit foute nie!!

Grens ·

Of dit kon dalk net ‘n ongeluk gewees het. Miskien het die drywer dalk ingedagte nie mooi opgelet a.g.v. baie lang ure op die pad, en ‘n groot fout begaan. Gelukkig vir ons maak ons darm nooit foute nie!!

Mariette ·

Hel julle kan darm spoke jaaaaaaaag en jaaaaaag ek raak siek vir die alewige vinger wys..Die manm se wiel het gebars ..Was glad so eienaar van trok gaan les op se .. Julle siot op n kant en kritiseer..Mense wat nou betroke was se en beam dis n ongeluk..Bou nou n nasie

Annelize ·

toe die drywer die klomp voertuie voor hom gesien het moes hy tog reeds spoed verminder het. dit was helder oordag en die sig wat duidelik. klink maar verdag sou ek reken

johan visagie ·

Het die mense wat die optog gereel het dalk daaran gedink om die voertuie wat van agter af inkom te probeer waaraku die pad is toegemaak ?, was daar mense agter met vlae , ligte en borde , Jonas sit mos altyd op sy foon en slaap terwyl hy ry ? Was die polisie daar , dan was dit hulle job ?

SkarrelKind ·

Soos gewoonlik, is hier baie slim mense wat reeds presies weet wat gebeur het hier op MM vandag. Ek gaan wag om te hoor wat die uitslag is voor ek reageer.

Lizma ·

Net 1 probleem.(Hy weet hy is op camcor) Net op dae soos Maandag. Waar het die trok voor hom gestop? As hy opgelet het sou hy presies geweet het wat aan gaan. Ek ry daai pad baie. Jy kan van ver sien as daar n hindernis sou wees. Waar het hy gestop. Is daar nie iets soos defensive driving nie. En nee eienaar jy is dan ook nie onskuldig nie. Hoekom is jou mense nie opgely om die pad dop te hou nie. Jou ou hang meer regs uit as sig op die pad.

My 2 sent :-) ·

Selfoon teen die oor wat jy waar sien… Defnetief nie die trok met die kamera in nie…. dalk die ander siel wat die ongeluk veroorsaak het

Sonja ·

Waar is daar ‘n selfoon teen sy oor? Miskien kyk ons nie dieselfde video nie?

Me ·

Ek se dit is sabotasie, hulle het probeer om die optog stop te sit…. Ek sal nie verbaas wees as Malema agter dit sit nie…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.