Video oor haai-aanval is toe vals nuus

Skermgreep uit die video

ʼn Video wat wyd versprei is op Facebook met die titel “Young KZN man mauled by shark” is vals nuus.

Die video wys hoe ʼn jong man, met groot snye op sy lae rug, op die strand deur ʼn groep mense bygestaan word. Die voorval het Sondag op die suidkus tussen Warner Beach en Winklespruit plaasgevind.

Jace Govender van ASFN Fishing, wat Sondag in gesprek was met persone op die toneel, het bevestig dit was ʼn bootongeluk en nie ʼn haai-aanval nie. “Gelukkig het die skroef nie enige van sy noodsaaklike organe of hoofslagaar getref nie. Hy is besig om aan te sterk,” het Govender aan Wildoceans, ʼn oseaanbewaringsorganisasie, gesê. “Mense moet ophou om haaie ʼn slegte naam te gee.”

Wildoceans het Donderdag in ʼn verklaring gesê hierdie tipe vals nuus is die rede hoekom haaie ʼn reputasie het as gewelddadige diere. “Ons hoor nooit van gevalle waar hulle die slagoffers is of waar die ‘jagter’ die ‘prooi’ word nie,” het Ruth Mthembu, bemarkingsbestuurder vir Wildoceans se Haai-aanval-veldtog, gesê. Volgens haar is dit die organisasie se werk om al die vrees ongedaan te maak wat die fliek Jaws veroorsaak het. “Die veldtog gebruik die geleentheid om mense op te lei oor hulle wanpersepsie oor haaie. Die veldtog wil die vrees in respek verander vir hierdie wonderlike diere wat gereeld verkeerd verstaan word.”

Sy het bygevoeg haaie word te gereeld in ʼn negatiewe lig uitgebeeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mallie ·

Dis jammer dit was n boot en nie n haai nie. Haai is in die see en jy daarby is twee.

JohanEtz ·

Ek en haaie sal noot op dieselfde “golflengte” wees nie. Ons gaan mekaar beslis verkeerd “verstaan”! LOL

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.