Video: Opsigter van woonkompleks deur inwoner aangerand

Die opsigter probeer die inwoner verduidelik dat hulle die Covid-19-afsonderingsregulasies oortree (Foto: Skermgreep: Pretoria FM, Facebook)

’n Video wat wys hoe ’n 77-jarige opsigter van ’n deeltitelkompleks in Delmas in Mpumalanga verlede Maandag deur ’n inwoner en sy gaste aangerand is, doen tans die ronde op sosiale media. Die video is oorspronklik op Pretoria FM se Facebook-blad gedeel.

Willie Spies, prokureur by die regsfirma Hurter Spies Ing., verteenwoordig die opsigter wat anoniem wil bly. Spies het ook die burgerregteorganisasie AfriForum se privaat ondersoekeenheid by die saak betrek.

Spies sê die opsigter is die betrokke Maandag deur die veiligheidsbeampte van die deeltitelkompleks na die ontvangsgedeelte ontbied, nadat een van die inwoners met 12 gaste die kompleks wou binnegaan. Spies sê nie een van hulle het gesigmaskers aangehad nie en van die gaste was glo boonop onder die invloed van drank.

Die opsigter het op die veiligheidsbeampte se oproep gereageer en na die ontvangsgedeelte gegaan.

“Daar het hy aan die inwoner probeer verduidelik dat hulle die Covid-19-afsonderingsregulasies oortree en nie in die kompleks toegelaat kan word nie. Die opsigter het probeer om die toegangsdeur na die kompleks toe te maak en dis toe dat die inwoners hom gryp en begin rondruk,” vertel Spies.

In die video kan duidelik gesien word hoe die inwoner die opsigter in die gesig slaan. Dan kom een van die gaste die opsigter ook in die gesig by, waarna die inwoner en sy gaste die kompleks in verdwyn.

Spies sê die opsigter het ’n bestaande heupbesering wat nou opnuut tydens die aanranding vererger is.

“Die opsigter is verskriklik getraumatiseerd ná die gebeure en kon nog nie ’n klag teen die inwoner by die polisie gaan indien nie,” vertel Spies.

Spies sê besorgde kennisse van die opsigter het die afgelope week by hom om hulp aangeklop, waarna hy besluit het om die opsigter te verteenwoordig. Hy sê hy gaan die opsigter help om ’n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer, voor te berei en by die polisie in te dien.

“Ons hoop die polisie maak so gou moontlik werk van die saak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Ansie ·

Ek sal baie graag wou sien of die polisie hierdie saak opvolg. Sal Maroela ons asb op hoogte hou?

LiveAndLetLive ·

Ek het die video gesien
Dit is skokkend.
Hulle is arrogant, snou hom klomp goed toe, klap hom – ek hoop hulle word vervolg.
Geen respek nie man, om n ou mens so rond te stamp omdat jy dink jy kan?
Dit maak mens brussend kwaad.

Mariana ·

Sekuriteit? Useless ja. Hulle dink regtig hulle mag maak nes hulle wil. Vuilgoed.

Byekonfyt ·

Geen respek – die stand van ons land. Die intimidasie spreek boekdele van die individue. Wag maar: wat hulle saai sal hulle maai.

Trevor ·

Die storie werk mos so, vanaand suip en kuier ons , more word kantoor toe gemaak sodat ons kan rus want iemand het covert

christo ·

Man, kan iemand die deeltitel eienaar/ huurder nie deur die raad wat die gebou bestuur beboet of indien hy huur uit die plek gooi nie. Dit asof Covid-19 reëls net van toepassing op witmense is. In die townships ‘rule’ die massas met brandende bande en klipgooi. Die arrogansie van swartes word net erger soos hier aangedui in die video.

AH ·

Ek dink nie ek moes vanoggend MM begin lees het nie…nou kook my bloed so nadat ek die video gesien het, dat my hele dag nou omgekrap is. Dit is niks anders as poging tot moord, aanranding, intimidasie en rampokkery nie!! Waar is die regte sekuriteit en wetstoepassers! Word wakker CR, wat jy saai sal jy maai….

Andre ·

Niks sal hiervan kom nie, ons het vergeet… Black Lives Matter

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek hoop Afriforum trap die Mnr Mathe se stert behoorlik vas.

Sêmaarnet ·

Onaanvaarbaar. Gee die huurder 30dae kennis. Hy hoort nie tussen mense nie. Voorspoed met die hofsaak. Sterkte vir die oom.

ES ·

Net nog ‘n rede hoekom ek klaar is met hierdie land want die meerderheid van die burgers het niks respek vir ander nie en hulle skitter in in hul onkunde.

Elize ·

Hopelik word almal aangekla vir die breek van lockdown reels. As die een n skrikbewind voer in die dorp is die oom se lewe in gevaar. Ek hoop die oom se familie skuif hom na n ander dorp

Stephanie ·

Lafhartig!! Maar die Hoër Hand sal hulle nie ongestraf laat bly nie…

Jack ·

Hierdie gedrag wat jy nie eers by diere kry nie is direk die gevolg van die regering se BLM uitsprake en die gekniel voor die afgod. Die land is oorgegee aan anargiste en met mooipraat soos ons kon sien gaan ons nerens kom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.