[Video] Orania stem nie in verkiesing

Argieffoto.

Argieffoto.

Inwoners van Orania in die Noord-Kaap is nie van plan om hulle onafhanklikheid prys te gee nie en gaan daarom nie aan die munisipale verkiesing deelneem nie. Altans nie op die tradisionele manier nie.

Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

96 Kommentare

Hein ·

Ek stem sommer saam met hulle. Ons doen dit ook hier by ons in Kleinfontein duskant Pretoria.

Esmay ·

Ja Hein. Ons bly nie eers in Kleinfontein of Orania nie en gaan ook nie stem nie!!! Ons hou ons nie op met nonsens nie.

Ben ·

Om nie die moeite te doen om te gaan stem nie is werklik net lafaards en sleg. Tipies soos ons blankes en bruinmense van vandag. Ons kla en kerm en ervaar die vergang van ons samelewing en omgewing maar ons is te sotlik en ingekrimp om iets daarom te doen. Kry ruggraat asseblief. Die mense van Orania besef nie eens dat hul nie onafhanklik is nie…. hul geld eenheid is Rand en sent, Hul taal is Afrikaans, hul betaal steeds belasting aan SARS, jammer mense maar jul is nie onafhanklik nie.

Elke stem help en tel. Zuma lag lekker vir jul dom denke en geniet dan die uitkoms daarvan.

James Kemp ·

Ben, het jy die video gekyk of net die opskrif gelees? Sien gerus ook my kommentaar onderaan die blad.

rudi ·

Dis jammer die plek is nog bietjie klein anders was ek gister daar.

James Kemp ·

Rudi, kom help solank bou dan maak ons Orania vinnig groot!

M A ·

Volgens n ingeligte bron, stuur n hoë persentasie “spoiled papers” n boodskap dat die samelewing ongelukkig is met die status quo. Om net weg te bly spel apatie. So gaan stem en trek kruisies langs elke party se naam ?

Basson ·

Asof iem gaan luister na daardie boodskap – inteendeeel sal die ‘begunstigdes’ dit verwelkom want dit gee hulle net NOG meer vryheid. Dis Afrika die – hier word ongelukkigheid deur betogings gedemonstreer.

reinette ·

As jy nie stem nie, gee jy te kenne dat jy tevrede is met dinge soos dit is. Wragtag, ek stem eerder vir die sotlike rooi mannetjies voor ek glad nie stem nie.

Esmay ·

Die ‘Nee stemmers ‘het klaar gestem. Die ‘Ja stemmers’ moet nou maar gaan probeer!!!

James ·

Jy is geregtig op jou mening maar daar is baie meer om nie voor teen stem nie as wat daar is. Jy kan nie bloot sê dat mense wat nie stem nie tevrede is met dinged soos dit is nie. Nou will jy eerder vir die rooi overalls stem as om nie te stem nie…. My genade… daai ouens sing baie gereeld oor hoe hul witmense gaan skiet en jy will stem vir hul eerder as om nie te stem nie? Jy wys eintlik vir mense hier deur hoe dom baie kiesers werklik is.

Brandt ·

Andre,

Jy wil seker he hulle moet vir die DA stem, ne? Dis mos hulle gunsteling argument.

Veritas ·

Andre, vir iemand wat die term ‘de facto’ gebruik, is jou wiskunde maar bra pap. Alle wegblystemme tel nie vir die ANC nie. As dit so was, sou ANC-ondersteuners mos nie nodig gehad het om in lang toue te gaan wag om hul stem uit te bring nie. Dink bietjie alvorens jy ‘n ander idioot se stelling napraat.

pjk ·

Ek kan nie verstaand dat “nie stemmers” dit nie kan verstaan nie. Bly weg en jou stem gaan vir die anc. Ag kom aan mense, maak n verandering en stem, dis al wat ons nog het

Loeis ·

pjk, as jy nie stem nie, dra jy net nie tot opposisie by nie. En die waarheid is dat jy vir enige party kan stem en tot opposisie bydra, jou stem is nooit vermors nie.

Orania se situasie is bietjie anders as elders in die land, en daarom maak hulle argument daar wel sin.

Hein ·

Dit is net ‘n kwessie van tyd dat die Afrikaners gaan besef dat deelname aan die S.A. demokrasie eintlik sy ondergang veroorsaak. Op alle vlakke word daar teen die Afrikaner gediskrimineer deur wetgewing en ons neem deel… Deur deelname maak ons ‘n regmerkie dat alles reg is met die demokrasie en dit is nie. Grondwet kenners het dit al telkemale genoem dat die sentraliseering van mag die groot probleem is. Dink net as ons ‘n AFRexit doen op die demokrasie deur nie hierdie en die volgende verkiesing te gaan stem nie. Dit gaan ‘n reuse impak he op die demokrasie. Onthou die huidige regering wil he ons moet deel wees want ander is dit nie meer ‘n demokrasie nie sonder die minderhede nie. Ons kan nog ‘n KODESA afdwing en sorg dat alle diskriminerende wetgewing teen ons geskrap word voordat ons weer voortgaan in die nuwe bedeling. Onthou dat burgerregtegroepe soos AFRIFORUM met al die suksesse weggestap het en die die politieke partye net die sitplekke warm gemaak het in die raadsale sonder sukses.

James Kemp ·

Andre, het jy die video gekyk? Sien gerus ook my volledige antwoord onderaan die kommentaar. Op nasionale en munisipale vlak neem Orania aan die gewone partypolitieke verkiesings deel. Op munisipale vlak word Orania se eie verteenwoordigende raak verkies in gevolge `n skikking tussen Orania en die regering wat in 2000 in `n hofbevel omskep is.

pel ·

Oraniers kan nie vir die ANC stem nie, omdat die dorp nie deel van ‘n munisipaliteit is nie. Orania het nog sy eie verteenwoordigende (oorgangs)raad, soos die hele Suid-Afrika voor 2000 gehad het.

Kaufman ·

Ek is n groot fan van Orania maar julle moet asseblief stem, almal moet asseblief stem want sogenaamde protesstemme tel gladnie wanneer verteenwoordiging bepaal word nie en die laaste ding wat ons nou moet he is te min resionele verteenwoordiging, want die EFF groei en hulle radikale verteenwoordiging kan slegs deur ons stemme bietjie gedemp word. Stem vir julle kinders, vir ons mense se oorlewing!

Andre ·

As inwoners van Orania sou stem vir die Thembelihle Plaaslike Munisipaliteit, sou hulle die mandaat van hul eie Orania Verteenwoordigende Raad (wat deur die hof erken is) ondermyn. ‘n Inwoner van Kaapstad stem mos ook nie in Pretoria se plaaslike verkiesings nie. Dus stem Orania se inwoners nie vir Hopetown/Strydenburg se verkiesings nie, maar vir hul eie raad – ‘n raad waar die ANC en ander partye geen setels kan wen nie.

Irene Pool ·

Almal moet stem, ons kan nie net oorgee nie!! Elke stem kan n verskil maak!!! Asseblief mense, stem!!!!

James Kemp ·

Kaufman, baie dankie vir jou ondersteuning. Dit nie `n kwessie van bloot wegbly nie. Ons neem deel aan nasionale en provinsiale verkiesings maar op munisipale vlak word ons eie raad verkies. Dit spruit uit `n skikking tussen onsself en die regering wat in 2000 as `n hofbevel bekragtig is. Dit is dus nie `n kwessie van wegbly nie maar bloot `n ander benadering wat in Orania geld.

Chris ·

Ek kan nie dink dat ’n mens met ’n gesonde verstand nie kan wil stem nie. So ’n mens moet seker vrek onnosel wees. Nog minder kan ek verstaan dat mense sê die “nee stemmers het kla gestem” waar wil hulle nou wees? Klou nog vas aan die ossewa wat oor die Drakensberge sukkel? Die lewe gaan aan en ons moet almal aangaan en aanpas.

Karma ·

@Chris …. dan is ek maar seker onnosel – ek het in ’92 “nee” gestem, saam met my Konserwatiewe Party ouers en ek het in ’99 vir die laaste keer gestem. So is dit, so sal dit wees. Wat dink jy, hoe ‘vry en regverdig’ sal enige verkiesing ooit weer wees? Het jy al ‘n bietjie gaan kyk in die informele kam daar naby jou, hoeveel Zimmies en Mozzies is daar skielik – ek wed jou: hulle is ingevoer om vir die ANC te stem.

James Kemp ·

Chris, dit is nie `n kwessie van wegbly in Orania. Kyk gerus die video en lees my volledige antwoord onderaan die bespreking.

Rower ·

As jy nie wil stem of gaan stem nie, verlaat my land onmiddelik, om teen jou eie volk te stry gaan nie een van ons iets in die sak bring nie, ek staan eerder saam 5 man op wat ek weet waar ek met hul staan as 10000 wat besluiteloos voort strompel want hul elkeen wil in sy eie rigting trek en moun oor wat in die land aangaan .
Dis so maklik soos dit daar is 10 stemme , 6 gaan vir ANC en 4 gaan vir die opposisie, dus nou het ANC 60% maar oom JanPiet is so keelvol want daar kom niks van sy stem so hy bly weg , nou is daar 9 stemme en nogsteeds het die ANC 6 maar die opposisie net 3 , daar kry die ANC 66.67 % van die uitslag.
Jou STEM tel , moenie n hensopper wees en weg bly nie ! Dis jou plig teenoor jouself, jou medemens jou volk en jou land om jou kruisie te trek ! Jy weet was is die regte ding om te doen !

James ·

Stem help niks. Hoe stry jy teen jou volk as jy nie stem nie?

Koos ·

Ons moet almal stem behalwe die VF+ vir wie stem Afrikaanse mense die DA,eff,ANC dit is nie ons mense nie en hulle maak geen geheim daarvan deur hulle optrede nie die klomp wat dink die ANC sal die mag oorhandig is net so naïef soos die klomp wat destyds vir kortbroek gestem het voordat hy sy siel verkoop het vir ‘n minderwaardige ministers pos.

Alet ·

Jou land? Net jou land? Wie dink jy is jy nou eintlik? Die probleem met talle stemmers is dat hulle dink n ou kruisie elke 5 jaar kan die land verander. Ek ken mense wat nie stem nie wat elke dag vir hul medemens werk en groot opofferings maak. So pasop maar wat jy kwyt raak in jou waan dat jy die grootste patriot van almal is.

Rower ·

En dit wat Orania bereik het tot nou toe is Puik ! Dit kom van saam staan en glo as n eenheid op die pad wat vir hul uitgelê is !

Esmay ·

Stemdag is my braaidag. Ek en my man gaan n lekker skaaptjoppie braai. !!!!!!

Andre ·

Baie slim ding wat Orania hier doen. Hulle verstaan self regering en onafhanklikke denke / lewe. Ek sien net n Orania toekoms vir myself.

Karma ·

@Andre – Orania is nog steeds nie onafhanklik nie – hulle is nog steeds nie ‘n vrye staat-binne-‘n-staat nie, soos bv. die ou Ciskei, Bophutatswana of Transkei ) nie. Hulle val steeds onder die Suid-Afrikaanse Republiek, sy beheer en wetgewing. Self-beskikking is alleenlik moontlik wanneer so ‘n self-beskikte staat ‘n hawe, lughawen(s), onafhanklike wet- en jurisdiksiële regering en munisipale status het. Wat Orania (nog nie?) het nie.

Andre ·

@karma Orania het wel sy eie – erkende – Verteenwoordigende (oorgangs)raad. Dit is die rede hoekom die inwoners van Orania nie stem vir die Hopetown-munisipaliteit nie!

En natuurlik sal inwoners van Orania wel vir hul eie verteenwoordigende raad stem!

Karma ·

@Hein – kan jy my dalk help met minder-klein dink en “visie” kry? Ek weet nie hoe mense (die Oraniërs, al dan nie) kan glo dat self-beskikking moontlik is, in ‘n ouderwetse dorpie, met slegs 2 Protestantse kerke, 2 Afrikaans-medium skole, bitter min ontwikkeling, ‘n eng Boere-gemeenskap, met ‘n geld-eenheid (die “Ora”) wat nêrens op enige wêreldmark genoteer is, nie in die res van SA of enige ander land ‘n verhandelingswaarde het nie, geen lughawe, geen hawe (dus geen uitvoere/invoere/toerisme nie). Help my hier uit, asb.?

Hein ·

Skuus Karma ek wou nie lelik wees nie. Hoe ek dit sien het elke groot stad/hawe/lughawe/universiteit/eskom , ens. regtig klein begin. Daar gaan beslis verandering grondwetlik wees soos die laaste 116 jaar bewys het. Daar was bv. al 5 verskillende tipe regerings gewees vanaf die 1900 in S.A. Bevolking skuiwe sal op ‘n natuurlike manier gebeur soos Orania/Kleinfontein soos omstandighede verander in S.A. Daar gaan beslis nie van die Afrikanerkant statsgrepe wees nie want ons glo aan bou en nie afbreek soos bewys bv die infrastruktuur van S.A. DIe laaste vyf jaar is daar beslis nuwe groei waar mense na ons gebiede skuif. Dit is nie ‘n maklike skuif om te doen nie maar beslis baie bevrediging omdat ons werk na ‘n selfbeskikking uitpunt. Nie enige stemmery gaan keer dat KZNexit gebeur waar Zoeloes KZN ‘n federale staat gaan maak nie. Daar is iets verkeerd met die land se grondwet en diskriminerende wette word teen minderhede gebruik. O ja ek dink jy verstaan beslis Oraniers/Kleinfonteiners verkeerd want ons het internet/moderne motors/huise en alles wat julle het en alles wat ontwikkel word met ‘n selfversorgend/selfbeskikking/onafhanklikheid as doelwit. O ja ek gebruik die e-tol paaie /snelwee /gautrain/lughawes/gaan fliektoe/kerk toe. So?

Oom Ekonoom ·

Karma jy weet duidelik niks van die ekonomie as jy Orania in so n negatiewe lig sien nie.

Ben Prinsloo ·

Dankie Esmay. Hoe gouer tot op die grond toe afgebreek en verwoes word hoe gouer kan ons optel en regmaak. Hoekom myself langer martel as wat nodig is? Met 1 man 1 stem is daar nie selfbeskikking vir ons nie. Ek stel net in 1 reg belang, selfbeskikkingsreg. Met die huidige stelsel is dit onbereikbaar en n vermorsing van (my) tyd.

Pieterdp ·

Ek weet nie so mooi nie.

Ek het al na vraag gedoen oor en van Orania om te sien of daar n geleendheid is om n toekoms daar te gaan skep. Maar die indruk wat by my geskep is dat die mense in Orania nie graag wil he dat daar meer mense hul self daar moet gaan vestig nie.

Dis is die n geslote groep mense wat op hul eie daar wil wees en geen indringers word daar toe gelaat nie. Nie eers hul eie blanke boere nie.

So doende sal ek my eie onder neming hier in Pretoria hou en voortgaan. Moet erken dit gaan bo verwagting goed. Hou maar Orania vir die bekramtes.

Julius ·

Pieter jou inligting is foutief. Ons kry gereeld nuwe intrekkers. Ons is nie ‘n geslote groep nie. Oñs is ook nie verkramp nie. Kom besoek ons dorpie en ondervind self die ope onvangs wat jy hier kry. Ons weet van mense wat hier was en dan ‘ n slegte beeld buite gaan verkondig. Dit maak ons net sterker. Ons sien uit na meer mense om hier te kom vestig om ons getalle te laat groei. Moenie julle steur aan falshede nie. Niks daarvan is waar nie. Ons is reeds ‘n sterk boere gemeenskap wat mekaar ondersteun en arm en ryk kyk nie op mekaar neer nie. Elke persoon word aanvaar vir wie hy is. Onthou ons is nie foutloos nie en het ook maar groeipyne. Orania groette.

James Kemp ·

Pieter, waar het jy navraag gedoen en wat was die reaksie? Jy is welkom om vir my `n e-pos te stuur na [email protected]. Orania beleef tans `n bevolkingsgroei van 10% per jaar – meer as die gemiddelde plattelandse gemeenskap. Onthou egter dat Orania `n selfstandige gemeenskap is wat oor selfdoen gaan. As jy dit egter as “verkramp” beskou moet jy dalk maar ander opsies oorweeg.

danie ·

Ek lees nou almal se kommentaar en toe besef ek , julle moet meer uit die huis uit kom, die lewe is nie so erg as wat hulle dit op tv of in die koerante wys nie, hier is regte mense hier buite en glo dit of nie met die selfde behoeftes. So lank as wat julle, julle self uitsonder solank sal julle verworpe voel. En dit is julle eie skuld.

Rln ·

Daar het soveel ANC lede oorgeloop na die DA dat hulle ook eintlik ANC is, so dit maak nie saak vir wie jy stem nie dit bly ANC…

Adrian ·

Orania, hoekom het jul nie n eie party gestig om deel te neem nie. Nou bly almal weg, besef jul 1 stem vir watter party ookal dit aanvaar word en daai party is dan n anc , da of eff streek. Nee dis dom

julius ·

Adriaan. Ons op Orania stem wel vir ons eie munisipale gebied wat nie deel van ander gebiede is nie. Ons stempersentasie draai elke keer naby 100% wat ons onafhanklikheid verseker. As ons vir provinsiale verkiesing stem, verbreek ons ons onafhanklikheid wat ‘n doodskoot vir ons sal wees. Ons kan nie ‘ n eie party stig nie, want ons het nie ‘n mandaat in enige provinsie nie. Daar stem ons om ons onafhanklikheid te verseker.

James Kemp ·

Adrian, lees gerus my kommentaar onderaan die blad. Dit is nie `n geval van bloot wegbly nie. Kyk gerus ook die video vir `n uiteensetting.

Lance ·

Orania kan ek in n mate verstaan ….maar die res is uiters dom soos die massas om nie te wil gaan stem nie …..moet dan nie kla as jy swak dienste kry ….dan het jy mos jou bed gemaak so slaap in die damn ding en hou jou mond en anvaar jou powere dienste ! ELKE STEM IS NODIG ….skrik tog om hemelsnaam net eenkeer wakker in jou lewe en probeer n verandering/ verskilmaak maak in jou eie lewe en in die lewe van jou kosbare kinders se toekoms ASB ! Jy sit nie op n eieland nie HALLOOO

UJ ·

Soos gewoonlik is ons wittes draad sitters, dan wil julle gal braak oor moorde, rassisme ensovoorts. In plaas van draadsitter te wees gaan trek jou kruisie anders hou jou bek en gaan kruip in ‘n gat. Ek wet jou die mense wat die meeste kommentaar lewer het nog nooit hul kruisie gaan trek op stem dag nie.

Karma ·

@UJ & Basson – ek is beslis nie ‘n draadsitter nie en ek is wit. Nòg die ANC, nóg die EFF, nòg die DA en nóg die VF+ het al ooit iets vir my persoonlik gedoen in my lewe. Wat ek het, moes ek self voor werk. O ja, daar is die algemene infrastruktuur wat ek gebruik, die paaie, sypaadjies, hospitale, munisipale geboue ens. Ek beskou dit as die regering se PLIG om sulke dinge aan die gemeenskap te voorsien. Geen politieke party het vir my al ‘n werk aangebied, ‘n inkomste verseker, ‘n dak oor my kop gegee en kos in my maag gesit nie. Ek gaan nie stem nie, omdat my stem nie tel nie en die ANC 1000’e Zimmies en Mozzies invoer om vir hulle te stem. Ek gaan nie stem nie, omdat die OVK net so korrup is soos die huidige regering. Ek is nog nooit getel gedurende enige sensus nie, geen verteenwoordiger van enige politieke party het my op enige tyd van my lewe kom besoek nie – ek kan dus netsowel nie bestaan nie. Daarom sê ek my stem tel in elk geval nie.

Lance ·

Hoe dom om nie te gaan stem nie ! …moet dan ook nie kla oor jou swak dienste en die land se toestand nie . …staan bq op uit jou damn lazyboy en gaan stem vir n beter toekoms vir jou kind want dis AL hoe jy n verskil kan maak ….jy bly nie op n eiland nie …goeie jimmel daar is regtig nie pille vir dom wees nie !

Hein ·

Ons het alreeds ons eie dienste en as Pretoria kreun onder die swaarkry van beurtkrag/water probleme, skud ons net ons koppe want ons weet die klomp kruisietrekkers se plan het nie gewerk nie want hulle is te min. Dink hulle gaan alles regkry met die kruisie trek. Kyk noord van die N4 en kyk hoeveel proposionele sitplekke gaan hierdie ouens wen saam met die wyke.

James Kemp ·

Lance, het jy die video gekyk? Lees gerus ook my kommentaar onderaan. Oraniërs stem met nasionale en provinsiale verkiesings vir die politieke partye wat daar verkiesbaar is. Op munisipale vlak is daar egter `n ander stelsel wat in 2000 deur `n hofbevel bekragtig is.

Maak Sin ·

Ek verskil van die meeste stemmers wat sê jy moet stilbly as nie gaan stem nie. Dis juis die stemmers wat moet stilbly. Wanneer jy jouself bereidwillig verklaar om aan die sg. demokratiese proses deel te neem moet jy jouself ook bereidwillig verklaar om te berus by die uitslag. ONGEAG WAT DIE UITSLAG IS. Dis demokrasie. Jy kan oor ‘n paar jaar weer, wanneer dit weer stemtyd is so ‘n bietjie praat oor watter kant toe jy gaan stem, maar na die verkiesing moet jy, reg geraai, JOU BERUS BY DIE UITSLAG. Die nie stemmers is nie deel van die proses nie en is nie gebonde deur die uitslag van die verkiesing nie. Hulle hoef nie stil te bly nie.

Basson ·

So Maak (nie) Sin, jy se – wees draadsitter want dit gee jou ‘n lisensie om aan te hou kritiseer en niks by te dra, net omrede jy nie aktief deel / betrokke wou wees van ‘n poging tot verandering? Jammer maar die toekoms is in die ‘doeners’ se hande, NIE die ‘sitters’ wie geen verantwoordelikheid wil neem.

Ek wie stem hoef nie te berus by die uitslag, dis dan juis hoekom daar ander (opposisie) partye is – want hulle berus ook nie.

(Ek hoop dat jy uit beginsel ook dan nie sal meedoen aan die goeie goed wat wel uit die verkiesing kan kom, se bv die party waarvoor jy moontlik sou kon stem kry iets positief reg vir die inwoners van Pretoria, dan mag jy ook self geen voordeel daaruit put.)

Hou op om in ontkenning te wees en trek op jou sokkies – dis jou plig as landsburger!

Hein ·

Mooi so Basson die mooi en getroue dienaar van die demokrasie. Hoevoel jy oor die disgrimenerende wetgewing van “affirmative action”, kwotas eensovoorts? Dink jy jy kruisie trek gaan hierdie onregte wat juis die oorsaak is van swak diens verskaffing oplos? Nee boetie nee want of dit die ANC/EFF en die DA is , hulle steun almal die wetgewing. Onthou hoe gaan jou kinders deur hierdie wetgewing geraak word. Se maar net.

Poplap ·

Dis also reg as hulle die keuses maak om nie te stem nie maar “no vote no mope”.
Jy kan nie kla en kerm oor die land maar weier om iets te doen om die status quo met jou stem te probeer verander nie.
Ongeag wat Oraniers (is dit wat mens hulle noem?) dink hulle is steeds deel van Suid Afrika en wat hier gebeur gaan hulle ook beinvloed.

julius ·

Hi Poplap. Jy weet nie wat hier op Orania aangaan nie. Dankie dat jy ons reg beskryf het met Oraniers, dit is wat ons onself noem en ons is trots daarop. Ons is nie deel van SA nie. Ons het ons eie wette, eie geld eenheid_ORA_ en onafhanklike munisipaliteit wat nie deel vorm van van die provinsie nie. Orania groette.

Hein ·

Julius hierdie kruisietrekkers kom net uit elke verkiesing en speel demokrasie demokrasie. Dan het hulle mos hul plig gedien vir die demokrasie om hul kruisie te gaan trek. Of dit nou voor die verkiesing is of na die verkiesing is bly die diskriminerende wetgewing nog steeds en niks het verander nie. Intussen het ons in Kleinfontein en Orania alreeds ons infrastruktuur gevestig met ons eie geld en arbeid. As die krag dip gaan my krag nie af nie en as die waterpyp bars van Randwaterraad het ek nog steeds water.

E.K. ·

Julius en waar kan jy koop met jul Ora of watookal. Net in Orania? Belaglik mens kan BESLIS nie alles daar kry so regtig julle moet maar lekker daar bly, stel nie ind ie minst ebelang nie. My krag gaan ampers nooit af en ek is selfvoorsienend sou dit gaan, wate rhet ons genoeg van – ons eie en ons is heeltemal vry en ons koop waar en wat en wanneer ons wil. Met die ZAR!

James Kemp ·

Orania neem wel aan nasionale en provinsiale verkiesings deel. Op munisipale vlak werk ons stelsel egter anders. Kyk gerus eers die insetsel.

Lance ·

Berus jy dan maar by jou swak dienste en hou om vadersnaam op met jou geteem !

pop ·

Dis net dom om nie te stem nie. ANCgaan lekker lag want so kry hulle baie steun sonder dat n pen gelig word. DA het ten minste n geleerde welsprekende man aan die stuur. So hou op om ander partye sleg te se. Want daars tekortkominge in alle partye. My gesonde verstand se net vir my dat vir elke witte is daar n oormag swartmense. So vergeet om ooit weer n wit bedeling te he. Dis Afrika dié. Daaraan gaan niks verander nie

Eliza-beth ·

AG liewe hemel ek wil dood as ek party onnosel kommentare en beledigende aanmerkings lees. STEM tog mense, liewe hemel, hou op om nonsens te glo/versprei. As mens net kyk na hoe dit in Frankryk en Turkye en oral onlangs gegaan het het ons deksels baie om voor dankbaar te wees. Julle kon in Irak of Afganistan gebore gewees het – “..there, BUT, for the grace of God go I” of mens kan sê “..live I” – ons is gelukkig om hier gebore te wees en woon hier en het nog steeds hope vryhede en geleenthede. Duisend keer meer as dermiljoene mense in baie ander lande. Hou op terugkyk, kyk vorentoe en wees die verskil! Nou-ja, ek het my skild reg, laat waai met die klippe en negatiewe kommentaar, dit maak g’n verskil aan hoe ek voel nie. Ek is positief en as dit my tyd is om te gaan en dit is op ‘n wrede manier – ek weet God slaap nie en reg sal wel geskied.

Peet J ·

Die Afrikaner wat selfbeskikking verlang het tans nie ‘n politieke party om voor te stem nie en bly dus liewer buite stemming. Om vir enige van die ander splintergroepe te stem is so goed of jy stem vir die ANC want nie een van hulle staan selfbeskikking voor vir die Afrikaner nie.

Poplap ·

Lei die Afrikaner wat na selfbeskikking verlang nie dalk aan waansin nie? Dit gaan nooit gebeur in SA nie

Johanna Botha ·

Ons almal waar ek nou bly gaan stem …die wat nie stem lyk my is regtig enkelinge wat nie van beter weet nie

James ·

Vir die party wat ek voor stem het ek nog nooit die gevoel gekry van enige ondersteuning nie,ons dorp lyk soos die hond se g@t lisensie kantoor is vir die laaste 2maande gesluit en so kan ons aangaan.Wat my bekommerd maak is die partye wat ek dink om voor te stem net op plakate gesien word en die ANC op ń gereelde basis van deur tot deur gaan

Hein ·

Ek staan vir AFRexit deur uit die demokrasie te onttrek. Die demokrasie wat diskriminerende wetgewing teenoor minderhede ondersteun. Beskerm die meerderheid teen die minderheid. Die verkiesiing is ook nie vry en regverdig en ons almal weet dit. Maar almal wil gaan stem want die media het die mense gebreinspoel dat as jy nie gaan stem nie kan jy nie kla nie. Protes aanteken deur nie te gaan stem is ‘n stem vir ‘n beter toekoms.

Max Berg ·

Orania en alle nie-stammers is korrek! Om te stem erken en ondersteun u die ideologie van die Nuwe RSA !

M A ·

Ek het nou net Orania gaan Google. Dis in die middle van nêrens, het net Protestante kerke en 2 Afrikaanse skole. Dis basies ‘n landbou gemeenskap. Ek kan nie sien waar hulle voorrade van goed wat hulle nie self kan maak, kry nie. Wat van motors? Voer hulle dié in, met hulle eie geldeenheid? Dis ‘n skuilplek vir dié wat met oogklappe deur die lewe wil gaan en glad nie kontak met die res van die wêreld wil hê nie. Soos die Amish. Hoe ver gaan ‘n mens kom met net Afrikaans as taal? Waar gaan ek as chemikus werk kry? Ek ding dan maar liewers mee met BEE en al die ander euwels in ‘n realistiese wêreld. Daai is soos Narnia of iets.

Hein ·

Kom aan M A moet nie in jou eie oogklappe vaskyk nie. Interpeneurskap is wat nodig is en wat daar in Orania is. Gaan besoek Orania/Kleinfontein en vind uit. Al wat ons se is die konsep van Orania kan orals in die land toegepas word en jy hoef nie daar te gaan bly nie en jy kan maar jou kruisie gaan trek as dit jou beter laat voel.

Karma ·

@Hein – nee wat, ek stem saam met M A – Orania is ‘n katspoegie op die landkaart. So groot ‘n klein plekke in gopse-gatse bos: as jy ‘n hoender naby die dorp raakry, is die hele dorp onder vere; ry jy die hoender mis, ry jy die dorp ook mis. Hoekom sit jy nie jou geld waar jou mond is nie en lewe jý die dosis entrepreneurskap wat nodig is om Orania ‘n werkende ware onafhanklike staat-binne-in-‘n-staat te maak nie? Kom, gaan doen jy ‘n behuisingsontwikkeling of ‘n handelsontwikkeling daar, toe?

Hein ·

Karma ek het klaar verhuis en het my geld gesit waar my mond is in Kleinfontein. My eie huis gebou met my hande. Ons doen dieselfde as Orania en dit is die buigsaamheid van die Orania konsep. Jy kan dit enige plek in S.A. doen.

James Kemp ·

MA, besoek gerus Orania en vergewis jou van die feite. Dit help nie om `n aanname met beperkte inligting te maak nie. Orania sal jou nog verras.

Oom Ekonoom ·

M A, dit is hartseer om te sien hoe mense soos jy en karma geen wardering het vir die goeie werk wat Orania doen en wat hulle als bereik het nie. Ek waarborg jou wel dat jy soos SA agteruitgaan al groter wardering vir hulle stabiliteit dal ontwikkel, en wie weet, dalk nog gaan soebat vir n plekkie daar as dinge sou warm raak in SA.

Peter McCarthy ·

Kom ons Afrikaners staan vir een maal saam en stem vir ons eie mense. Ons besef ons is in die minderheid maar weet ook dat daar mense is wat vir ons reg opstaan en baklei.

Lance ·

SA verdien junk status en wat ons nou mee sit as mense nie n verskil wil maak of he of niks voel vir hulle kinders se toekoms dan is dit presies wat jy moet doen …bly by die huis op stemdag en hou net op teem goeie jimmel …red nou m volk met die tiepe ingesteldheid ! Ons wil …uumm maar ons wil ook nie …baie slapgat om minste te se ! Probeer minste n verkil te maak …gaan stem en los Orania se mense om vadersnaam uit …dit is ons en hulle keuse !

gatiep ·

Moet se dit lyk baie rustig daar,amper soos in ou Suid Afrika.
Hulle moet iets regdoen daar.

Aves Bird ·

Ek vind dit vreemd hoe n klein gemeenskappie van n paar 100 stemgeregdes so n negative reaksie kan ontlok wanneer hulle besluit om nie te stem nie. Welgedaan Orania, julle is omtrent matig dat jul die verbeelding van soveel beterwetende ingeligtes kan aangryp. Dis verder ook verstommend dat sommige kommentator skill Orania moes gaan Google het om gou n paar ongeligde aannames te maak en n paar vooroor dele te formuleer. Wat hierdie mense nie besef nie is dat daar waarskynlik meer mense in hul eie wyke gaan wegbly op verkiesingsdag as op Orania.

Tash ·

Dis nou n plek waar ek wil bly…Orania…. ek sal my heelwat minder vererg..!!

James Kemp ·

Ek wil dit net duidelik stel dat Oraniërs nie bloot wegbly nie. Gedurende die afgelope nasionale verkiesing in 2014 en weer met die volgende een in 2019 word daar vir politieke partye op provinsiale of nasionale vlak gestem. In 2000 was daar `n skikking wat deur die Hooggeregshof in `n hofbevel omskep is. Ingevolgde die skikking, waar die regering ook `n party was, gaan Orania voort met die verkiesing van sy eie raad. Dié raad, die Orania Verteenwoordigende Raad, word uit individuele kandidate in hulle privaat hoedanigheid verkies en nie op `n politieke vlak nie. Orania neem dus wel deel aan die komende verkiesing op 3 Augustus.

Min gespin ·

O gonnatjie Piet!! Hier gaan ons alweer… Stem of nie stem??
Uhm… ek persoonlik sal nie gaan stem nie. Rede: Vir wat stem jy nou eintlik? Vir meer korrupsie en bedrog en sodat swaarverdiende belasting geld die magtige regerende party kan voed na wellus.
Stem ek vir enige van die sogenaamde opposisie partye, gaan die uitkoms in die ou mooi land van ons nie vernadering bring nie. Elkeen van die partye is wolwe in skaapsklere. Wat gaan die DA anders doen vir die massas as die ANC??
Net mooi niks!!
Demokrasie en die een man een stem , konsep maak dat beloftes van regstellende aksie en agtergeblewene -ag shame -arme -ek sindroom die massas in n versinnebeeld van die paradys glo.
So vir wat stem jy nou eintlik , al is jy swart , wit , pienk of blou?

Poplap ·

Grote Grieta nou wanneer presies het Orania onafhanklikheid van SUID AFRIKA verkry om erken te word as ‘n onafhanklikheid staat. Betaal julle outjies dan nie belasting nie. Gebruik julle nie Eskom krag nie, ry julle nie op Sanral paaie nie, kry julle nie julle water van waterwese af nie. Waar kry julle outjies julle karre, klere koekies lux seep ens vanaand? Asb ek brand om te weet hoe Orania sy onafhanklikheid gekry het. Was daar ‘n vryheids oorlog of coup wat julle laas afstam het van SA?
Net om te se ons is onafhanklik maak dit nie so nie

grotman77 ·

as jyn nie stem nie het jy geen reg om te kla nie , met jou enkele stem kan jy die ANC se meerderheids stem kleiner maak en enige ander party se verteenwoordiging vergroot. Die ANC is bly oor die wat wegbly hul regeer slegs met 52% se stemme maar het n 60 plus% meerderheid agv nie stemmers so dink weer as jy oor iets kla jy kon n verskil gemaak het.

Poplap ·

Mooi gestel Grotman (jammer vir vorige boodskap wat gelees het mooi gesteel. Verdomde predictive text?)

Retha Homann ·

Sou ook graag eendag op Orania wou gaan aftree, maar na ek hierdie berig gelees het, stel ek nie meer belang nie. Ek stel nie belang in die “selfgesentreerde” en selfsugtigheid van my medemens nie. Hoe lank dink julle gaan julle onafhanklike staat staande bly teen die ANC en EFF regering? Dis reg, ons sal sit en kyk hoe hulle oor julle gaan loop!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.