Video: Oscar, Krejcir speel sokker; ander gevangenes ‘ongelukkig’

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Gevangenes in die Kgosi Mampuru II-tronk in Pretoria meen glo dat Oscar Pistorius en Radovan Krejcir voorkeur behandeling ontvang, het die Daily Sun berig.

Die Daily Sun het ʼn video op YouTube gelaai wat glo wys hoe Pistorius en Krejcir sokker speel sonder oorpakke aan. ʼn Bron in die gevangenis het aan die koerant gesê ander gevangenes is ongelukkig en kwaad oor dié beweerde voorkeurbehandeling wat aan Pistorius en Krejcir gegee word.

Pistorius is op 21 Oktober tot vyf jaar tronkstraf gevonnis nadat hy aan strafbare manslag skuldig bevind is. Krejcir staan tereg op verskeie aanklagte waaronder moord en ontvoering.

http://youtu.be/faWxQnLhqp4

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

juran van den Heever ·

En wie neem die foto en met watter toestel? Oorpakke…. selfone…

Liesl ·

Ek dog Oscar het so maer geword dat sy bene nie meer ordentlik pas nie. Lyk vir my of daai bene nog perfek pas. Kan egter verstaan dat hul nie 24/7 in n sel kan sit nie, maar tog ook oefening moet kry.

Tammy ·

Dis n afgunstige gevangene wat hierdie nuus versprei. Hoop iemand se vir jou wat ek van jou dink. Jy is treurig en gevrek!!! Elkeen van ons kan n plan maak om die beste van ons slegste omstandighede te maak. Al besluit jy net vandag om n paar rondtes in jou sel te stap of een of ander vorm van oefening te doen. Glimlag net met elke mens wat voor jou oe verskyn en groet almal, bekend of onbekend. Jy sal die wereld se verskil aan jou omstandighede maak en baie gelukkiger wees. Dit geld sommer vir almal wat bitterbek deur die lewe sleep.

snip ·

Dis n regte “party pooper” wat die foto/ video geneem het, moet Oscar nou niks doen nie. Ai, …..

ELAINE ·

Ag ek is so bly Oscar is Okay het gewonder hoe dit met hom gaan Go Ozzie moenie dat hulle jou onderkry nie speel jy lekker hoor

mariette manser ·

Ek sal ook graag wil weet hoe is die vidoeo op geneem? Nog skelm fone in die tronk? Nou wat moet die arme kind nou ook doen, heeldag sit en vingers tel, hy kan darem sekerlik n bietjie oefening gegun word……ai ai mense

Piet Smith ·

Glo nie dit gaan oor die sokker nie waar is die tronk drag het verstaan moet pal dra

Marius du Preez ·

Dis darem maar te lekker dat hul kan sokker speel en die res van ons buite die tronk moet elke dag werk om hul daar te hou. Laat hul eerder harde arbeid doen…

Francois ·

Ok so mag hy nou niks doen nie, net daar sit en vrek? Almal is TE behep met Oscar..los die man uit en laat hy doen way hy moet. Oh en ek sien Reeva se mamma het nou weer geld nodig, so nou praat sy weer met ‘n koerant…ai tog!

Lindie Lourens ·

Juran van Heerden, dit was ook nogal my eerste gedagte. Ek’s ook bly Oscar oefen en doen iets. As ek so die kommentare lees , knik ek net met my kop-ek stem saam en is bly daar is nog omgeemense.

Neptunus ·

Punt wat almal mis is dat Ossie en hierdie rampokker beide so broos/siek/weerloos is dat hulle in die korrektiewe sentrum (die woord tronk of prison kom nie eers meer in die wetgewing voor nie) se siekeboeg “aangehou” word. Tog speel die twee te lekker sokker. Kyk die video, baie ironies dat Ossie alweer die deur tref. Hy was altyd versot op die wêreld se aandag, maar net as dit gefokus was op positiewe aspekte. Dis juis oor mense wat alles wil oorsien, soos sy juigkommando hierbo, dat ons al hoe meer Don Steenkamps, Christof Beckers en bylmoordenaars gaan sien in die toekoms. Geweld en vertrapping van ons medemens word aan alle fronte aangeblaas en ingeprent: van oorsese flieks, TV-speletjies, tot die mees alledaagse goed in ons samelewing – selfs wanneer voorskoolse seuntjies “bulletjierugby” speel, fokus party ouers meer daarop dat hul kinders die opponent teiken as die spel te geniet.

Dries ·

Ag liewe hemel…… waarom speel die ander gevangenis ook nie met ‘n bal in die Kosie Mampara tronk nie? Oscar moet bars want hy IS ‘n moordenaar maar wees regverdig….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.