Video: Oscar-onderhoud: ‘Ek wil nie my lewe in die tronk mors nie’

'n Skermskoot van die onderhoud met Oscar Pistorius.

‘n Skermskoot van die onderhoud met Oscar Pistorius.

“Ek wil nie teruggaan tronk toe nie. Ek wil nie my lewe mors deur net daar te sit nie. As ek die kans kon kry, sou ek graag minderbevoorregtes wil help soos in die verlede. Ek wil graag glo as Reeva van bo af na my kon afkyk, sy graag sou wou gehad het dat ek daardie lewe leef.”

So het die moordbeskuldige, Oscar Pistorius, gesê in ʼn eksklusiewe onderhoud met die ondersoekende joernalis Mark Williams-Thomas wat binnekort op ITV in Brittanje uitgesaai sal word.

ʼn Kort voorskou van die onderhoud is Donderdag deur World News Update op YouTube gelaai. In die kort uittreksel uit die onderhoud gesels ʼn duidelik emosionele Pistorius by ʼn tafel met Williams-Thomas.

Die onderhoud is gevoer voor die voorvonnisverrigtinge verlede week in die hooggeregshof in Pretoria. Arnold Pistorius, Oscar se oom, het vroeër in ʼn verklaring ontken Oscar of die Pistorius-familie het enige vergoeding vir die onderhoud ontvang en gesê die onderhoud is bloot gedoen om die familie die geleentheid te gee om wanpersepsies oor die saak reg te stel.

In ʼn langer uittreksel wat op The Guardian se webtuiste gepubliseer is, loop Oscar op sy stompies om Williams-Thomas te wys hy het baie min balans sonder sy prostese. Pistorius verduidelik in die onderhoud hy sou nooit, soos beweer is, ʼn deur met ʼn krieketkolf kon oopbreek indien hy nie sy prostese aangehad het nie, aangesien hy sy arms nodig het om sy balans te hou sonder die prostese.

Hy vertel ook in die onderhoud van die voorval toe ʼn vrou glo in ʼn kruidenierswinkel ingestap het waar hy inkopies gedoen het en dadelik die veiligheidsbeamptes geroep en gevra het waarom hulle ʼn moordenaar in die winkel toelaat.

M-Net en Supersport het ook die regte bekom om die onderhoud uit te saai en dit sal Vrydag as deel van ʼn spesiale Carte Blanche-program uitgesaai word vanaf 22:55 op M-Net en M-Net City (kanaal 115). SuperSport sal dit ook weer uitsaai en dit sal daarna op DStv Catch Up beskikbaar wees.

Pistorius sal op 6 Julie op ʼn aanklag van moord gevonnis word.

Die video wat deur World News Update op YouTube gelaai is:

https://www.youtube.com/watch?v=_NeYu-BUctA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

Joe ·

Dit is presies net soos wat jy daar se ….. ek wonder hoekom is OP dan so ” confused ” met hom self …. weer nie die waarheid gepraat in die onderhoud nie …

Ingrid ·

Siek, egoïstiese onmens … REEVA wou haar lewe leef en jy het besluit om ‘n einde daaraan te maak … dus het jy jou regte en wense verloor. Punt.

Andre ·

Ai, as mens mos iemand se lewe geneem het dan moet jy mos die gevolge daarvan dra.

Lance ·

Dit is die probleem is SA …daar is geen verandwoordbaarheid of gevolge nie …dis hoekom daar gemiddeld 37 moorde per dag plaasvind en 4 verkragtings enke 1 minuut ….dit se mos alles …

Province ·

Ha, geen kommentaar. Ek is net hier vir die bitterbekke se galbrakery. Hulle stel nooit teleur nie.

Mixi ·

Hehehe, ek ook. Nie een versuim om sy opinie te lewer nie. Nice.

Varkie ·

Haha ja nee, veral as hulle mekaar so aan vat oor godsdiens of veroordeling, skreeu snaaks ;-)

Willie E ·

OSCAR….ek verstaan nou waarom die gesogte toekenning vir akteurs en aktrises ‘n “OSCAR” genoem word…die beeldjie is net BAAAIE ouer as hy, so hy is vernoem…na die beeldjie….benoeming vir beste akteur in ‘n misdaad drama reeks….

Joe ·

Ek stem beslis saam met jou Willie ….. OP is ‘n bang gat & kan nie die “punch ” vat nie …. as hy uit gedeel het …. moet hy mos terug kry … OP …. dit help nie om Jannie Jammer te wees nie …. jy moet boet vir jou dade …. smaak my OP soek nou net bejammering in die onderhoud op tv … sorry boet …. die tronk wag vir jou ….

Gertjie ·

Hier lê nog baie klippe, wie wil nog een optel en gooi…?

Gerd Lourens ·

Gertjie. Ek hoop nie die veroordeelde moordenaar wat ‘n weerlose vrou vermoor het, kry van die klippe in die hande met jou dogter in die omgewing nie!

Sluit hom nou vir eens en altyd toe.

Lieplap ·

Dit gaan nie oor klippe gooi nie. Mense hou maar nou net nie van iemand wat ‘n ander mens vermoor nie.

MM ·

As sy wou gehad het dat jy jou lewe vol lewe en nie in die tronk wees nie sou sy nie in die badkamer weg gekruip het vir jou nie.
Sit sal jy sit!!!!

Dirksen ·

1 sonde is nie grooter as `n ander een , pasop vir oordeel

Antimens ·

Watter snert is dit. So kom ons kyk: die man wat die kind verkrag moenie veroordeel word nie, die moordenaar wat die plaas boer vermoor en sy kinders met kook water brand moenie veroordeel word nie want shame sy sonde is mos net so groot soos die outjie wat die skaap gesteel het of die minister wat bedrieg het of die ou wat sy vrou verneuk het. Asb onthou om volgende keer al.hierdie sondes onder een kamp te skeer

realis ·

Die hof het klaar veroordeel indien jy nie hier was nie. Ons het nie nodig om te oordeel nie. Jy preek vir die koor

Antimens ·

Gaan jy ook die plaas moordenaar die verkragter die rower en die pedofiel se misdade so ondersteun dieselfde kamp skeer? Gaan jy dan nog steeds se die plaas moordenaar se sonde is dieselfde

wes kaap ·

Jaaaa!! Julle was mos almal by die aand, net Oscar en ons Liewe Vader weet die waarheid!!!

Antimens ·

En net een vd vertel die waarheid sal ek jou tip gee watter een?

Amanda ·

Hy is nie meer ‘n moordbeskuldigde nie…. hy is ‘n moordenaar. Skuldig bevind!

Koos Karoo ·

Die man leef in ‘n sprokieswereld. Hy het geen begrip van die implikasies wat hy gedoen het nie. Ek walg by die gedagte wat hy uitspreek dat as Reeva “van bo af na my kon afkyk, sy graag sou wou gehad het dat ek daardie lewe leef.” Geen boetedoening vir die moord wat hy gepleeg het nie. Geen bedoeling om vier skote na mekaar op ‘n geslote deur af te trek nie. Trigger-happy macho man wat dink dat hy onaantasbaar is. Sy egotisme ken geen perke nie.

Poplap ·

Oscar ek was altyd mal oor jou maar jy stel teleur met jou self centred benadering. Kan jy nie net bietjie verantwoordelikheid vat en ophou om alles te maak oor poor me. Wens die storie kry nou end dit los so poefie smakie in die mond

Anoniem ·

Sulke mense erken nooit die waarheid…Vra my ek weet…was met een getroud. Kom baie nice voor..wen almal se aandag en liefde…speel op mense se gevoelens….Nie eers sy eie ma het geglo wie en wat hy is…was vir my en almal kwaad as ons met hul daaroor gepraat het..altyd my skuld…het gesoek daarvoor….Maar snaaks die vorige vrou het die selfde deur gegaan en die een na my….n hofsaak teen hom gewen…wonder wat se sy mammie nou..leef seker nog in onkunde of maak of sy niks weet….gooi n blinde oog met n dowe oor daarby……Gelukkig is daar van ons wat betyds ontsnap van sulke verhoudings / huwelike….Jammer Reeva was nie betyds….

Paula ·

Oscar, die wereld het jou reeds skuldig bevind, en jy sal tien teen een vir moord gaan sit. Troos jouself aan die wete dat as jy rerigwaar die waarheid praat daar genade by God sal wees. Jou tyd op aarde is tydelik, maar daarna sal jy vir altyd in oorwinning saam ons Skepper leef.

pieter ·

OSCAR IEMAND MOET SEKER VIR JOU SE REEVA IS DOOD, VERMOOR, SY SIEN JOU NIE VAN BO AF NIE SY IS BEGRAWE,EN BEGRAWE MEEN SY SIEN JOU VAN ONDER AF.

vermeende ·

Hier gaat ons alweer.
Maroela is Oscar Pestorius regtig al die dekking werd, kan julle nie maar eerder nuus plaas soos die gemors in Pretoria nie.
Oscar is aangekla en gevonnis, hy moet nog net gaan sit. Pretoria wat brand raak ons almal…….plaas eerder berigte oor dit.

Willie ·

Lewe die mannetjie in die selfde wereld as ons? Dis n egotism op die boonste vlak. Nou wonder ek of daar werkliokheid van , wees verantwoordelikhied vir dade besit? Of is ons nou bo die lewenstandaard van gereg?

Theresa ·

Dit lyk vir my regtig of hierdie man diepe berou oor daardie aand het. Dis wanneer mens nie het nie, wat vergifnis moeilik is? Glad nie reg wat gebeur het nie, maar hou bietjie terug met wrede woorde – daar is tog meer as een familie hierby betrokke. En albei families gaan deur loutere hel. Ek hoop daar is vir hom genade met die uitslag – soos wat daar al vir duisende sulke misdade was en steeds is. Alles onder voorwaardes, natuurlik.

Astark ·

Hy het beslis berou oor daardie aand maar net oor die situasie waarin hy homself nou bevind hy het geen berou vir wat hy aan Reeva gedoen het, nog nie eenkeer het hy geuiter hoe jammer hy is dat hy haar lewe geneem het hy staan hierdie interview toe maar weier om in die hof te getuig en vir sy eie land te se hoe jammer hy is dat hy haar lewe geneem het al waaroor hy jammer is is dat hy sy eie lewe nou op gemors het geen berou behalwe vir homself.

Antimens ·

Net een familie se kind is dood. Net een familie moet leef met die were dat hulle kind se lyk aan flare geruk is deur vier skote. Net een familie moet leef met die wete dat hulle dogter onder die grond is. Die ander familie moet leef met die wete dat hul alles gedoen het om die “held” uit die tronk te hou l

Kay ·

As Reva van bo-af kon kyk, het sy heel moontlik vir jou gesê dat sy ook graag nog haar lewe wou gelewe het.

Dis ‘n lae hou om woorde in haar ‘mond’ te lê sodat JY simpatie kan kry! Dis manipulasie!

Toon liewer berou, praat die waarheid en kry vergifnis. Anders gaan hierdie ding ‘n skaduwee oor jou lewe gooi lank nadat jy uit die tronk uit is.

Ekke ·

Oscar het nog nooit ontken dat hy haar geskiet het nie, hy het dadelik gebel en gesê, geskreeu ek het haar geskiet. Maklik om te sê sy was in badkamer om weg te kruip vir hom, sorry, ek het al ook skelmpie gebel en dit beslis nie in kombuis gedoen nie. En as ek bedreig voel en stemme en fluistering in badkamer in die oggend hoor, skiet ek ook! Reeva, jy is pragtig, hierdie is tragies en gaan jou nie terugbring, jy en Oscar weet wat gebeur het en hy sal saam sy gewete en jou beeld moet leef, maar leef gaan dit ook nie wees nie, want hy is klaar veroordeel en sal moet verantwoording gaan doen by Pappa Vader en hy weet dit.

Geen aanhanger ·

Oscar moes eers seker gemaak waar Reeva was voor hy sneller trek. Jy trek nie net ‘n sneller nie.

Geskok ·

Regtig???? Be “laglik”. Hy verdien om gestraf te word vir wat hy gedoen het. Die storie is so uitgerek …dit was voor die hand liggend van die begin af dat hy hom erg vervies het en nie sy humeur in toom kon hou nie. Stop…dink…doen. Het jy dit nooit geleer….gaan sit maar Oscar….voel so bietjie jammer vir jou…maar jy moes dink ou maat!!!

Annie ·

Oe maar hy is pateties – hy moet sit – dis sy verdiende loon – het geen simpatie met hom nie.

Annie ·

Oe maar hy is pateties – hy moet sit – dis sy verdiende loon – het geen simpatie met hom nie.
Seker net sy familie wat hom baie jammer kry.

Elize ·

Dis verby…. as Reeva maar net weggeloop het van verhouding was sy geweet het hy haar ‘ na haar gesnap het ” as hul bymekaar was. Sy was bewus van sy woede uitbarstings en het tog by hom gebly? Vraag is Hoekom?

M'Lady ·

Ek wil net weet of julle so tekere gaan oor ander “moordenaars” soos wat julle hier mond uitspoel? As julle die hofsaak gevolg het sou julle geweet het dat hy wel om verskoning gevra het. Almal gaan seker na die onderhoud kyk en dan wil ek nie die kommentaar hoor nie. Hierdie grens al aan lasterlik.

Anoniem ·

Sorry M’Lady…maar geen verskoning gaan Reeva terugbring!!!!!!!

Antimens ·

Plaasmoordenaar: ek is jammer ek het die boer vermoor en sy vrou verkrag.
Pedofiel: ek is jammer ek het dit gedoen
Rower: ek is jammer ek het dit gedoen

Se nou gou gou vir al die bogenoemde jy vergewe hulle ook. Presies watter deel vd kommentaar is lasterlik

vermeende ·

Is sy doen en late nog nuuswaardig in die gesig dat die land letterlik brand.
Die huise wat nou nog oor die saak berig soek na my mening net sensasie.
Die Oscar pot het sy boden bereik, hoekom nou nog skraap.
Los die hele debakel nou maar.

Illa ·

Ek kry nie die indruk dat hy jammer is hy het Reeva geskiet nie, eerder dat hy jammer is sy lewe is nou opgemors. Daar is een ding wat in die hof uitgekom het wat my regtig anders na hom laat kyk het. In ‘n sms van Reeva aan hom spreek sy haar ontsteltenis uit omdat hy haar uitgetrap het oor hoe sy kougom gekou het by ‘n funksie. Ek was betrokke by ‘n man wat my in geselskap aangevat het oor die manier waarop ek skyfies eet – dit het hom irriteer. Dit was relatief vroeg in die verhouding en die eerste teken. Stelselmatig het ek hom al hoe meer begin irriteer totdat hy my eendag aan die keel teen ‘n muur vasgedruk het. Ek kan nie eers onthou wat ek gedoen het nie, dit was seker maar weer net ‘n onskuldige aksie wat hom so irriteer het dat hy weereens beheer oor sy emosies verloor het. Gelukkig kon ek daardie dag wegkom en het nooit weer terug gekyk nie. Reeva was nie so gelukkig nie. Jammer dat ek nie saam met jou huil nie Oscar, maar ek erken vandag die tekens – gelukkig.

Mariaan ·

Vermetel verby!! Hy wil nie sý lewe in die tronk opmors nie! Asof hy geregtig is op keuses. Al keuse wat hy behoòrt te kry, is tussen die tronk waar hy nog kan hoop op ń toekoms na sy vrylating, of soos Reeva, dood sonder dat sy ń keuse gehad het en vir ewig weg.
Dis ook tyd dat hy ophou lieg. Op die video wat Barry Steenkamp geneem her, kon Oscar heel gemaklik op sy stompies loop én sy suster dra.
Dis tyd dat hy en sy familie begin besef alles draai nie om hom nie.
Nou skielik het hulle weer dreigemente gekry van “gang rape” in die tronk. Nogal van ń onbekende nommer!. Nou toe nou! Asof die bendes nou vooraf waarskuwings uitstuur om hulle eie planne te belemmer.
Om te hoop dat sy gewete hom ooit sal pla, is te veel gevra vir dié bedorwe rykmansseuntjie.
Dis tyd dat hy geleer word om verantwoordelikheid vir sy dade te aanvaar en ophou manipuleer.

E ·

Ek het na die uittreksel gekyk. Dit lyk vir my asof Oscar baie depressief is en onder die invloed van medikasie. Hy is ń gebreekte mens, en ek kan myself indink hoe dit moet voel as die meerderheid hom net slegsê. Ek kry hom werklik jammer. Ons kan nie oordeel nie, want ons was nie daar nie.

johann cb ·

Ek is seker dat almal van julle môre aand voor die TV vasgeplak gaan sit – julle is só nuuskierig…..Ek hoop net niemand van julle het kinders nie! Sterkte Oscar!

AntiJohan ·

Jip Johan ons gaan. Verseker gaan jy ook jy is net bietjie te skeinheilig om dit te erken.

AntiJohan ·

Oops amper vergeet ek ja ons het kinders en wil hulle juis beskerm teen self centred sport steered wat dink die stukkie gouda beskerm hulle teen die realiteite van hul dade

E ·

Nog iets.
Met die maat waarmee ons oordeel, sal oor ons geoordeel word.

Poplap ·

Dis reg so. Meeste van ons sal gelukkig nie as moordenaar geweet word nie

Elize ·

Eers as jou heel naaste bloedfamilie “geframe” word – sy adv. heel duidelik net in sy finansiële vergoeding belangstel en nie eers al die bewyse inhandig om sy kliënt te beskerm nie en jou naaste familielid kry effektief 29jr gevangenisstraf en word van die ou Pretoria sentraal na Zonderwater en vandaar af na n klein plekkie gesuur waar hy n sel met 40 ander mense moet deel dan weet jy dat Oscar baie beslis met n ander deel van die lewe gekonfronteer gaan word en die lewe nooit weer dieselfde sal wees nie. Een oomblik van waansin en jou lewe verander inherroeplik. Dit wat hy nou deurgaam voor die vonnis is gladnie so lekket as wat nens dink nie. Mag geregtigheid geskied – maak nie saak watter kant toe nie.

John ·

Oscar kon ‘n ‘nice’ ou gewees het sonder sy atletiek-prostese … maar hy het daarmee sy balans verloor… Hy het nou ‘n groot ommekeer in sy lewe nodig om dit te herstel.

Yvonne ·

“…Mercy is the spirit of the Law…”. Klaarblyklik iets wat deesdae hoofsaaklik in die reg voorkom!

stef ·

Ag asseblief. Jy het iemand dood gemaak. Vat jou pak soos n man.

Fanie ·

Julle lees nie lekker wat hy sê nie. “Ek wil nie terug gaan tronk toe nie”. Die heel eerste sin van die berig.

Kobus Swanepoel ·

Oscar jy gaan nie jou lewe mors in die tronk nie!! Dit is waar moordenaars bly!! Oscar lees nou mooi wat die oom skryf!! Jy het n persoon dood gemaak! Ons noem dit moord!! Jy is skuldig bevind aan die daad, wat moord genoem word! So nou is jy ‘n moordenaar! Moordenaars hoort in die TRONK! Wat verstaan jy nie! Geen oordeel geen veroordeel nie. Net nog n stukkie nuus! Iemand in die tronk sal jou wel gebruik. Ontspan jy sal wel goed wees vir iets en iemand in die tronk. Al was jy net vloere!

Kleintjie ·

Hy moes daaraan gedink het voor hy Reva vermoor het. Ek dink sy het n pynlike dood gehad. Ek gooi nie klippe nie maar hy moet gaan sit in die tronk en aan daai dag vir die res van sy lewe dink. Hy is n lafaard hoekom is hy nie vir n slag eerlik en vertel wat hy aan gevang het.

ZOOS ·

Ek voel baie jammer vir Oscar, ek het self 2 seuns en ek sal hulle ondersteun as hulle ooit in so situasie moet beland as dit werklik onskuldig is, Hy het nie geweet Reeva is in daardie badkamer nie, hy wou haar juis beskerm. Sterkte Oscar jy is in my gebede!

zoos ·

Net om iets by te voeg, as my seuns ooit hulle meisies of vrouens op enige manier sleg behandel en dreig of ‘n pinkie vir hulle lig sal hulle nie eers die tronk selle sien nie, want ek sal hulle goed uitsort.

Elaine ·

Reeva moes weg gehardloop het toe hy op haar begin skreeu het en sy humeur verloor het. Sy moes haarself nooit in daai toilet toegesluit het nie. Toe hy die deur begin afbreek het met die kolf was dit klaar te laat. Hoekom het jy nie gehardloop nie Reeva. Toe hy vir jou geskreeu het “get out of my f**king house”. Het hy klaar die vuurwapen in sy hand gehad?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.