Pat Symcox, gewese draaibouler van die nasionale krieketspan, het ʼn video op sosiale media gelaai oor die toestand van die grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe.
“Vandag het ek ʼn nasionale skande gesien,” het Symcox geskryf toe hy die video Sondagaand op sy Facebook-blad gelaai het.
Hy verduidelik in die video hy is op die grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe, maar daar is nie enige heining om onwettige immigrante te keer nie. Dit wil voorkom of die heining platgetrap is. “Hier is die doringdraad, maar meeste daarvan is gesteel,” verduidelik hy. “Hoe gaan mens sigaret- of motordiefstal polisieer? Wie gaan daarvoor betaal? Hoe sal dit werk? Dis mal.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
43 Kommentare
Mooi man! Goed om te weet! Nou weet ons waarheen om te hol as die papaja die waaier tref hier by ons!!!
Welkom in Suid-Afrika!!!!!
Hi Pat het jy nie geweet ons is as n “junk country” geklassifiseer nie. ?
Hier by ons opi platteland ini Klein Karoo gaan koop die wittes onwettige sigarette by die containers. Hierie polisie hopeloos. Vra my. Ekt eerstehandse kennis van hul hopeloosheid
Ai, Pat. Daai grens bestaan al jare nie meer nie! Hoe dink jy waar kom al die onwettige Zimbabweërs die land in.