Video: Oudburgemeester in vangwa geboender

Eugene Nel in Lichtenburg, Noordwes op 29 November 2014 (Skermskoot uit die video)

Eugene Nel in Lichtenburg, Noordwes op 29 November 2014 (Skermskoot uit die video)

ʼn Video het aan die lig gekom van polisiebeamptes wat Eugene Nel, ʼn oudburgemeester van Lichtenburg in Noordwes, hardhandig behandel voor hulle hom in die vangwa inboender.

Nel is Saterdag in Lichtenburg in hegtenis geneem. “Die polisie kan bevestig dat ʼn saak van aanranding van ʼn polisiebeampte wat aan diens is, inmenging en crimen injuria teen Nel aanhangig gemaak is,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, Sondag aan Maroela Media gesê.

Mokgwabone het gesê Nel moet Maandag in die hof verskyn.

“Ons is nie bewus van bewerings van aanranding of dat mnr. Nel nie die geleentheid gebied is om ʼn klag aanhangig te maak nie,” het hy bygevoeg. Hy het bevestig dat hy nie bewus was van videomateriaal oor die voorval nie en sal terugvoer gee sodra hulle dit onder oë gehad het.

Mokgwabone het bevestig Nel kan met die stasiebevelvoerder in verbinding tree indien hy ʼn klag van aanranding teen die polisiebeamptes aanhangig wil maak.

Nel word in die video rondgestamp, teen die vangwa vasgedruk en hy is in ʼn stadium sy hemp en een skoen kwyt. ʼn Vroulike polisiebeampte hou haar vuurwapen deurentyd in haar hand.

http://youtu.be/70dA65aOYFw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

marius louw ·

Hoekom verset hy homself teen arrestasie? Enige plek in die wereld gaan die polisie redelike mag gebruik om ‘n arrestasie toe te pas.

Chrissie ·

Ek verstaan dat verset teen arrestasie nie n wyse besluit is nie, maar dit is skokkend om te sien dat iemand wat deel is van ons polisiemag en dus die Wapenwet moet ken en beslis vertroud moet wees in die veilige hantering van n wapen so non-chalant rondbeweeg met n wapen in haar hand, sy kon werklik baie onnodige beserings of selfs n sterfte veroorsaak het. Ek moet ook byvoeg dat mens duidelik hoor dat n damesstem vra hoekom die “oom” gearresteer word. Ons wet vereis ook dat dit baie duidelik aan enige persoon, hetsy landsburger of nie, gestel sal word wat die gronde van arrestasie is.

Elize ·

Ek stem saam Chrissie, daai wapen word bitter gevaarlik rond geswaai, en om hom so kastig agter haar rug te wil hou, lyk vir my net meer onbeholpe, daai wapen was baie onveilig hanteer.

Marnus Coetzee ·

Marius, enige persoon mag hom regmatig verset teen onregmatige arres. Hierdie was duidelike onregmatige arres, want die oom het geen misdaad gepleeg nie. Inteendeel, hy wou juis ‘n misdaad aanmeld. Die oom kon hom dus regmatig daarteen verset. Die brutale wyse waarop daardie swart polisie opgetree het, is duidelike swart rassisme. Hulle wou die oom wys wie is nou die baas en wie sy bek moet hou. Dit was ‘n demonstrasie van swart mag oor die blankedom. Daai ding wat ek gereeld onder swart mense hoor wat hulle teenoor blankes uitspreek: “You must learn, we will teach you!” – die wiittes moet leer wie nou baas is. Swartes in magsposisies is baie lief vir daardie uitdrukking en het meestal daardie houding. “We will teach you!” – daar’s hy, die taal van die magslustige maghebber. Ironie is dat hierdie soort optrede presies die soort optrede is waaroor die huidige magshebbers en establishment voorheen so geraas en betoog het. Nou doen hulle dit self.

Charles ·

Die oom het gesien hoe twee mense in n voertuig in n parkeer aria in n n geparkeerde voortuin vasry. Toe vra hy die sap om hulle vir alcohol te toets toe die daar aankom….. Vir hom gese hy moenie v hulle se hoe om hulle werk te doen nie en hom gearresteer …..

Trippie ·

Dankie Charles.
‘n Mens is mos maar ‘n nuuskierige ding ou Kosie. Sou jy nie ook wou geweet het nie? En nou dat ek weet kan ek ook kwaad raak oor die onreg!

Kosie ·

Ek probeer hard om jou te antwoord maar Maroela laat blylbaar nie flirtasie toe nie.

Kobus ·

Dit is om die minste te se skokkend, aan albei kante van die draad, daar was hoegenaamd geen rede vir die arrestasie nie, die ontplooing van n vuurwapen en die Polisie se gedrag in total weerspieel die gebrek aan alles wat ons as oud lede gehad het. My mening is dat Nel die ding te ver gedryf het ook, maar alles kom daarop neer dat die episode sinneloos was

Rocco ·

Blykbaar ken die polisie nie die wette nie. As die persoon ‘n vaste woonadres het dan is dit nie nodig om hom enigsins te hanteer nie. Hy moet net gewaarsku word om in die hof te verskyn

Gerrit Maritz ·

Dit is heel belaglik. Lyk my ons polisie is net so onbevoeg soos ons regering!!! Waar wil jy iemand toesluit oor hy se “toets hul vir alkhol misbruik” ? En wat was die nut van die vuurwapen? Enige iemand kon sonder enige moeite daai vuurwapen by haar afgeneem het! Dit is totaal en al belaglik.

Riaan Kriel ·

3 Persone het soos maniakke rondgejaag in die parkeerarea en het teen ‘n ander voertuig gebots. Die polisieman wou nie die bestuurder toets vir alkohol nie. Toe Eugene dit versoek is hy beveel om sy mond te hou en nie voor te skryf hoe om sy werk te doen nie. ‘n Seun het ‘n video van dit geneem met sy selfoon. Hy word toe deur die polisie deur die gesig geklap, Eugene maak daarteen beswaar en dit is toe wat hy “gearresteer” word vir dwarsboming van die gereg ens.

Maak seker van die feite voor julle goed post asb.

Charmaine Janse Van Rensburg ·

Min SAP lede ken hulle wet. Om n klag te le teen hulle bring jou nerens. Vra my!! Hulle maak en smaak soos hulle wil. Ek het n klag 3 jaar terug ingedien, verklaarings is geneem en tot vandag NIKS!! My seun was gearresteur by die huis vir n daad wat hy nie gedoen het nie. Voor hulle hom uit die erf uit neem, kom die person wat dit gedoen het erkenning gegee. Die speurders het omgedraai en geloop. Geweier om enige besonderhede te gee. Hulle is slapgat!! Sterkte

Ai tog ·

Is die 1ste keer ek sien ‘n wapen word so gehou het die vrou niks geleer by die police college nie? Die ander dag was polisie lede helder oor dag beroof van hulle diens pistole iemand kon lelik seer gekry.Die polisie beampte moet weer gestuur word vir training vir die veilige hantering van ‘n vuurwapen.

Alletta Nienaber ·

Ek voel net dat emosies altyd die oorhand kry in gevalle soos die. Ons as Suid Afrikaners moet leer dat die wet is daar vir ons om ons eerstens te beskerm en om foute te kan uitwys aan die regering se kant. Al wat moes gebeur het was om seker te maak die persone wat die voertuig gestamp het, verantwoording doen vir die skade by die eienaar van die voertuig. Let wel, ons kan niemand in vandag se tyd vorseer om hulle werk behoorlik te doen nie, ons kan net seker maak hulle weet dat almal kennis neem dat die nodige reels nie nagekom is nie, en dat die nogdige klagte teen hulle ingedoen gaan word en op gevolg gaan word.

Marnus Coetzee ·

DIT wat ons hier sien, is nie die enigste voorvalle van hierdie aard nie. Daar is talle soortgelyke voorvalle elke dag in Suid-Afrika. Almal haal nie die voorblaaie of die koerante nie. Ek’s bevrees hierdie soort staats-brutaliteit is heeltyd aan die toeneem. Die siviele eise teen die polisie word elke jaar meer, in plaas van minder. Dit is wat vir ons voorlê oor die volgende 50 jaar of wat. Ek wonder hoe voel al die 1992 ja-stemmers nou, 20 jaar later, as hulle sulke goed sien? Blankes raak ‘n al kleiner minderheid in hierdie land, met die gevolg dat ons al meer vertrap en ignoreer word. ‘n Land waar ‘n permanente minderheid deur ‘n permanente meerderheid oorheers word, is geen demokrasie nie. Dis ‘n massokrasie. En dan probeer Afriforum nog steeds met die permanente meerderheid hand-op-die-blaas te wees? Dis soos moderne slawe wat hul meesters en base probeer paai vir ‘n paar krummels van die swaar-gelaaide kostafel af. Regte paai-politiek. Nee, Afriforum moet eerder rug styf maak en hierdie ondemokratiese toestand aan die groot klok hang, in plaas van voetjie-voetjie met die ANC/SAKP kommunistiese vyand te probeer speel. Dis ‘n herhaling van Dingaan en Piet Retief van voor af. En ons weet hoe het daardie “vriendskap” geëndig.

pop ·

My ouma het altyd gese, wens in die een hand en k-k in die ander een en kyk watter een is die meeste. Nou wens ek nietemin, Met n towerstaf elke enkele witmens uit hierdie land uit. en dan Fast forward 5 jr. Of jy wit of swart is, respek asb vir n ouer mens as jy.

Francois ·

Hierdie behandeling is algemeen aanvaarbaar vir die meeste polisie lede, seker oor ‘n gebrek aan opleiding en daarom die oordrewe geweld , niemand ag dit as belangrik nie, en die polisie lede weet dat so ‘n hofsaak uitgerek en baie geld kan kos om te bewys dat hul oordrewe geweld gebruik

Daar behoort ‘n publieke opname gemaak word en statistiek beskikbaar gestel word oor die diens van die lede, selfs in die aanklagkantore is hul nie opgewasse om te help nie., Dit uitkoms sal ons verbaas.

Ek het my verttroue en respek vir hul verloor

Jeroen ·

Die grootste probleem in die verhaal is,is dat daar niks met die betrokke ploisiebeamptes gaan gebeur nie. Dit is ook hoekom hulle kan doen wat hulle wil.

moeg!!!!! ·

Let liewer op na al die sleg wit mense wat net verby loop en geensins probeer help nie, dit gaan my verstand te bowe. Almal kla maar niks word gedoen, ons afrikaners het dit in geskiedenis oor en oor al bewys dat ons geensins kan saam staan vir geen doel nie, dis altyd net n handjie vol wat beruid is. Dit sal met ons so gaan tot die bomb bars, dan sal die helfte hardloop soos normaal. Daar is ook geen afrikaner leier in die land wat sal opstaan en iets se nie. Almal word opgesweep oor die misdaad, ook net tot hul tuis kom, dan is dit weer normaal. Ek sal enige iets gee om net weer die afrikaner op sy voete te sien en te sien hoe n hande vol weer n verskil maak.

Leana ·

Dis mos nou moeilikheid soek om jousef te verset tydens inhegtenisname. Verstaan ook nie meer ons mense nie.

Trippie ·

Ja Leana! Gaan kyk en lees wat gebeur met jou as jy in hegtenis geneem is! Jy word aangerand en verkrag! Ek sal my ook verset!

Sharon ·

Trippie, verset teen arrestasie het die mense nog nooit voorheen gehelp nie. Hoekom sal dit nou anders wees? Hulle maak dinge net vir hulself moeilik.

magriet ·

Ek stem in ‘n mate saam met moeg. Ons Hemlse Vader wag dat ons na hom moet terug keer, in Vaste Geloof. en VRA EN GLO vir genade oor ons. Dit help nie net om te praat nie mense gaan op die kniee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.