Video: Ouers gooi skoolhoof uit, stoel en al

. ʼn Video van die voorval, wat wys hoe ouers die skoolhoof in haar stoel uit die skoolgebou dra en dan uit die stoel op die grond gooi, word op sosiale media rondgestuur (Foto: Skermskoot uit video van Rekord Pretoria)

Die Gautengse departement van onderwys ondersoek ʼn voorval wat by Laerskool Theresapark in Pretoria plaasgevind het, waar ʼn groep ouers die skoolhoof met stoel en al uit haar kantoor gegooi het. ʼn Video van die voorval, wat wys hoe ouers die skoolhoof in haar stoel uit die skoolgebou dra en dan uit die stoel op die grond gooi, word op sosiale media rondgestuur.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement, het bevestig die voorval het verlede Donderdag by die skool plaasgevind. Die departement se distriksbestuur en ingrypingspan is ná die voorval na die skool ontbied om as bemiddelaar tussen die ouers en skoolhoof op te tree.

Volgens Mabona is die groep ouers gegrief omdat die skoolhoof glo nie in die belang van die skool optree nie.

Panyaza Lesufi, Gauteng se LUR vir onderwys, het dié voorval ten sterkste veroordeel en gesê die departement ondersoek die bewerings wat teen die skoolhoof en skoolbeheerliggaam gemaak is.

“Geweld van dié aard op enige onderwyser kan nie geregverdig word nie. Daar is wetlike prosesse en prosedures wat ouers kan volg as hulle probleme met ʼn skoolhoof ondervind,” sê Lesufi.

“Ons doen ʼn beroep op ouers om op te hou om op hierdie manier op te tree, anders sal ons geen ander keuse hê as om drastiese stappe teen hulle te neem nie.”

Rekord Pretoria het die volgende video gedeel:

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

isabelle ·

kan ons nie maar almal wat nie hul werk wil doen so by die gebou uit dra nie?

Gert K ·

Lanklaas so lekker gelag soos nou! Wens ons kon Isabelle!!

Tanya ·

Ja nee ek stem, ek dink die helfde van ons Parlement sal buite op straat lé! hahaha

Phillip ·

Lekker lag ek nou so snaaks net in ons piessngland stel wit mense aan weet om die werk te doen en is hard werkende mense . Sit nie net en virdien n selaaris nie

Anel ·

Sover ek kan onthou is Laerskool Theresapark ‘n Afrikaanse skool. Maar ek is seker weer paar jaar agter. Dit was ‘n goeie skool. Verder as mens kyk na haar klere drag voldoen dit nie aan die statigheid van ‘n hoof nie. Ek is nie snobisties nie maar ‘n hoof behoort formeel aan getrek te wees. Nie ‘n denim nie tensy dit ‘n informele drag dag is. My skoolhoofde en ons kinders se skoolhoofde kon jy altyd deur ring trek. Om netjies te wees en formeel straal so ‘n profesionele beeld en dissipline uit. Hoop meer ouers doen dit. Voel niks vir kinders. Kry elke maand vet salaris vir niks doen.

Fedup ·

Thank you so much for the good laugh.
I find it’s good for the soul.
This is how one get rid of incompetent uhm, people.

Aai ·

Sy het self uit die stoel gespring kyk mooi ,party mense wag net vir daai lekker tjek.

Hoekom ·

Toe sy agterkom dit word oogeneem op video, toe spring sy self uit die stoel uit.

Vonkprop ·

Lyk of sy dit geniet het. Dis net dood eenvoudig belaglik en ‘n grap en weereens het ou Lesufi net dit veroordeel en doen niks nie, maar as iets by wit skole gebeur moet hy dadelik aksie vat.

Annelize ·

Ek het nou geskree soos ek lag!
Dat hulle nou dik vir hulle eie mense se onbevoegdheid begin raak, spreek boekdele van die toestande waarin ons almal ons bevind. Mag Lesufi en Angie die volgende wees wat met stoel en al so trek.

Martie ·

Jinne dit was nou snaaks! wel as sy nie haar werk doen en die skool en kinders se balange op die hart dra nie… skop haar uit!

Misky ·

Lekker gelag nou, dankie MM. Daar is hele paar in die parlement wat so verwyder moet word. Well done aan die ouers en duidelik het hulle genoeg gehad

Hennie ·

LekkeSoufie is seker ontsteld omdat dat dit ‘n swarte is wat uitgegooi is!

Kaal Keiser ·

…vreemd wanneer wit mense hul ongenoë wys is hul rassisties… maar andersins aanvaarbaar.

Jannie van Niekerk ·

Kan daai spul nie maar na die parlement opruk en dieselfde doen met ANC en EFF parlemenstlede nie?

Deon ·

Sien jy nie Lesufi, die ouers is besig om drastiese stappe te neem omdat JULLE nie optree nie!!

Antjiepat ·

sy is geensins beseer nie en was dan op ‘n stoel uitgestoot? Sy het self van die stoel afgespring. Gaan dan dit dan aanranding ook wees as jy iemand in ‘n rystoel stoot, wonder maar net?

Stephanus ·

Daar was geen rystoel nie. Sy is op haar stoel gedra. Hoe weet jy dat sy nie beseer is nie? Kry eers die werklike feite voordat mediese en/of regsmenings gelug word.

Noels244 ·

Ek kan aan baie mense dink wat met stoel en al uit hulle kantoor gesmyt moet word.

Cherokee ·

Nou wag ons op mense om lesoefi ook uit sy kantoor te dra en uit sy stoel te gooi.

Stephanus ·

Aanranding, ja, maar dit blyk asof dit die enigste manier is om betyds van die ongewenste elemente ontslae te raak. Sy kan bly wees sy was nie in Mpumalanga of Limpopo nie. Daar word mens sommer verbrand as daar vermoed word dat jy by ongerymdhede betrokke is.

Antjiepat ·

Nee ou Stephanus glad nie aanranding nie, sy is net vergesel uit die skool uit en die feit dat daar ‘n stoel betrokke wys, hul wou net seker maak sy ooreis haarself nie :)

Chris dupreez ·

Dit was eens op n tyd n spog skool, nou lyk dit meer na n sirkus

Plaaskind ·

Snaaks dat niemand nog in hegtinis geneem is of stappe teen hul geneem is nie. Maar die video is nogal komieklik.

Althes ·

Mnr Lesufi jy het baie probleme in jou departement. Hoe gaan jy hierdie skokkende gedrag stopsit?
Of is daar ander nie-departementele sake wat jou aandag vereis.

Sarel ·

Die Dept wag altyd tot iets drasties gebeur.
Skoolhoofde word geskors of ontslaan indien daar
Disdipline toegepas word so waar leer die ouers dit.
Seker weer een van die bloeitjies wzt aangedpredk was.
Waar was die skool se Beheerraad.
Klag van aanranding teen al dir ouers.

Antjiepat ·

ag nee man Sarel, die ouers is gatvol om dit minste te se. Die ouers betaal skoolfonds (die ouers moes Jan 2021 skoolfonds betaal dit terwyl die skool eers in Feb 2021 oopgemaak het, met ander woorde die ouers het vir net mooi niks betaal Jan 2021. Die ouers is nou al vuis voos deur Covid en die Dept wat nooit maar nooit reageer op griewe nie en dan boonop op sosiale media spring en dan die probleem wil oplos waar daar nie eers behoorlik ondersoek word of die probleem werklik bestaan nie. So asb klag van aanranding teen die ouers?? Die skoolhoof is nie beseer nie, sy het self gekies om van die stoel af te spring en uit verdere ondersoek en ander media koerante is die grief van die ouers al lank uitstaande en het die betrokke Beheerraad agteroor gesit … so ja .. en dit was ook nie oor dat die “bloeitjies wat aangepredik was” nie .. baie meer as bloot ongelukkigheid omdat een se kind dalk aangespreek was

Michael ·

Dis al wat die departement van onderwys kan doen. Hulle wil drastiese stappe teen die ouers neem. Hulle is nie in staat om te kyk waar le die fout. die ouers is siek en moeg vir hierdie spul. Ek hoop maar net hulle wys dit ook by die volgende verkiesing.

Marisa W ·

“Ons doen ʼn beroep op ouers om op te hou om op hierdie manier op te tree, anders sal ons geen ander keuse hê as om drastiese stappe teen hulle te neem nie.” wat ‘n grap – pleks dat Panyaza Lesufi eerder optree teen die useless lot wat net poste beklee en niks doen – ouers betaal ‘n kleinhuisie vol geld aan skoolfonds en verwag waarde vir geld

Adam Adriaan ·

EN TOE? Wat gaan nou gebeur, hierna? Toe Laat die Hoenderhaan ‘n wind en val die Bok se tande in die sop!!!

Genis ·

Baie snaaks, nou uit my maag uit gelag… Die soete wraak, van hulle eie mense… Dink hulle moet sommer n uitskiet kry, dan kan mens net n knoppie druk, om van die onslae te raak…

Elmarie ·

Of sy nou self uitgespring het of nie, sy het lekker gesloeg. Mooi man, dis hoe dit gedoen moet word!

Jr ·

Weereens groot bek laggende vrouens net soos by die selfmoord victim meisiekind. Maar volgende week is daai selfde laggende grootbek madams luid keels oor GBV. Sulke vrouens en mense leer ons kinders hoe dit gedoen moet word

Jaco ·

Dis nou our people wat dit aan our people doen. Voorwaar darem lelik met mekaar né. Wat dan nou van Black Lives Matter en human rights en ubuntu?

Anton ·

Anargie! Wat het geword van konflik hantering op ‘n beskaafd manier. Die “bevolking” doen net wat hulle wil. Ek hoop sy open klagtes van ontvoering en aanranding teen die betrokke nes en dat hulle gestraf word.

Danie ·

Met goeie advies kan sy n lekker aftreegeldjie maak uit hierdie episode.

John ·

…..Wat eens ‘n Afrikaanse Laerskool was…….terloops….vir my lyk dit sy het haarself uit die stoel gegooi………..DRAMA QUEEN !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.