Video: Ouers haal ‘boelie’ uit skool ná skokvideo

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Distriksdirekteur van die departement van onderwys het Maandag die Hoërskool Luckhoff in Idasvallei, Stellenbosch, besoek nadat ʼn video aan die lig gekom het van ʼn meisie wat wreed geboelie word.

Jessica Shelver, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van onderwys, het gesê hulle is geskok oor die gewelddadige aard van die video. Die video wys hoe ʼn meisie ʼn ander meisie se kop teen haar knie slaan, dan haar hare trek en haar ook in die gesig klap.

Volgens Shelver is ʼn dissiplinêre verhoor vir 8 Desember geskeduleer. “Die ouers van die boelie het haar intussen vrywilliglik uit die skool gehaal. Die dissiplinêre verhoor sal egter voortgaan.”

Shelver het gesê die slagoffer kry ondersteuning en ondergaan berading. “Die LUR het intussen ook versoek dat die skool van die begin van volgende jaar teen-boelie-programme aanbied.”

Shelver het gesê hulle beskou boeliery in ʼn baie ernstige lig. “Enige vorm van boeliery kan ernstige gevolge hê, en ons moet dienooreenkomstig en tydig daarop reageer. Dit is van kardinale belang dat die regte van leerders gerespekteer en beskerm word en dat leeromgewings geskep word waar leerders vry van mishandeling ten volle gebruik kan maak van hul leergeleenthede.”

Shelver het ʼn beroep gedoen op alle ouers en leerders om onmiddellik enige vorm van boeliery by skole aan te meld by 0800 45 46 47.

Waarskuwing: Die video is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

108 Kommentare

M ·

Dis geensins boelie nie… dit grens aan aanranding – as ek die ouers was het ek ‘n kriminele klag ook gelê

Kellies ·

Ek verstaan nie M. Jy se dit “Grens aan aanranding”. So dit is nie aanranding as dit net daaraan grens nie, Wat is dit dan?

James Lishman ·

Ek stem heelhartig saam dit is hoog tyd dat drastiese publieke strafmaatreels teen sulke boewe ingestel en geaksie word met finansieele by reelings ook ingestel word teen die oortreder se ouers

Rina ·

So kind kort n goeie loesing!!! Praat help nie meer nie…Want ek glo sy loop elkgeval en spog daaroor…As sy my kind was sou ek haar n ordentlike pakslae gegee het en gedwing het om voor almal omverskoning te vra…

Dean ·

It is disgusting, period.
This is a criminal act , not maybe or might be……it is. The attacker needs to be expelled and sent to a juvenile centre.

Gawie de Beer ·

Die grens nie aan aanranding nie dit is aanranding met die doel om ernstige ligaamlike leed te berokken!

kommerwekkend!!! ·

Wat is besig om te gebeur!!!!wat word van ons jeug ,die toekoms van more???
Nee ek voel bring die lyfstraf op skole terug!!
So n kind behoort nie op skool nie, gaan werk liewer as dit jou beter laat voel!!

Belaglik ·

En die ander wat die video geneem het is nie aandadig nie? Duidelik is hierdie ‘n beplande aanval op die arme kind. Sy (die ‘aanvaller’) is geen boelie nie, sy is ‘n krimineel. Kla haar ordentlik aan van aanranding, dit is glad nie boeliery of ‘n onskuldige argument nie. DIt is aanranding met die doel om ernstig te beseer. Los die dissiplinere verhore en laat neem haar in hegtenis en kla haar aan laat sy verhoor word …

Jacqueline ·

Ek stem saam met jou M. Dis ‘n kriminele oortreding, maar ek hoop ook sy gaan terug na die skool toe en staar vernedering in die oe vir die res van haar skoolloopbaan en dat die skuld gevoel van haar gedrag met haar sal bly. Dit sal haar baie meer opvreet as n verbeterings skool.

Luister ·

As die video nie geneem is nie, het dit waarskynlik nooit uitgekom nie.
Fluitjieblasers moet beskerm word.

Paplepel ·

@Jaqueline – Sosiopate het nie skuldgevoelens nie. Sy sal in all waarskynlikheid verdere planne maak om die mense wat haar gestop het, terug te kry.

Cahrine Hibbers pretorius ·

Watse soort “opvoeding” kry hierdie soort van kinders by hul ouerhuise, indien enige?

wilme Kotze ·

Ek wil net noem, dat dit nie altyd n geval is van watse opvoeding kry die kind nie – daardie ouers het heel moontlik nie eers n halwe idee van hierdie dogter van hulle se uitbarstings nie. My hart gaan uit na die ouers van hierdie kind, wat heel moontlik net so geskok is soos ons wat na die video kyk. Dis oor daar GEEN dissipline meer in skole is nie. Want die arme onderwysers – se hande is afgekap. Hulle gatte moet vuurwarm geslaan word!

PJ ·

Wilme Kotze, daar is nie n manier dat n kind so wreedaardig is en die ouers tel dit nie op nie, ek is jammer maar hierdie problem is groter as die kind self….Die ouers moet hiervan weet of dit self toepas op die kinders……Dit is bloot HAAT wat so iets doen , geen liefde…

Carol ·

Ek sê ook : opvoeding (OF DIE GEBREK DAARAAN …) begin kleintyd al by die huis, nog voordat kinders skooltoe gaan! Maar dit is omdat daar nie meer dissipline gehandhaaf word nie, en ‘n mens deesdae “gehoorsame ouers” kry … daarom dat daar soveel barbare op aarde is, pleks van ordentlike, opgevoede kinders/mense! En hulle kom voor in alle nasies, oral op aarde … daar is niks rassisties daaromtrent nie!

Anoniem ·

Dis dikwels ook omdat daar min/geen betrokkenheid en positiewe insette by die ouerhuis is.

Cherise ·

Ek wil net een iets se. Dit kom nie altyd uit ouer huise uit nie. Ek is nie trots om dit te se nie,maar ek was my ma se stoutste kind en dit het nie gegaan oor opvoeding nie want my ma is deksels streng.

Gerrit ·

Willem. Indien jy kinders het verstom jou opmerking my. NATUURLIK moet die ouers van die dogter se optredes weet….dit is nie die eerste keer wat sy so iets doen nie! Die probleem is NIE die skole wat nie disipline handhaaf nie….dit is ongedisiplineerde kinders wat so by die skool opdaag! En eintlik ongedisiplineerde ouers! Na 29 jaar wat ek met mense werk behoort ek te weet dat ‘n kind se gedrag, goed of sleg kan DIREK aan sy opvoeding(disipline) toegeskryf word – nie debateerbaar nie!

PJ ·

Ek stem saam, hierdie is aanranding en moet vining onder hande geneem word. Uit wat se huis kom so n kind om aan sulke geweld bekend te wees. Doen sommer ondersoek teenoor die ouers om vas te stel waar dei probleem vandaan kom…

?? ·

Lesufi? Hoekom nog nie ‘n draai daar gemaak nie? Waar is jy nou? Dis die soort dinge wat jou dringende aandag verg. Nie die netelige dinge waarmee jy jou besig hou in Pretoria nie………

zoom zoom ·

Daar is nie iets vir lesufi in die ding nie. Hy soek net wit op swart en hare probleme o sorry en cupcakes

zoom zoom ·

Lesufi stel net belang as daar iets is wat lyk na rassisme of hare of cupcakes.

Columbiana ·

Ag asb moet tog nou nie weer die storie probeer verander on ‘n politieke spektakel nie!!! Fokus op die stand van kinders eerder as julle politieke speletjies en slegse. JY MOET FOKUS MY KIND

CDA ·

Dit is nie boelie nie!!!!!!! Dit is aanranding daai.Die kind wat dit gedoen het moet gestraf word.Dit is siek verby.

Gatiep ·

Daai “boelie” moet Maandag oggend tydens die saal byeenkoms op die verhoog geneem word en ses houe met n rottang voor al die ander kinders toegedien word. Daarna moet die hele skool daai kind spot vir die pakslae…en dan sal ons sien wie die volgende boelie gaan wees..

Daai is wat ons kort op skool…

Nikki ·

Dit gaan nooit stop by skole nie teensy daar drastiese stappe gevat word!Dit gebeur by baie skole en partymaal word daar niks gedoen nie agv status,geld en wie is met wie tjommies met mekaar.Daar is soveel vorme..van boelie en word net nie altyd van gehoor nie.. Daar kan bv n boks..gesit word iewers op skoolterein waar n kind n boelie kan aangee en so kan die boelie ook dopgehou word en daar self met die oe gesien word,die waarheid!!Ek Raak heeltemal hartseer en briesend Wanner ek hoor en sien van boelies!! Party maal as ouer kan jy hoeveel kere gaan kla oor n kind en Dan gebeur daar niks!!N boelie moet community dienste indien jy of sy skulduggery bevind is!

charlene ·

Daar is `n verskil tussen boelie aan aanrand! Goeie genade daai arme meisie kind, dis tragies. Ek hoop regtig sy kry hulp en ondersteuning van alle kante. Sy het dit nodig om hier deur te kom, die skade is reeds gedoen – en ek praat nie van fisies nie. Ek hoop sy boelie se ouers stuur haar ver weg! Sy moet gestraf word, en hard ook. Daar is duidelik iets fout met haar! Stekte aan die arme kind wat so moet ly deur anders se te doen. Sy is vreesbevange vir die ander kind, die is duidelik nie die 1ste keer nie.

Se iets ·

Dit is aanranding, ek moet ook nou se as dit my kind was, sou ek eers daai kind gaan behandel soos sy my kind behandel het. Na als sal ek eers n klag gaan le. Weet daai ouers hoe dit voel as jou kind geboelie word.

Oor daar niks meer disipline in die skole is nie en Godsdiens nie gaan dinge soos dit gaan. Mag daai meisie kind kry wat haar toekom, n behoorlike pakslae

TS ·

Die kinders wat by gestaan en kyk het is LAFAARDS. Kla hulle ook aan vie as medepligtiges.

Gideon ·

Ja mens wonder waarom die gebeure so netjies afgeneem is van VOORDAT die aanval begin het…dalk is die ‘fotograaf’ en ander hier nie slegs lafaards nie maar sadisties medepligtig?

Chantell ·

Toe ek hierdie video vir die eerste keer gekyk het was ek geskok en simpatiek teenoor die slagoffer, maar ek was meer bekommerd oor die “boelie”.
Wat het gelei tot die kind se aksies? Is dit ‘n onstabiele ouerhuis, is sy self die slagoffer van boeliery, seksuele aanranding, psigiatriese probleme? Dit bly immers ‘n kind. ‘n Kind wat, met die regte hulp, steeds ‘n produktiewe lid van die samelewing kan wees. Empatie stap ‘n ver pad.

Ook geboelie ·

Dis uiters swak van daardie meisie. Op skool was ek ook geboelie, maar oor ek bakore het. Tot vandag toe as n vrou van amper 30 maak ek nooit my hare vas nie. Ek het steeds geen selfvertroue nie, ek sukkel om mense te vertrou. En nou het ons seuntjie sy ma se vreeslike ore geerf en word klaar op n ouderdom van 3 gespot. Ek sien nie kans dat my kind deur die selfde moet gaan as ek nie. Dis vreeslik tragies om geboelie te word. Daai letsels bly verewig by n mens. Jammer dat jy hierdeur moet gaan jong dame. My gebede is met jou

Anna-Marie ·

Ook geboelie. Ek voel jou seer. Klink omtrent soos my verhaal. Ek het wel my ore laat herstel, en my seuntjie (nou 30jr) sin toe hy in graad 2 was. Dis ‘n klein operasie. En beslis die moeite werd. Jy sal nie spyt wees nie. Sterkte.

Genugtig ·

Liewe ouer van hierdie dogter en ander wat kinders boelie / aanrand (die is aanranding en manipulasie, dit grens aan mafia streke) dit is nie snaaks nie, dit is ook nie goed so dat jou kind sy/haar stempel afdruk nie. Jou kind gaan jou nog baie trane besorg, heel waarskynlik agter die tronk se deure vir erge aanranding of moord. Ek spreek nie negatief nie, dit is die feite, jy kan maar dink dit is ‘n grap of cool, moet ook asb nie sê, ons praat met haar en sy luister nie, laat sluit haar toe, dit is ongehoord. Dink gou hoe sou jy gevoel het as dit jou dogter was wat aangerand is? Ek hoornou alweer, dit sal nie gebeur, sy gaan dalk lank wegkom met die gedrag tot 1 dag wat iemand haar goed ophel of die dood vir iemand of haar intree. Buig die boompie terwyl hy jonk is!!!!!

Heleen ·

Die arme kind! Ek hoop haar ouers gaan polisie toe en lê aanrandings klag!

Nel ·

…..en dis waaraan ons blanke kinders daagliks blootgestel word.

John ·

Waar was die onderwyser? Kinders gelos sonder toesig of was die onderwyser teenwoordig?

Karma1 ·

Ai, @Nel, waar kom die rasse-ding nou weer vandaan? Dit was ‘n wit meisie wat ‘n ander wit meisie aangerand het …..

ADK ·

As hierdie boelie is………………. wil ek asb nie aanranding sien nie!!

Malinda ·

Ek se die deeler is net so goed soos die steeler…. sy het gehou van die applous…. daardeur was sy versterk in haar kwaad… toe speel sy RANBORINA…… dit is n skande as mens so tekere gaan… dit nogal by n skool….. waar was die juffrou aan diens…… ek voel hulle moet die saak rapporteer en beslis straf uit dien…………

ABC ·

Dis uiters swak en barbaars. Waar was die onderwyer???? Gelukkig was dit nie ‘n wit meisie nie anders was dit weer ‘n rasse voorval en nie boelie nie. Dan was die meisie al in hegtenis geneem en in die hof.

D&N ·

Die is glad nie boelie nie. Die is aanranding. Sy moet aangekla word. Die wat video gemaak het dink hul is onskuldig, is net so skuldig. Dit alles vir vermaak. Ek is teen sulke gedrag. Die wat so staan en toe kyk doen niks. Mens moet opstaan teen sulke mense. Uit en uit lafaards.

Anoniem ·

Waar is die onderwysers wat moet toesig hou oor die kinders. Want duidelik is daar geen toesig nie. Sy word duidelik groot gemaak vir die tronk.

Charmaine ·

Dit is erg en dat n meisiekind so iets kan doen is net so erg! Sjoe. Dit is ook soms off show en jaloesie. Kan sien as groep was dit beplan. Sy moet n kriminele rekord kry en dit vir altyd saam dra. Hoop ni sy het eendag kinders ni hulle sal dalk ook so deurloop.

BS ·

Moet se ek dink opvoeding begin by die huis. Sy het haar ouers geen eer gebring nie. Mens leer jou kinders om ander te respekteer. Nee wat sy lyk soos vandag se geslag wat universiteite afbrand en en en….

Hetty ·

Ek stem 100% saam dat opvoeding by die huis begin maar vandag se onderwysers is die geslag wat grootgeword het toe lyfstraf verbied was en weermag weggevat is… die onderwysers het net so min respek vir die kinders want hulle is net so oud soos die kinders se ouers wat ‘n geslag is wat ruggraatloos is!

Net daar ·

Net daar slaan jy die spyker op sy kop Jo, dit is hierdie heeltyd se afkraak en stry en baklei in TV kinder programme, Daar is goeie TV stories, maar die kids verkies hierdie stry gemors en dit create kids soos die. Verder die ouers moet bewus wees van die kind se humeur.

Sanchen ·

Ek hoop daardie ouers maak ‘n saak van aanranding oop teen die boelie. As my kind so geboelie was, sou ek dit nie net los by dissiplinêre verhoor nie

Wilmarie ·

Defnitief aanranding! Dis belaglik! Arme kind. Jinne,dit is onaanvaarbaar!

Oom Kalahari ·

Hierdie kan regtig nie net as boelie beskou word nie. Die intensiteit daarvan is met wraak en om hierdie arme slagoffertjie leed aan te doen. Dit spreek van misdaad en doel om ernstig te beseer.Is hierdie slagoffer ooit geneem vir mediese ondersoek na alle stampe en klappe vir hoofbeserings wat dalk bloeding kan meebring. Niemand teenwoordig het ingetree en hierdie vieslike aanval tot stop gebring of om verdere hulp te gaan verkry nie, maar neem met graagte dit af as ‘n goeie fliek van vermaak. Lesufi dit is die tipes van optredes op skole vlak wat ernstige aandag moet geniet en dit vind alles plaas waar alle discipline sisteme en Godsdiens uit skole geneem word. Is dit die tipe van lewens standaarde en opvoedings Kurrikulum wat ons moet voorstaan? Hierdie tipe geweld en optredes gaan eskuleer en ek het ‘n manie aan boelies, want my 13jarige kleindogter het dit vir 2jaar moes deurmaak en vandag is sy alreeds sielkundig geknak en leef ‘n traumatise leefstyl en ontrekking van alles en almal en raak verboureerd en skree soms van frustrasies. Dit is pynlik vir ouers wat dit moet deurgaan.

neelsie ·

Dankie vir die een wat foto geneem het en dit bekend gemaak het.
Roei sulke gemors uit .
Plaas alle geboelie op openbare media.

Benito Odendal ·

Mr Lesufi is duidelik nie beskikbaar vir hierdie tipe van onbenullighede nie….Blanke en Afrikaner “bashing ” is van kardinale belang vir die ANC regering , EFF en Musi(slegs under cover !!!)en verg doelgerigte en intense beplanning en aandag !!!…Gee asb. vir ons eerbare minister ruimte om sy roeping te vervul !!!

Oompie ·

Ai dat mense hul onkunde so oop en bloot kan tentoonstel: Lesufi is Onderwys-LUR in Gauteng en hierdie voorval het plaasgevind by n skool in Stellenbosch, wat onder die Onderwysdepartement van die Weskaap val. Ai ai

Columbiana ·

Jis Oompie laat jy almal nou mooi op hulle neuse kyk! Well done

jessica ·

Ek het h(oor)skooldogter. Jul sal jul verbaas watse taal daar gebruik word en moenie dink dis kinders met n swak opvoeding nie. Allermins! Ek skryf die gedrag toe aan TV en groepsdruk

Ronel ·

My oudste kind was ook die slagoffer van boeliery by ‘n laerskool in Kroonstad. Ek het die hoof en ‘n onderwyser male sonder tal gevra m my te help om die ding hok te slaan. Dit was nie net my seun wat onder die kind deurgeloop het nie. Ek het self die kind eendag buite die skool beetgekry en met hom gepraat. Dit het goed gegaan vir ‘n ruk, maar toe besluit die kind om eendag sommer teen dis skool se mure water af te slaan en my kind het hom gesien. Dadelik het die kind aangeneem dit was my kind wat hom “gesplit” het dat hy dit WEER gedoen het. Die laaste strooi het gekom te hy my kind van agter af stamp en hom probeer pootjiie. Omdat my seun swart gordel in taekwondo is, weet my kind dat jy nie die sport as middel kan of mag gebruik om ‘n geveg te begin nie, maar die kind het toe die eerste hou geslaan. Om die waarheid te sê het hy 4 houe na my kind gemik voor my kind met 1 hou platgeslaan het. EK praat glad nie geweld goed nie, maar die skool het niks gedoen om ons te help nie, so as die kind nie wou luister nie, moes hy maar voel. Ek hoop hy dink nog lank aan my kind, dat ‘n tingrige seun, daai lummel en bullebak platgeslaan het.

Annika ·

Ronel,ek love sulke stories!!bly jou seun het net besluit tot hier en nie verder nie,mens kan mos nie altyd die minste wees nie, gelukkig en n feit is boelies maak meeste van tyd niks van hul lewens nie onthou nog n paar en almal washouts vandag……hoe is dit vir Karma ?

Disselboom ·

Die aktiewe boelie verdien geen genade nie. Die slagoffer sit ook soos een wat weet die omstanders is deel van die aksie en daar is net geen uitkomkans nie. Wie sielkundige drek wil uitdink as verskonings vir geweldenaars soos hierdie, moet self gestraf word en is aandadig aan die volgende voorval. En die straf moet hard wees, sodat die afkeur teen sulke gedrag duidelik word, en straf moet duidelik en skerp wees, sodat herhalers afgeskrik word.

Dennis ·

Die probleem met hierdie is dat boelie in die skole n daaglikse gebeurtenis is en elke keer as dit op die lappe kom dan is die reaksie van onderwys dieselfde. Boelie word in n ernstige lig gesien en bla bla bla. Skole doen absoluut die minimum om die boelies te keer, veral as hulle nog presteer in die een of ander sportsoort ook. Hulle reageer net as iets soos hierdie ooenbaar gemaak word!

Braaf ·

Ek het nie woorde nie maar ek kan net een ding sê… as dit my kind was het julle more van my in die koerant gelees

Elize ·

Absoluut barbaars. Beslis aanranding en nie boelie nie. Wat onderwysers betref, glo my hulle hande is afgekap. Jy mag mos nie aan die arme bloedjies raak deesdae nie. Bring ordentlik toegepaste lyfstraf terug na skole. Ek se nie slaan hulle pimpel en pers nie. Smelt eenvoudig die was in hul ore van onder af. Vroeer jare is ons goed gefoeter op skool. Hierdie kind gaan in die toekoms heel moontlik erger dinge doen.

daniel ·

ek weet waar is idasvallei in Stellenbosch. dis duidelik dat nie een van diegene wat hierbo kommentaar lewer, weet waar dit is nie. as julle geweet het waar dit was sal julle ander gevolgtrekkings maak.

Oh ·

Oh so dit is fine as dit in ‘n sekere gemeenskap plaasvind? ‘n Krimineel bly ‘n krimineel en aanranding bly verkeerd en barbaars, gee nie om in watter deel van die land of provinsie dit is nie, dis nie belangrik nie.

Rene ·

Ek praat nie die aanranding goed nie . En ek voel bitter jammer vir die slagoffer, maar daar sl ernstig na die aanrander gekyk moet word. Daar is groot fout in haar lewe. Sy word na my mening sonder liefde groot en is moontlik die slagoffer van aanranding en haar beeld word afgebreek. Sy voel dalk minderwaardig en soek moontlik erkenning. Om haar verder sleg te se en te verneder gaan sake net vererger . Sy het self ook berading nodig, Die lem sny hier na twee kante toe. Ek pleit regtig vir begrip. En ek herhaal – ek praat nie haar dade goed nie!

Columbiana ·

Waar was die onderwyser dan toe dit gebeur het. Aanvaar dat hulle nie heeltyd in die klas is nie maar sekerlik toe hy/sy terugkom moes hulle gesien het die kind bloei? As for die gedroggies was dit opgeneem het en deel was van die “feeding frenzy” moet el vra: goeie genade het julle dan geen menslikheid nie. Wat de hel gaan aan met julle lot? Sies gaan vanaand huistoe kyk in die spieel en gril vir jouself. Nee man watter tipe mense is die?

pikkie ·

Kinders worry nie meer of die onderwyser in die klas is of nie. Hulle doen net wat hulle wil want hulle weet wat hulle reg is en dat ons as onderwysers se hande afgekap is.

Thelma ·

Watter tipe ouers maak so ‘n krimineel groot? Teen die tyd moes sy al weet wat reg of verkeerd is en wat hier gebeur is beslis nie reg. Ek sink die volgende skool moet ‘n verbetering skool wees. Hoop die ouers maak ‘n saak oop, te veel van hierdie kriminele in skool uniform!

vonnie ·

Sulke mense moet uit die normale samelewing vewyder word. Hulle hoort in die tronk of in verbetering skool. Wat skokend is dat sy nie deer haar maat gestop is nie. Kan een mense soeveel vrees inboet by haar maat dat hulle goedsmoets staan en toekyk.

#GeenGeduld ·

Nou nie om vreeslik snaaks te wees nie, maar die kinders wie net daar staan, maak my net so bang. Watter tipe morele waardes het hulle om nie net die hele ding te aanskou nie, maar sommer nog stil te staan en video neem ook. Die Boelie gaan nou hulp en les kry, die Slagoffer kry hulp en berading, maar heng… Moet daai kids nie ook hulp en berading kry nie. Watter tipe grootmense gaan hulle id samelewing wees as hul net gaan terugataan en kyk hoe ander vertrap, beseer en aangerand word?

Die grootste tragedie, die grootste sonde eintlik, is om toe te kyk hoe ‘n ander verniel word, en niks daaraan te doen nie.

Jy IS ‘n medepligtige. Jy IS eel van die probleem. Jy IS deel van die rede dat iemand dalk eendag selfmoord pleeg.

Dink bietjie daaroor. Dis nie net die fisiese houe wat ‘n persoon breek nie. Bloukolle en gebreekte bene sterk weer aan. Dis daai bloukolle op die hart, die gebreekte gemoed wat nooit weer heel word nie.

Mense, ons moet heel grootmense probeer grootmaak. Dis makliker om ‘n kind op te bou as om ‘n gebreekte grootmens te probeer heelmaak.

En dis hulle wat daai ewige sirkel van seer oodra na die volgende persoon wat verdrink in die maalkolk van pyn en hartseer.

Kobus ·

As dit my dogtertjie was wat die aanrandingswerk gedoen het….sou sy vanaand nie n gatvelletjie gehad het om op te sit….ek sou in die tronk gewees het vir aanranding…maar ekself sou sorg dat syself haar by polisie gaan aanmeld het…moet aan die een kant die omstanders wat video bekend gemaak het bedank…maar andersins het niemand gekeer…word seker ook geboelie….

danie ·

So jy sou jou kind boelie, om haar te leer om nie te boelie. Dit klink na n plan. Meskien het iemand haar ook kwaad gemaak en wou hulle gatvelle af trek

Wilbro ·

Aanranding! Punt! Skuldig soos aangekla. Met lekker siviele eis na skuldigbevinding.

Karma ·

@Danie – ek kan verstaan dat jy nie geweld wil voorpraat nie. Soms, egter, met sekere mense, is dit die enigste ding wat werk. Praat en onderhandel werk nie. Soos ek hieronder gesê het, looi sou ek haar self goed gelooi het, as sy myne was. Dit lyk my asof sy haar slagoffer in ‘n hoek vasgedruk het (in die skoolbank) en toe ondervra het en tóé kom die aanranding. Ja, dit is aanranding, nie net geboelie nie. Dit is ook skokkend dat daar geen onnie of klasleier by was, wat vroeër kon ingryp nie. Maar aan die ander kant, het party leerders geen respek vir hul onderwysers of mense in leiersposisies nie. Wat ook skokkend is, is dat die omstanders eerder ‘n video geneem het op ‘n selfoon, as om die aanranding te stop. Hulle is skuldig daaraan dat hulle niks gedoen het om ‘n misdaad te voorkom nie. Ek is van mening dat daardie dogter wat aangerand is, ‘n kriminele saak by die SAPD moet oopmaak en later ‘n siviele eis vir fisieke beserings en emosionele skade moet doen.

ew pietersen ·

Die meisie se DAT dit nou al vir n jaar so aangaan DAT sy so geboelie(geslaan) word.Haar ma het by die skool gaan rapporteer,maar die skool would niks weet van die voorval nice.Die ma het toe n klag by die Polisie gaan le.Die een wat die video gemaak het,het goed gedoen anders sou die jaarlange geslanery nooit aan die lig gekom het nie.Dis maar my opinie.Maar daai kind hoort nie in daai skool nie.Sy moet na n verbetering skool gestuur word.Hoeveel ander Kinders het sy nie al so geslaan nie.Sy lyk of sy kan messteek.

Lindie ·

Die meisie se huil is hartverskeurend! Ag, nee rerig? Dit is skokkend!

Swak ·

Elke klas MOET cctv hê. Kind wat so optree moet ook getoets word vir delmgebruik. Ouers moet aandring op toetse. Strawwe moet sulke gedrag baie erg straf kind en die ouer summer uit skool skors tot na waarnemings afgehandel. Die geval moet voorbeeld van gemaak word ouers moet Geen keuse hê as om die reg sy gang te laat gaan DADELIK kind op te laat neem vir waarneming daars GROOT PROBLEEM lyftaal spreek boekdele.

Elsabe ·

Hierdie is simptomaties van die maatskaplike probleme in gemeenskappe waar drankmisbruik en aanranding aan die orde van die dag is. Kinders leef wat hulle sien.

Kobus ·

Jy sien Danie ….soos my voorvaders en ekself in n era groot geword het waar gesag en dissipline in jou in gemoker is op jou boude….het dinge baie verander….weet nie uit watter generasie jy is….maar nou deesdae het kriminele en die jeug meer “menseregte” as die eerlike samelewing en ouers

Viva doodstraf?? ·

Die probleem is net dit is die ‘boelie’ wat jy daar sien wat gaan REGTE swot by Wits volgende jaar (verniet) en eendag ‘n regter word en jou ter dood gaan veroordeel. Doodstraf werk net in ‘n land waar daar nog ‘n sin vir reg en geregtigheid is en die regslui above board is. Die grootste brandstigter en aanhitser en vandalis tussen die Studente, genaamd Dlamini, was ‘n REGSTUDENT wat besig is met sy M-graad, ek is SEKER julle wil hom eendag as ‘n regter he wat oor die doodstraf mag besluit.

Marie Wilson ·

Hartverskeurend. Iets sal drasties moet gedoen word teen die persoon wat so boelie. Terwyl daar ander leerlinge was is niks gedoen om die onskuldige meisie te help nie. Dit is onaanvaarbaar.

Johannes Meintjes ·

Dit is altyd vir my verstommend dat die samelewing so apties rondom boelie-taktiek, manipulasie of beheersugtigheid is. Ek beleef selfs in kerk en sending dat manne wie nie aan sekere organisasies wil behoort nie, op ‘n afstand gehou word, geboelie word of dat daar selfs klippe in hulle pad gerol word. Almal kyk maar net weg en sien of hoor niks – maar d.m.v. apatiese versuim word onreg (soos om ander te boelie, te manipuleer, af te pers of the beheer) voortgesit. Dit is tot groot skade, en die kinders leer dit by die ouers.

Oud onderwyser ·

Hierdie voorval is maar een van die baie wat daagliks in skole voorkom, want dissipline mag nie meer toegepas word nie. As die oortreder dan nog in een of ander sport presteer en/of die ouer(s) is vooraanstaande mense in die gemeenskap, kan daar maar vergeet word van enige optrede vanaf die skool/owerheid se kant. Daar gaan net gepraat word en afkeur uitgespreek word en niks (of bloedweinig) gaan verder gebeur. Die sogenaamde strafmaatreels (as daar so-iets by die bepaalde instelling bestaan) laat hierdie kriminele in die kleine net lag en hulle gaan straffeloos voort met hulle bose dade want daar is “menseregte” wat hulle beskerm. Ek raai die ouers van die slagoffer aan om ‘n klag van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike en geestelike leed te berokken, teen die oortreder by die polisie te gaan indien en van die skool te eis dat die oortreder geskors word. Die beskikbare getuienis laat by my geen twyfel dat die oortreder skuldig gevind sal word nie. Daarna kan ‘n groot siviele eis teen die oortreder, die ouers en baie moontlik selfs die skool ingestel word. Hierdie geld kan dan gebruik word vir betaling vir berading en behandeling van die slagoffer. Ouers van geboeliede kinders MAG nie sulke wandade laat voortgaan nie!!

Denise ·

Ek is erg geskok waar bly die meisiekind dat sy so geweldadig optree en by wie leer sy die street fighting nee hel dit is common sy het geen respek vir haarself en haar mede mens dit is walglik !!!!! En wat sy aan die ander meisiekind gedoen het is totaal onaanvaarbaar hoop sy kan dit verwerk en aangan met haar lewe !!!!! Sterkte vir haar en haar familie!!!!

brenda ·

Soveel aggressie!! toekomstige moordenaar as sy nie rehabilitasie en hulp kry nie: wonder of drugs dalk hier n rol speel? skokkend.

Riri ·

Dit is onaanvaarbaar ek kan eenvoudig nie glo dat sekere kinders instaat is om anders so seer te maak nie, en nie net fisies nie maar emosioneel…..voel verskriklik jammer vir hierdie meisiekind regtig.

Z ·

Hierdie is baie belaglik. Waar is die onderwyser, leerlingraad of klasleier? Die slegste van alles is dat dit dames is wat so optree, in geen vorm is dit aanvaarbaar as seuns dit doen nie wat nog van dames. Ek is werklik geskok oor wat hier gebeur het. Die dogter sal altyd bang wees om alleen in n klas agter te bly as daar niemand teenwoordig is nie, sy sal altyd wonder wanneer die volgende voorval sal gebeur. Hoop daar word ‘n ordentlike straf gegee aan die “boelie”

Johan ·

Dit is deel van opvoeding, aanpasbaarheid en paraadheid. Die sterste sal oorleef.

Griki ·

Dis heeltemal onaanvaarbaar dat soiets in ‘n skool (of enige ander plek) gebeur. Die arme kind! Die saak moet eintlik na ‘n jeughof gaan en die hulp van ‘n maatskaplike werker moet ingeroep word. Waarom het die boelie soveel woede in haar?

Corentia Swanevelder ·

Die wat toekyk is vir my altyd die ergste. En net so skuldig. Hoe kan hul toekyk en nie probeer keer of help nie? Dis mos lekkerder om eerder videos te neem as om te probeer help. Skandelik!!!

'n Moeder ·

Opvoeding begin en eindig in die ouerhuis.
Ouers, word wakker!
Voed jul kinders met liefde en respek, vir hulself en hul medemens, op.
Onderwysers is daar om jul kinders akademies op te voed, nie om hul goeie maniere te leer nie.
Al die leerders, wat by die situasie, betrokke was het dringend hulp nodig.

Blaffie ·

By al die skole waar ek in my lewe betrokke was, was die ouers van boelies ook boelies wat op al die komitees gedien het en hul wil deur blote bombastigheid aan ander ouers op te dwing. Dit was nog altyd so en sal nog altyd so wees.

sarie van heerden ·

Mense verstaan nie altyd die kulture en gewoontes van ander nie. My bediende was slegs verbaas oor die herrie wat opgeskop word oor die manier van doen deur die ander “skuldige” party want volgens haar is die hul “tradition” om so op te tree selfs teen hul eie kinders anders word die ouers nie gehoorsaam nie.

Glad nie meer verbaas ·

Ek gaan tien teen een gekruisig word vir my opmerking. Maar sy kan op haar kniee gaan en baie dankie se dat dit nie my dogter was wat sy so aangerand het nie. Ek sal haar presies dieselfde laat voel en presies dieselfde met haar doen. Miskien as sy vir `n slag dit uit die oog van die slagoffer beleef sal sy in haar lewe nie weer haar hande of kniee vir iemand lig nie.

Skippie ·

My seun is self in Junie/Julie die jaar by die skool geslaan deur ‘n ander leerling – in die gesig – sohard dat sy oogtand ‘n gat in sy bo-lip ingeslaan het. Ons het ‘n klag van aanranding by die polisie gaan le – op aandring vna die skool – tot vandag toe nog net mooi niks daarvan gehoor/gekom nie. My kind was vir dae lank ‘n senuwee-wrak en wou vir weke daarna nie skool toe gaan ie. Dit het sy skoolwerk be-invloed en sy punte het drasties gedaal. Ek voel daar moet drastiese/konsekwente stappe teen sulke boelies geneem word – dis nie regverdig teenoor die kind/ers wat afgenou/aangerand/geboelie word of hul ouers nie!

Vra-net ·

Ek wil net vra, in die tyd toe ek op skool was, was daar ook kinders, meestal seuns wat mekaar geslaan het gedurende pouse of “ek kry jou na skool”.
Ek keur glad nie ‘n geslanery goed nie, maar wat was dit anders as wat nou hier gebeur?
As broers en susters mekaar destyds geslaan het as hulle kwaad was vir mekaar, wat was dit? Die verskil is, ons het destyds die gevolge van ons dade gedra. Ons het OOK pak gekry.
En ek het al so baie gesien dat daar 2 kinders uit een huis kom waar een soveel moeilikheid maak en die ander ‘n voorbeeldige kind is. Hoe kan die ouers verantwoordelik gehou word vir ‘n kind se optrede? Ja sommige kinders word groot in huise waar geen disipline is nie, maar ek dink nie ouers het altyd beheer oor wat ‘n kind doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.