Video: Ouers se pyn ‘ondraaglik’ ná Driehoek-leerder se dood

‘n Skermskoot uit die video.

“Die diep seer pyn in ons hart is onbeskryflik. Jandré se afwesigheid in ons lewe is bykans ondraaglik.”

Só beskryf Jan en Anzel Steyn die verlies van hul 14-jarige blinkoog seun, Jandré, wat in die Hoërskool Driehoek-tragedie gesterf het.

Jandré is Donderdag uit die River of Life-kerk in Vanderbijlpark ter ruste gelê. Pastoor Armand Niemand het ʼn brief van Jandré se ouers in die kerk voorgelees. Daarin vertel hulle hoe swaar die dood van hul seun, ʼn kranige hengelaar, sportman en diereliefhebber, is.

“Om elke hoek verwag ons dat Jandré enige oomblik gaan verskyn met sy stralende ogies en breë glimlag. Die huis is stil, té stil sonder hom. Is ons kwaad vir God? Nee, ons is nie kwaad vir God nie. Die Here het ons geseën met 14 pragtige jare,” lui die brief.

Maroela Media het vroeër berig Jandré was een van vier leerders wat dood is nadat ʼn loopbrug by Hoërskool Driehoek meegegee het. Talle ander is beseer. Die drie ander oorledenes, Marli Currie (13), Marnus Nagel (16) en Roydon Olckers (17), se gedenkdienste is Vrydag gehou.

Maandag sal ʼn gesamentlike gedenkdiens vir die vier leerders by die skool gehou word nadat die skool heropen het.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

Lees alle vorige berigte oor Hoërskool Driehoek op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Stella ·

Ja siestog,dit gaan vir BAIE lank n groot seer wees om mee saam te leef,nou dat die stilte en afwesigheid van vriende en families afneem.
Aan die ouers,wanneer julle saans opkyk na die sterre,weet dan dat hy weer afkyk na julle toe en julle nog steeds koester in sy hart. Sterkte.

Sam ·

Hartseer onbeskryflik groot. Mag die vier gesinne wat kinders verloor het genade en troos van Bo ontvang op hul beproewingsweë. My hart gaan uitna hulle.

Sam ·

Hartseer onbeskryflik groot. Mag die vier gesinne wat kinders verloor het genade en troos van Bo ontvang op hul beproewingsweë. My hart gaan uitna hulle.

Gert J ·

Julle vertroosting is in julle geloof in Christus. Hy alleen kan sulke wonde heel. Kom op julle kniee en bid en vra Hom om julle te help. Hy is al een wat verstaan waardeur julle gaan.

Elvira ·

Ons harte bly saal met julle sn seer. Sterkte hoop julle kry vertroosting en berusting.

Elza ·

My hart is onbeskryflik seer vir hierdie ouers. Elke keer as ek iets lees oor die tragedie dan word ek erg benoud, my hart voel of dit wil skeur van hartseer, die trane loop oor my wange en dis nie eers my verlies nie. N mamma se liefde is oneindig… ek wens julle vertroosting en liefde vir julle voorentoe. Met baie liefde!!

Penellope Jones ·

Bitter, bitter hartseer en so skielik.
Hoe kom mens oor so iets?
Maar ons glo en vertrou dat die vreeslike seer, met tyd, sagter sal word.

TLC ·

Ja ek wou se tyd maak heel
Maar ek durf dut nie se in n geval waar n ouer sy kind moet begrawe nie want ek weet nie waardeur julle gaan nie
Maar ek ken julle nie maar kan julle belowe ek huil en huil saam julle
Dit is so vreeslik seer
Ek dra julle op aan God om julle pyn saam julle te dra en so ook dankie vir 14 jaar wat julle hom gehad het
En so sal hy altyd in julle harte bly
Vir ewig en aldyd
Amen

TLC ·

Ja ek wou se tyd maak heel
Maar ek durf dut nie se in n geval waar n ouer sy kind moet begrawe nie want ek weet nie waardeur julle gaan nie
Maar ek ken julle nie maar kan julle belowe ek huil en huil saam julle
Dit is so vreeslik seer
Ek dra julle op aan God om julle pyn saam julle te dra en so ook dankie vir 14 jaar wat julle hom gehad het
En so sal hy altyd in julle harte bly
Vir ewig en aldyd
Amen ??

George ·

Ek sit en huil hier. Ouers sterkte ek weet nie hoe om so iets te hanteer nie. Woorde ontbreek. Mag julle berusting vind.

Linda ·

Ons huil saam met julle en vír julle, liewe ouers en geliefdes van Driehoek. Mag God julle vashou, dra en versterk. Kyk maar gedurig op na Hom…

Mira ·

Marnus se begrafnis is eers vandag. My hart gaan uit na elke ouer wat hul kind moes afstaan. Ek dink dis ‘n seer wat niemand kan beskryf of verstaan nie. My innige simpatie aan die ouers.

IK ·

Op hierdie aardse weg sal baie van ons onthou word as oud en afgeleef. Hulle weer sal onthou word as VEREWIG JONK.

Marianne ·

Elke keer wanneer ek hierdie pragtige Engel en sy skool maats op ‘n nuus berig sien breek nog ‘n stukkie van my.
Ek bid dat God sy ouers, sy familie en sy maats sal bemoedig en krag gee. Dat hulle harte sal berus en dat hulle innerlike vrede sal vind.
Jesus het Sy Engel by hom sy glimlag sal vir altyd voortleef.

Nikita ·

So vreeslik hartseer..trane in my oe..nog elke dag..ons huil saam met die ouers wat hul kinders verloor het. Dit laat mens net weer besef dat ons aan mekaar geleen word..want ons behoort aan God. Vat een dag op n slag..hou aan mekaar vas..hou vas aan God. Mag ons hemelse Vader hierdie ouers en hul families en vriende dra en krag gee in hierdie moeilike tyd.??

Hennie ·

It is amazing how one identify with the pain of their loss even though one did not know the family personally. I guess it can be because we are parents ourselves, and to imagine our lives without our children, is unfathomable. In those homes their is a Dad, a Mommy, a brother or sister perhaps, a Grandpa, a Grandma, an Uncle, Aunt, cousins and more, all feel the pain, and I have no doubt they will feel it for a time to come. Sometimes if not all times, someone will say, God will heal your pain, don’t do that, God is with them in this time, however they have to work out their own journey, knowing that He is with them, no matter how long it takes. Their pain and grief is real, and all I can do as a Father is pray for you and believe that eventually it will become a little easier. GIVE IT TIME, remember Faith is been sure of what you hope for and certain of those things not yet see. May His peace, grace and mercy be your portion as you deal with your loss.

jakes ·

Ons innige meegevoel met al vier kinders se heengaan. Dit moet sekerlik die ergste smart wees om n kind te verloor. Die Skepper het die antwoorde wat ons eendag sal weet. Ons bid gedurig vir julle.

Jo-Mari Jacobs ·

Ek lees di mamma hart wat spreuk en dit vat my terug na di kommentaar onder aan n berig wat geskryf was van my eie verlies… waar ek 2 jr terug alles gelees het wat mense geskryf het oor my seuntjie wat ek verloor het 2 dae voor kersfees en ek verstaan di seer wat Jandre se mamma en sy pappa tans deur gaan…. verseker help woorde ni, niks nou maak di onsettende verlang minder ni…. mens soek hom di hele tyd, tyd se mense gewoonlik genees… tyd het nog ni vi my gekom ni maar wel deur God se genade haal mens nog asem… terwille van… moet mens n keuse maak daagliks om aan te gaan, maklik… verseker ni… God alleenlik is trooster hier en ek bid vi julle… My hart is so verskriklik seer saam met julle sin… maar weet jy mag weer lag en jy mag huil sonder ophou… Daar is ni n tyd om in te rou ni, vat so lank as wat jy nodig het…. en koester di mooi wat daar was saam met hom al maak dit met oomblik onsaglik seer….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.