Video: Ouma glo deur polisie aangerand

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Die polisie in die Wes-Kaap het gesê daar word ondersoek ingestel na ʼn video wat glo wys hoe ʼn ouma deur polisiebeamptes aangerand word.

“Ons het met die ondersoek begin. Ek kan nie veel meer sê in die stadium nie, behalwe om die aksie te veroordeel nie,” het kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, gesê. Die video is Woensdag op YouTube gelaai.

Die verduideliking by die video lees: “Die 50-jarige Roseline Appolis is op 23 November deur die polisie aangerand.” Volgens die persoon wat die video opgelaai het, het Appolis tussenbeide getree om ʼn argument stop te sit nadat haar dogter glo deur die polisie geklap is. “Appolis is in hegtenis geneem, in ʼn sel gehou vir twee dae en het toe in die hof verskyn.”

Aan die begin van die video is Appolis op die grond en ʼn man wat ʼn koeëlvastebaadjie oor siviele klere aan het, probeer haar glo boei. ʼn Tweede man, wat ʼn denimbroek en ʼn T-hemp aan het, staan op haar kop. ʼn Derde man, wat ook ʼn denimbroek en ʼn T-hemp aan het, gryp Appolis aan haar broek.

Kinana het gesê hy is nie bewus daarvan dat die vrou self ʼn klagte aanhangig gemaak het nie. “Ons is wel in die proses om haar te kontak om haar aan te moedig om ʼn saak aanhangig te maak”. Kinana het gesê hy kan nie meer inligting bekend maak nie.

WAARSKUWING: Die video bevat kru taal en is grafies van aard. Die video kan sensitiewe kykers ontstel.

http://youtu.be/1w5Dl3Y6aiw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

scalla ·

Ek hoop die hele wereld sien die advertensie van suid afrika reenboognasie se korrupte regering

Elizabeth ·

Scalla – en van die brutale polisiemag… Dag na dag skaam ek my vir wat hier gebeur en ek is SO lief vir my land.

Estelle ·

Elizabeth wat is hier om voor lief te wees, korrupsie, moord, diefstal, motor kapings, verkragting, EE, AA, BBBEE, loadshedding, en so kan die lys aangaan! Een van die dae gaan ons so verarm wees dat ons nie kan gaan na die mooi in SA nie, berge, strande, riviere ens.

Elizabeth ·

Estelle – ek is jammer jy voel so – sommige dae BEGIN ek so voel, maar kyk dan net om my rond en sien BAIE mooi en spesiale dinge raak. Moenie moedeloos raak nie, asseblief! Daar is nog baie wat die moeite werd is!

Vic ·

Die buiteland sien slegs polities korrekte inligting verskaf deur hulle verslaggewers wat geen belang het om aan die wereld te wys wat werklik in Suid Afrika aangaan nie.

pop ·

Nou word dit n daaglikse berigewing oor polisie brutaliteit. So as ons in die moeilikheid is moet ons om vaders naam nie die polisie roep nie. Estelle ek stem saam jou, is nie meer ons land nie. dis n derde wereld gemors. Bedryf deur nie- rassiste om die rassiste uit te dryf . Al moet hulle ons uitmoor.

lorayne ·

Ek hoop AL die varke wat toegesak het op hierdie oumens ry aan die pen! En die lummel wat goedsmoeds met sy hele gewig op haar kop trap? DIT is nou ‘n ding waarvoor ons respek moet hê? Nee. . . ek dink nie so nie. My respek kom nie so goedkoop nie. . .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.