Video: Ouma lê vasgebind in Mamelodi-hospitaal

Martha Marais (76) lê vasgebind in die Mamelodi-hospitaal. (Foto: verskaf)

Sorry, mamma, sorry….”

Só het ʼn emosionele Stephnie Marais aan haar ma gesê nadat sy die 76-jarige Martha Marais Woensdagaand met haar hande vasgevind agter haar rug en aan ʼn stoel vasgemaak, in die Mamelodi-hospitaal in Pretoria aangetref het.

In die video kan gesien word hoe ʼn woedende Stephnie by hospitaalpersoneel eis dat haar ma onmiddellik losgemaak word.

Die video en foto’s is op sosiale media versprei en het ʼn herrie veroorsaak.

Shalane Marais, Martha se kleindogter, het gesê die familie is woedend ná die voorval.

Martha is Dinsdag by die Eersterust-kliniek na die Mamelodi-hospitaal verwys weens naarheid en ʼn maagaandoening. Sy is met ʼn ambulans na die hospitaal vervoer.

Nadat sy opgeneem is, is Martha se familie gister omstreeks 16:00 by die hospitaal weg. Hulle is 20:00 weer terug en het Martha vasgebind op die vloer aangetref.

“Nie eens ʼn dier word só vasgemaak nie,” het Shalane gesê.

Nadat verpleegpersoneel niks gedoen het om te help nie, het ʼn veiligheidswag ten einde laas gehelp om Martha los te maak, het sy gesê.

Volgens haar het verpleegkundiges beweer die bejaarde vrou was onrustig en het self haar drup probeer uittrek. Sy is glo vasgemaak om haar in bedwang te bring.

“Om ʼn familielid só te sien, vasgemaak en besig om te struggle om te probeer loskom…. Dis verskriklik. Hulle (personeel by die hospitaal) gee nie om nie. Hulle gee nie aandag nie. Dis vuil.

“Hulle vra dalk om verskoning, maar dis net woorde. Dit is onaanvaarbaar,” het Shalane gesê.

Sy het gesê haar ouma kon dalk in ʼn veel erger toestand gewees het as die familie haar nie gisteraand besoek het nie.

Die Gautengse departement van gesondheid het in reaksie gesê die voorval is vanoggend onder sy aandag gebring.

“Dit is ʼn saak wat ons sal dophou om te verseker dit gebeur nie weer in enige van ons gesondheidsorgfasiliteite nie. Ons pasiënte moet altyd met waardigheid en respek behandel word,” het Lesemang Matuka, woordvoerder van die departement, gesê.

Dr. Mpho Thoabala Motjope, die Mamelodi-hospitaal se kliniese bestuurder, het die hospitaal se spyt oor die voorval uitgespreek.

“Ons is ontsteld en gewalg deur me. Marais se behandeling en dat sy op ʼn manier in bedwang gebring is wat onmenslik en onsensitief is,” het Motjope gesê.

“Die hospitaalbestuur ondersoek die saak en diegene betrokke sal voor stok gekry word. Ons bied intussen berading aan die betrokke partye.”

Shalane het gesê haar ouma is steeds in die hospitaal. Daar sal na verwagting vanaand ʼn aanduiding wees van wanneer sy ontslaan kan word.

“Dié [kwessie] gaan nie net oor my ouma nie. Dit gaan oor álmal in hospitale.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

62 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jo-anli

Onmenslik, wreed, so jammer ouma, dis onmenslik arme oumatjie. Dat sy so wreedaardig behandel word.

Cheryl

Liewe Hemel, dis erg en dit raak by die dag erger, arme weerlose oumensies wat so mishandel word deesdae

ella

my ma vasgebind gekry aan die bed. .. provinsiale hospitale is n no no…. pvt hospitale al net so erg..

Dorie Niemand

Dit is net die oortjie vandi seekoei hier, driekwart vandi verpleegpersoneel het geen empatie, of insig om met pasiente te werk nie. Daar is horde pasiente wat so behandel en self’s aangerand word, wat nooit aandi lig kom nie. Hoop daar word uiters streng opgetree teen oor die skuldiges, en nie net n klap opdi hand nie. Absolute disgrace

Cathy Kotze

Vaderlandsliefde! Is dit hoe bejaardes nou in Suid-Afrika behandel word?

Ek is net so oud soos hierdie ma en ouma. Dank die hemel ek is in Kanada!