Video: Owerhede gooi wal oor ‘dronk’ paasbolletjies

Checkers se paasbolletjies. (Foto: Checkers)

Die nederige paasbolletjie was lanklaas só diep in die moeilikheid.

ʼn Video van ʼn verkeersbeampte wat wys hoe hy positief vir die gebruik van alkohol toets nadat hy een van dié bolletjies (hot cross bun) geëet het, het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.

Sosialemediagebruikers het in reaksie op die video bevraagteken hoe betroubaar die blaastoetse is wat deur verkeersbeamptes gebruik word.

Die nasionale padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) het motoriste egter verseker dat hulle nié onregverdig agter tralies sal beland as hulle bestuur nadat hulle só ʼn bolletjie geëet het nie. “Die publiek moet weet dat die toestel as ʼn siftingsinstrument gebruik word. Die uitslae daarvan moet dan deur verdere toetse gestaaf word, voordat ʼn inhegtenisneming gemaak kan word,” het Simon Zwane, woordvoerder van die RTMC, in ʼn verklaring gesê.

Zwane het gesê die doel van ʼn alkoholtoetsapparaat is om ʼn motorbestuurder se bloedalkoholkonsentrasie in ʼn monster te toets. Die video wys mond-alkoholkonsentrasie wat nié genoeg is om ʼn motoris van dronkbestuur aan te kla nie.

Zwane het gesê wanneer die toestel aandui ʼn motoris se alkoholvlak is hoër as die wettige perk, word die beweerde dronkbestuurder wéér getoets, dié keer met ʼn apparaat bekend as ʼn EBAT-masjien, om die uitslag te bevestig. Twee toetse moet tussen 15 en 20 minute uitmekaar gedoen word.

Dié toestel sal ʼn fout aandui as mondalkohol gevind word. Dit sal die geval wees soos in die video waar die beampte dadelik in die masjien blaas, sonder ʼn wagperiode. As die EBAT-masjien genoeg bewyse vind dat die motoris beskonke is, word die uitslae van die EBAT-masjien se toetse vir vervolging gebruik.

Volgens Zwane het dít wat in die video gesien word, geen invloed op die geldigheid en akkuraatheid van die masjien nie.

“Die RTMC wil die publiek verseker dat daar geen onheilspellende motief is om enigeen onregverdig te vervolg met ʼn ongetoetste instrument nie,” het Zwane gesê.

“Dit is betreurenswaardig dat die video nou, wanneer verkeersvolumes en alkoholgebruik oor die langnaweek na verwagting gaan toeneem, rondgestuur word en kommer veroorsaak.”

Die kleinhandelaar Checkers het intussen gesê sy gesogte paasbolletjies, wat in die video geëet word, is beslis alkoholvry. Die alkohollesing wat verkry word, word waarskynlik veroorsaak deur die gis en vrugte in die broodjies.

Baie Suid-Afrikaners het op sosiale media gek geskeer oor die herrie en Checkers het self met sy bolle die spot gedryf. Sommige mense wou onder meer weet of die kleinhandelaar die paasbolletjiereeks nou ook na sy drankwinkels gaan uitbrei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Leeu ·

As jy jou mond uitspoel met water gaan dit 0,00mg lees. Met kosse en selfs mouthwash ens lees die toestel “mouth” hoeveelheid en nie “breath” nie. Spoel uit, dan wys dit niks.

Heksie ·

Nou gaan die ou drinkers en drywers met ‘n pakkie rondry en probeer om so uit ‘n die sop te kom!

JJ ·

Volgens Zwane kan mens nie in die video sien dat die masjien reg werk? BS
Hoeveel ongerief en vertragings wor deur so masjien veroorsaak? Dit gee foutiewe weergawe van die waarheid!!! Die toestel moet onmiddelik ontrel en verbied word
Wat is ñ PNAKURATE SIFTING WERD… NIKS!!!!!

Belaglik ·

SE my hoe gaan julle dit bepaal? as GIS die blaastoestel ‘n lesing gee, wat van as jy 5 paasbolletjies opgeeet het ? Of die polisieman het voorheen gedrink en die is ‘n FAKE storie, of julle toestelle kan maar ASDROM toe gaan ..

J ·

Baie lank terug was hier ook n berug gewees van n dame wat voor gekeer is deur verkeersowerhede en haar gevra om te blaas. Sy het gevra dat haar minderjarige klein dogterjie eers blaas om te toets en dan sal sy blaas. MET GROOT SKOK WAS HAAR MIDER JARIGE KLEIN DOGTETJIE SE TELLELING MEER AS DIE ALKOL VLAK..

Cherokee ·

Maar J, jy erken mos self dat die dame berug was. Dit sê genoeg.

Eks Spiedie ·

Mense gaan verniet op hol. baie kosse gaan die mond-alkoholvlak beïnvloed, maar in meeste gevalle net binne die eerste paar minute. Sou soiets met jou gebeur, vat ‘n slukkie water of koeldrank en spoel jou mond uit. Jy wil in elk nie die kans vat om stukkies kos wat jy in jou mond het, in die apparaat te blaas nie. Dink hierdie storie hoort meer op die sg. gekkedag geplaas te wees. LOL!

Yvonne ·

Ek stem. Die ding word nou belaglik uit verband uit geruk. Paasbolletjies uit die winkel gaan nie veroorsaak dat jy onder die invloed is soos bepaal deur die padverkeerswet nie.

Realis ·

Daar is soveel onakuraathede in die video dat jy die video summier as ‘n grap kan afmaak. Kyk hoe lank verdwyn die masjien uit die beeld uit. Iemand kon ‘n druppel of twee alkohol in die pypie geplaas het voordat die masjien weer verskyn. Die persoon kon selfs dalk alkohol in die bolletjies gespuit het vir die effek in die video. Absoluut geen wetenskaplike gronde om die video te glo nie.

Deon ·

More, wat van die drink van Biopuls, wat ook n 10% alcohol inhoud het?

Michelle ·

Weet nie waaroor almal opgewonde raak nie meeste keer jou voor of jy paas bolletjies geëet het of regtig gedrink het vele artikels gelees maak jou beursie oop en betaal. Als in die land begin mos met korrupsie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.