Video: Pad na jou Hart-fliek kom na jou dorp toe

Pad na jou Hart, die tweede grootste Afrikaanse lokettreffer, gaan binnekort in plattelandse dorpe op ʼn buitelugskerm te sien wees.

Pad na jou Hart, die tweede grootste Afrikaanse lokettreffer, gaan binnekort in plattelandse dorpe op ʼn buitelugskerm te sien wees.

ʼn Videogesprek met Donnalee Roberts en Ivan Botha volg onderaan die berig.

Pad na jou Hart, die tweede grootste Afrikaanse lokettreffer, gaan binnekort in plattelandse dorpe op ʼn buitelugskerm te sien wees!

Die “Pad na jou Hart Winterswarmaand onder die sterre”-toer skop binnekort af. “Daar is baie dorpies en Afrikaners wat graag Afrikaanse stories wil ondersteun, maar net te ver van ʼn teater af woon,” vertel Ivan Botha, mede-skrywer, akteur en mede-vervaardiger van die rolprent. “Daarom het ons besluit ons vat die fliek na die mense toe!”

Hoewel die rolprentteater onder die sterre opgeslaan word, beloof dit steeds die gehalte van ʼn gewone rolprentteater.

Donnalee Roberts, mede-vervaardiger, akteur en mede-skrywer van die fliek, meen daar is iets nostalgies omtrent die geleentheid. “Ek sê nog altyd dit is vir my hartseer dat inryteaters uitgesterf het en hierdie is op die oomblik die naaste wat ʼn mense weer aan so iets gaan kan kry,” het sy gesê.

Pad na jou hart is vroeër vanjaar bekend gestel en het baie goeie resensies ontvang. Danksy die meer as 243 000 mense wat die rolprent gesien het, is dit aangewys as die tweede grootste Afrikaanse lokettreffer. Liefling is tot dusver die grootste lokettreffer.

Die fliek is ook in Junie en Julie in Australië en Nieu-Seeland te sien. Klik hier vir meer inligting.

Die eerste van dié “winterswarmaande” begin op 1 Augustus in Middelburg. Pad na jou hart wys daarna op 7 Augustus by Hoërskool Ellisras. ʼn Volledige lys van dorpe en datum volg onderaan die berig.

Kaartjies na die buitelugvertonings kos R50 per persoon (ingang vir kinders onder 6 jaar is gratis) en is beskikbaar by www.epiccinemas.co.za of by die betrokke skool self.

Die volgende dorpe kan uitsien na die rolprent:

1 Augustus: Hoërskool Middelburg, Middelburg (Tel.: 013 282 7393)
7 Augustus: Hoërskool Elllisras, Ellisras (Tel.: 014 763 2105)
16 Augustus: Hoërskool Bothaville, Bothaville (Tel.: 056 515 2700)
19 Augustus: Hoërskool Wolmaransstad, Wolmaranstad (Tel.: 018 596 1113)
20 Augustus: Hoërskool Vryburg, Vryburg. (Tel.: 053 927 3938)
21 Augustus: Lichtenburg Hoërskool, Lichtenburg (Tel.: 018 632 6202)
9 September: Hoërskool Ferdinand Postma, Potchefstroom (Tel.: 018 290 5539)
12 September:Pietersburg Hoërskool, Polokwane (Tel.: 015 297 3201)

Die kaartjies is by webtickets.co.za beskikbaar.
webticketsmaster_.co_.za_logo

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Griet ·

Ons het die film in Pretoria gesien en dit is werklik die moeite werd om te gaan kyk. Ek kan in alle eerlikheid nie sê dit is nie die BESTE afrikaanse film wat ek ooit gesien het nie, maar dit is regtig baie goed. Dit is realisties, komies en die storie is tot ‘n mate geloofwaardig. Ek kan dit aanbeveel.

Belinda ·

Baie bly daar is n persoon wat aan die tipe dinge dink en ons Afrikaanse taal nie sal laat sterf nie…………….

Shannon ·

Kom ek raai – die film speel af in `n fantasie Suid Afrika waar geen moord plaasvind nie, waar wit en swart al eeue lank in absolute harmonie saam droom en ons eenvoudig “bitterlik opgewonde raak” oor eenvoudig f.ol.
Ag hoe wonderlik.

Ester ·

Ai so bitterlik jammer vir altyd negatiewe mense. As jy nie iets positiefs kan se nie bly liewer stil. Mnie altyd politiek by alles insleep nie. Fantastiese fliek, julle is ons eie Ivalee couple. Hou so aan. Het die fliek driekeer gekyk en was elke keer net mooier.

Maureen Snyman ·

Ek en ‘n vriendin het die fliek gaan kyk in Potchefstroom, dit was een van die beste Afrikaanse flieks gewees, mense julle kan dit gerus gaan kyk!!!!

Lindy ·

Ons het die akteurs Maandag aand ontmoet en die fliek gekyk in ‘n stampvol teater in Joondulup, Perth! Dit is ‘n “lekker” fliek om te kyk en ontspannend!

Shannon, jou opmerking maak my moeg…

Elna Marais ·

Vir my was dit die mooiste, mooi, baie trots op ons Afrikaanse flieks. Doe so voort!

Christo ·

Dit was ‘n pragtige, mens wees, lekker springmielie movie wat my baie vêr laat verlang het, baie laat dink het en op ‘n paar plekke laat skree het van die lag! Wel gedaan Ivan en Donna-Lee! Alhoewel bietjie hartseer op plekke beskou ek “Pad na jou hart” as een van die beter Afrikaanse films. Die wit Afrikaner word vir ‘n verandering nie afgekraak nie! Great! Ek sal wag vir die opvolg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.