Video: Padwoede-bylaanval: Paramedici geskors wat glo nie swart man wou help nie

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Twee paramedici van Netcare 911 is geskors weens beweringe dat hulle glo nie ʼn swart slagoffer van ʼn vermeende padwoede-aanval wou bystaan nie.

Dit volg nadat Nicholas Gale glo vir Zwelethu Mjingwana en sy motor Saterdag op die N1-suid tussen die Malibongwe- en Beyers Naude-afrit in Johannesburg met ʼn byl aangeval het. Mjingwana het tydens die aanval beserings aan sy kop en arm opgedoen. Klik hier om ʼn video oor die voorval te sien.

Paramedici was kort daarna op die toneel. Hulle het na bewering slegs vir Gale ondersteun, wat nie beseer is nie, en later gery sonder om Mjingwana te behandel. ʼn Ooggetuie het die voorval afgeneem. ʼn Gedeelte van die video volg onderaan die berig.

Netcare 911 het aanvanklik gesê die beamptes het die toneel verlaat omdat hul lewens in gevaar was en hulle deur die omstanders gedreig is.

The Star het egter die video aan Netcare 911 gestuur waarna die betrokke beamptes geskors is. Netcare 911 het aan die koerant gesê die beamptes is geskors omdat hul verslae “beduidende foute” oor die voorval bevat.

Noeleen Phillipson, uitvoerende hoof van Netcare 911, het Donderdag by navraag aan Maroela Media gesê dit is teen die maatskappy se beleid en waardes om ʼn toneel vroegtydig te verlaat tensy daar ʼn baie goeie rede daarvoor is. “ʼn Volle ondersoek is van stapel gestuur en ons sal die nodige stappe doen sodra die ondersoek afgehandel is,” het Phillipson gesê.

“Ons wil graag die versekering gee dat Netcare 911 nie teen individue in enige hoedanigheid diskrimineer nie. Dit kan bewys word deur die feit dat, in die afgelope jaar alleen, Netcare 911 meer as 6 000 behoeftige pasiënte bygestaan het,” het sy bygevoeg.

Die polisie het bevestig hulle ondersoek ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer en opsetlike saakbeskadiging teen Gale.

Gale het Maandag in die hof verskyn en is op borgtog vrygelaat. Die saak duur voort.

WAARSKUWING: Die video bevat kru-taal wat sensitiewe lesers kan onstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

henk ·

Ok, nou wat is die issue hier? Dis duidelik dat omstanders aggressief is selfs teenoor die paramedici. Kan iemand sommer vir daai idioot met die geelhemp vertel dat Netcare 911 ‘n privaatmaatskappy is en NIE deur die belastingbetaler se geld befonds word nie. So asof hy in elk geval belasting betaal…

H ·

Stem 100% saam Henk. wys jou net hoe hoog intellegensie vlakke in SA is. Ek sou ook eerder ry, nie asof dit n lewens bedreigende wond was nie, niemand behalwe die paramedics se lewens was daar op die spel nie. Dis mos ooglopend hoe barbaars die omstanders op die toneel is. Ons is almal gatvol vir taxi’s en roekelose bestuurders met die L agter op die windskerm. Die ‘byl aanvaller’ was soos almal van ons op breukpunt met die idiote op die pad en ek is seker hy was so bietjie getart deur die rooi hemp man, dit het hom tot die uiterste gedruk.

Leeutjie ·

Vreemd hoe mense verskil. Ek sou regtig as ek in so ‘n posisie was die beseerde gehelp het. Dit is duidelik dat hy nie goed gevoel het nie. Indien hulle sou help sou die oproer nie plaasgevind het nie. Dit is ‘n menslikheidsgebaar. Dit gaan nie oor kleur nie!

elsa ·

Dit eintlik n grap, almal gaan tekere oor die wit para-medics maar niemand ondersteun die beseerde waaroor die baklei gan nie, hulle vat nie eers aan hulle eie mense nie maar wil iets oorkom oor die blankes dit nie doen nie, Seker die reel is as iemand in nood verkeer moet hulle help, maar duidelik is hulle meer gepla oor die wit para-medics as oor die sogenaamde beseerde in nood, haha wat n grap. nie een vra eers vir hom of hy ok is nie,

Fransiena ·

ek is al so g…l vir al die haat en nyd in Suid Afrika!!!!!!!!!! Dis duidelik dat daar geen meer plek vir n witman is nie…..jy mag nie jou eie mening lig nie of jy is n rassis.!!! Almal moet mooi broodtjies bak of jy nou wil of nie!!

Ghost ·

Ek kan ook verstaan dat daai man moontlik uitgelok is. Dit gebeur daagliks dat ek sien hoe lok hulle mens uit op die paaie. Hulle dink mos hulle is net soos Zuma bo die wet verhewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.